Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Arthur Blake (Blake, Arthur)
vetseun
Boerekryger ........................ 2012 TAFELBERG
ISBN: 9780624053439

Op 17 sluit die talentvolle maar aweregse Henning Viljoen, 'n agterkleinseun van Piet Retief, by die Boeremagte aan. Vir die volgende twee jaar beskryf hy die lewe op kommando in sy dagboeke voordat hy tragies op die slagveld in sy pa se arms sterf. Die jonge Henning se eerlike, lewendige beskrywings bied 'n unieke perspektief op die oorlog in reguit en ongekunstelde taal. Wanneer hy byvoorbeeld mooi Boeremeisies op die plase teekom, is sy reaksies tipies van 'n jong man. Hy vertel egter ook van swaarkry en verliese, asook sy skok oor fusillerings. By een geleentheid moes hy toekyk hoe twee swart mans - eens sy speelmaats - tereggestel word. Die dagboeke vertel van die noue band tussen hom en sy korrelkop pa, 'n generaal. Na sy seun se dood sukkel sy pa om tot berusting te kom en lewer 'n anti-oorlog pleidooi in 'n brief aan genl. Louis Botha. Die laaste hoofstuk ondersoek die Bittereinders se sielkundige motivering. Blake vra ook die kritiese vraag: moes hulle so lank met die stryd aangehou het?

vetseun
Boerseun ........................... 2010 STRUIK
- Memoires van 'n Anglo-Boereoorlogseun
ISBN: 9781770221437

Boerseun is die hartroerende ware verhaal van 'n tienjarige plaasseun se traumatiese maar fassinerende ervaringe gedurende die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902. Wanneer die Engelse Charles du Preez en sy pa in hul skuilplek in die berge op hul Oos-Vrystaatse plaas opspoor, word hulle gevange geneem en in oop steenkooltrokke na Durban weggevoer. Van daar vertrek hulle op 'n veeleisende seereis na die krygsgevangenekampe Umballa en Solon in Indie, waar Charles die jongste inwoner is. Charles se ma en die ander kinders word intussen tydens hul desperate vlug vir die Kakies gedurende lord Kitchener se verskroeide aarde - veldtog gevange geneem en na die berugte Winburg-konsentrasiekamp gestuur. In Boerseun, wat gegrond is op Charles se herinneringe wat hy later in sy lewe op skrif gestel het asook op belangrike mondelinge en dokumentere bronne - onder meer 'n dagboek wat Charles se ma gedurende die oorlog gehou het - word die Du Preez-gesin se oorlogservaringe nagespoor. Dit loop uit op Charles en sy pa se repatriasie na Suid-Afrika, waar die gesin herenig word en terugkeer na hul plaas wat in puin le en waar hulle 'n nuwe begin moet maak.

vetseun
Vlieghelde van Suid-Afrika ...


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )