Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
De Waal Venter (1942-) (Venter, De Waal) (Die Doedies)
vetseun
The Great Stir Trial .

vetseun
Swaartekrag een komma een . 1995 HUMAN & ROUSSEAU

vetseun
In die klein woud ....... 1995 QUEILLERIE

vetseun
Mieg se kort en lang middag . 1992/1995 QUEILLERIE

Toe Mieg sien dat die interessante vrou van die supermark met haar swaar winkelsakke sukkel, bied hy impulsief aan om haar te help dra. En hoekom sal hy nie saam met haar tee drink nie? Dis nog lank voor sesuur, en hy het niks anders die aand te doen as geskiedenis-huiswerk en TV-kyk nie.
Maar toe hy agterkom sy kosbare polshorlosie is 'n paar minute agter, word sy kort kuiertjie by Eva op 'n vreemde manier 'n lange. En in die proses doen hy allerlei ontdekkings: soos dat tyd op 'n manier rond is, soos sirkels wat aan mekaar raak, en dat mense partykeer in 'n ander sirkel kan beland. Hy leer ook dat daar net een manier is om weer terug te kom in jou eie sirkel, en dit is om aan te hou soek en nooit terug te deins nie. Maar die belangrikste ding wat hy leer, is dat mens nooit werklik iemand verloor vir wie jy lief is nie.
Mieg se kort en lang middag is 'n verbeeldingryke verhaal: byderwets, anderster en heerlik opwindend!

vetseun
Oop Toe ........................1988 HAUM LITERÊR

Wind is nie seker of hy al 'n man is nie. Hy het nog nie kans gekry nie. Hy dink hy kan - maar waar kry hy 'n jongvrou?
Met hierdie gegewe van die openingsverhaal "Wind kry 'n spies", word die leser ingelei tot 'n boeiende nuwe leeservaring: sestien ongewone kortverhale wat afsonderlik en gesamentlik temas ontgin rondom die verwesenliking van die self en sy inisiasie tot die lewe; oor die individuasie proses in dramatiese reliëf.
Oop toe, soos die titel onder meer wil suggereer, bevat verhale waarin die karakters almal onderweg is na die ontsluiting van die menslike potensiaal, hetsy psigies, intellektueel of seksueel. Die kind en jongeling maak kennis met die erotiese, minnaars dans hul rituele dans, die intellek speel sy spel met die individu - en deurgaans weef die skrywer sy web van werklikheid teenoor droom in die verbeelding van die ideaal: die integrering van teenoorgesteldes.
De Waal Venter is bekend in skryfkringe en het hom veral onderskei op die gebied van die hoorspel. Oop toe is sy eerste bundel kortverhale, wat hy - soos die hoofkarakter in die verhaal "Dan's mens hier?" - "met 'n elegante buiging vir sy leser-dansmaat aanbied, met die hoop dat die leser die tyd gaan vind om die stappe van sy denkproses te volg." Hierdie bundel verskaf nie blote leesplesier nie maar verteenwoordig 'n besonder volwasse prosadebuut.

vetseun
Vyffff .............................. 1988 TAFELBERG

Waldemar die Beskeie is 'n sofont met die amp van Spesiale Agent. Hy is lid van die homo sapiens-ras, het 'n baie hoë graad van siob"horr, is manlik en beskik oor besondere intelligensie en indrukwekkende vermoëns. Dit is sy taak om Lox, die Voorsitter van Sdon en waarskynlike opvolger van die Keiser, op te spoor. Lox is ontvoer, vermoedelik deur die gehate Kliënte, wat tog so belangrik is vir geordende handel in die Keiserryk.
Waldemar word bygestaan deur Ffff, 'n Olifaktiaan, wat met geure kommunikeer en soos 'n dubbelbedmatras lyk; die skone Penni, jongdame Van-die-eilande en ook 'n Spesiale Agent; graaf André Slink, 'n gesofistikeerde losbol wat in der waarheid 'n Spesiale Spesiale Agent is; asook dié se vriend, die reusagtige Barbar met sy wilde bos geel hare en harde lag. Hierdie gedugte span word later nog meer gedug toe die klein, donker Okei Mpanza hom by hulle aansluit.
Die soektog neem hulle van een uithoek van die Melkwegstelsel na die ander. Op elke nuwe planeet kry hulle met ander sofonte te doen - elkeen met sy eie eienaardighede. Maar oral is daar Kliënt-robotte om die saak vir die vyf te bemoeilik.
Hierdie heerlike ruimtefantasie is nie net met onverwagte kinkels en kabels, humor en spanning gepak nie, maar ook met liefde en geweld. Selfs 'n Spesiale Agent van die kaliber van kaptein Waldemar sal sukkel om tienerlesers te red van die Vyffff-plesier-firma as De Waal Venter hulle eers in sy greep het.

1985 - Die werklike Buys-Buys - De Waal Venter SAUK-prys vir Radiohoorspele
1984 - Louwtjie (HUMAN & ROUSSEAU)
1979 - Plekkie in die Son, draaiboek

vetseun
Pols (diigbundel) ...... 1977 TAFELBERG

Hoeveel tone het 'n bobbejaan?
Die vyf-millimeter-avontuur . HUMAN & ROUSSEAU
Louwtjie help soek


skakels : lulu.com/dewaal













bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )