Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Christiaan Bakkes (Bakkes, Christiaan)
vetseun
Stoffel Op Safari / (eBook) . 2012 HUMAN & ROUSSEAU/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780798156233
ISBN: 9780798158824

Vertelkuns soos die van Christiaan Bakkes is skaars in Afrikaans. Sy nuutste bundel - reeds die sesde in die Stoffel-reeks - omvat weer eens 'n veelheid fasette van sy lewe in die wildernis van die Kaokoveld en Damaraland. Daar is boeiende diereverhale en hartverskeurende hondeverhale. Daar is die stories van gewone mense sowel as skatryk safarikliente. Daar is soldateverhale en 'n eenmanrebellie. Daar is boeke, musiek en stukkies geskiedenis uit Afrika, Amerika en Europa. Daar is die navorsingswerk van sy vrou Nina en die avonture van sekerlik die dapperste Jack Russell ooit, Tier met die tien lewens. Sedert die vorige Stoffel-bundel het veral een onderwerp in bewaringskringe op die voorgrond getree: renosterstropery. Bakkes spreek dit aan in drie verhale - insigryk, oorwoe en met humor. 'n Verhaal soos "Grense" toon by uitstek hoe hierdie skrywer nie bloot reis- of avontuurvertellings weergee nie, maar dat sy werk transendeer na iets meer, na die diepere betekenis van die ragfyn netwerk van verbintenisse waaruit ons lewe op hierdie planeet bestaan.

vetseun
Bushveld, Desert and Dogs . 2012 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798156899

37 stories selected and arranged by Suzette Kotze-Myburgh from Stoffel in Afrika en Stoffel op safari. Translated by Elsa Silke. Bakkes has been involved in conservation for almost two decades in one of Africa's last wilderness areas, Namibia's dry northwestern areas, the Kaokoveld and Damaraland. He and his wife both work for Wilderness Safaris, Christiaan as a guide and area manager. He has also led several gorilla safaris in the forests of Uganda. Bakkes is fast becoming a legendary figure in Namibian ecotourism and in his outspoken dedication to conservation. A master narrator whose stories portray life in the wilderness with engaging simplicity and humour. The author's previous collection in English, In Bushveld and Desert, sold very well. Praise from the media.

vetseun
Stoffel In Afrika / (eBook) . 2010 HUMAN & ROUSSEAU/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780798151290
ISBN: 9780798153287

Hierdie vyfde bundel oor die wel en wee van Stoffel Mathysen - veldkenner, bewaringskundige en safarileier - bied 'n nuwe invalshoek en nuwe ervarings. Hoewel hy reeds dekades lank in Suider-Afrika werk, neem sy ekspedisies na Midde-Afrika hom tot in die hart van die ware, ongetemde Afrika. Om skatryk kliënte op die gesogte gorillasafari's in Uganda en Rwanda te begelei, is nie altyd so glansryk soos dit klink nie, maar met sy kenmerkende humor, fyn mensekennis en ironiese kyk maak Stoffel telkens daarvan 'n andersoortige avontuur. Deur dit alles en oor alles heen strek sy gedagtes en gesprekke in 'n durende poging om Afrika te deurgrond. Hierdie verhale volg opnuut 'n kronkelpad deur Stoffel se kleurryke lewe: sy vroeë jare as wildbewaarder en sy werk as soldaat en teenstroper-veldwagter, sy tyd as WWF-beampte in die Kaokoveld, en sy huidige betrokkenheid in Damaraland by die bewaring van swartrenosters. Die leser leer ook die heel persoonlike Stoffel ken, saam met sy geliefde Nina en hulle troeteldiere - wat altyd sorg vir 'n krisis of twee!

vetseun
In Bushveld and Desert . 2010 HUMAN & ROUSSEAU
Saamgestel, Suzette Kotze-Myburgh
Vertaling: Elsa Silke
ISBN: 9780798149280

At 42, Chris Bakkes has led the kind of life of which most people can only dream. In Bushveld and Desert offers a fascinating account of time spent in several wilderness areas in Southern Africa.

vetseun
Die Swahili-woord "Tene-na-Tene" beteken immers "vir ewig en ewig" (Roman) . 2007

Hierdie is die skrywer se vierde boek oor die ervaringe van die wild- en natuurbewaarder, Stoffel, en soos sy vorige boeke is dit gebaseer op sy eie en werklike gebeure.
Soos sy voorgangers, bied hierdie bundel wildernisverhale meesleurende leesplesier. Hier is 'n nuwe Stoffel aan die woord: ouer, wyser en, op veertig, rustiger. Maar steeds spreek elke "veldnota" van 'n skerp aanvoeling, onopgesmukte egtheid en fyn waarneming. Die leser leer Stoffel ken as leier van die swartrenostersafari's in Damaraland, maar word ook teruggeneem na vroeere tye in sy lewe. Dan is daar die liefde - Nina met haar katte; sy medebestuurder by die renosterkamp en later sy verloofde. Maar daar is ook bittere verlies - die dood van 'n boesemvriend. - graffitibooks.co.za

vetseun
Stoffel se veldnotas ... 2007 HUMAN & ROUSSEAU

"Hierdie is die skrywer se vierde titel oor die ervaringe van die wild- en natuurbewaarder, Stoffel, en soos sy vorige boeke is dit gebaseer op sy eie en werklike gebeure. Soos sy voorgangers, bied hierdie bundel wildernisverhale meesleurende leesplesier. Hier is 'n nuwe Stoffel aan die woord: ouer, wyser en, op veertig, rustiger. Maar steeds spreek elke "veldnota" van 'n skerp aanvoeling, onopgesmukte egtheid en fyn waarneming. Die leser leer Stoffel ken as leier van die swartrenostersafari's in Damaraland, maar word ook teruggeneem na vroeere tye in sy lewe. Dan is daar die liefde - Nina met haar katte; sy medebestuurder by die renosterkamp en later sy verloofde. Maar daar is ook bittere verlies - die dood van 'n boesemvriend." - loot.co.za

vetseun
Stoffel by die afdraaipad (Kortverhale) . 2004 HUMAN & ROUSSEAU

In hierdie 26 verhale word die skrywer nogmaals teruggevoer na die wilderniswêreld van Stoffel Mathysen.
Daar is verhale uit sy tydperk as veldwagter in die Kaokoveld, wat aansluit by die wêreld wat in Stoffel in die wildernis verken is, en dan verhale uit sy jare as safarileier aan die Skedelkus. 'n Mens kry 'n binnekyk op die werking van verantwoordelike toerisme en dit is lekker om saam met die altyd interessante en verfrissend eerlike Stoffel verskillende aspekte van hierdie bedryf, asook die mense daarin, te leer ken.
'n Aangename en leesbare bundel wat talle verskillende aspekte en onderwerpe byhaal. Dit laat 'n mens met groot waardering vir die feit dat daar so 'n egte wildernismens bestaan - een wat die vermoë het om sy ervaring onder woorde te bring vir die stadsjape en huisbly-reisigers om in te deel. So 'n egte vertelling oor 'n vinnig verdwynende wêreld is bitter skaars en daarom waardevol. - graffitibooks.co.za

vetseunvetseun
Skuilplek (Roman) ..... 2002 HUMAN & ROUSSEAU

Dit is die teenstropereenheid in die Wes-Caprivi se taak om wilddiewe en ivoorsmokkelaars vas te trek, maar Sarel Froneman het tydens sy pas afgelope patrollie 'n ontdekking gemaak wat skielik sin aan sy lewe gegee het.
Die laaste paar swartrenosters in die noorde van Namibië. Hierdie ontdekking bring egter ook Natuurbewaring se wildvangspan na die Caprivi, en die wrywing wat ontstaan tussen hom en Reinhard Schenk, hoof van die wildvangspan, het verreikende gevolge. 'n Spanningsvolle natuurroman wat ons met nuwe begrip laat kyk na bewaarders én jagters.
Bakkes se nuwe boek bevat al die elemente wat sy vorige twee so aantreklik gemaak het vir die lesers wat belangstel om te lees oor die misterie van en die harde lewe in Afrika se afgeleë streke, en veral oor die mens wat hom alleen bevind in daardie wildernis. Die vervlegting van nugtere realisme en 'n evokatiewe uitbeelding van daardie wêreld, die deernis vir dier en mens, die oomblikke van humor dra alles by tot 'n boeiende blik op mens en natuur. 'n Verhaal wat nie net vir ontspanning is nie, maar ook 'n wyer perspektief op bewaring gee. - graffitibooks.co.za

vetseun
Stoffel in Die Wildernis (Outobiografie) (Kortverhale) . 2000 HUMAN & ROUSSEAU

Hierdie verhale en vertellings deur die outeur van Die lang pad van Stoffel Mathysen gee die leser in sober taal en met fyn ironie 'n kykie in die lewe van 'n veldwagter in wildernisgebiede soos die Kaokoveld en Caprivi: 'n Harde lewe, een van eensaamheid en afsondering, maar ook een waarin die betowering van Afrika 'n houvas op die mens kan kry, en, in party gevalle, 'n betowering wat ook kan vernietig . . . Gebaseer op werklike ervarings en gebeure. - graffitibooks.co.za

vetseunvetseun
Die Lang Pad Van Stoffel Mathysen (Outobiografie) . 1998 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798137805

Christiaan Bakkes, voorheen 'n staptoerveldwagter in die Krugerwildtuin, is tans betrokke by natuurbewaring in die afgeleë Kaokoveld. Met hierdie boeiende dokumentecirc;re roman gebaseer op die werklikheid, toon hy dat hy 'n baasstorieverteller is.
Dit is die aangrypende verhaal van 'n jong man wat met soveel drif en passie leef dat hy by tye roekeloos raak en as 't ware die noodlot uittart. Hy is 'n staptoerveldwagter in die Krugerwildtuin, maar op 'n dag gebeur die onnoembare: 'n krokodilaanval, en hy verloor sy arm.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )