Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Ansu Strumpher (Strumpher, Ansu)
vetseun
Afdraaipaadjies Van Die Liefde . 2013 MALAN MEDIA
ISBN: 9781920335328
Dit
is as jong studente dat hulle paadjies vir die eerste keer op
dramatiese wyse kruis: die bedorwe rykmans dogter, Tessa, met haar rooi
Mini Cooper en Le Roux, die arm koshuisstudent op 'n fiets. Maar dan
neem die lewe hulle nuutgevonde maar ongetoetsde liefde op
afdraaipaadjies wal hulle nie onaangeraak kan laat nie: Misverstande, ou
emosionele letsels, misdaad, gespanne gesinsverhoudinge, 'n onbeplande
swangerskap, 'n leeftyd se kruispaaie. Sal hulle verhouding hierdie
uitdagings die hoof kan bied? Of sal Le Roux val vir die langbeen blonde
Caro-Mari, Tessa se kleinsus wat die wereld deurreis om haar droom te
lewe?

vetseun
Liefde Anderkant Die Rubicon . 2011 MALAN MEDIA
ISBN: 9781920335175
Na
haar egskeiding verdiep Anelle - 'n sprankelende, aantreklike vrou-haar
werk en wy haar toe aan haar tienerdogter. Sy probeer haarself oortuig
dat sy nie weer in 'n verhouding betrokke wil raak nie. Maar dis nie
aldag maklik nie en soms oorweldig die hartseer en verlange haar. Tot
haar goeie vriend en werkskollega haar aan sy broer Werner voorstel. Die
lenige en onweeerstaanbaar aantreklike chirurg, soos sy 'n enkelouer,
maak haar kniee lam en uit die staanspoor vlieg die vonke tussen hulle.
Ook Werner sukkel om vrede te maak met die verlede en om sy geliefde
vrou se tragiese dood te bowe te kom. Sal elk van hulle die spoke uit
die verlede kan besweer om uiteindelik pasmaats te word? En wat van haar
eksamen wat uit die bloute opdaag en haar liefdeslewe deurmekaarkrap.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)