Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)YouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Chris Barnard (Barnard, Chris)
vetseun
Danda .......................... 2013 TAFELBERG
ISBN: 9780624055105

Danda (Daniel Daneel) vertrek sonder die medewete van sy pleegouers met sy tuisgemaakte vlot, sy nagapie, kraai, ratel en hond om sy pa in 'n ver hawe te gaan soek. Op die avontuurreis kom hy byna om in stormwater, verloor sy vlot, raak beseer, en loop boonop die uitgeslape leegleer oom Sarel Vetvoet raak. Ook krokodille en seekoeie word 'n bedreiging. Die troeteldiere en Vetvoet sorg vir humoristiese afwisseling. Danda maak ook kortstondig kennis met die Portugese meisie Rosina. Die motief van natuurbewaring teen die agtergrond van 'n subtropiese wereld in Afrika is sterk aanwesig. (Uittreksel uit Gretel Wybenga se artikel oor Chris Barnard in Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom).

vetseun
Bundu / (eBook) ......... 2013 UMUZI/ALMA BOOKS
Vertaling: Michiel Heyns
ISBN: 9781846882333
ISBN: 9781415202142

Bundu is about the people and the animals of Africa in the heights of their beauty and the depths of their despair. It is a love story and a meditation on the mystery of our powers and the limitations that we share with our brothers, the animals.
In a place near Mozambique where no one knows the boundary, drought is changing everything. Tens then hundreds of people seek refuge in a forgotten outpost where a clinic is run by lonely souls of uncertain training, nuns staunchly determined to serve. But the inundation soon becomes too much for them, and there is no help from outside. Within the small community of outsiders a plan takes shape that is as outrageous as it is inspired, when Brand de la Rey, an ecologist who is researching the local baboons, organizes a desperate mission for more supplies, using a damaged airplane that is unfit for purpose.

vetseun
Die Wonderwerker (eBook) . PENGUIN
ISBN: 9780143529743

Toe Eug ne Marais deurtrek van malaria en morfien by 'n vreemde plaashuis in die Waterberg ingeneem word, verander daardie huishouding heeltemal. Twee vroue ding mee om sy aandag - Maria, die huisvrou, en Jane, 'n jong meisie onder die gesin se sorg. En op hulle beurt is daar twee jaloerse mans - Gys, die eggenoot, en hul seun, Adderjan. Oor die maande waarin Marais onder die sorg van die twee vroue herstel, verrig hy wat vir die plaasmense en hul bure na wonderwerke lyk. Hy versamel en ondersoek byna alles, maak diere mak en bring hulle in sy kamer in, genees besoekers. Hy mesmeraais mense en hou hom besig met dinge wat soos toordery lyk. Algaande bring sy teenwoordigheid in almal die verlange na iets onbereikbaars na vore, maar dis Marais se verlange na die jongmeisie, en hare na hom en na 'n ander lewe, wat al die verswe konflikte op die spits dryf.

vetseun
Boela Van Die Blouwater / (eBook) . 2012 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869195533
ISBN: 9781869197339

Die aangenome visserseun Boela, raak verlief raak op Nonnie, die eienaar van die kantien se dogter. Hy moet slim planne maak om sy drie vriende, Vlooi, Patrys en Biesiepol, van Nonnie se werf af te hou. Dan is daar Oukoos, Boela se pleegvader. Nadat Oukoos se seun Janneman en sy vrou weggeloop het van Oestermond, het Oukoos vir Boela in sy huis ingeneem om hom te leer van die see en sodat iemand sy skuite kan erf. Maar op 'n dag sien iemand vir Janneman in die kantien drink. Boela wonder of Oukoos hom nog nodig het. En of hy opgewasse is om Nonnie teen Janneman te beskerm.

vetseun
Oulap Se Blou / (eBook) / (eBook) . 2008 UMUZI
ISBN: 9781415200667
ISBN: 9781415202869
ISBN: 9781415202852
- Veertig kort vertellings

"Die stories in hierdie boek is reise: na plekke, na tye her, na mense, na binne. En soos reise altyd maak, beweeg hulle jou, want jou siel is die eintlike reisiger. En soos met alle reise kleef daar 'n blouïgheid aan die opwinding. Veertig jaar ná die verskyning van sy eerste, lank reeds beroemde kortverhaalbundel Duiwel-in-die-bos, het Chris Barnard baie om na terug te kyk.

Seunskindjare in 'n landelike paradys. Die liefde in haar vele verleidinge. Vriende, en wat van hulle geword het. 'n Land, en wat dáárvan geword het. Dalk 'n singende en dansende land. In hul skone eenvoud soek hierdie veertig kort vertellings die plekke op waar lag en verlange naaste bure is. Stories sonder versiering, wat hulle juis die mooiste stories maak." - graffitibooks.co.za

Daardie tyd was die enigste tyd wat die wêreld 'n volmaakte plek was, se die verteller in een van verskeie stories oor seunskinders in 'n pastorale wêreld van onskuld - en tog nooit sonder 'n sydelingse blik op die slang in die paradys nie: die foon lui in die gang, sy ma se al hoe minder, die dood van 'n buurdogter wat sy eerste waardering vir vroulike skoonheid geinspireer het. Min kan Chris Barnard sy fyn aangevoelde uitdrukking van liefde en verlange nadoen, met soveel ekonomie van segging en soveel helderheid van styl. Die eenvoud van die stories verberg die diepte van hulle peiling van die menslike tweeling van glorie en onvolmaaktheid. Altyd met 'n liefhebber se bewondering vir die teenoorgestelde geslag, druk baie van die stories hulle sin vir verlange uit in die vorm van mense op reis. Maar dis ook van hierdie verhale wat vir die kostelikste humor in die bundel sorg. Oulap se blou is 'n title wat vier, betreur vertroos, en ons 'n bietjie beter laat verstaan wat dit beteken om 'n mens te wees.

vetseun
Boendoe ...................... 1999 TAFELBERG

"'n Klein sendingkliniek in die koorsige boswêreld iewers waar die grens tussen Suid-Afrika en Mosambliek nie duidelik is nie, is die toneel van spannende gebeure rondom 'n handjievol mense in hul toevlug so diep in die boendoe in. 'n Verhaal tuis in Afrika, oor mense ontuis in die wêreld. Die skrywer van Mahala en Moerland se derde roman." - suid-afrika.de

vetseun
Paljas & Die Storie Van Klara Viljee: Die Filmdraaiboeke (Digbundel) . 1998 TAFELBERG
ISBN: 9780624036418

vetseunvetseun
Voetpad na Vergelegen . 1997 TAFELBERG

vetseun
Die rebellie van Lafras Verwey (Digbundel) (Hoorspel) . 1996 TAFELBERG
ISBN: 9780624017592

Chris Barnard se bekroonde hoorspel gaan oor Lafras Verwey, 'n klerk in die staatsdiens. Sy baas roep hom gedurig in. Sy kollegas treiter hom.
Almal wat hom ken, dink hy's 'n opperste sukkelaar. Maar wat hulle nie weet nie, is dat hy een van die geheime agente van die revolusie is. Soos hy aan Petra verduidelik: "Ons gaan alles afmaai. Al die grootmenere. Al die ekstra spesiale kokkedore wat die wette gemaak het; al die ringkoppe wat op ons gewone ouens trap en die wêreld se geld onder hulle vet basse muf broei.
Terwyl ons ouens wat die vuil werk doen in losieshuise moet bly. En met trapfietse moet kom waar ons wil wees - ons gaan die wêreld weer maak soos hy was - toe elke ou nog 'n kans gehad het." - graffitibooks.co.za

vetseun
Moerland ..................... 1992 TAFELBERG

1991 - (totale oeuvre) Hertzogprys Drama
1989 - Fiela se Kind, draaiboek
1989 - Triptiek: Tekste Vir Die Verhoog, Radio En Televisie (J.P. Smuts, Chris Barnard, C.L. Leipoldt, A.S. van Straten) (TAFELBERG)
1989 - (Voetpad na Vergelegen) Scheepersprys vir Jeugliteratuur

vetseun
Klopdisselboom ........ 1988 TAFELBERG
- Die Beste Van Chriskras
ISBN: 9780624026082
- Die Beste Uit Chriskras

Klopdisselboom bied 'n keur uit Chris Barnard se drie Chriskras-bundels, die essays wat oorspronklik in Huisgenoot gepubliseer is. Hierdie bundel bevestig dié Hertzogpryswenner as een van ons beste essayiste en vertellers.

1985 - So Onder Deur Die Maan: Chriskras 3 (TAFELBERG)
1984 - Bartho - Bartho Smit; Chris Barnard (PERSKOR)

vetseunvetseun
Piet-My-Vrou en Nagspel (Digbundel) . 1982/1997 TAFELBERG
ISBN: 9780624017851

vetseun
Taraboemdery ........... 1977 TAFELBERG

"Op die stofdorpie Kamagas gebeur daar iets wat diep in die mense se eenvoudige, verskroeide bestaan ingryp. 'n Vreemdeling, Koot, groot, bebaard en joviaal, kom met sy lorrie, sy wyn, sy kitaar; hy praat van ver plekke en duister dinge; wek vergete en ongekende drifte. Vir die aantreklike Fransien en haar impotente man, Buks, vir die verstandelik vertraagde Ewert en sy oujongnooi-suster, Breggie, sal die lewe op Kamagas nooit weer dieselfde wees nie. Want die vreemdeling bring die vreugde van musiek en wilde verwagtinge, maar hy laat hulle uiteindelik met die pyn van selfkennis en 'n verlange na die onbereikbare."

1975 - Die Transvaalse Laeveld: Kamee Van 'n Kontrei - Chris Barnard; GS Bredell (TAFELBERG)
1975 - Iemand Om Voor Nag Te Sê (TAFELBERG)
1975 - Op Die Pad Na Acapulco (TAFELBERG)
1974 - Chriskras (TAFELBERG)
1973 - (Mahala en Duiwel-in-die-bos) Hertzogprys Prosa
1973 - (Die rebellie van Lafras Verwey) SAUK-prys vir Radiohoorspele

vetseunvetseunvetseun
Mahala . 1971/1977/1981/2006/2009 TAFELBERG/AFLAME BOOKS
- Bekroon met die Hertzogprys
Vertaling: Luzette Strauss
ISBN: 9780624043898
ISBN: 9781906300043

"Vree was al so deel van hom dat jhy dit nie meer as vrees herken het nie. Dit was in sy versigtige, byna sluipende manier van stap; in sy onrustige, wantrouende oë; in sy buitengewoon sagter stem; in sy soms stamelende manier van praat.
Delport het homself selde nog daaraan herinner dat hy versigtig moet wees, sy oë moet oop hou. Dit was al vir hom normaal dat hy nie graag vreemdes ontmoet nie, dat hy net Caipemba toe gaan as dit noodsaaklik is.
Hy het soveel duisende kriekende nagte onthou; tussen skemeraand en skemerdag soveel duisend muskiete se gesing, en tromme wat byna onhoorbaar ver in die donker pols. Soveel dae se sonne en sondes het in sy lyfgebrand, terwyl hy gewag het en soms wel bang was en soms dapperder - gewag het op 'n deur wat sal oopgaan, 'n struik wat skielik sal roer en oopgaan voor Ritter se gesig. Hy sou uit die son verskyn, daardie lang en lenige man, sy hand gereed op die rewolwer in sy bosbaadjie se sak.
Nege jaar lank het Delport vir hom weggekruip. Maar toe, een laatmiddag in Caipemba, het Malia Domingo opgedaag. Vir Delport was sy 'n vreemdeling en hy wou haar afgeskud kry, maar sy het iets van Ritter met haar saamgebring - sy gesig, in die vorm van 'n masker. Of was dit nie regtig Ritter se gesig nie?
Rondom die vae herinneringe wat 'n moord het Chris Barnard 'n roman gebou - 'n roman wat sy vertekpunt het in die soort situasie wat gewoonlik by 'n populêre spanningsverhaal tuishoort.
Maar die wyse waarop hy hierdie situasie hanteer en benut, laat dit ontplooi tot veel méér: dit word 'n speurtog na die hoe en die waarom van die syn." - omslag

1971/1977/1980 - 'n Man Met Vakansie (TAFELBERG)
1970/1980/1982 - Duiwel-In-Die-Bos : Verhale, 1963-1968 (TAFELBERG)
1967/1977 - Danda op Oudeur (TAFELBERG)

vetseun
Die Swanesang van Majoor Sommer . 1965 AFRIKAANSE PERS-BOEKHANDEL

Die Swanesang van Majoor Sommer is die verslagvan 'n noodlottige nag in die lewe van 'n verskopte oud-soldaat, vermink deur 'n oorlog waarvan hy min onthou, en met slegs 'n houtbeen en twee medaljes as bewys van 'n vergete heldedaad. Chris Barnard verstaan die kuns om in elke nuwe werk met iets anders, iets nuuts vorendag te kom. Ook hierdie komies-tragiese novelle is 'n verassende nuwe wending in die werk van een van ons gewildste skrywers. - omslag

vetseun vetseun
Pa, Maak vir my 'n Vlieër, Pa . 1964/1995 TAFELBERG
ISBN: 9780624022404

1964 - Dwaal


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )