Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Corlia Fourie (Fourie, Corlia)
vetseun
Die Geheime Kamer . 2011 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799352085

Sandra du Toit, 'n joernalis, word op die 31ste Augustus ontvoer en in die"geheime kamer" van 'n huis by die see opgesluit. Haar ontvoerder is Gert Cloete, 'n man wat 'n obsessie ontwikkel het met die Mona Lisa en die Maagd Maria. Gert is 'n man met vreemde dryfvere. Hy luister na klassieke musiek, leef in 'n superskoon huis. Hy glo dat hy die bose wereld sal verander deur sy verering van 'n maagdelike godin, die jong vrou wat hy ontvoer het, en haar uiteindelike offerdood op die eerste dag van die lente.

vetseun
Ware Liefde (Biografie) ... 2008 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798149037

Ware liefde vertel die boeiende liefdesverhale van 27 bekende Suid-Afrikaanse paartjies. Soms sneuwel die liefde onder die eise van die politiek, of smelt dit in die fel kollig van roem, maar die meeste van die verhale spreek van skitterende geluk.

vetseun
Alle paaie lei deur die strand . 2008 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799341782

"Toe Strand nog Die Strand was, het Stella en haar sussie, Jeanette, elke Desember saam met hul ouers by Ouma Strand se welkom-huis gaan afpak. Die verskillende fases van Stella se lewe ontvou ontroerend. Deur haar oë beleef die leser die soet en sout van Stella se grootworddae, die rol wat haar oumas, pa, sussie en maats - maar veral haar ma, daarin gespeel het. Dis 'n eerlike vertelling wat aandui hoe die stem van die kinderjare bly naklink in 'n mens se lewe.

Corlia Fourie se bekendste werke is die drama, Moeders en Dogters en die kinderboeke, Die wit vlinder, Die meisie wat soos 'n bottervoël sing en Die towersak en ander verhale Vir al drie dié boeke het sy etlike literêre pryse gewen. Twee kortverhaalbundels, Sê en Liefde en Geweld het ook uit haar pen verskyn. Laasgenoemde het die ATKV-prys in 1991 ontvang. Haar roman, Die oop deur is oor die radio voorgelees. Tans is sy vryskutjoernalis en Rooi Rose se verhaleredakteur." - LAPA UITGEWERS

vetseun
Heleen En Die Heks Met Die Hoofpyn . 2008 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869191979

vetseun
Stories met stertjies ......... 2007 PROTEA BOEKHUIS
illustrasies, Alzette Prins
ISBN: 9781869191412

Aspoestertjie skilder met houtskool, die gestewelde kat faal in sy plan om sy nooi ryk te maak en die slapende skone is effe ongeskik wanneer sy in haar slaap gesteur word. Boonop verander 'n padda nie altyd in 'n prins nie. In hierdie ietwat ongewone bundel word bekende sprokies van Grimm, Anderson en Perrault herskryf om 'n meer realistiese wereld van prinse en prinsesse te skep - met skreeusnaakse gevolge. Die herskeppings word tesame met die oorspronklike weergawes geplaas vir dubbele leesgenot.

vetseunvetseun
Want die lewe is so goed: 'n Keur uit die werk van Mikro . 2004 LAPA UITGEWERS

"Op 8 Oktober 2003 sou Mikro 100 jaar oud gewees het. Hierdie huldigingsbundel plaas die klem op sy voorstelling van die "verbeelde" kleindorpse Afrikaner, veral in die Gonnakolk- en Soetwater-verhale, waar karakters soos Mattewis en Meraai (Gonnakolk) en Dot, haar ma, Bella, en oom Gawie Diepwater (Soetwater) oor baie jare diep in die lesers se harte ingekruip het. Om stories te vertel, was vir Mikro werk, ontspanning, stokperdjie én passie. Die humor en menslikheid van die karakters en die situasies behoort nie net byval vind by mense wat sy verhale reeds goed ken, maar ook by nuwe geslag lesers." - LAPA UITGEWERS

1995 - (Die towersak en ander stories en Die wit vlinder) Alba Bouwerprys vir Kinderliteratuur
1994 - Die oop deur (HUMAN & ROUSSEAU)
1994 - Sê (HUMAN & ROUSSEAU)
1993 - Die wit vlinder (TAFELBERG)
1992 - Vrou: mens: verhale deur vroue oor vroue(HUMAN & ROUSSEAU)
1991 - Liefde en Geweld (TAFELBERG)
1991 - (Die meisie wat soos 'n bottervoël sing) Tienie Holloway-medalje vir Kleuterliteratuur

vetseun
Moeders & Dogters (Digbundel) . 1985/1992 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798117920 (1992, HUMAN & ROUSSEAU)

Die towersak en ander stories
Die meisie wat soos 'n bottervoël sing


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )