Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Danie Botha (Botha, Danie)
vetseun
Tien Uit Tien ...................... TAFELBERG
Stories en Segoeters van Fanus Rautenbach
saamgestel

Tien uit tien: Stories en Segoeters van Fanus Rautenbach bevat 'n keur van sy allerbeste oorspronklike vertellings wat gedurende die 1950's in Die Huisgenoot gepubliseer is. Van vermaaklike, spitsvondige stories in die Langenhoven-tradisie tot by sy bekroonde liegstorie "Die vis - en Petrus de Beer" is almal terug te vind in hierdie heerlike humoristiese bundel, saamgestel deur Danie Botha. Met as spesiale toegif ook sy ontroerende dokumenter "Die hemelkinders" wat radiogehore se harte geraak het.

vetseun
Op 'n hoë noot: Die lekkerste stories van P.H. Nortjé . 2008 TAFELBERG
saamgestel

Dit is die omvangrykste keur uit die werk van P.H. Nortjé. Hierdie keuse behels die volgende:
- Uittreksels uit sy bekroonde en vertaalde boeke vir die jeug, sy beste sketsverhale en suiwer outobiografiese vertellings.
- Uittreksels uit sy bekroonde en vertaalde boeke vir die jeug, voorsien van 'n skakelteks: Pennie se vuur en Die Groen Ghoen en Die wildedruif val (oor 'n vloedramp in die Baviaanskloof). Dié boeke is gebaseer op sy eie jeugervarings in die
Baviaanskloof naby Willowmore.
- Sy beste sketsverhale - Nuut onder die son, Aan die sonkant, Op die sonpad, Matewis se mense gaan boer, Bly of gly en Klein
Hollywood. Dit is hoofsaaklik komies en handel oor sy gesinslewe op Wellington. Besoeke aan sy geboortewêreld word ook
beskryf.
- Suiwer outobiografiese vertellings - in Korsies van growwebrood word sy jeugjare, eerste skoolhou-ervarings en sy verdere studie op Stellenbosch gedek. In Ken op die kierie is hy reeds afgetree in die Strand en dink hy terug aan sy jare as dosent in Opvoedkunde op Wellington. In Spook van die wielsleutel gaan hy en sy ingenieurseun Francois op reis deur Namibië. In Volstruis, met wie gaan jy trou? onderneem hy en sy drie seuns 'n herinneringstog deur sy jeugland. - graffitibooks.co.za

vetseun
Voetligte & Applous! ... 2006 PROTEA BOEKHUIS
- Die beginjare van die Afrikaanse beroepstoneel

Voetligte en applous!
is die geskiedenis van die pioniers van die Afrikaanse beroepstoneel. Dié verhaal begin reeds in 1925, toe toneelstukke soos Die heks, Huis-toe en Oorskotjie opgevoer is. Dit is die verhaal van mense wat die onsekere bestaan van rondreisende toneelspeler gekies het: mense soos Wena Naudé, Hendrik en Mathilde Hanekom, André Huguenet en Lydia Lindeque.
Dis 'n onderhoudende verhaal, vol vermaaklike staaltjies oor saamgeflanste verhoë en dowwe voetligte, geleende rekwisiete, huilende babas in gehore en die onvoorspelbare "optredes" van kinders en diere. Dis by tye 'n verhaal van ontbering en swaarkry, maar dis ook die verhaal van oomblikke van glorie, van hulde en applous.
Voetligte en applous! is 'n uitvloeisel van Danie Botha se jare lange betrokkenheid by die Afrikaanse toneelwêreld. Hy het in 1973 'n lisensiaat in toneelkuns aan die Kaapstadse Akademie vir Dramakuns verwerf en in talle amateurtoneel- en radio-opvoerings opgetree. Benewens die rubriek vir amateurtoneelspelers wat hy vir Die Burger behartig het, skryf hy tans nog gereeld resensies van amateur- en studente-opvoerings en tree op as beoordelaar vir toneelpryse. proteaboekhuis.co.za

1995 - Die Soft Rock Klub (Kortverhale)
1991 - In ons goeie boekies, saamgestel
1987 - Hulde aan J.D. (samesteller)
1980 - Uil in die pad (kinderboek)


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )