


















Benny Lindelauf (Lindelauf, Benny)

Die Hemel Van Heivisj . 2013 PROTEA BOEKHUIS
Vertaling: Daniel Hugo
ISBN: 9781869198251
'n Ryk en geskakeerde vertelling oor grootword, menswees, familiebande en behoort teen die agtergrond van die Eerste Wereldoorlog. 'n Opvolg op Nege Oop Arms, wat ook selfstandig gelees kan word.
Nederland, 1938. Fing Boon se droom stort in duie. In plaas van verder studeer om onderwyseres te word, moet sy by die Sigaarkeiser gaan werk. As oppasser- of eerder "betaalde vriendin" - vir die Sigaarkeiser se eienaardige niggie Liesl voel sy al hoe meer opstandig oor haar lot: vriendskap is tog nie iets wat 'n mens kan koop nie?

Nege Oop Arms ........ 2013 PROTEA BOEKHUIS
Vertaling: Daniel Hugo
ISBN: 9781869198190
'n Verhaal van swerwers, verbode liefde en gebreekte beloftes - en van spoke wat wel tot rus gebring kan word.
Muulke, Fing en Jes is glad nie lus om vir die hoeveelste keer te trek nie. Maar wanneer hulle eers die huis van Nege Oop Arms leer ken, wag daar verskeie ontdekkings en avonture op die Nederlandse sussies.
skakels :