Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Chris Karsten (Karsten, Chris)
vetseun
'n Man Van Min Belang / (eBook) . 2013 HUMAN & ROUSSEAU/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780798157766
ISBN: 9780798158695

Op'n fynbosplaas in die Langkloof word die oorskot van vier jongmense gevind. Onder dié wat antwoorde soek, is die amper-afgetrede joernalis Luther en die Struggle-veteraan Mosman, nou direkteur van 'n obskure intelligensieafdeling bemoeid met die identifikasie van die oorskot van dié wat verdwyn het tydens die geweldadige doodsnikke van apartheid en die opsporing van hul moordenaars. 'n Naam in 'n sprokiesboek lei hul na Luca Thom, marinebioloog en seun van die polisieberader Eddie Thom en die oudaktrise Carlita Rosati, en na die jaar waarin Luca sy pa verloor het.
On a fynbos farm in the Langkloof the remains of four young people are found. Among those looking for answers, are the almost-retired journalist Luther and the Struggle veteran Mosman, now director of an obscure intelligence division concerned with the identification of the remains of those who disappeared during the violent final days of apartheid and with the exposure of their murderers. A name in a book of fairy tales leads them to Luca Thom, marine biologist and son of the police psychologist Eddie Thom and the retired actress Carlita Rosati, and to the year in which Luca lost his father.

vetseunvetseun
Die Afreis Van Abel Lotz . 2012 HUMAN & ROUSSEAU/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780798156400
ISBN: 9780798156417

Die derde boek in die Abel-trilogie. Die polisie word ontbied na 'n kamer in die Sleep Inn in Bez Valley. Bloed en hare in die bad dui op 'n slagting, maar daar is geen lyk nie. Wanneer 'n gelooide en onthaarde vel in formalien gevind word, weet Ella Neser sy is weer op Abel Lotz se spoor. Abel bevind hom in Brugge, by sy vriend Ignaz Bouts. Kort voor lank soek hy weer na velle met tatoes vir die omslae van die tien volumes van sy Kosmiese Reise, hierdie keer met die hulp van Ignaz. Hy het twee velle en kort nog agt. Intussen word die lyk van 'n amptenaar van Binnelandse Sake kaal en bevrore langs 'n dam gevind, sy keel afgesny. Dit blyk dat 'n joernalis op sy spoor was, nadat 'n Suid-Afrikaanse paspoort aan die lyk van 'n meesterbrein van Al-Kaida gevind is.

vetseun
The Skin Collector / (eBook) . 2012 HUMAN & ROUSSEAU/NASIONALE BOEKHANDEL
Vertaling: Elsa Silke
ISBN: 9780798157087
ISBN: 9780798158541

Abel still lives on the smallholding outside Johannesburg, where he spent most of his life with his disturbed mother. Here he harvests and treats the skins of small animals which he trades for the authentic African and South American masks and tsantsas sold in his gallery in the city. For his fiftieth birthday he has special plans. He wants a new face for himself, one for special occasions. And he is on the lookout for specific tattoos for the covers of his Cosmic Journals. Inspector Ella Neser's first murder case is that of a young woman with a piece of skin missing from her shoulder.

vetseun
Abel Se Lot / (eBook) . 2011 HUMAN & ROUSSEAU/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780798152921
ISBN: 9780798155908

Die tweede boek in die Abel-trilogie: Ella Neser is op verpligte siekverlof na haar noue ontkoming aan Abel Lotz se skalpel. Tussen beradingsessies en harplesse, peins sy oor die foto's van Abel se vier slagoffers, vasberade om hom te vang voor hy weer moor. Wanneer 'n inbraak uitloop op 'n sterfgeval, keer Ella terug om die skuldiges aan die pen te laat ry. Sy is egter nie die enigste een op hulle spoor nie. Is Abel Lotz terug, of is daar 'n nuwe moordenaar in Doradopark?

vetseun
Abel Se Ontwaking / (eBook) . 2010 HUMAN & ROUSSEAU/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780798151306
ISBN: 9780798153300

Boek een van 'n trilogie. Abel bly steeds op die burgerregerf buite Johannesburg waar hy die grootste deel van sy lewe saam met sy versteurde moeder deurgebring het. Daar bewerk hy die velle van klein diertjies wat hy verruil vir die maskers en tsantsas uit Afrika en Suid-Amerika wat hy in sy galery in die stad verkoop. Vir sy vyftigste verjaarsdag het Abel spesiale planne. Hy wil vir hom 'n nuwe gesig uitsoek: die van 'n mooi jong vrou. En hy is op die uitkyk vir tatoes wat sal pas by die temas van sy Kosmiese Joernale.

vetseunvetseun
Charlize: Ek Leef My Droom (Biografie) / (eBook) . 2009 HUMAN & ROUSSEAU/MEDIA24 BOOKS/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780798150279
ISBN: 9781920323714
ISBN: 9781920323745

In hierdie oorsigtelike huldeblyk aan 'n merkwaardige vrou ontleed Chris Karsten die geheim van haar vordering van 'n plot op Putfontein tot die panteon van sterre. Dat Charlize Theron beeldskoon is, het gehelp. Maar iets besonders is in haar raakgesien. Boweal het sy geloof en vertroue in haarself en sy wéét hoe om verbete aan haar droom te klou. Vandat sy as jong tiener vir Tom Hanks en Daryl Hannah in Splash gesien het, was sy oortuig sy kon die rol van die meermin beter vertolk. Uit onderhoude met familielede, onderwysers en vriende in Suid-Afrika, besoeke aan haar destydse en huidige leefwêrelde, en omvattende navorsing van die hoofstroommedia, gee Chris Karsten insig in die lewe en loopbaan van iemand wat haar en haar ma en haar vriende se privaatheid as heilig beskou.Op die vooraand van veertig hou die indrukwekkende omvang van haar repertoire haar posisie Hollywood steeds stewig. En aan 'n beter lewe kan sy nie dink nie: "Ek leef 'n droom."

vetseun
Seisoen Van Sonde .. 2009 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798150385

Die polisie soek na 'n reeksmoordenaar. Die eerste lyk, dié van 'n vrou, word na 'n storm op die rotse gevind - vasgebind aan 'n paal met 'n papie in haar toegewerkte mond. Die lyke wat volg is elk op nog meer bisarre wyse agtergelaat. Jack, 'n psigopaat, is sistematies besig om mense te elimineer vir sy enigmatiese meester, Minos. Die laaste slagoffers op Jack se lys is Wim, 'n skoenlapperboer naby Wildernis, en sy assistent, Portis. Beide het kontak gehad met die regeringsprojek Anthenor in die Apartheidsjare - Wim as navorser en Portis as jong struggleleier.

vetseun
Boos En Bisar / (eBook) . 2008 HUMAN & ROUSSEAU/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780798149747
ISBN: 9780798154390

Barbaarse misdade is deel van die Suid-Afrikaanse werklikheid, en hier is tien bondige en spannende oorvertellings van sommige van die verfoeilikste gebeure nog, dikwels met 'n grieselrige en onheilspellende kinkel.

Alison glo haar oorlewing van die onbeskryflike wrede aanval deur twee (met-die-duiwel?) besetenes is aan wonderwerke te danke. Ewe boos en bisar is die optredes van die psigopatiese skroewedraaiermaniak, die pedofiel wat die skuld aan die deur van sy meervoudige persoonlikhede lê, en die sadistiese moordenaar en kannibaal wat nie eers sy eie dogtertjie ontsien nie. - graffitibooks.co.za

vetseun
Suid-Afrikaanse Geweldenaars Sonder Genade / (eBook) . 2008 HUMAN & ROUSSEAU/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780798149891
ISBN: 9780798154406

Skrywer Pieter Pieterse was volksbesit toe hy al skrywende langs sy swembad oorval is. Goue seun van die Afrikaanse letterkunde Uys Krige se kleindogter, haar man, kinders en huishulp is eweneens genadeloos deur hul tuinier en 'n makker om die lewe gebring. Twee boosaardige jong motorkapers ontsien in 'n driedubbele moord nie eers die lewe van 'n eenjarige babadogtertjie nie. Tien ware verhale wat weer eens getuig van Chris Karsten se vermoe om meer inhoud aan die koue feite te gee, om insae te gee in die mens en motief agter die gruweldaad, en so die leser enduit gevange te hou.

vetseun
Verlore Onskuld ......... 2007 HUMAN & ROUSSEAU
- Suid-Afrikaanse kinders wat moor en roof
ISBN: 9780798148993

Tien verhale oor Suid-Afrikaners op die drempel van hul lewe, wat hulle skuldig maak aan ernstige misdaad en moord. Dis stories van onverklaarbare geweld en ontsporing - van jongmense wat roof om die guns van ander te wen, van leerders uit vooraanstaande gesinne wat 'n hawelose man wreed om die lewe bring, van sestienjariges wat hul eie ouers en gesinslede koelbloedig vermoor. Daar word ook vertel van heldemoed en hoop klein Angeline Taljaard sing dapper in 'n musiekblyspel nadat haar gesin die vorige aand deur twee seuns, jonger as syself, vermoor en vermink is. Polities opgesweepte jeugdiges vermoor die Amerikaner Amy Biehl en baie Suid-Afrikaners en ook Amerikaners trek steeds voordeel uit haar nalatenskap.

vetseun
Frats ........................... 2007

vetseun
Opspraak Deur Moord . 2007 HUMAN & ROUSSEAU
- Suid-Afrikaanse doodslag skok
ISBN: 9780798147170

Tien spannende verhale van opspraakwekkende moorde, met heelwat besonderhede wat nog nie rugbaar was toe die stories die media vol was nie. Met Marike de Klerk se moord was daar die bewerings oor politieke komplotte en tweespalt in haar gesin; die verhaal van Casper Greeff, wat skuldig bevind is aan die huurmoord op sy aantreklike vrou, is omring met afguns en intrige; die Bainskloof-moord is die skokverhaal van hoe 'n agtergrond van armoede en kindermishandeling vorm gegee het aan menslike moordmasjiene; en nog vele meer. Die moorde is gekies op grond van die buitengewone boeiende inhoud van die gebeure en hul potensiaal vir nuwe, nuuswaardige onthullings.

vetseun
Riller in die raaisel ..... 2007 HUMAN & ROUSSEAU
- Onopgeloste Suid-Afrikaanse misdade
ISBN: 9780798147187

Is die omstrede NG Kerk moderator Johan Heyns deur regses vermoor, of deur sy eie mense? Het die skerpioene al vordering gemaak in hul soektog na die slagoffers van pedofiel Gert van Rooyen? Oor watter inligting kon Robert Smit beskik het dat hy moes stil gemaak word? Soveel misdade kon nog nooit opgelos word nie. Tien van die tergendste raaisels word oorvertel, en opnuut word die leser bewus van die menslike tragedie agter die gebeure.

vetseun
Headline Murders ...... 2007 HUMAN & ROUSSEAU
- Slayings which shook South Africa
ISBN: 9780798148429

Headline murders is a collection of stories about ten of South Africa's most notorious murder cases. The death of former First Lady Marike de Klerk spawned rumours of a political killing and dissension in the family; the story of Casper Greeff, respected dentist and dedicated husband found guilty of paying to have his lovely wife murdered, is one steeped in envy and intrigue; the Bain's Kloof murder is an unsettling account of how poverty and abuse conspired to create human killing machines. These and seven other alarming real-life tales of murder that shocked South Africa are retold with gritty details that were unknown at the time when they made headlines. With photographs of killers and victims.

vetseun
Dodelike vroue: Wanneer passie in bloed eindig . 2007

vetseun
Bad Kids ........................ 2007/2011 HUMAN & ROUSSEAU
- South African youngsters who rob and kill
ISBN: 9780798149013

Bad kids tells ten true stories of youngsters involved in serious crime, often the worst possible crime - ending other people's lives before their own have properly begun. There are tales of unspeakable malice - boys and girls who lie and steal to gain favours; learners from privileged backgrounds who brutally kill a homeless man; sixteen-year-olds who murder their parents and siblings. But sometimes heroism and hope flow from tragedy - Angeline Taljaard bravely sings in a musical the day after members of her immediate family have been murdered and maimed by two fifteen-year-old boys; and many people on both sides of the Atlantic still benefit from Amy Biehl's legacy after she was stoned to death by teenagers coming from a political rally.

vetseun
Killer women: Fatal South African females . 2007

vetseun
Unsolved ....................... 2007
- No answers to heinous South African crimes
ISBN: 9780798148436

Was the controversial Dutch Reformed theologian Johan Heyns murdered by right-wingers or by his own people? Have the Scorpions made any progress in their search for paedophile Gert van Rooyen's young victims? What did Robert Smit know that made it so important to have him silenced? Why have the perpetrators still not been brought to justice? Ten of South Africa's most baffling mysteries come menacingly off the page, and the reader will again sense the real human tragedies behind these haunting events.

vetseun
Die Jokkie Wat Met Perde Kon Praat . 1997


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )