


















C.J. Langenhoven (1873-1932) (Sagmoedige Neelsie) .co.za (Langenhoven, Cornelius Jakob) (C.J. Langenhovenprys)
"Ons sal lewe, ons sal sterwe, ons vir jou Suid-Afrika."

Doppers En Filistyne / (eBook) . 2010 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869193768
ISBN: 9781869194789
Stoffel Gieljam is 'n man met 'n grief, en sy grief is van so 'n aard dat hy hom nou maar tot die boekewereld wend in 'n poging om sy saak te lug, met sy neef Neelsie wat omsien na dinge soos spelling en ander sulke modegoed. En Neelsie help nou maar want hy skuld sy oom 'n sommetjie geld. Stoffel het 'n appeltjie te skil met die dorpse mense - heidense Nattes deur die bank - wat hulself Engels hou en dan 'n man se lewe versuur met belaglikhede soos dokters wat jou net dood wil he. Om nie eers te praat van buurmanne soos Makpaatrie en die voormalige Koos van der Byl (nou Jiems Wenderbaail) nie. Maar Stoffel is reg vir hulle - gee hom net 'n tafel, 'n gehoor en 'n dop, en hy sal hulle 'n ding of twee vertel...

Herrie Op Die Ou Tremspoor / (eBook) . 2009 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869193270
ISBN: 9781869194796
Saam met Vroutjie se knaende klagtes kom daar nog slegte nuus: die Universiteit van Stellenbosch het besluit dat 'n man van Neelsie se geleerdheid sekerlik te vinde sou wees vir 'n reeks lesings oor onderwerpe wat begin by toe Adam nog 'n opgeskote jongeling was (Egiptelogie, Assiriologie, die Homeriese probleem) en aanloop tot by die verdere uithoeke van die wetenskap (Moderne Kosmogonie en so ietsie oor Einstein se teorie) ... Neelsie se enigste hoop is maar om êrens in afsondering te gaan studeer aan al die hogere dinge, met die gevolg dat Herrie weer voor die trem ingespan word en die hele familie weer afsit na Meiringskloof, met etlike bewonderaars in tou.
Sagmoedige Neelsie se lewe word weereens versuur - hierdie keer nie deur die bure nie, maar deur Vroutjie, wat nou maar net nie kan verstaan hoekom hy nie'n vaste werkie wil kry nie. En so saam met Vroutjie se knaende klagtes kom daar nog slegte nuus: die Universiteit van Stellenbosch het besluit dat 'n man van Neelsie se geleerdheid sekerlik te vinde sou wees vir 'n reeks lesings oor onderwerpe wat begin by toe Adam nog 'n opgeskote jongeling was (Egiptelogie, Assiriologie, die Homeriese probleem) en aanloop tot by die verdere uithoeke van die wetenskap (Moderne Kosmogonie en so ietsie oor Einstein se teorie) ... Neelsie se enigste hoop is maar om êrens in afsondering te gaan studeer aan al die hogere dinge, met die gevolg dat Herrie weer voor die trem ingespan word en die hele familie weer afsit na Meiringskloof, met etlike bewonderaars in tou.

Spreuke van C.J. Langenhoven (eBook) . NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624054078
C.J. Langenhoven, ook bekend as "Sagmoedige Neelsie", was een van Suid-Afrika se grootste denkers, digters en skrywers. Hy was ook kampvegter vir Afrikaans. Kom geniet sy wyshede en spitsvondighede, die beste van sy spreuke byeengebring deur J.A. Scannell in vyf afdelings:"Liefde en vriendskap, "Vlyt en loon", "Waardes en waagmoed", "Wysheid en kennis" en "Leierskap".

Kootjie Totjie ..................... 2009 PROTEA BOEKHUIS
Illustrasie: Marjorie van Heerden
ISBN: 9781869193133
Die jonge Kootjie verlang vreeslik na sy ma daar in sy gevangenskap in die bos, maar 'n ma-duif ontferm haar oor die ou varkie en sy kom met 'n plan vorendag om Kootjie van die slagtersmes te red - en wat 'n meesterlike plan is dit nie!
Kootjie Totjie is een van Langenhoven se gesogte kinderverhale en bekoor vandag nog kinders - en grootmense. Kootjie Totjie is 'n wit varkie wat heerlik op die plaas woon - totdat Gert Wolf die dag besluit dis vreeslik onregverdig dat net boere varkies vir die slag mag aanhou en hy Kootjie summier ontvoer.
Die jonge Kootjie verlang vreeslik na sy ma daar in sy gevangenskap in die bos, maar 'n ma-duif ontferm haar oor die ou varkie en sy kom met 'n plan vorendag om Kootjie van die slagtersmes te red - en wat 'n meesterlike plan is dit nie! Die humor en lewendige beskrywings spreek van Langenhoven-stories se eiesoortige bekoring.

Sonde Met Die Bure / (eBook) . 2009 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869193232
ISBN: 9781869194819
Sagmoedige Neelsie ly onder die bure - en Vroutjie se alewige behoefte om die bure uit te stof. Hierdie keer gaan dit om 'n vakansiehuis en 'n motorkar. Maar o, die onkoste ... Op die ingewing van die oomblik skaf hy 'n oudsirkusolifant aan - ook bekend as Herrie - en 'n trem wat al beter dae gesien het, en siedaar: 'n vakansiehuis op wiele! Met Vroulief en Engela en haar menigte koffers aan sy sy, neem Neelsie die geweste op horings. (So 'n trem kan nogal verwoesting saai as dit aan 'n eiesinnige olifant vasgeketting word ...) En so eindig die trek in Meiringspoort, waar vele ander avonture vir hulle wag, voor deputasies vanaf beide Oudtshoorn en Prins Albert Neelsie met vreemdsoortige eerbewyse om die hals val.

Brolloks En Bittergal ........ 2008 HUMAN & ROUSSEAU
Redakteur: Leon Rousseau
Illustrasie: Nelda Vermaak
ISBN: 9780798149983
Die verwerking konsentreer op die twee ou skelms, Brolloks en Bittergal, lekker bangmaak-karakters, wat vir baie geslagte heen kinders se tone laat omkrul het van vrees en bewing. Maar eintlik is hulle twee dommies, en word elke keer uitoorle deur hulle "slagoffers" wat vernuftig deur verskeie diere gehelp word om uit die twee se kloue te ontsnap. Dit stories speel af in die Karoo en het die tipiese afmosfeer van die tyd en plek - en tussen die lyne is dit eintlik 'n humoristiese verhaal van twee mensvreters wat net nie die mas opkom nie.

Loeloeraai / (eBook) .. 2007 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869191405
ISBN: 9781869194802
Een aand, terwyl Neelsie Vroutjie se hand vashou en hulle die sonsondergang bewonder, wonder hy hardop of daar mense op Venus woon. Skaars is hierdie woorde koud of 'n langwerpige, ronde, geelblink tuig wat soos 'n reusagtige eier lyk, daal reg voor hulle neer. In die tuig is Loeloeraai, 'n bewoner van Venus. In 'n japtrap leer hy Afrikaans praat en begin 'n wonderlike aarde-en-ruimte-ervaring vir Neelsie en sy gesin. Maar nie almal is ewe bly oor Loeloeraai se koms nie ... hy het die land immers onwettig binnegekom. Buiten Loeloeraai, Neelsie en Vroutjie ontmoet die leser ook ander kleurvolle karakters: modebewuste Engela, Neelsie se skuldeiser, oom Stoffel, Herrie die olifant en die ewig pessimistiese Watwo. In die gees van Jules Verne se Reis na die maan (1870) en H.G. Wells se The First Man in the Moon (1901) speel die storie van Loeloeraai en 'n handjie vol aardbewoners af.

Die Beste Spookstories . 2000 NASOU/VIA AFRIKA
Uit 'Geeste op aarde':
'n keuse deur Danie Botha geïllustreer deur Angus McBride

Langenhoven. 'n Lewe (J.C. Kannemeyer) . 1995/1996 TAFELBERG

Langenhoven in Volkleur ... 1983 LESERSKRING
Leon Rousseau, illustrasie, Angus Mcbride

Brolloks en Bittergal ...... 1963/80 NASIONALE BOEKHANDEL

Die Pad van Suid-Afrika ..... 1947 NASIONALE PERS

Die Krismiskinders ......... 1927
illustrasies, Cora Coetzee

Mof en Sy Mense .... 1926/1974 TAFELBERG
"Die Badwater Van Bethesda - 'n Verhaal Van Mof en Sy Mense"

Herrie op die óú tremspóór . 1925/1990 TAFELBERG
"'n Vervolg op Sonde met die Bure deur Sagmoedige Neelsie"

Geeste op aarde ........... 1924 NASIONALE BOEKHANDEL



Loeloeraai ......... 1923/1972/1984/2007 TAFELBERG
sien Jannie du Toit
Een aand, terwyl Neelsie Vroutjie se hand vashou en hulle die sonsondergang bewonder, wonder hy hardop of daar mense op Venus woon. Skaars is hierdie woorde koud of 'n langwerpige, ronde, geelblink tuig wat soos 'n reusagtige eier lyk, daal reg voor hulle neer.
In die tuig is Loeloeraai, 'n bewoner van Venus. In 'n japtrap leer hy Afrikaans praat en begin 'n wonderlike aarde-en-ruimte-ervaring vir Neelsie en sy gesin. Maar nie almal is ewe bly oor Loeloeraai se koms nie ... hy het die land immers onwettig binnegekom.
Buiten Loeloeraai, Neelsie en Vroutjie ontmoet die leser ook ander kleurvolle karakters: modebewuste Engela, Neelsie se skuldeiser, oom Stoffel, Herrie die olifant en die ewig pessimistiese Watwo.

Sonde met die Bure . 1921/1972/1991 TAFELBERG
ISBN: 9780624031239
Vroutjie sanik oor 'n motor en 'n strandhuis en toe spring Sagmoedige Neelsie maar weg Kaap toe en gaan koop daar 'n afgeleefde tremwa - van die yslike dubbeldekkers wat Seepunt toe loop.

Twee Geskiedkundige Opstelle . 1919
G.S. Preller; C.J. Langenhoven
ook :
2000 - Spreuke Van Langenhoven (NASOU/VIA AFRIKA)
1979 - Versamelde Werke 1-14
1979 - Die Vrolike Vlam: 'n Versameling van stukke vir lekker lees uit die werke van C.J. Langenhoven, J.P. Scannell, GCL Brümmer, L.C. Bruwer (TAFELBERG)
1978 - Versamelde Werke 15 (TAFELBERG)
1978 - Versamelde Werke 16 (TAFELBERG)
1976 - Jantjie Muis en Jakob Slang en ander verhaaltjies, illustrasies, Cora Coetzee
1973 - Die Hoop van Suid-Afrika (NASIONALE BOEKHANDEL)
1973 - Olgo Pieri standbeeld, sonwyser, Universiteit van Stellenbosch
1972 - Versamelde Werke 4 (TAFELBERG)
1971 - Die Erwe van ons Vaad're (TAFELBERG)
1971 - Die Lig van Verre Dae (NASIONALE BOEKHANDEL)
1971 - Die Laaste van die Takhare (TAFELBERG)
1971 - 1873-1973 C.J. Langenhoven ... die erwe van ons vaad're
1966 - Die Lig van Verre Dae (NASIONALE BOEKHANDEL)
1966 - Versamelde Werke 4 (TAFELBERG)
1963 - Die Erwe van ons Vaad're (TAFELBERG)
1960 - Die Hoop van Suid-Afrika (NASIONALE BOEKHANDEL)
1960 - Versamelde Werke 15 (TAFELBERG)
1957 - Ons weg deur die Wêreld (NASIONALE BOEKHANDEL)
1957 - Die Vrolike Vlam (TAFELBERG)
1957/1965 - Die Onmoontlike Tweeling (NASIONALE BOEKHANDEL)
1955/1957/1972 - Essays (NASIONALE BOEKHANDEL)
1955/1965 - Aan Stille Waters (NASIONALE BOEKHANDEL)
1955 - Ons weg deur die Wêreld (NASIONALE BOEKHANDEL)
1949- - Langenhoven Versamelde werke 16 volumes
1941 - Aan stille waters (stukke vir Die Burger)
1939 - Die Mens Langenhoven (MBO Burger)
1937 - Oor opstelle
1933-1937 - Langenhoven Versamelde werke 14 volumes
1932 - U dienswillige dienaar (autobiografie)
1931 - Doctor honoris causa, Universiteit van Stellenbosch
1931 - Petronella (drama)
1931 - Verhaaltjies
1931 - Hoe om te skrywe
1931 - Afrikaanse Woordelys En Spelreëls
1930 - Die wandelende geraamte
1929 - Goud of Papier?
1929 - Die witman se pand
1928 - Die boekie sonder naam
1928 - Die goeie burger
1927 - (Skaduwees van Nasaret) Hertzogprys, Prosa (aanvaar dit nie)
1927 - Die Kinderparlement
1926 - Donker Spore: 'n Verhaal uit Ladismith (eerste speurverhaal) sien film
1926 - Mof en sy mense
1926 - A first guide to Afrikaans
1925 - Brolloks en Bittergal
1925 - Herrie op die óu tremspóór
1925 - Die laaste van die takhare
1924 - Die Lig van verre dae
1923 - Die opdraende pad
1923 - Ons weg deur die Wêreld: Deel III
1922 - Die eensame hoop
1921 - Vrouetrou (drama)
1921 - Eerste skoffies op die pad van Suid-Afrika
1921 - Doppers en Filistyne
1921 - Sonde met die bure
1921 - Senator van die Kaap
1921 - Afrikaanse Woordelys En Spelreëls
1920 - lid van Volksraad
1920 - Die Onmoontlike Tweeling
1919 - The everlasting annexation
1918 - Die Boervrou tydskrif
1918 - Die Vrou van Suid-Afrika
1918 - Republicans and sinners
1918 - Die Stem van Suid-Afrika (skryf)
1917 - Afrikaanse Woordelys En Spelreëls
1915 - Nasionale Pers - Langenhoven, Leipoldt, Cilliers, Totius, skool-, universiteitshandboeke
1914 - Provinsiale Raad
1913-1922 - Ons weg deur die wêreld
1913 - Die Hoop van Suid-Afrika
1912-1914 - "het Zuid-Westen" redakteur
1912 - Afrikaanse verjaardag-boekie
1911 - Stukkies en brokkies
1909 - Die familiesak
1909 - Die troubelofte
1906 - Iets over arbiters en arbitraties
1899 - LL.B. at the University of Good Hope, Kaapstad
1895 - BA, Victoria College, Stellenbosch
ander :
'n Fragment uit 'n onuitgeebare boek
Lied van die harlekyn
Pessimisme en optimisme
Die Pad van Suid-Afrika
Afrikaners Is Plesierig
Afrikaners Is Plesierig, dit kan jy my glo,
hulle hou van partytjies, en dan maak hulle so:
Eers draai die ou vroutjie en dan draai haar ou man,
en hy vat haar om haar lyfie en dan draai hulle saam.
Goeienag, my ou vroutjie, goeienag, my ou man!
Oor 'n week 'n partytjie, en dan draai ons weer saam.
vertaal :
Rubáiyát - Omar Khayyam
F.A.K. Sangbundel 2001 liedjies:
001 Die Stem van Suid-Afrika, digter
002 Die Stem van Suid-Afrika, digter
003 Vlaglied, digter
008 Werdalied, digter
124 Pollie, ons gaan Pêrel toe, digter
125 Staan, Pollie, Staan, digter
136 Ek Soek Na My Dina, digter
139 Daar Loop 'n Jonkman, digter
188 Wat Maak Oom Kalie Daar?, digter
190 Siembamba, digter
211 Daar Kom Die Wa, digter
221 Aai, Aai, Die Witborskraai, digter
256 Die Hiefel En Die Fiefel, digter
259 Jan Pierewiet, digter
310 Afrikaanse Wiegeliedjie, digter
C.J. Langenhovenprys vir Taalwetenskap
2000 - Prof. E.B. van Wyk
1994 - Prof. Edith H. Raidt; Prof. Roy H. Pheiffer
1991 - Prof. J.G.H. Combrink
1988 - J.C. Steyn
1985 - Prof. F.F. Odendal
1982 - F.A. Ponelis
1979 - Prof. S.A. Louw
1976 - Prof. Meyer de Villiers
1973 - Prof. W. Kempen
1970 - Prof. J. du P. Scholtz