Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Anoeschka von Meck (Von Meck, Anoeschka)
vetseun
My Name Is Vaselinetjie / (eBook) . 2008 TAFELBERG/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624046585
ISBN: 9780624052241

Helena Bosman, or Vaselinetjie, as her ouma and oupa calls her, is taken away to a boarding school far from her home in the Northern Cape. A heart-warming story about a girl's triumph over dire circumstances.
She is Helena Bosman, from a tiny little town lost in the vast expanses of the Northern Cape, but Grandpa and Grandma call her Vaselinetjie. She is their little angel from the veldt, the beginning and the end of their world. But when Vaselinetjie is ten years old, two officials from Welfare step in and she is sent away to a boarding school in Gauteng.It's a strange, hard, dangerous world where no one bothers about anyone else, and where you too learn not to give a damn. But as the months turn into years, one name crops up again and again: Texan Kirby.
And that name does strange things to Vaselinetjie's heart.

vetseun
Vaselinetjie .................. 2004 TAFELBERG
ISBN: 9780624039815

Sy is Helena Bosman van 'n piepklein dorpie doer ver in die Noord-Kaap, maar Oupa en Oumie noem haar sommer Vaselinetjie. Sy is hulle veldbosengeltjie, hulle hart se punt. Tot Vaselinetjie tien jaar oud is en die Welsyn haar laat wegstuur na die kosskool in Gauteng - die weeshuis waar Madiba se weggooikinders bly.
Dis 'n vreemde, harde, gevaarlike wêreld van skomgatkinders, kwaai huistannies en 'n hardvogtige, onregverdige koshuisvader; van entjies rook, hare laat afskeer en planne maak om te whallap. Waar niemand oor jou traak nie, en waar jy ook leer om oor niemand te traak nie. Maar, soos die maande jare word, kruis een naam telkens Vaselinetjie se pad: Texan Kirby. En daardie naam loop reguit na haar hart.

vetseun
Annerkant Die Longdrop / (eBook) . 1998/2009 QUEILLERIE/TAFELBERG/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9781874901969
ISBN: 9780624048114
ISBN: 9780624051299

"'n Welsynsuster het al die meisies eenkeer in matriek kom toespreek. Gepraat van die Ou Spier. Hule dog eers sy praat van 'n landgoed, soos Twee Rivieren, toe's dit daai besigheid onder. Prentjies gewys van eierstokke wat soos lamppale lyk. Gelyk of die manlike sperm in 'n hoofstraat moes afcruise."
Om die beurt pynigend snaaks en hartseer, dié kragtige, liriese en oer-wyse roman oor 'n vrou, Ginkelsnoek, haar ander selwe en die gebroke geskiedenis wat haar die wye wêreld ingejaag het op soek na "hom" wat haar gate moet heel maak. Met bladsye wat wemel van skitterende beskrywings ontroer dié diepsinnige, diep religieuse debuutwerk. Volledig 'n boek vir ons tyd. Finalis in 1997 se groot De Kat Romanwedstryd.
Hettie Scholtz, boekredakteur en uitgewer van formaat sê van dié boek:"Kort voor die jaar 2000 lees ek vir die eerste keer in jare 'n manuskrip wat my na my seepkis laat gryp, my so ooprui dat ek groot dele daarvan hardop voorlees vir almal met ore om te hoor, 'n boek wat my tegelyk laat skater, sidder en so triest stem dat ek dit telkens moet neersit. 'n Diepsinnige, meeslepende boek is dit hierdie, sy wortels stewig geanker in Afrika, sy trefkrag veel wyer as ons grense."
In Insig skryf André P. Brink onder andere:"Van die ontroerendste passasies wat ek lanklaas teëgekom het. Liewe leser vat hierdie roman en lees en lees en lees."
Anoeschka von Meck was kind in McGregor, maar het skoolgegaan in Amerika. Vandag woon haar mense in Namibië. Van die Universiteit van Stellenbosch het sy 'n meestersgraad in Egiptologie. Sy maak tans kinders groot by 'n plattelandse kinderhuis of reis êrens deur Afrika.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )