


















Dan Roodt (Roodt, Dan)

Aweregs. Politieke essays . 2006 PRAAG
AWEREGS bevat van Dan Roodt se mees opspraakwekkende essays soos „Pas aan en sterf " waarvoor hy reeds internasionale bekendheid verwerf het.
Elke moontlike onderwerp in die hedendaagse politiek word gedek: Afrikaanse onderwys, regstellende aksie, rassekwotas in sport, grondhervorming, naamsveranderings, die taalstryd, Zimbabwe of wegholmisdaad. In navolging van N.P. van Wyk Louw, beweeg die skrywer egter ligvoets van dié aktuele kwessies na tydlose wyshede met aanhalings uit die wêreld se groot staatsmanne en filosowe.Nie net is die boek prikkelend en leesbaar geskryf nie, maar daar word ook praktiese voorstelle gedoen oor hoe ons uit die huidige politieke moeras kan ontsnap deur die stigting van 'n demokratiese Afrikanerraad, skakeling met die buiteland en paraatheidskursusse teen misdaad.Selde is daar al sulke konsekwente en snydende kritiek teen die „Euromasochisme" van 'n Amy Biehl of die dekadente oorgawepolitiek van onlangse Afrikanerleiers gelewer. Want, sê die skrywer: „In Afrika waar die begrippe ‚mag' en ‚krag' 'n sleutelrol speel, word welwillendheid en die bereidheid om ander te dien dikwels as 'n teken van swakheid gesien ... Om jouself sterk te maak, jouself te beskerm, en sodoende die respek van ander af te dwing, is 'n veel gesonder oorlewingsbeginsel as om gedurig die knie te buig of mooi broodjies te bak in die hoop dat die swaard van die ander by jou sal verbygaan." - graffitibooks.co.za

Die Gelofte as Logos . 2005 PRAAG

Scourge of the ANC ..... 2005 PRAAG


Om die Waarheidskommissie te vergeet . 2003 PRAAG


Moltrein (Roman) .......... 2002 PRAAG
1985 - Twee sinne (TAURUS/STETBOEK)

Kommas uit 'n boomzol (Digbundel) . 1980 UITGEWERY PANNEVIS
1980 - Sonneskyn en Chevrolet (TAURUS)
skakels : wiki