Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Carel F. Cronjé (Cronjé, Carel F.)
vetseun
Stiletto (Biografie) ............. 2009 TAFELBERG
- In Die Onderwêreld Van Die Seksindustrie
Carel F. Cronjé; Karin Eloff
ISBN: 9780624045434

vetseun
So jy dink jy wil 'n ster wees? (Biografie) . 2008 GRIFFEL MEDIA
- Die waarheid en ander liegstories - Die verhaal van Louis van Wyk
ISBN: 9780981417707
vetseun
In hierdie langverwagte outobiografie van een van die land se grootste muskiekpromotors word die leser op 'n fassinerende toer geneem. Alhoewel die oorkoepelende tema die lewensverhaal van Louis van Wyk is, met veral die fokus op die seksuele teisterings- en verkragtingsbeskuldigings teen hom, is die verhaal pragtig verweef met juweelstaaltjies uit die vermaakbedryf oor die afgelope paar dekades.
Dit vertel die boeiende verhaal van 'n eens flambojante platejoggie wat later name soos Patricia Lewis, Pierre de Charmoy, Mango Groove, Steve Hofmeyr, Leon Schuster, Danie Niehaus, Karin Hougaard, Kurt Darren, Sunette Bridges, Pieter Koen, Nádine, André Schwartz, Johannes Kerkorrel, Mike Schutte, Bok van Blerk en Candice Hildebrand sou bestuur, en wat ook internasionale groepe soosBad Boys Blue, Bonnie Tyler, Smokie, A-ha, Deep Purple, Electric Light Orchestra, The Hollies in die land laat optree het.Die vertel egter ook 'n baie menslike lewensverhaal. Dit sny vlymskerp tot op die been van menslike behoefte en feilbaarheid.
Louis van Wyk staan eerlik, onbeskaamd en gestroop voor die leser en deel pynlike grepe uit sy verhaal met die leser. Daarin is daar soveel waarmee die leser sal mee kan identifiseer; die leser word egter met 'n oop na-lees-opiniekeuse gelaat.Dit is 'n boek wat wonderlikmooi deur Carel F. Cronjé geskryf is, en wat beslis nie neergesit kan word nie. Daar gaan nog baie tonge klap oor hierdie boek! - graffitibooks.co.za

vetseun
Sonja - Meisie van Nigel (Biografie) . 2007 CREATIVE GLOBAL STUDIOS/GRIFFEL MEDIA
- 'n Lewensverhaal

Sonja: Meisie van Nigel is die verhaal van 'n vrou - die meisie wat op Marievale myn grootgeword het, by die Goudstadse onderwyskollege in Johannesburg gaan studeer het en in 1975 die Afrikaanse musiektoneel stormgeloop en met haar vrolike, ongekunstelde stangstyl onherroeplik verander het. Die pers het haar as 'n 'blonde orkaan' bestempel en daarna het 'die grootste sukses van alle tye' aan haar behoort.
Die Meisie van Nigel is 'n plakboek, 'n movie eintlik, van Sonja Herholdt se lewe. Sonja glo dit plaas haar lewe van die afgelope 30 jaar in perspektief. "As mense met my lewensverhaal kan identifiseer, glo ek dat dit genesing en hoop kan bring."Of die lewe nou met jou gebeur of nie, dit is somtyds maar moeilik. Die lewe van Sonja Herholdt, sangeres, enkelouer en ma van 'n gestremde kind, vriendin en sakevrou, is eintlik niks meer of minder as enige ander Suid-Afrikaanse vrou nie. Dit is die verhaal van 'n vrou wat 'n lewe probeer maak te midde van terugslae, teleurstellings, hartseer maar ook vreugde en groot sukses. Dit is 'n boek vol waarhede en wyshede geskryf deur Carel F. Cronjé, iemand wat as skrywer van haar liedjies sedert "Reconstructing Alice", so naby aan Sonja gekom het om die vrou in haar te verstaan. Dit leer mens dat jy kan kies om jou omstandighede te hanteer, dit te oorkom en daaruit te leer of jy kan kies om nie meer te voel nie, nie meer om te gee nie en ook om nie meer te leef nie, maar net te bestaan sonder enige hoop in die moontlikhede wat die toekoms kan bied. Te midde van groot suksesse, wat insluit niks minder nie as agt Saries, die Papillon Rising Star Award as een van die agt top vroue in Suid-Afrika wat sukses behaal het, 'n Erkentlikheidstoekenning van die Afrikaanse Sakekamer van Pretoria en 'n optrede voor die Amerikaanse president, beleef sy ook intense laagtepunte wat insluit 'n aborsie, 'n man wat regdeur hul huwelik openlike verhoudings met ander vroue gehad het en ook 'n kind by 'n ander vrou gehad het, 'n ernstige motorongeluk,'n kind wat op twee jaar doof word, selfsekwestrasie en die ewige media, wat deur die jare positief en ook baie negatief oor haar berig het. Die verhaal is in heerlike storie-vorm geskryf, vertel in die eerste persoon en die groot sorg aan detail van gesprekke en gebeurlikhede is 'n aangename verrassing. - graffitibooks.co.za


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )