Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)YouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Daniel Hugo facebook (Hugo, Daniel)

vetseun
2015 03 10 - Die Roebaijat van Omar Khajjam (Daniel Hugo, Nedine Blom), Weltevreden, Woordfees, Stellenbosch, R120

vetseun
Hanekraai / (eBook) . 2012 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869197636
ISBN: 9781869198169

'n Versameling gedigte uit die pen van baasdigter Daniel Hugo.
Dié nuutste bundel uit Hugo se pen is "vintage" Hugo: speels, vernuftig en toeganklik, maar ook deurdag, ondersoekend en prikkelend. Die haan figureer in 'n hele aantal gedigte en is tekenend van die wyse waarop natuurelemente reeds ingebed geraak het in kultuur en beskawing.

vetseun
Die Lenige Liefde ..... 2009 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869193027

Die liefde, natuur en digterskap is die oorwegende temas van die bundel en elk word vanuit 'n wye spektrum perspektiewe bekyk. Herman de Coninck se werk spreek van innoverende beeldspraak, totaal gestroop van pretensie - en Daniel Hugo slaag daarin om in sy vertalings die unieke karakter van De Coninck se werk te behou. Herman de Coninck het die Afrikaanse en Suid-Afrikaanse leser se verbeelding aangegryp met Liefde, Miskien (vertaal deur Daniel Hugo) in 1998. Die lenige liefde, 'n bloemlesing uit al De Coninck se werke, sal weereens die leser betower. Meer toeganklike poesie kom 'n mens nie aldag tee nie. De Coninck se werk spreek van innoverende beeldspraak waarvan die gebrek aan pretensie die leser maak lees, luister en onthou.

vetseun
Die Panorama In My Truspieël / (eBook) . 2009 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869192969
ISBN: 9781869198770

'n Vernuftige ontginning van woorde en woordbetekenisse, 'n aweregse sin vir humor en 'n ongewone kyk op die wereld rondom ons kenmerk Daniel Hugo se poesie. Volgens Hennie Aucamp het hierdie bundel "'n jonkheid van gees wat verkwiklik is en vreugde aan 'n herwonne paradys oordra aan die leser". Die spel met woorde val in hierdie bundel ook op, soos in die gedig "Naguil", waar die oorspronklike betekenis van die uitdrukking opgeroep en nuut ingeklee word. Klein lewende wesens - voels, 'n kriek, 'n trapsuutjies, 'n padda - is die fokus van 'n hele aantal gedigte. Hulle soms steurende aanwesigheid word met humor geduld. Beelde word telkens net so effens versteur sodat die leser op 'n nuwe manier na die werklikheid moet kyk.

vetseun
Halala Afrikaans / (eBook) . 2009 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869192921
ISBN: 9781869196752

Afrikaans is oor die afgelope drie eeue al baie dinge genoem: die jongste Germaanse taal en Afrikataal, kombuistaal en parlementstaal, onderdrukkerstaal en bevrydingstaal. In hierdie publikasie word 'n bondige oorsig gegee van waar Afrikaans vandaan kom, wie hom praat, skryf, gebruik en misbruik. In tye van voorspoed en van teenspoed het Afrikaans bewys dat hy 'n lewenskragtige, skeppende en bowenal nuttige taal is. Nog nooit tevore is die verhaal van Afrikaans so toeganklik en deeglik saamgevat nie. Hierdie is 'n werk wat nie net tersiere voorskryfmoontlikhede inhou nie, maar bied boeiende leesstof vir enigiemand wat geinteresseerd is in die onstaan en ontwikkeling van Afrikaans.

vetseun
Slagterseun met 'n brilletjie (Kortverhale) . 2008 PROTEA BOEKHUIS
vertaal, Tom Lanoye
ISBN: 9781869192549

'n Slagterseun met 'n brilletjie is 'n nuwe keur Afrikaanse vertalings van hierdie "literêre popster" (soos hy in Nederland en België bekendstaan) se werk deur die gesoute vertaler, digter en radiopersoonlikheid Daniel Hugo.
Die ses tekste in hierdie bundel bevat weer die Lanoye-suksesresep: die "regte kombinasie van betrokkenheid en afstand, die intensiteit van die jong seun en die ironiese, en dikwels humoristiese, terugskou van die volwassene op sy vroeër self" (Gunther Pakendorf). Telkens vervaag die grense tussen feit en fiksie, realisme en surrealisme, geloofwaardigheid en
absurditeit.
In die titelverhaal staan die leser as't ware tussen verlede en toekoms. "'n Perfekte moord" is 'n fenomenale vertelling oor identiteit wat vervloei. "Spek en boontjies" is 'n humoristiese blik op die passie tussen mense. "Gesonde verstand in die buiteland" en "Johannesburg, Le Bain" vermaak met die karakters se opvattings oor die spanning tussen Europa en Afrika. Nog'n hoogtepunt is die ironiese "Onweer in die trope" met sy buitengwoon verrassende slot . Soos die verteller in Kartondose sê:
: "Verduiwels, maar dis knap gedaan." - graffitibooks.co.za

vetseun
Die elektries gelaaide hand (vertaal Gerrit Komrij) (Digbundel) . 2005 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869191016

vetseunvetseun
Liefde, natuurlik (Kortverhale) . 2004 LAPA UITGEWERS
saamgestel, Carina Diedericks-Hugo; Daniel Hugo

"Die liefde sal die mensdom altyd boei en boelie, want dit is nie net 'n geluksalige toestand nie. Dit is waarskynlik die kompleksste van alle emosies. I.D. du Plessis het mos beweer: "Die liefde neem 'n duidend vorme aan". In hierdie versameling gloednuwe verhale word ten minste van daardie duisend vorme belig. Verhale deur François Bloemhof, Helene de Kock, Izak de Vries, E.K.M. Dido, Jeanne Goosen, Emile Joubert, Nanette van Rooyen, Amerie van Straaten, Paul C. Venter en George Weideman."

sien Daan van der Merwe

2004 - (Tien Jaar van Demokrasie en die Letterkunde) ATKV Veertjie-toekenning

vetseun
Land van sonlig en van sterre (Digbundel) . 2004 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869190668
saamgestel

vetseun
Die Plaag (Biografie) (vertaal David van Reybrouck) . 2003 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869190583

Die digter, advokaat, joernalis, avonturier, dwelmverslaafde en natuurkenner Eugène Marais bly 'n boeiende figuur, selfs 130 jaar ná sy geboorte. Hy knaag aan Van Reybrouck, jong Vlaamse argeoloog, kultuurhistorikus en joernalis, wat kom soek na die"dowwe spoor" van Eugène Marais in Suid-Afrika. Hy beland egter dikwels op syspore. Hy dring deur tot die plaas in die Waterberg waar Marais bobbejane en termiete bestudeer het.
Hy sien die broodboom, Encephalartos eugene-maraisii, ontdek deur Marais. Hy ondersoek die beweerde plagiëring van Marais se werk deur Nobelpryswenner Maeterlinck en kry 'n antwoord op dié onopgeloste raaisel. Uiteindelik word hierdie reisverhaal 'n avontuurverhaal, speurverhaal, natuurkundige artikel, letterkundige studie en historiese ondersoek. Wanneer die spoor doodloop, vind hy Marais se siel in 'n botteltjie Paragoriese Elikser. Die Nederlandse uitgawe van Die Plaag het die Debuutprijs vir 2002 verower en was op die kortlys van die Gouden Uil-literatuurprys vir 2002. Die vertaling van Van Reybrouck se Nederlandse teks in Afrikaans deur die bekende digter en omroeper doktor Daniel Hugo is 'n onmisbare toevoeging tot Afrikaanse lesers se kennis van die merkwaardige Eugène Marais se lewe. Hiermee word kultuurgoedere wat deur 'n Vlaming nagespoor en opgeteken is as't ware huis toe gebring. - graffitibooks.co.za

"Daar het jy jou bewys, David," het Eugéne Marais se biograaf Leon Rousseau uitgeroep toe hy Van Reybrouck se verhaal hoor, "jy moet dit publiseer!" Die resultaat van David van Reybrouck, Vlaamse argeoloog en joernalis, se "geplaagdheid" met Marais is veel meer as 'n biografiese herverkenning. Sy res lei by broodbome en murasies langs, deur 'n sfeer wat beheer is deur morfien die "dier wat sy gif via skerp tande in jou are spuit". En sy gegrawe agter die "plagiaataffecirc;re" aan lewer inligting wat so fassinerend is soos die ooreenkoms wat hy tussen Suid-Afrika en die sosiale sisteem van 'n termietnes tref. - kalahari.net

vetseun
Passievrug (vertaal, Karel Glastra van Loon) . 2002 TAFELBERG

vetseun
Die twaalfde letter (Digbundel) . 2002 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781919825984

vetseun
Nuwe Verset (Digbundel) . 2000 PROTEA BOEKHUIS
saamgestel, Daniel Hugo, Phil du Plessis, Leon Rousseau
ISBN: 9781919825281

vetseun
Lyflied: Liedtekste - Hennie Aucamp . 1999 TAFELBERG
'n keur uit Aucamp se liedtekste, saamgestel deur Daniel Hugo, met 'n nawoord deur Hugo

1998 - Skeurkalender (TAFELBERG)
1998 - Troebadoer van die woord (SAUK-prys)
1996 - 1921- 'n Keur uit sy gedigte, saamgestel en ingelei deur Daniel Hugo - P.J. Philander (TAFELBERG, PERSKOR)

vetseun
Kartondose (vertaal, Tom Lanoye) . 1996 QUEILLERIE
(NED, Kartonnen dozen)

1995 - Monnikewerk (TAFELBERG)
1994 - Olga Kirsch 1944-1983 (HUMAN & ROUSSEAU)
1991 - Dooiemansdeur (TAFELBERG)
1989 - Verse van die ongeloof (HAUM)
1988 - Speelse verse: 'n keur, saamgestel (TAFELBERG)

vetseun
Die Klein aambeeld .. 1983 HUMAN & ROUSSEAU

Daan van der Merwe
vetseun
Saad uit die septer (Digbundel) . 1981/2005 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869190996

Hierdie bundel het met sy verskyning in 1981 vir groot opskudding gesorg. Daniel Hugo publiseer dit onder die pseudoniem Daan van der Merwe, die tweede digter wat ná verskyning in Brekfis met Vier 'n bundel die lig laat sien. Die erotiese en seksuele fasette het as voedingsbron Komas uit 'n Bamboesstok van D.J. Opperman, en bevat skerp woordspeling.
Hierdie herdruk word in 'n beperkte oplaag uitgegee ter viering van die digter se vyftigste verjaardag vanjaar. Die inhoud bly onveranderd, en die nuwe omslag bevat 'n foto van Patric de Mervelec, wat ook voorheen by Protea Boekhuis gepubliseer het. - graffitibooks.co.za

vetseun
Brekfis met Vier (Bundel) . 1981 UITGEWERY SKOPPENSBOER/2005 HUMAN & ROUSSEAU
Daniel Hugo, Etienne van Heerden, Peter Snyders, André le Roux du Toit


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )