Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Chris Schoeman (Schoeman, Chris)
vetseunvetseun
Boerseun (Biografieë) . 2010 ZEBRA PRESS
- Memoires van 'n Anglo-Boereoorlogseun
ISBN: 9781770221437

Boerseun is die hartroerende ware verhaal van 'n tienjarige plaasseun se traumatiese maar fassinerende ervaringe gedurende die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902.

vetseunvetseun
OS - die outobiografie (Outobiografie) (Sport) . 2006 TAFELBERG
Chris Schoeman; Pieter du Randt

"Die verhaal van een van die ware legendes van rugby, die loskopstut Os du Randt. Curriebekerwenner, Drienasieswenner, Wêreldbekerwenner. Os is plaaslik en oorsee een van die mees gerespekteerde Springbokke, gevrees deur sy teenstanders, en het tot dusver reeds 58 keer in die groen-en-goud uitgedraf. Was dit nie vir knaende beserings tussen 1999 en 2004 nie, was die getal veel hoer. Hierdie titel neem sy hele loopbaan in oenskou en fokus op sowel sy teleurstellings as die talle hoogtepunte. Hy is die enigste lid van die Wêreldbekerwennende span van Francois Pienaar wat nog deel is van Jake White se huidige Bokspan." - loot.co.za

vetseun
Boots en Brannewyn (Sport) . ZEBRA PRESS
Chris Schoeman; Frik du Preez
ISBN: 9781770221338

Of jy nou vir Bitterfontein, die Blou Bulle of die Bokke speel, rugby bly 'n spel met baie snaakse situasies, op en van die veld. Daar's nie nóg 'n sport waaruit sóveel stories uit die skrum van die lewe gehaak word nie.
Boots en brannewyn is 'n lekker ontspanboek wat o.a. vertel van Morrie Zimerman se gatvol raak vir hoekskoppies; Ferdie Bergh se helderblou Springbok-kouse; die ref wat die Bokke teregwys dat 'die Engelse julle darem nou lekker donner'; 'n boerbok wat 'n Villagers-man buite aksie stel; en Bob Skinstad se 'noodgebed' voor 'n wedstryd.
Daar is ook heelwat staaltjies oor legendes soos Oom Boy Louw, Dok Craven, Oubaas Mark en Colin Meads, oor breiers en refs en die manewales van die Kiwis, Aussies en die Ses Nasies-manne. 'n Lekker-lag boek vir rugby-liefhebbers.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )