Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Barrie Hough (1953-../nav/kasset.htm2004) (Hough, Barrie)
vetseunvetseun
Skilpoppe .................... 1998 TAFELBERG
meer oor film hier

1995 - Skimmelstreke (TAFELBERG)

vetseun
Vlerkdans ..................... 1992 TAFELBERG

"Sanlamprys vir Jeugliteratuur, 1992
Ons bushalte het nie 'n skuiling nie en ek kom nat tot op die vel by die huis aan.
Ek skakel die lig in my kamer aan en trek uit. My wit hemp klou in donker kolle aan my vas. Ek drooog my af. In die spieël kyk ek na die oorbel. Dit blink. Toe sien ekdie res van myself raak. Donker toutjies hare drup oor my voorkop. Ek staan terug, kyk na die benerige skouers, die dun arms, die ribbes onder die vel wat soos lang vingers op my borskas le. Die knieë is knopperig en lyk te groot vir die bene.
My pa se blou oë staar terug na my uit die spieël onder wenkbroue wat, nes myne, bokant die neus saamloop. Carol, een van my klasmaats, het eenmaal vir my gesê jy kan nooit 'n man vertrou wie se wenkbroue een word nie. 'Hulle is wolwe.' Ek wonder of Ma sal saamstem. Carol het dit seker ook vir die ander meisies vertel. Hulle noem my soms Wolfie.
Ek grom vir die spieël. Hy was tande en trek sy arm om die boarm-spiere te laat bult. Die oefeninge by die gym het nog nie 'n verskil gemaak nie.

Wolfie se verhaal is die derde jeugboek van Barrie Hough, Johannesburger in merg en been. Barrie het aan RAU gestudeer en het 'n BA in Kommunikasiekunde en 'n MA in Engels. Hy was 'n tyd lank in Afrikaansonderwyser en istans teater- en boekresensent en rubriekskrywer. Sy vorige boeke is My kat word herfs en die Bekroonde Droomwa."

vetseunKOOP/BUY
Droomwa ..................... 1990 TAFELBERG
Alba Bouwerprys vir Kinderliteratuur 1992

"Vir Paul van Zyl is sy standerdvyfjaar 'n grootwordjaar. Hy leer dat mens die verlede nie kan terugroep nie. Dat dit wat verby is, onherroeplik en vir ewig verby is. Dat dit wat gedoen is, ewe onherroeplik gedaan is. Hy leer om afskeid te neem, en om verantwoordelikheid te neem vir wat hy gedoen het. Maar bowenal leer hy aanvaarding." - loot.co.za

vetseun
My kat word herfs ........ 1986 TAFELBERG

vetseun
Breek ........................... 2002 TAFELBERG
Barrie Hough; Lizz Meiring

"As iemand my vertel het ek gaan die meisie van my drome in 'n laundromat ontmoet, het ek seker gesê:
Hoekom nie?
In 'n wassery wat ruik na rook, vreemdelinge se vuil klere en ou kos? Waar seeppoeier so os skilfers op 'n ongesonde kopvel gestrooi lê?
Sure!
Plekke met kerse, rose en musiek, waar meisies met Julia Roberts-monde en blink hare GQ-hunks op die lyf loop, is bedoel vir vervelige movies en boeke wat niks se nie. Dis soapie-materiaal.
Ek het Justie in 'n laundromat ontmoet ... "

Hierdie verhaal deur die veelbekroonde en gewilde skrywer Barrie Hough en die ewe bekende verhoogpersoonlikheid Lizz Meiring het eers as verhoogstuk sukses behaal voordat dit in romanvorm beslag gekry het. Dit beloof om ewe gewild te wees. as Barrie Hough se vorige boeke.

vetseun
Drumpel (Digbundel) ....... 1970
Antjie Krog; Barrie Hough


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )