Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Christien Neser (Neser, Christien)
vetseun
Amper Einstein / (eBook) . 2013 TAFELBERG/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624056201
ISBN: 9780624056218

Die geek-klub. Dis hoe die ander na Leonard se brugbouspan verwys: hy, Jarred, Hannelore en Greeff. Hoogste punte in Wiskunde impliseer jy moet inskryf vir ekspo's en olimpiades. As alle vakke maar net soos Wiskunde was: ordelik, logies, vanselfsprekend. As die lewe net so was. As jy die onbekende net so maklik in jou eie huis kon oplos . . .
Amper Einstein is die storie van twee broers: Leonard in graad 10 en die sesjarige Micha, wat aan outisme ly. Toe Micha se outisme by sy nuwe pre-primêre skool (die soveelste een) gediagnoseer word en dit daadwerklik behandel en hanteer word, begin dinge regkom. Leonard vind dit egter wel moeilik om gefokus te bly op sy ideaal om eendag ingenieur te word. Hy is 'n slimkop en hy en sy groepie "mede-geeks" by die skool droom om die jaarlikse brugboukompetisie vir hoërskole te wen, sodat hy 'n beurs kan kry om ingenieurswese te gaan studeer. Daar is ook 'n romanse wat ontwikkel tussen Leonard en Hannelore, een van die "geeks" in sy span. Die tema van outisme en Asperger-sindroom is baie goed uitgebou. Op 'n onopsigtelike en goed geïntegreerde manier leer die leser meer daaroor, en dit bereik een van die belangrike doelwitte van hierdie tipe boek: bewusmaking van so 'n toestand en die afbreek van stereotipes en vooroordeel. Amper Einstein is die storie van twee broers: Leonard in graad 10 en die sesjarige Micha, wat aan outisme ly. Toe Micha se outisme by sy nuwe pre-primêre skool (die soveelste een) gediagnoseer word en dit daadwerklik behandel en hanteer word, begin dinge regkom. Leonard vind dit egter wel moeilik om gefokus te bly op sy ideaal om eendag ingenieur te word. Hy is 'n slimkop en hy en sy groepie "mede-geeks" by die skool droom om die jaarlikse brugboukompetisie vir hoërskole te wen, sodat hy 'n beurs kan kry om ingenieurswese te gaan studeer. Daar is ook 'n romanse wat ontwikkel tussen Leonard en Hannelore, een van die "geeks" in sy span. Die tema van outisme en Asperger-sindroom is baie goed uitgebou. Op 'n onopsigtelike en goed geïntegreerde manier leer die leser meer daaroor, en dit bereik een van die belangrike doelwitte van hierdie tipe boek: bewusmaking van so 'n toestand en die afbreek van stereotipes en vooroordeel.

vetseun
Blou Sjokolade / (eBook) . 2011 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799352405
ISBN: 9780799355796

In Blou sjokolade vind Elle tot haar skok uit dat die orkestoer Frankryk toe, waarna sy so lank reeds uitsien, afgestel is. Dit beteken sy gaan waarskynlik die hele vakansie alleen by die huis sit. Maar dan kry Elle die kans om die Otter-wandelpad te gaan stap saam met haar kamermaat, Refi, die aantreklike Mostert-boeties en drie kinders wat kanker gehad het. Sommer gou vind Elle uit die Otter is beslis nie vir sissies nie - en twee aantreklike ouens op die staptog laat boonop haar hart vreemde dinge doen ...
Dolgelukkig.Dit is hoe Elle deesdae voel. En sy is nie verniet in die sewende hemel nie:1. Sy is amptelik verlief. 2. Sy het vrede gemaak met haar nuwe skool.3. Sy het 'n kamermaat saam met wie daar nie een vervelige oomblik is nie.4. Sy speel in 'n briljante orkes.5. En beste van alles, sy gaan binnekort oorsee! Sy kan nie wag om Frankryk te verken nie. Parys se modehuise; Angers se beroemde blou sjokolade ...Maar dan loop dinge onverwags skeef. En in plaas daarvan om die strate van Parys plat te loop, moet Elle haar lelike stapstewels uitgrawe vir 'n staptog van 'n heel ander aard ... een wat definitief nie vir sissies bedoel is nie.

vetseun
Koshuiskoffie / (eBook) . 2010 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799347395
ISBN: 9780799349177

Gravitas. Die naam alleen klink al klaar vir Elle soos 'n doodsvonnis. Want terwyl haar ouers 'n jaar lank oorsee werk, moet sy na 'n ander skool toe gaan. 'n Meisieskool. 'n Superstreng meisieskool. En dit beteken natuurlik: 1. Geen ouens nie. 2. 'n Koshuis. Superhipermegagross. 3. Sakke vol grys skoolklere. 4. 'n Spul lelike beddegoed vir 'n vreemde koshuiskamer. 5. En 'n jaar lange vonnis sonder haar twee beste vriendinne. Boonop is haar selfoon doodstil, terwyl sy die heeltyd wens Alex se naam wil op die skerm flits. Het hy na hul Botswana-vakansie heeltemal van haar vergeet? Het die blikkie kondensmelk wat hy daardie aand vir haar gegee het, dan heeltemal niks beteken nie? Tienerlesers het die eerste keer kennis gemaak met Elle in die skreeusnaakse topverkoper Kondensmelk. In hierdie welkome opvolg op Christien Neser se debuutroman kom die bedorwe Elle voor een van die grootste uitdagings in haar jong lewe te staan - die koshuislewe.

vetseunvetseun
Kondensmelk / (eBook) / (eBook) . 2010 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799347623
ISBN: 9780799347654
ISBN: 9780799347890

Superhipermega-aaklig. Dis hoe Elle voel oor die vakansie wat voorle. En daar is 'n paar baie goeie redes waarom sy so voel: 1. Beskaafde mense hou nie vakansie in 'n tent in die diepste bosse van Botswana nie. 2. Sy mis haar twee beste vriende, Estelle en Chanelle, en die winkels en partytjies in die stad. 3. Zero selfoonontvangs. 4. Die familie en haar pa en ma se universiteitsvriende, die Mosterts, kom sak en pak saam. 5. Die Mosterts se twee irriterende, beterweterige, chauvinistiese, kondensmelkdrinkende seuns, Divan en Alex. Twee dorpsjapies. Twee koshuisbrakke. Wat haar boonop ignoreer. Vir hoer, Elle-Belle. Geen normale ou met gesonde hormone het haar nog ooit geignoreer nie. Maar in die bosse van Botswana ontdek Elle boonop 'n nare geheim oor haar ouers ... en teen wil en dank moet sy die twee seuns beter leer ken.

vetseun
Rocksusters (eBook) .......
ISBN: 9780799360998

Elle kan nie wag vir die Musikanto-musiekfees in Parys nie. Maar hoekom tree die nuwe goth-meisie so vreemd op? En sal Elle dit regkry om Divan se rockgroep te red? Nog 'n Elle-avontuur - propvol raaisels, romanse en rock!


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)