Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)YouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Derick van der Walt (Van der Walt, Derick)
Lien Se Lankstaanskoene
vetseunvetseun
film DVD ......................... 2013 NU-METRO

met Franci Swanepoel, Elize Cawood, Carmen Pretorius, Marie Pentz, Hykie Berg, regisseur, André Odendaal

Gebaseer op die boek Lien se lankstaanskoene, waarvoor Derick van der Walt die Sanlam-prys vir Jeuglektuur (Goud) verower het.

Lien is die oudste kind in 'n disfunksionele huishouding, waar die status van die gesin van welgesteld tot brandarm verander het. Die besorgheid van 'n buurtannie help in die donkerste ure van die gesin, terwyl dit nodig word vir Lien om uit te spring om brood op die tafel te sit. Die wyse waarop sy op haar gesins- en persoonlike uitdagings reageer, help haar om te groei, haar roeping te vind en vrede te maak met haar verlede.

vetseun
Daan Dreyer Se Blou Geranium / (eBook) . 2012 KWELA/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780795704161
ISBN: 9780795704178

Daan Dreyer voel soos 'n has-been. Sy vrou het hom gelos ("Ek het jou ontgroei, Daan") en sy twee kinders rol hul oe vir sy musieksmaak en gee eenwoord-antwoorde op al sy vrae. By die werk gaan dit ook maar droewig- hy is na alles 'n wit man van amper vyftig. Sy beste pel, Neels, se vrou gee vir hom 'n blou geranium, om sy donker woonstelletjie mee op te kikker. Maar wat Daan betref, gaan dit veel meer as 'n malvaplant vat om weer vrolikheid en vreugde in sy ou lewetjie te saai. 'n Fantastiese roman oor 'n man op die rand van 'n nuwe lewe. Verfrissend eerlik en baie, baie snaaks.

vetseun
Willem Poprok ............. 2010 TAFELBERG
ISBN: 9780624049166

Die Van Vuurens van Pretoria besit die Blou Bul Slaghuis in die Mall. Daar is drie seuns en 'n laatlam-sussie. Die hoofkarakter is die jongste seun, Willem, wat 'n besondere band met sy jonger sussie het. Ondanks druk van sy pa om as rugbyspeler uit te blink, wil hy eerder kunsklasse loop. Hy is ook verlief op Oom Ravi, sy pa se vennoot, se dogter Alesea.

vetseunvetseun
Lien Se Lankstaanskoene . 2008 TAFELBERG/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624046684

Lien is die oudste kind in 'n disfunksionele huishouding, waar die status van die gesin van welgesteld tot armblankes verander het weens die misbruik van trustfondse deur haar prokureurspa, nou 'n gevangene, en haar ma weens haar onvermoe om die situasie te verwerk, 'n alkoholis word. Al wat oorbly van die glans van 'n vroee lewe is 'n woordlose video met grepe uit gelukkige tye saam.
Die besorgheid van 'n buurtannie help in die donkerste ure van die gesin, terwyl dit nodig word vir Lien om uit te spring om brood op die tafel te sit. Vir haar en haar jonger broer, Braam, oor wie sy besorg is, is daar aanpassingsprobleme by die nuwe skool, maar deur veral twee vriende, Wouter en Mimi, elk met hulle eie verwondheid, herwin Lien vir haar 'n eie plek.
Sy doen naskool loswerkies vir 'n inkomste, veral om die aand kos op die tafel te kry en te spaar vir wanneer sy eendag oorsee kan gaan. Die behoeftes van die gesin kan egter nie alleen deur die wisselvallige inkomste aangespreek word nie. Terwyl haar ma se alkoholisme tot tragiese dieptes verval, begin sy in 'n vermomming op 'n straathoek bedel, waar sy randkarakters soos Roos en Tibbey leer ken en sy geleidelik hulle vertroue en vriendskap wen.
Ondanks uitdagende omstandighede slaag sy daarin om 'n verantwoordelikheidsin te kweek wat hulle posisie as gesin ook geleidelik positief beinvloed. Die wyse waarop sy op haar gesins- en persoonlike uitdagings reageer, help haar om te groei, haar roeping te vind en vrede te maak met haar verlede. Vanaf die aangrypende openingstoneel word die aandag geboei met stilistiese vernuf, oortuigende karakterisering en geloofwaardige ruimte-beelding.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )