Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Deon Opperman (Opperman, Deon)
vetseun
Aantrekkingskrag / (eBoek) . 2013 PROTEA BOEKHUIS
- 'n drama vir die verhoog
ISBN: 9781869199425

Aantrekkingskrag is 'n kosmiese wet wat sowel vir hemelliggame as vir mense geld. Deon Opperman buit hierdie volgehoue metafoor op verbluffende wyse uit in hierdie meesleurende drama oor die liefde. Vyf mense word laat een aand na 'n opvoering van Hamlet gekonfronteer met hulle bestaan en verraad teenoor mekaar. 'n Meesleurende werk uit die pen van een van Suid-Afrika se grootste dramaturge.

vetseun
Hartland ....................... 2012 TAFELBERG/M-NET
ISBN: 9780624056911

Deon Opperman had Afrikaners talking about his kykNET seriesHartland. In this series he looked at the effect of a changing society on one family - the politics of transformation and resistance. Central to the series was the patriarch Jan Cilliers (played by Marius Weyers), head of African Queen, a company that manufactures beauty products.
Following his death, great competition arises in the family for the heart of the company, but in the process many dreams are destroyed. Opperman utilised various topical story elements to give the series oomph: BEE; the murder, execution-style, of elderly white couples by black intruders; traumatised soldiers from the apartheid regime who turn to their priests for guidance - and the restoration of their faith. Offsetting these emotionally loaded elements of the series there was a blossoming teenage love affair, and an old marriage that suddenly no longer had meaning, but Opperman's masterful conclusion rested on two entirely different matters: the role of Afrikaner resistance movements, and plans that Jan Cilliers made long before his death to ensure the continued existence of his company.

die eerste Boere-oorlog musiekspel vetseun
in die geskiedenis van Suid-Afrikaanse teater

ONS VIR JOU

'n nuwe Afrikaanse musiekspel

'n BOODSKAP AAN DIE AFRIKANER

Uit: ONS VIR JOU - Die musiekspel

So julle is die manne wat voor die oorlog in daardie raadsaal gestaan het, en met julle monde oorlog gevoer het. Nou staan die Engelse in daardie raadsaal en nou sê julle ons is te min. Ons was toe ook min. Ons was nog altyd min. Is nog steeds. Ons staan vandag teen die kranse vasgepen en weereens wapper 'n vlag van 'n vreemde mag oor ons vryheid. Hoe min is min genoeg om daardie vryheid te laat vaar? Hoe min is min genoeg om 'n slaaf in jou geboorteland te wees? Hoe min is min genoeg om eendag met skaamte op Engelse grond te staan waar eens jou plaas gelê het? Sal jy dan na die kettings om jou arms en bene kyk, en uitroep: Ons was te min?! Ons voorvaders was min toe hulle net oor die sestig jaar gelede hulle waens gepak het en die wildernis ingevaar het eerder as om die Engelse juk te dra, maar het hulle na mekaar gekyk en gesê: Ons is te min?! Het die klein groepie trekkers, wat langs Bloedrivier uit hulle laager die hordes Zoeloes aanskou het, na mekaar gekyk en gesê: Ons is te min?! Het Marthinus Wessel Pretorius, toe hy in 1857 as eerste president van die Republiek aangestel is, na die burgers om hom gekyk en verklaar: Ons is te min?! Laat elke man wat nou so dink sy wapen neerlê en loop, want sonder julle, al is ons minder, is ons baie, baie meer ... en 'n honderd jaar van nou, as ons grafte lankal verdwyn het in die gras, sal ons nageslagte terugkyk en sê: Trots sal ons 'n handjievol onthou, hulle was min maar hulle het tot die laaste man tot die bittereinde geveg en met God se genade die fondasie van ons volk neergelê ... gelê in die grond en klip van Afrika ... met hulle eie Afrikanerbloed.

Teks deur Sean Else en Deon Opperman
Musiek deur Johan Vorster
Regie deur Deon Opperman

Die musiekspel genre gee jou die kans om groot stories op 'n groot doek te vertel. Ons Vir Jou, wat hom afspeel gedurende die Tweede Anglo-Boere-oorlog, is inderdaad 'n groot storie, wat met deerrnis en passie die impak van daardie oorlog op die wording van die Afrikaner volk uitbeeld. Met 'n rolbesetting van meer as dertig akteurs, skouspelagtige stelle, kostuums uit die tydperk en treffers soos Ons Vir Jou Suid-Afrika, Vergeet My Nie, De la Rey en veel meer splinternuwe Afrikaanse treffers geskryf spesifiek vir hierdie produksie, gaan Ons Vir Jou 'n onvergeetlike teater belewenis wees.

DE LA REY SE GEBED

Hoe, O Heer, oorleef 'n volk teen 'n oormag?
Gee ons moed, gee ons hoop, gee ons wysheid, gee ons krag,
Lei ons Heer, deur die dal van donker skadu,
Strek U hand
Oor ons land
En bewaar ons in die slag.

Laat, o Heer, hierdie beker my verbygaan,
Gee my moed, gee my hoop as ek teen die vyand staan,
Wys, my Heer, die pad om te loop vir my nasie,
Bring U lig
Bring my t'rug
Kan ek Goliat verslaan?

Wys my die klip vir my slinger, die reus roep my naam,
Neem weg die vrees in my gees, wees die leeu in my hart,
Staan langs my sy, bly my by, lei die klip na sy merk,
Soos Dawid vra ek aan U nou: o, my God, maak my sterk.

Hou, O Heer, U kruis oor my huis, bring rede,
Hoor my vrou, hoor my seuns, al my kinders se gebede,
Dra ons Heer elke man elke vrou in genade,
Bring U raad, bring U swaard, in ons reg om te veg vir vrede.

Wys my die klip vir my slinger, die reus roep my naam,
Neem weg die vrees in my gees, wees die leeu in my hart,
Staan langs my sy, bly my by, lei die klip na sy merk,
Soos Dawid vra ek aan U nou o my God maak my sterk.

vetseun
Kaburu (Digbundel) ... 2008 PROTEA BOEKHUIS

Kaburu is die eerste keer opgevoer by Aardklop in 2007, met 'n rolverdeling wat onder andere Wilna Snyman, Deon Coetzee, Franz Marx en Sandra Prinsloo ingesluit het. In hierdie drama word die gehoor gekonfronteer met die gevolge van keuses waarmee bykans alle Suid-Afrikaners kan identifiseer. Elna en Bertus, wat reeds geruime tyd in Kanada bly, besoek Elna se ouers in Suid-Afrika vir haar pa se verjaarsdag.
Hulle besoek lei tot 'n hartverskeurende verantwoording van keuses wat elk van die familielede voorheen uitgeoefen het.
Volgens prof. Johan Coetzer van Unisa is Kaburu se trefkrag veral geleë in die wyse waarop dié verrekening emosioneel met aktualiteite van die dag skakel. Dit sluit kwessies in soos emigrasie, die behoud van bande met die geboorteland, nagevolge van die Angolese bosoorlog, moorde op bejaardes en sosiale onsekerhede as gevolg van kriminele geweld. Hiermee gee Opperman dramaties gestalte aan die gedagte dat die persoonlike dikwels 'n politieke strekking het. Ook ander verwysingsraamwerke tree na vore, waaronder die invloed van die geskiedenis en die soeke na identiteit.
Die titel aktiveer die opvallendste raamwerk van hierdie besondere drama. Na afloop van die Suid-Afrikaanse Oorlog (1899-1902) het plaaslike inwoners die naam "Kaburu" aan Afrikaanse uitgewekenes in Kenia toegeken. Vandag bestaan die Kaburu nie meer nie.

vetseun
Vyfmylpaal (5 dramas) . 2005 PROTEA BOEKHUIS
1. Boesman, My Seun (2004)
2. Magspel (2000)
3. Donkerland (1996)
4. Stille Nag (Fleur du Cap-toekenning) (1990)
5. Môre is 'n Lang Dag (1983)

Deon Opperman is tans een van die produktiefste dramaturge in Suid-Afrika, en het reeds meer as 40 verhoogstukke gelewer.
Môre is 'n lang dag het in 1987 die Eugène Marais-prys vir Letterkunde van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ontvang. Daarna ontvang hy ook 'n hele aantal ander toekennings, onder meer die Kanna-toekenning vir innoverende bydraes tot Afrikaanse teater, agt Vita-toekennings en 'n Fleur de Cap-toekenning. Hy is benoem vir die Hertzogprys vir Letterkunde.
Onder die meer as 40 verhoogstukke uit sy pen tel ook 'n aantal Engelse werke. Vyfmylpaal is 'n tydige publikasie en bevat vyf van sy suksesvolste Afrikaanse dramas. Opperman is reeds sedert 1984 dramaturg, regisseur en vervaardiger vir teater, film en televisie, en 'n bekende op kunstefeeste en teaters regoor Suid-Afrika. In 1996 stig hy AFDA (The South African School of Motion Picture and Live Performance), 'n unieke tersiêre instelling in Suid-Afrika. - graffitibooks.co.za

2003 - Nipple Caps & G-strings
2000 - Whore (drama)
1999 - Die Skandaal 2 (drama)
1996 - Donkerland (TAFELBERG)
1987 - Joan Hambidge (Bitterlemoene); Deon Opperman (Môre is 'n lang dag/Die teken) Eugène Maraisprys
1986 - Môre is 'n lang dag/Die teken (TAFELBERG)


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )