Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Carina Diedericks-Hugo (Diedericks-Hugo, Carina)
vetseun
thomas@rock-ster.net / (eBook) . 2011 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799350807
ISBN: 9780799355970

Thomas@rock-ster.net is die agtste boek in die gewilde Thomas@-reeks waarvan daar altesaam reeds meer as 150 000 kopieë verkoop het. Maar dié boek is anders as enige jeugboek wat al ooit in Afrikaans verskyn het. Dit bring aan die leser 'n geïntegreerde leeservaring met opwindende ekstras soos:
QR-kodes wat jou lei na 'n foto, klankgreep en video.
'n Spesiale MXit-kanaal net vir Thomas en sy vriende.
Thomas en Thabo se nuwe gunstelingspeletjie, Fangs.
Die Radikale Rockfees se webblad waar jy self 'n rock-ster kan word en jou eie musiek kan meng.

vetseun
thomas@geraamte.net / (eBook) . 2010 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799349511
ISBN: 9780799355932

'n Skooltoer na Namibië saam met al sy pelle. Thomas kan skaars aan iets cooler dink. Boonop gaan hulle die geheimsinnige Kolmanskop besoek - 'n ou spookdorp wat byna onder die woestynsand begrawe lê. Maar as Thomas in die omtrek is, loop dinge dikwels skeef. Dit lyk sowaar of hy hierdie keer by die huis sal moet bly terwyl Hannes, Alex, Lukas en Lilian sonder hom pret het. En boonop hoor Thomas 'n geheimsinnige telefoongesprek - 'n gesprek wat groot moeilikheid vir die toer voorspel.

vetseun
Die Verdrinking van Josua van Eden / (eBook) . 2008 UMUZI
ISBN: 9781415200650
ISBN: 9781415202401

Josua is sewentien. Sy gesin woon in Stellenbosch waar sy pa klasgee. Josua se suster Beatrix is gemoedelik, maar sy jonger boetie, Markus, is 'n beterweterige rekenaarfundi en 'n parmant. Toe 'n familievriend vra of sy dogter daar kan kom bly, kan hulle pa nie weier nie, en so trek Tatiana by die Van Edens in. Gefassineer deur die vrygeestige Tatiana met haar tongring en
haar kome en gane nes sy wil, word Josua ingetrek in die duistere wêreld van rolspele.
Maar alles is nie soos dit lyk nie, en daar wag rugstekery en vernedering op jong Joshua, wat die storie op 'n naelbyteinde afstuur. Die roman werk boeiend met sake wat vir tieners erns is, soos alkoholmisbruik, dwelms en seks. Dit is Carina Diedericks-Hugo se eerste oorgrensroman vir beide jong volwassenes en volwassenes. - graffitibooks.co.za

vetseun
thomas@aqua.net / (eBook) . 2010 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799349467
ISBN: 9780799355901

"Die derde avontuur in die topverkoper-reeks Thomas@ is hier!

Die toetsreeks is verby en 'n wonderlike langnaweek by die see lê vir Thomas-hulle voor. Maar dan begin dinge lelik skeefloop: Thomas ontdek 'n deurtjie in die vloer van hulle strandhuis wat reguit lei na die skuilplek van die gevaarlike perlemoensmokkelaar, Sharky Fortuin; sy beste vriend, Hannes, gedra hom skielik soos 'n alien en hy betrap vir Alexandra en Lukas saam op 'n afgeleë plek tussen die rotse - en dit terwyl Lukas weet dat Thomas mal is oor haar!

Dan is daar ook nog Bianca, die blonde meisie wat Thomas in die grot onder die huis ontmoet het. Sy vriende dink hy is koekoes of dat sy verbeelding oortyd werk, maar hy wéét dat hy haar gesien en met haar gepraat het.

Soos die vorige twee boeke in die reeks, sal lesers aqua.net nie kan neersit nie, nie eers vir die heel grootste family-size pizza óóit nie!

Die 26-jarige Carina Diedericks-Hugo is 'n skrywer en uitgewer en woon in Kaapstad. Die eerste boeke in die reeks, moord.net & skerpioen.net, was baie gewild en het reeds verskeie herdrukke beleef." - LAPA UITGEWERS

vetseun
thomas@aksie.net / (eBook) . 2010 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799349450
ISBN: 9780799355949

"Almal is opgewonde oor Thomas se kans om 'n sepiester te wees. Hy het immers 'n rol gekry in Die Malans van Marthaheim, die gewildste TV-Reeks ooit! En sy medester is die aantreklike Fleur Vermaak.
Maar Thomas wonder hoe op aarde hy sy plek in die rugbyspan gaan behou, met Billy Fourie wat na hulle skool toe kom. En hy en Alex kry deesdae skaars tyd om te gesels.
Boonop begin allerlei vreemde dinge gebeur ... Iemand gooi 'n baksteen deur Thomas-hulle se glas-skuifdeur. Die boodskap wat om die baksteen gedraai is, voorspel niks goed nie: BLY WEG VAN MALANS VAN MARTHAHEIM. JY'T NIKS DAAR VERLOOR NIE. En Thomas is seker hy het iemand by die grillerige TV-ateljee sien rondsluip ... 'n donker figuur met 'n jas ..." - LAPA

vetseun
Permanente ink (eBook) .
ISBN: 9780799354836

Kaapstad word deur 'n reeksmoordenaar geteister. Die Romeo-en-Juliet-moordenaar se slagoffers is almal tieners. Verliefde paartjies. En almal word op dieselfde manier gevind: die lyke langs mekaar neergele, hul hande inmekaargevleg. Die meisies het 'n steekwond aan die bors en die seuns is vergiftig. Terwyl die polisie probeer om die moordenaar vas te trek, beland 'n groepie niksvermoedende tieners in 'n gevaarlike web wat al stywer span ...

vetseun
Spesiale en geheime agent Peter van der Wind en die Chinese draak (eBook) .
ISBN: 9780799359077

Peter van der Wind is net elf jaar oud, maar hy is 'n spesiale (en geheime) agent. Wat? Cool? Nee, dis nie cool nie. Dit is GLAD nie cool nie, want hy is net 'n geheime agent omdat hy 'n baie spesiale ... uhm ... wel ... talent het. Moenie lag nie ... Hy laat winde. Hard. So hard dat hy kan vlieg.En dit is die rede waarom die regering hom aangestel het om allerlei vreemde dinge te ondersoek. Toe die president 'n e-pos stuur oor 'n geheimsinnige Chinese skip wat in Suid-Afrikaanse water opgemerk is, moet Peter weer hope spinasie, kool, blomkool en broccoli eet ... en met 'n KNAL vertrek hy om die geheim van die Chinese draak op te los!

vetseun
thomas@nagmerrie.net / (eBook) . 2005/2010 TAFELBERG/LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799349481
ISBN: 9780799355963

"Dinge is in rep en roer oor die nuwe meisie in Thomas-hulle se klas: die aantreklike sepiester Fleur Vermaak. Hannes is dadelik tot sy ore toe verlief op Fleur, maar dit lyk asof sy net oë het vir een ou - Thomas! En Thomas sal nie daarvan droom om vir Alex te verneuk nie, maar Fleur is darem wraggies mooi... Maar alles is nie pluis nie...Wie is die geheimsinnige man wat agter Fleur aan is? Waarom kry Thomas sulke vreemde nagmerries? En wat is die nare geheim van Bailey se Bos, die plek waar die graadneges gaan kamp?" - LAPA UITGEWERS

vetseun
Operasie M.I.A.A.U. ....... 2005 HUMAN & ROUSSEAU

Felix is 'n gewone elfjarige wat op 'n koue wintersoggend moet opstaan vir skool. Maar dis nie sy pa wat hom wakker maak nie, dis meneer Haasbroek, Felix se suster Madelein, se kat.
Felix is 'n gewone elfjarige wat op 'n koue wintersoggend moet opstaan vir skool. Maar dis nie sy pa wat hom wakker maak nie, dis meneer Haasbroek, Felix se suster Madelein, se kat. En meneer Haasbroek praat met hom! Meneer Haasbroek wil he Felix moet die magtige internasionale Anti-Aapskeloerdersunie (M.I.A.A.U.) help om bullebakke vas te trek. Felix se lewe sal nooit weer dieselfde wees nie, want binne oomblikke word hy ingetrek in 'n netwerk van agterdog, gemene spel en korrupsie. En die ander rolspelers? Meneer Rippenaar, pikswart met enorme groen oe, mevrou Bangani, lank en maer en uiters fynbesnaard, meneer Ching en mevrou Cho, belangrik en Siamees, die onbeholpe Jannie - en vele ander. 'n Aksiebelaaie, humoristiese storie met interessante karakters wat jou sal noop om na dese met ander oe na katte te kyk.

vetseun
Waar Willie Woeker (vertaal, Nicholas Allan) . 2004 BEST BOOKS

vetseunvetseun
Liefde, natuurlik (Kortverhale) . 2004 LAPA UITGEWERS
saamgestel, Carina Diedericks-Hugo; Daniel Hugo

"Die liefde sal die mensdom altyd boei en boelie, want dit is nie net 'n geluksalige toestand nie. Dit is waarskynlik die kompleksste van alle emosies. I.D. du Plessis het mos beweer: "Die liefde neem 'n duidend vorme aan". In hierdie versameling gloednuwe verhale word ten minste van daardie duisend vorme belig. Verhale deur François Bloemhof, Helene de Kock, Izak de Vries, E.K.M. Dido, Jeanne Goosen, Emile Joubert, Nanette van Rooyen, Amerie van Straaten, Paul C. Venter en George Weideman."

vetseun
Koning Henry .............. 2003 TAFELBERG

Henry is ietwat aan die lywige kant, daarom dat van die ander ouens in Graad 9 hom spottenderwys Koning Henry noem. Hy voel vere vir rugby en krieket - tot sy pa se ewige misnoee. Maar rekenaars is 'n ander saak!

Op daardie gebied stof hy al sy skoolmaats uit. Een van Henry se lekkerste tydverdrywe is om laatnag van die een chat room na die volgende te surf op die Internet, op soek na iemand by wie hy aanklank vind. Een aand glimlag die geluksgodin vir hom: nie alleen maak die geheimsinnige Wolf weer sy verskyning nie, maar daar is ook 'n nuwe ou wat Henry se taal praat. - graffitibooks.co.za

vetseun
thomas@sms.net / (eBook) . 2003/2010 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799349504
ISBN: 9780799355956

"Die nuwe skooljaar begin nie goed vir Thomas nie. Eers het hy en Hannes 'n nagmerrie-ondervinding in 'n hyser en dan word hy vir 'n week lank geskors omdat hy die ou drel van 'n Piet Senekal geslaan het. Thomas se pa is so kwaad hieroor, dat hy hom verbied om naby enige rekenaar te kom en hom vir 'n week lank gehok! Dit beteken dat Thomas die interhuisdans gaan misloop - sy enigste kans om vir Alex amptelik te vra om sy meisie te wees. Die enigste voordeel van die paar dae by die huis, is dat Louisa, sy stiefma, hom kan help om voor te berei vir die toneeloudisie - die manlike hoofrol kry immers die kans om vir Alex te soen! Maar dan begin 'n reeksmoordenaar paniek saai in Kaapstad en dit lyk asof dinge nie heeltemal gaan uitwerk soos wat Thomas beplan het nie..." - LAPA UITGEWERS

vetseun
thomas@skerpioen.net / (eBook) . 2002 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799340907
ISBN: 9780799355925

"Thomas en Hannes kan nie wag om die nuwe rekenaarspeletjie te toets wat Harry van die Cyber Tiger internet-kafee vir hulle gegee het nie. Wanneer 'n skerpioen en rye en rye syfers skielik in die middel van die speletjie op die rekenaarskerm verskyn, vermoed Thomas-hulle dat daar iets snaaks aan die gang is. Hannes is vas oortuig dat dit 'n massiewe rekenaarvirus is, maar Thomas dink dat Hannes se verbeelding alweer oortyd werk." - storiewerf.co.za

2001 - Oogkontak (CONTENTLOT)

vetseunvetseun
thomas@moord.net / (eBook) . 2001/2010 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799349474
ISBN: 9780799355918

"Dit spook in Thomas-hulle se nuwe huis! Hy hoor geheimsinnige voetstappe voor sy kamerdeur, deure gaan onverklaarbaar oop en toe en sy drukker spoeg die een vreemde boodskap na die ander uit. Met die hulp van sy vriende, Hannes en Alex, en 'n paar soektogte op die Internet, slaag Thomas daarin om die raaisel rondom 'n moord wat 'n eeu vantevore in hulle huis plaasgevind het, op te los. 'n Spanningsverhaal wat jong lesers behoorlik sal laat naels kou!

Moord.net is die eerste boek uit die pen van die jong Kaapse skrywer, Carina Diedericks-Hugo, van wie daar in die volgende jaar nog 'n aantal boeke in die reeks Thomas@ by LAPA UITGEWERS Uitgewers sal verskyn." - LAPA UITGEWERS


skakels : lapa...












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )