Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Chanette Paul (Paul, Chanette)
vetseun
Fleur / (eBook) ............ 2012 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799351545
ISBN: 9780799352283

Fleur (1938), 'n Malherbe met suiwer Hugenotebloed in haar are, is die eienares van 'n verwaarloosde wynplaas en 'n groot hoop skuld, maar sy weet min van wynmaak en niks van wingerde nie. En dan kom Christiaan Davel aan in die vallei. Hy weet alles van wingerde en wyn af en laat haar hart skoon op galop gaan, maar hy is 'n Transvaler en boonop lief vir iemand anders.
Fleur het die wynplaas, Christiaan die kennis. Hul huwelik is 'n sakeooreenkoms. Maar by die Davels wag die een wittebroodkamer na die ander op hulle. Iets moet knak. Maar daar's Fleur se voorwaardes. En Christiaan se eed.
Sy't die wynplaas - afgetakel en op sy knieë - en hy't die kennis. En die enigste uitweg om die plaas te red is deur te trou. Al is dit liefdeloos.Dis wat erfgename doen, glo Fleur. En ná vyf jaar op 'n wynplaas in Frankryk, is dit die enigste manier hoe Christiaan 'n wynplaas kan bekom.Dis 'n sakevennootskap. 'n Kontrak. 'n Ooreenkoms op Fleur se voorwaardes.Net, Christiaan het nie tred gehou met sy romantiese Davel-familie nie. So ver soos hulle gaan groet, wag die wittebroodkamers. Die een na die ander. En iets moet meegee. Blom. Hul lywe? Liefde? Maar daar's Fleur se voorwaardes. En boonop Christiaan se eed.

vetseun
Labirint / (eBook) ....... 2012 QUEILLERIE/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780795800443
ISBN: 9780795800450

Toe die skilder Vasti de Leeuw se gewese man haar die soveelste keer opspoor en haar meenthuis vandaliseer, het sy genoeg van sy jarelange treitering gehad. Sy trek terug na Leeuwendrift waar sy as ? verworpeling grootgeword het. Maar dan vind daar in die omgewing 'n reeks brutale moorde plaas - en Vasti het oënskynlik vir elkeen daarvan ? motief gehad . . .
Sy gaan ophou vlug van haar eksman en haar verlede en sy gaan dit doen op Leeuwendrift waar sy as verworpeling grootgeword het. Dít besluit Vasti de Leeuw toe haar meenthuis gevandaliseer en 'n besending van haar skilderye vernietig word.Om die verlede te trotseer, is egter nie so maklik nie. Daar is die onlangse verlede waarin sy haar vermoë om ernstige kuns voort te bring, verloor het. Haar nagmerrie-huwelik en die verwoestende gevolge daarvan. Daar is haar kinderdae toe sy in die skaduwee van sowel ryk, dominerende Leon de Leeuw as haar Hollander-oupa gestaan het. Ook die verre verlede waaruit die legende van die leeuman gespruit het; die begin van die twis tussen die Bredells en die De Leeuws. In die hede vaar sy nie veel beter nie. Sommer die eerste dag al begin haar eksman haar weer treiter. Sy is ook skaars 'n week in haar oewerhuis op Leeuwendrift toe een van die inwoners van De Koppe, 'n rykmansbuurt waar die uitruil van seksmaats die reël eerder as die uitsondering is, in verdagte omstandighede sterf. Vasti besef gou sy is baie meer betrokke as wat sy kon vermoed. Veral toe die ontbinde lyk van'n man naby haar huis ontdek word. Dan sterf nog 'n vrou op agterdogwekkende wyse. En dié is nie die laaste slagoffer nie.Die net begin ál nouer om Vasti trek, want elkeen van die sterftes hou op die een of ander manier verband met haar, haar kuns en die mans in haar lewe.Vasti besef die sleutel om die geheimenisse van die hede te ontsluit, lê in die verlede. Ook dat sy die een is wat die minotaurus in die doolhof sal moet aandurf, met of sonder 'n tolletjie gare. Dat sy die doolhof sal moet vereenvoudig tot 'n labirint.Dit is natuurlik die laaste ding wat die moordenaar kan toelaat. Vasti se vlammetjie sal om meer as een rede gesnuit moet word. Labirint is 'n spanningsroman wat die donker kant van die psige ondersoek, boosheid blootlê waar dit nie vermoed is nie en goedheid waar dit diep verborge is.

vetseunvetseun
Maanschijnbaai Nan & Jeannie / (eBook) . 2012 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799358384
ISBN: 9780799357790

Om Hannetjie se nakomeling te wees, is ook nie vir sissies nie. Dit was bose dag toe die vier Calitz-slette Maanschijnbaai in pienk Cadillac binnegery en die kasarm in stuk kitsch begin omskep het.
Almal weet teen die tyd hulle is slette, maar nou is daar selfs sprake hulle kan toor. Kyk hoe het Sue vir arme Zach betower, en Jo vir Saul. Ook die geliefde dominee Gideon het handomkeer 'n ander mens geword. Het dit iets te doen met Nan se magte wat sy moontlik by haar pa geërf het? Of dalk met Jeannie se betrokkenheid by daardie sekte? Hoekom anders het die oulike Ieg op vlug geslaan? En nou wil Jeannie nog boonop 'n restaurant oopmaak en toorkos bedien.

vetseunvetseun
Maanschijnbaai Jo & Sue / (eBook) . 2012
ISBN: 9780799355420
ISBN: 9780799357639

Maanschijnbaai: Jo Sue is die eerste boek in 'n tweeluik en vertel die storie van die vier wilde Calitz-vroue, wat die eksentrieke Casper Calitz se erfgename is. Jo erf die liederlike kasarm van 'n huis, Sue erf die pienk Cadillac, Jeannie erf sy boekery en Nan erf die esoteriese winkeltjie. Hulle besluit om die huis te restoureer en haal daarmee die gramskap van die plaaslike gemeenskap op die hals. As hulle die kasarm leefbaar kan maak, kan Casper se nalatenskap hulle in staat stel om van die onlangse verlede te vlug.

vetseun
Annabella / (eBook) ......... 2011 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799351507
ISBN: 9780799352900

Sonder István Bethlen sal sy nooit volledig Annabella Davel kan wees nie. Net 'n leë dop, sonder koers, sonder betekenis. En sy hét hom verloor, dié geheimsinnige sigeunerviolis wat haar so volledig aangevul het toe sy tjello gespeel het, haar so volledig vrou laat voel het.Aan die konservatorium op Stellenbosch sal sy musiek studeer, maar haar hart is in Pretoria, in Orange Hall, in Burgerspark ... dáár waar sy hom leer ken het.En toe sy praatjies hoor dat hy 'n adellike op vlug is, doodgeskiet is in Amsterdam, weet sy dat sy nooit weer tjello sal speel nie. Watter sin het musiek hoegenaamd? Watter betekenis het haar léwe?

vetseun
Boheem / (eBook) ............. 2011 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799351484
ISBN: 9780799353075

Katrien Bresselaar het voorheen al weggekom met moord. Die halwe vingerafdruk op die moordwapen is hare. Op Bohemia word groot wrokke getroetel en onder die rustige oppervlak, sied dit.

vetseun
Branders Van Liefde (eBook) .
ISBN: 9780799354447

Branders van liefde: twee van Chanette Paul se gewildste romantiese komedies in een bundel. Op soek na 'n held Kiara se lewe is onderstebo en deurmekaar. Haar buurman lyk soos 'n hunk, maar is eerder 'n kruising tussen die duiwel en Atilla die Hun. Porselein van staal Sasha vertrek saam met Sebastiaan op sy ekspedisie Mosambiek toe, en als gaan goed ... totdat hy uitvind sy's nie 'n man nie!

vetseun
Deborah / (eBook) .... 2011 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799351514
ISBN: 9780799352825

Deborah (1923/1924, Tamara se middelste dogter) is 'n buitengewoon slim vrou met 'n passie vir argeologie. Hoe kry 'n vrou dit in daardie jare reg om op 'n argeologiese terrein aanvaar te word en wat gemaak as sy vermoed dat die man wat sy liefhet argeologiese skatte steel en verkwansel vir eie gewin?
Heath Hughes leer Deborah as die seun Doepie ken. Saam doen hulle argeologiese opgrawings - Deborah as Doepie. Sy besef sy't Heath lief, maar hy's 'n dief, 'n leuenaar, hoor sy. En vir oneerbaarheid is daar geen verskoning nie.
Haar pa sê sy's 'n wildewragtig. En Deborah ís versot op argeologiese opgrawings. Sy dra graag haar boetie se klere. Maar beeldskoon en pure vrou, dié is sy.Die argeoloog Heath Hughes leer haar as Doepie ken. 'n Jong seun, glo hy. Maar hy ontmoet ook vir Deborah. En altwee herken onmiddellik die intense aangetrokkenheid tussen hulle.Saam beland hulle by die Zimbabweruïnes waar hulle opgrawings doen - Deborah vermom as Doepie. Sy weet sy het hierdie blonde man lief, maar hoor dat hy eintlik 'n leuenaar is en die vondste vir eie gewin hou. Hy's 'n dief, oneerlik, en die vrou in haar weet nie waarheen met haar liefde nie.

vetseun
Dryfhout / (eBook) ..... 2011 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799348828
ISBN: 9780799353082

In Dryfhout volg Aengel Annie se spoor vandat haar skip met haar bruidskat op Kierangbaai gestrand het tot en met haar dood in Franschhoek. Die legende van die visvrou, Annie Niemand, word uiteindelik ontrafel aan die hand van dagboeke wat die hoofkarakter, Aengel, van haar voorsaat Angelique d'Avignon erf.
Aengel kom soek na vrede en haar erfenis op Kierangbaai. Hoe edel is die hartstogtelike Ier se motiewe? En vier moorde kort op mekaar verg weer Gys Niemand en Fortuintjie se uiterste speurvernuf.

vetseun
Isabelle / (eBook) ....... 2011 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799351521
ISBN: 9780799352740

Isabelle (1932, Willemien se dogter) is 'n opstêrs Ierse gravinnetjie met 'n passie vir skilder, maar sy voel die verantwoordelikheid van haar gravinskap swaar op haar rus, veral toe sy besef dat haar titel bepaal met wie sy mag trou. En des te meer toe sy op 'n bywoner wat klei uithaal op hul plaas in Suid-Afrika verlief raak.
Hul persoonlikhede knoop en skuur behoorlik - sy, die opstêrs gravinnetjie, en hy, die boertige bywoner. Maar meer as 'n herinnering kan Isabelle nie...

vetseun
Maryn / (eBook) ........... 2011 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799351538
ISBN: 9780799352696

Maryn (1933, Tamara se jongste dogter) is 'n oujongnooi en nie veel meer as 'n konfytkokertjie in die oë van die eienaar van die laventelplaas La Lavende nie. Maar sy moet help om Bergendal vir die Davels te red en uit die kloue te hou van die einste laventelman wat agter hulle lemoenboorde se bloeisels aan is - selfs al is hy die man wat haar wat haar bedwelm met sy kerslelie oë.
Maryn wou glo sy is Neil von Wildenstein se droomvrou. Nou weet sy - haar pa se lemoenplaas is wat hy eintlik wil hê. Lemoenblomolie is volop op Bergendal, en dís wat Niel broodnodig het vir sy laventelprodukte.
Hy't haar leer nee sê. Dat sy meer is as Joshua en Tamara Davel se sagsinnige jongste. Meer as Bergendal se konfytkokertjie, meer as bekwame, inskiklike, minsame Maryn.Sy wou glo sy is Niel von Wildenstein se droomvrou.Nou weet sy, sy ís die vrou van sy drome - dié een met 'n pa met 'n florerende lemoenplaas.Want dís wat die laventelman wil hê - lemoenblomolie. Nie vir haar nie. En lemoenblomolie is volop op Bergendal.Hy't haar bedwelm met sy betowerende olies, sy geurige laventellande, sy sagte hande, sy kerslelie-oë. En oujongmeisie wat sy is, het sy mooitjies binne-in die web getrap wat die slinkse skarminkel vir haar gespan het.

vetseun
Onder seespieël (eBook) .
ISBN: 9780799353891

Onder seespieel: twee van Chanette Paul se gewildste romanses in een bundel.
Maalstroom van ekstase Wanneer doktor Nina Steyn uitvind haar verloofde is ontrou, vlug sy vir 'n naweek Sodwana toe vir 'n skubaduikkursus. Waar Neil Brendan haar instrukteur is en alles is wat sy nie in ... man wil he nie, maar tog maak hy ongekende gevoelens in haar wakker. Leerskool van liefde Saskia gaan skubaduik in Mosambiek om weg te kom van haar egskeiding en beland weer onbepland saam met Steph daar. Sy het geen verweer teen hom nie, maar wat van Vera en Vernon? Die keuse tussen plig en liefde is nooit maklik nie...

vetseun
Springgety (2de Uitgawe) . 2011 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799351460

Vier kruise op Springklip getuig van slagoffers wat óf daar afgespring óf gestamp is. En daar kort nog twee kruise, weet Lily. Is daar iemand op Kruisbaai wat glo hy mag besluit oor lewe en dood?

vetseun
Tamara / (eBook) ...... 2011 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799351453
ISBN: 9780799353051

Tamara (1899 - 1902) speel tydens die Anglo-Boereoorlog af en die romantiese vraag in dié boek is: Wat gebeur as twee mense grootgemaak is om te glo dat hulle broer en suster is, mekaar liefkry en teen die agtergrond van die chaos van oorlog moet probeer uitvind hoe sake inmekaar steek?
Tamara (1899 - 1902) speel tydens die Anglo-Boereoorlog af en die romantiese vraag in dié boek is: Wat gebeur as twee mense grootgemaak is om te glo dat hulle broer en suster is, mekaar liefkry en teen die agtergrond van die chaos van oorlog moet probeer uitvind hoe sake inmekaar steek? Die Davelvroue-reeks, wat in 2006 verskyn het, word nou heruitgegee op aandrag van lesers.
Benewens die kwessie van vroue se bemagtiging, spreek Die Davelvroue ook eg Suid-Afrikaanse en spesifiek Afrikaanse geskiedkundige kwessies op subtiele wyse aan, alhoewel die genre steeds fokus op vroue se belewing van die liefde.
Met hierdie konsep volg Chanette Paul die wel en weë van die mooi, maar wederstrewige Davelvroue van 1899 af tot en met 1938. Elkeen voer haar eie stryd, beleef op haar eie unieke manier die geskiedkundige tydperk.

vetseun
Meetsnoer / (eBook) ... 2010 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799347234
ISBN: 9780799353594

Een en twintig uitverkorenes van die Meetsnoer Tempel sal op 20 Oktober 2010 weggeraap word. Dit sal die begin wees van die einddae van die aarde en die verskrikking wat daarmee gepaardgaan.Voor die wegraping egter kan plaasvind, moet die apokaliptiese sluier gelig word.
Profeet Sias moet neerskryf wat aan hom geopenbaar word en dit kan net op die nuwe Eden gebeur.Toe Raine Quinn Fluisterbos koop, weet sy nie sy ry Sias se heilige taak in die wiele nie, ook nie dat Fluisterbos die nuwe Eden is nie. En nog minder van Flint Fletcher se obsessie oor dié klein stukkie oerbos. Sy kon ook nie voorsien dat een van die Meetsnoer-lidmate die nag van haar aankoms op Fluisterbos vermoor sal word nie.Raine twyfel of die aarde se einde werklik in sig is, maar besef kort voor lank, haar eie is dalk wel.

vetseun
Fortuin / (eBook) ......... 2008
ISBN: 9780799353099

Is Eva van Eden 'n heks of 'n engel, Paradyskloof die voorpoorte van die hemel of 'n onheilsnes? Dit moet joernalis, Xanthe Tredoux, gaan uitvind in opdrag van Tuisfront se redakteur.
Selfs voordat sy na die afgesonderde landgoed in die berge vlieg, loop dinge skeef. In Niemandsdorp ontmoet sy Math Stone en word die volgende oggend in sy bed wakker ...
Dis eers toe Xanthe in Paradyskloof aankom dat sy besef sy het hier met 'n heel ander werklikheid te doen. Die hele opset met sy meer, kasteelagtige herehuis, tematuine en labirint is surreëel. Die mense wat sy ontmoet, is net so vreemd as die omgewing. Die grootste skok is egter dat Eva van Eden, die vrou wat sy as bedrieër moet ontmasker, allermins so lyk.
Xanthe wil graag glo dat Eva opreg is, maar dis moeilik - veral wanneer een van die gaste dood aangetref word in die Heilige Tuin. Later wil dit lyk asof Xanthe ook in die visier is van die een wat die dood se septer op Paradyskloof swaai. - graffitibooks.co.za

vetseun
Fynbos vir 'n feeks ......... TAFELBERG

"As jy êrens in die lewe wil kom, bêre jy jou emosies, Chantal," het Alwyn haar vroeg al geleer. En die werk wat haar pa met sy harde baard na haar ma se dood begin het, het Chantal van der Sandt self volvoer. Op amper twee en dertig is sy 'n skatryk en suksesvolle sakevrou, haar lyf is gimperfek, haar klere kom uit Parys en haar motor is die nuutste sportmodel. En sy is 'n opperste feeks wat almal om haar regeer en manipuleer. Tot 'n byna beroerte haar noodsaak om vakansie te neem en sy gestrand raak op 'n afgeleë plaaspad waar sy met die onmoontlike Ezra Wasserman kennis maak. Want hy steur hom net mooi niks aan 'n Blink Stefanie vol feeksmaniertjies nie.

vetseun
Omnibus 3 .................. 2007

vetseun
Springgety .................... 2007

vetseun
Fleur ............................ 2006 LAPA UITGEWERS

vetseunvetseun
Willemien (2de Uitgawe) / (eBook) . 2006/2011 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799351491
ISBN: 9780799335958
ISBN: 9780799353013

Willemien is 'n konsentrasiekampkind. Haar bitterheid, selfs haat vir die Britte kan sy nie onderdruk nie. Aidan Connolly is een van hule. Hoe onderdruk sy haar liefde vir hom? Hy hét haar mense in die oorlog vermoor.
Sy's 'n konsentrasiekampkind. Hy's 'n Ier wat in die oorlog teen haar mense geveg het.Haar bitterheid kan Willemien nie onderdruk nie. Haat soms. Hy's 'n moordenaar van haar mense. Hoe kan sy hom liefhê?Maar hoe kan sy nie? Aidan Connelly was vir haar voorbestem. Van voor die skepping. So wéét haar hart, haar lyf. Maar haar verstand hou vas aan die onreg aan haar mense, die ellende, die sterftes.Sy sal Theron kies, taalstryder, patriot.Maar tweede beste, waarsku dié wat weet haar, bring net hartseer mee. Dit sien sy ook. Sý wéét dat sy vir ewig met die pyn van haar verlies sal moet saamleef. Maar hoe?

vetseun
Deborah ..................... 2006 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799336115

Heath Hughes leer Deborah as die seun Doepie ken. Saam doen hulle argeologiese opgrawings - Deborah as Doepie. Sy besef sy't Heath lief, maar hy's 'n dief, 'n leuenaar, hoor sy. En vir oneerbaarheid is daar geen verskoning nie.

vetseun
Isabelle ....................... 2006 LAPA UITGEWERS

vetseun
Maryn ........................... 2006 LAPA UITGEWERS

vetseun
Omnibus 2 .................. 2006 JASMYN

vetseun
Annabella ................... 2005 LAPA UITGEWERS

vetseun
Porselein van staal ... 2005 LAPA UITGEWERS

vetseun
Tamara ....................... 2005 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799334937

Hul liefde mag nie. Joshua is Tamara se halfbroer. Maar is hy Groot Dawid se bloedseun? Ma Saar ken die waarheid, maar praat nie. En as die Anglo-Boereoorlog die antwoord insluk, bly hul liefde vergeefs.

vetseun
Op soek na 'n held ... 2005 LAPA UITGEWERS

vetseun
Krinkels in die maan . 2004 LAPA UITGEWERS

vetseun
Vlerke vir 'n visvrou ..... 2004 LAPA UITGEWERS

2004 - Woestynliefde (JACKLIN)
2003 - Maalstroom van ekstase (JACKLIN)
2002 - Rots van liefde (JACKLIN)

vetseun
Legende van die Liefde .


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )