Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Christine Barkhuizen le Roux (Barkhuizen le Roux, Christine)
vetseun
Skynskadu ............................. NALEDI

Skynskadu is 'n uitsonderlike versameling van Christine Barkhuizen le Roux se nuutste gedigte. Met gedigte wat opgedra word aan onder meer Breyten Breytenbach, vorm die kritiese beskouing van lig teenoor donker ook deel van 'n groter digterlike diskoers. Op die ingevoegde CD is daar pragtige toonsettings deur Olga en Babette saam Christine se eie voorlesing van haar werk.

vetseun
Getuie / (eBook) ......... 2012 HUMAN & ROUSSEAU/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780798157070
ISBN: 9780798158534

After the suicide of her childhood friend, Mignon, Maggie McKairn is left with more questions than answers. What did Mignon do to make her family ostracize her?
Before her death, Mignon asked Maggie to visit a woman sentenced to thirty years in prison for an unthinkable deed. Like Mignon, Bea Mostert, was raised as a Jehova's Witness, and, like Mignon, her actions seem to be connected to her strict upbringing. What drove these two women to such extremes?
In her search for answers, Maggie must confront her own difficult relationship with her father.

vetseun
Wat Die Oog Gesien Het . 2011 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798152563

In hierdie bundel kortverhale skets die verteller mense en hul onderlinge afhanklikheid van mekaar met deernis en humor. Sommige verhale speel af op plase en plattelandse dorpe, terwyl ander onverwagte eendersheid in vreemde lande ontdek. 'n Hardvogtige boer se vrou borduur in die geheim 'n deken vir haar geliefde boom. Die vrou van 'n plaaswerker se gelatenheid dwing haar werkgeefster tot nuwe begrip. 'n Turkse seuntjie wys 'n Westerse vrou sy pa se kosbare Koran. Deur verrassende teenstellings en met fyn waarnemingsvermoe skep die verhale telkens nuwe insig op 'n ou opvatting.

vetseun
Padmaker / (eBook) ......... 2010 HUMAN & ROUSSEAU/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780798150965
ISBN: 9780798153768

Twee maande na die verdwyning van haar bejaarde ma besluit Katrien om die paaie van haar kinderjare ná te ry. Haar reis neem haar terug na die padkampe waar haar saggeaarde pa, 'n padskraperoperateur, met sy stories oor die padwerke die lewe vir haar uitgelê het en waar haar ma, met haar verbete stryd teen die armoede van die kampe, se probleme begin het. Katrien se opsoek van die mense en die plekke wat haar gevorm is meer as net 'n herinneringstog. Dit is 'n poging om haar ma te verstaan en om haar eie weg vorentoe te vind. Op die oop pad onthou sy weer haar pa se woorde: "Om te weet waarheen jy op pad is, moet 'n mens onthou waar jy vandaan kom."
'n Deurleefde, sensitiewe roman oor die komplekse verhouding tussen ouer en kind en die afdruk wat een geslag op 'n volgende laat.

vetseunvetseun
Roset ........................... 2006 LAPA UITGEWERS

"In dimensie, haar debuut van 2000, bundel Christine Barkhuizen le Roux 'n aantal geslaagde verse waarin die woordgebruik, beelding en klankgevoeligheid reeds besonder opvallend is en van 'n sensitiewe poëtiese vermoë getuig.
Dit sit sy nou voort in roset, 'n versameling kompakte, kriptiese, soms ook singende verse wat die leser musies meevoer. Sentraal in die bundel staan die Griekse Phaistos-tablet waarvan die 45 simbole nog deur niemand bevredigend verklaar kon word nie. Hierdie "old stone that cannot be deciphered" (T.S. Eliot), en spesifiek die Griekse roset in die middel van die tablet, is dan feitlik die toonsleutel vir die belangrikste motiewe in die bundel: die kringloop van geboorte, dood en herrysenis; die skryfproses; en die verlange na die afwesige geliefde. Roset is nie alleen 'n vooruitgang op dimensie nie, maar in sy eie reg 'n sterk en waardige toevoeging tot die hedendaagse Afrikaanse poësie. - J.C. Kannemeyer" - LAPA UITGEWERS

vetseun
Waar koek en wyn ontbreek . 2006 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799336290
ISBN: 9790799336299

"Verhale oor "gewone" mense wat jou nie onaangeraak sal laat nie, wat jou laat besef: Dit is ook ék. 'n Geknoopte mat met ineenvloeiende aardsgekleurde drade.

"By die lees van hierdie verhale moes ek gereeld dink aan ... die verskriklike oomblikke in daardie lewensprosesse wanneer die lont sy lading bereik. Die leser word gekonfronteer met die klein tragedie wat dikwels nie die koerant en statistieke haal nie. Juis daardeur word deernis gewek vir die eg-menslike" - Wium van Zyl" - LAPA UITGEWERS

2000 - Dimensie (Digbundel)

Christine le Roux
vetseun
Bosnimf ..........................

vetseun
'n Wêreld Sonder Hom .

vetseun
Liefde Uit Die Stormnag .

vetseun
Deel van die pakket .

vetseun
Verskuilde Liefde ..........

vetseun
Teensinnige erfgenaam .

vetseun
Skynglans Van Geluk .

vetseun
Kosbaar Soos Die Lewe .

vetseun
Die Ontbrekende Helfte .

vetseun
Die Lente Kom Weer ...

vetseun
Die Honger Hart ............

vetseun
Glasappel .....................

vetseun
Bitter Hartstog ...............

vetseun
Diana: Verwerde Liefde ..

vetseun
'n Veilige Hawe .............


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )