Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Carié Maas (Maas, Carié)
vetseun
Koljander .................... 2013 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798159265

Karen werp haarself in 'n binnenshuise ontwerp-wedstryd na die geboorte van haar baba, om van haar skuldgevoel oor die destydste dood van haar gestremde broer te vlug.
Sy glo haar ouers neem haar steeds kwalik oor haar broer se dood en vertrou haar nie met haar eie kind nie. Sy reis met baba en al na Mali, waar sy hoop om die inspirasie vir haar wedstrydinskrywing te vind.

vetseun
Jannie Mouton - En Toe Fire Hulle My / (eBook) . 2011 TAFELBERG/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624049319
ISBN: 9780624058519

Jannie Mouton is een van Suid-Afrika se mees suksesvolle en kleurryke entrepreneurs. Mouton is in die pad gesteek as besturende direkteur op die ouderdom van 48. Binne 15 jaar daarná bou hy 'n allemintige sakeryk op: PSG het belange in maatskappye met 'n markkapitalisasie van R61 miljard en is een van die top-40 maatskappye op die JSE.
Daar is baie wat sê hy is 'n bliksem wat nie nee vir 'n antwoord vat nie, maar hy lees en het 'n sagte hart vir die poësie. Oor 'n swartbemagtigingsopportunis sal hy nie sy woorde tel nie, maar hy kon dit nog net een maal in sy loopbaan oor sy hart kry om self 'n kollega te vra om te loop.
Wie is die man agter PSG en hoekom het hy finansiële dienste kleintjies in die landbou- en selfs onderwysbedrywe laat kry? Hoe het Capitec se fenomenale sukses beslag gekry, wat moet 'n mens van die Pioneer Foods-kartelsage maak en hoekom vee hy hom af aan die woede van baie in die wynbedryf oor sy KWV-planne? Het Mouton die "vermoë om markte te voorspel" soos wat Finweek suggereer? Die Stellenbosse sakereus Jannie Mouton speel oop kaarte en deel die sake- en beleggingslesse wat hy geleer het.

vetseun
Koljander (eBook) .................. NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780798159272

Wanneer Karen en Ben Strauss se baba gebore word, besef Karen en haar ouers opnuut dat haar broertjie Roux se lang skadu nog altyd oor hulle elkeen val. Sal Karen se kind 'n nuwe begin wees, in haar pa se woorde "'n impakspeler wat net voor beseringstyd op die veld kom en die blerrie WP'n slag laat wen?" Want onwillekeurig is haar pa, Hendrik, se aftrede tyd vir bestekopname, vir die verskrikking van saamleef met jou doen en late. En wat van Karen, wat glo haar ma het haar nooit vir haar broer se dood vergewe nie? Gaan vrees wéér die motiveerder wees vir hierdie nuwe wedloop van haar lewe, soos met die meedoënlose maatslag van die Radetzky-mars op elke atletiekbyeenkoms van destyds? Sy moet boonop 'n ontwerpkompetisie wen, want daardie podium sal haar en Ben se finansiële redding moet wees.In hierdie roman word die leser geneem op 'n reis na die binnewêreld van die kunssinnige Karen en van haar siniese fisikuspa. Dit is die verwikkeldheid van vergiffenis wat die verhaal rig, en hulle eindelik ook ná die trauma laat kennis maak met die gestroopte skoonheid van Mali in Wes-Afrika.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)