Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Anton F. Prinsloo (Prinsloo, Anton F.)
vetseun
Die Aap In Jou Koffie ..... 2011 PROTEA BOEKHUIS
- Afrikaanse eponieme van A tot Z
ISBN: 9781869194635

Het jy geweet dat as jy cappuccino drink, daar 'n aap in jou koffie is? Waarom staan 'n mens se strottehoof bekend as 'n adamsappel? Is die dahlia regtig na die Sweedse plantkundige Anders Dahl vernoem omdat die blomblare soos sy onversorgde baard en hare gelyk het? Dié vrae het almal met eponieme te make: woorde wat gevorm is op grond van mense of plekke se name. So is die dahlia, adamsappel en cappuccino eponieme. In Die Aap in jou koffie beantwoord die gewilde woordeboekmaker, Anton Prinsloo, ongeveer 2,000 van hierdie soort vrae. Die skrywer se besondere humorsin maak dit 'n andersoortige woordeboek - een wat 'n mens met 'n glimlag lees.

vetseun
13 Klutse Kwyt ........... 2009 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869193065

vetseun
Spreekwoorde En Waar Hulle Vandaan Kom . 2009 PHAROS
ISBN: 9781868901012

Hierdie uitgawe bied die mees omvattende versameling Afrikaanse spreekwoorde, uitdrukkings en hulle herkoms en is 'n moet-he naslaanbron vir Afrikaanse en Engelse taalgebruikers.

vetseun
Annerlike Afrikaans ..... 2009 PROTEA BOEKHUIS
- woordeboek van Afrikaanse kontreitaal
ISBN: 9781869192655

Taalkundiges sal openbarende taalverskynsels vind in hierdie kontreiwoordeboek uit die pen van die bekende taalkundige en radiopersoonlikheid Dr. Anton Prinsloo. Dit is egter veel meer as 'n woordeboek want dit sal ure se leesgenot verskaf aan lesers wat belangstel in daardie woorde en uitdrukkings wat deur baie jare heen deel geword het van 'n kontrei se eiegoed.

Lesers het as 't ware help skryf aan hierdie boek: Hoewel sommige van die inskrywings al opgeteken is in algemene woordeboeke en in kontreikuns, is heelwat die produk van die outeur se briefwisseling en gesprekke met taalgebruikers oor die hele taalspektrum. Met hierdie boeiende werk bring hy die taal van meer as 700 kontreie na die mense toe om te geniet en te vergelyk, aan te vul en lewend te hou. Lesers wat nie 'n annerlike kontrei se taal kan slat nie, hoef dus nie daaroor kop te vreet nie. Hierdie omvattende woordeboek plaas die gewoonlike Afrikaans uit die kontreie op skrif vir inkommers en vir ingesetenes wat wil klont oor kontreitaal. Dié eienaardig mooie woordeboek ontgin annerlike Afrikaans op so 'n manier dat geen leser meer uitgesluit hoef te wees van diegene wat eenspaaierig handel nie want alles wat hierin opgeteken is, is koek van een deeg. Dit kouboe die taal vir oueres wat daarmee vertroud is en vir jongeres is dit brandhout om vir die oudag bymekaar te maak.

vetseun
Sleng: Woorde, uitdrukkings en hul herkoms . 2007 PEARSON EDUCATIONAL

"Sleng (Woorde, uitdrukkings en hul herkoms] is 'n titel wat die bloemen Anglisismespook by omgangstaalwoorde en -uitdrukkings, en sy geraamte in die kas, besweer. Dit is die eerste (en daarom 'n onmisbare) naslaanwerk oor Afrikaanse sleng - daardie stunning omgangstaal wat deur honderdduisende sprekers (met 'n skuldgevoel) gepraat word. Die werk is gemik op taalpraktisyns, akademici, opvoeders en leerders wat die 'korrekte' Afrikaans vir hierdie soort taalgebruik soek. Maar dit is ook geskryf vir die man op straat wat aan die einde van die dag 'n bietjie ligte vermaak soek, of die sugar-daddy wat by sy skelmpie with-it wil klink. Die amusante, interessante (en soms bloederige, in die sin van bleddie) herkoms van etlike honderde woorde en uitdrukkings vertel bv. waar die haan en die bul in 'n cock-en-bull-storie vandaan kom, en waarom die nitty-gritty van 'n saak verswyg behoort te word." - loot.co.za

vetseun
Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom . 2004 PHAROS

"Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom is 'n titel vir elke Jan Rap en sy maat. Vir leerders, onderwysers, ouers; vir kletskouse en langasemsprinkane wat elke dag dieselfde deuntjie sing (of skielik met 'n bek vol tande staan); vir gou-met-die-pen-skrywers wat sake helder voor die gees moet roep; vir elkeen wat Afrikaans met geur en kleur wil gebruik. Of jy nou kopkrap oor die regte woorde, kopstukke wil gesels, iemand die leviete voorlees of knoop soos 'n matroos. Op elke nuwe blaadjie wat omgeslaan word, is daar vir nuuskierige agies interessante brokkies en stories oor hoe van Afrikaans se bekendste en minder bekende uitdrukkings ontstaan het. Waar kom padda in die keel vandaan? Hoekom het boontjie sy loontjie gekry? Van waar het Dawid gekom om die wortels te grawe? Waarom moes Ferreira sy goed vat en trek? Wat doen Kolmuis as sy wasgoed vreet? Vir die eerste keer word verklaar hoekom grappies op 'n stokkie kom, Maandae blou is, hoe jy iemand iets in die skoene kan skuif. En dit is net die oortjies van die seekoei." - loot.co.za

vetseun
Feite, flaters fiksie ....... 2001 HUMAN & ROUSSEAU


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )