Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Christo Gerlach (Gerlach, Christo)
vetseun
Agter Die Skerms / (eBook) . 2012 TAFELBERG/NASIONALE BOEKHANDEL
- My donker reis na die lig
- Seks en dwelms in TV-land
ISBN: 9780624054443
ISBN: 9780624058076

Met hierdie ware verhaal onthul die akteur en televisie-vervaardiger Christo Gerlach die skokkende werklikhede agter die glans van die vermaaklikheidsbedryf. As kind moes Christo die papawers uit sy ouma se tuin ruk omdat sy oupa in die Volksblad gelees het dat die blom 'n bron van opium is. Jare later sou Christo homself moes ruk uit die kloue van 'n kokaiene-verslawing. In sy soms pynvol eerlike verhaal vertel hy van sy soeke na die liefde en aanvaarding wat sy pa nooit vir hom gegee het nie, van sy reis van toneelspeler en TV-ster tot vervaardiger van top-reekse soos Idols, Glitterati en Tonge Los. Hy ontbloot sonder skroom wat agter die skerms van die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf aangaan. Hy beskryf ook sy tekortkominge in sy drie langtermynverhoudings - wat telkens in skerwe eindig. En hy praat reguit oor sy verslawings aan kokaiene en Stilnox. En dan is daar die skim van Alfredo - die man wat in sy donkerste ure deel van sy vernietiging was. Christo se reis neem hom van die donkerte tot 'n plek waar genesing kan begin - 'n nuwe lewe van selfaanvaarding.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)