


















Deborah Morbin (Morbin, Deborah)

Fotoplakwerk Sonder Oordaad (Stokperdjie) . 2006 METZ PRESS
Deborah Morbin; Tracey Boomer
ISBN: 9781919992365

Handgemaak Vir Jou Huis (Stokperdjie) . 2004 METZ PRESS
Deborah Morbin; Tracey Boomer
ISBN: 9781919992082
Die skrywers deel hier met jou hulle hope ervaring met deeglik getoetste tegnieke en wys jou hoe om jou huis met oorspronklike en stylvolle bykomstighede mooi te maak. Die idees wat hulle bespreek dek verskeie ontwerpstyle sodat dit by jou bestaande dekor sal pas, van rustieke blomme tot minimalistiese wit, of ryk barok-kleure en -teksture. Lieflike kleurfoto's van elke voltooide artikel word vergesel van praktiese raad oor die keuse van materiaal en afwerkings, asook wenke om enige slaggate en probleme te vermy, en verdere dekorvoorstelle. Die projekte is treffend, dog maklik om aan te pak en sluit 'n groot verskeidenheid artikels in, van kerse wat binne vyf minute versier kan word tot 'n omgetowerde werkbank vir jou studeerkamer. Tegnieke wat gebruik word wissel van vinnige servet-decoupage tot piouter- en mosaiekwerk, alles kristalhelder verduidelik met voorgestelde alternatiewe. Hierdie titel is propvol idees en inspirasie en sal jou help om styl en karakter tot jou huis toe te voeg sonder dat jy 'n bank hoef te beroof!

Mosaiek: Dekoratiewe idees (Stokperdjie) . METZ PRESS
Deborah Morbin; Tracy Boomer
ISBN: 9781920268695
skakels :