Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Benescke Janse van Rensburg (Janse van Rensburg, Benescke)
vetseun
Oorkom Jou Vrees ........... 2013 LUX VERBI
ISBN: 9780796317155

vetseun
Hoop In Tye Van Nood ..... 2012 LUX VERBI
ISBN: 9780796316554

Kort op die hakke van die eerste titel in die nuwe Bybelstudiereeks, Ontdek God in die Bybel, is daar nou 'n nuwe dagstukkieboek uit Benescke se pen. Hoop in tye van nood. Daaglikse oordenkings oor Psalms is nie net 31 daaglikse oordenkings vir die individu nie, maar kan ook dien as 'n Bybelstudieboek vir groepe. In dieselfde trant as Ontdek God in die stories van mense behandel Benescke elke hoofstuk van Psalms aan die hand van 'n inspirerende, ware storie uit iemand se lewe. Die eerste titel in die reeks was Wysheid. Oordenkings oor Spreuke.

vetseun
Wysheid / (eBook) ............ 2011 LUX VERBI
- 31 Daaglikse Oordenkings Oor Spreuke
ISBN: 9780796312594
ISBN: 9780796315564

Dis die eerste titel in LUX VERBI se nuwe Bybelstudiereeks - Ontdek God in die Bybel. In dieselfde trant as Ontdek God in die stories van mense behandel Benescke elke hoofstuk van Spreuke aan die hand van 'n inspirerende, ware storie uit iemand se lewe.
Ná die ongelooflike sukses van Benescke se eerste boek, Ontdek God in die stories van mense, is daar nou 'n dagstukkieboek uit haar pen. Wysheid - 31 Daaglikse oordenkings oor Spreuke - is nie net daaglikse oordenkings vir die individu nie, maar kan ook dien as 'n Bybelstudieboek vir groepe. Dis die eerste titel in LUX VERBI se nuwe Bybelstudiereeks - Ontdek God in die Bybel. In dieselfde trant as Ontdek God in die stories van mense behandel Benescke elke hoofstuk van Spreuke aan die hand van'n inspirerende, ware storie uit iemand se lewe.

vetseun
Ontdek God In Die Stories Van Mense / (eBook) . 2010 LUX VERBI/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780796311924
ISBN: 9780796315489

Ontdek God in die stories van mense laat 'n mens opnuut lief word vir die almagtige God wat ons dien, bou 'n mens se geloof vir moeilike tye en help 'n mens om vas te staan in die storms van die lewe.
Hierdie is 'n versameling ware verhale wat God se almag en ingryping in die lewe van sy kinders illustreer. As joernalis in die geestelike en inspirasiemark het Benescke Janse van Rensburg die afgelope paar jaar talle onderhoude gevoer met mense wie se stories haar meer van God se karakter geleer het. In Ontdek God in die stories van mense deel Benescke hierdie ontdekkings oor God se karakter met haar lesers. Sy rangskik hierdie ontdekkings van A tot Z volgens die karaktereienskap van God wat uit die gebeure na vore tree. Die toeganklike A-tot-Z-formaat maak dit ideaal vir gemeentestudie, huisgodsdiens, Bybelstudiegroepe en selgroepe. Ontdek God in die stories van mense laat 'n mens opnuut lief word vir die almagtige God wat ons dien, bou 'n mens se geloof vir moeilike tye en help 'n mens om vas te staan in die storms van die lewe.

vetseun
Hoop in tye van nood (eBook) . LUX VERBI
ISBN: 9780796315809

Daaglikse oordenkings oor Psalms is nie net 31 daaglikse oordenkings vir die individu nie, maar kan ook dien as 'n Bybelstudieboek vir groepe.
Kort op die hakke van die eerste titel in die nuwe Bybelstudiereeks, Ontdek God in die Bybel, is daar nou 'n nuwe dagstukkieboek uit Benescke se pen. Hoop in tye van nood. Daaglikse oordenkings oor Psalms is nie net 31 daaglikse oordenkings vir die individu nie, maar kan ook dien as 'n Bybelstudieboek vir groepe. In dieselfde trant as Ontdek God in die stories van mense behandel Benescke elke hoofstuk van Psalms aan die hand van'n inspirerende, ware storie uit iemand se lewe. Die eerste titel in die reeks was Wysheid. Oordenkings oor Spreuke.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)