Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Annelize Morgan (Morgan, Annelize)
vetseun
Omnibus 4 ......................... 2013 TAFELBERG
ISBN: 9780624057871

In Slavin van La Liberté spoel jong skipbreukeling Leia aan die ooskus van Afrika uit, word gevange geneem deur 'n slawehandelaar, en dan verkoop aan die aantreklike graaf Jacques de la Fontaine.
In Gister se verlange verneem Rozanne de Savoye, ná twintig jaar in 'n klooster in Frankryk, dat haar moeder nog leef en haar iewers aan die suidpunt van Afrika bevind. Rozanne vertrek na die Kaap de Goede Hoop, waar vele avonture - en moontlik liefde - haar inwag. 'n Gemaskerde boosdoener probeer egter telkens om Rozanne uit die weg te ruim.
En in Geliefde banneling moet Theresa, die vaal dogter van Barnard Verhoef, met die losbol-buurman Sias Beneke trou as deel van 'n saketransaksie. Sy het haar pa se wense nog altyd gehoorsaam, maar wat moet sy doen as sy die buurman verfoei?

vetseun
Liefde Sonder Hawe (eBook) . MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624058601

Isabeau het tuis op die Franse platteland haarself aan Simon beloof. Maar toe die noodlot ingryp, beland Isabeau op 'n seerowerskip. Sy word herdoop tot Solita, en haar hoop dat sy haar jeugliefde ooit weer sal sien, vervaag. Wanneer die seerowerjagter Armand du Bois op die toneel verskyn, is haar toekomsdrome nog meer deurmekaar.
Die jong Isabeau se lewe saam met haar ouers op die Franse platteland is nie idillies nie, maar daarvoor vergoed haar vriendskap met die skaapwagterseun Simon. Net voor Isabeau-hulle vir die soveelste maal na'n ander dorp moet trek, sweer hulle twee trou aan mekaar, en Isabeau belowe dat sy sal terugkeer na Simon. Maar toe die noodlot ingryp, beland Isabeau op 'n seerowerskip, en daar bevind sy haar vir die volgende sewentien jaar van haar lewe. Sy word herdoop tot Solita, en met elke jaar wat verbygaan, vervaag haar hoop dat sy haar jeugliefde ooit weer sal sien en geluk saam met hom sal smaak. En toe die seerowerjagter Armand du Bois op die toneel verskyn, krap hy al haar toekomsdrome deurmekaar.

vetseun
'n Sluier Vir Shahira (eBook) . MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624052005

Vir Isabelle de Neuve verander die lewe in 'n oogwink toe haar vader verongeluk en sy wees gelaat word. Sy laaste versoek is dat sy Frankryk moet verlaat, na die Kaap de Goede Hoop moet gaan en met Etienne le Riche moet trou. Maar op pad word hulle skip deur seerowers oorval en word sy saam met 'n paar ander meisies weggevoer na Arabië waar hulle as slavinne verkoop word aan sjeik Salem Khidr. Wanneer sy aartsvyand, sjeik Xavier Jahrad, haar voor sy neus wegraap, vergeet Isabelle van Frankryk en die Kaap de Goede Hoop. Sy verander in Shahira, 'n blouoog meisie wat die verbeelding van die Bedoeïene aangryp, iemand wat ook aan die woestyn behoort en wat weet dat sy iewers tussen hierdie harde mense 'n plek het. Net jammer dat die oorlogswolke saampak - ook op die liefdesfront, want die beeldskone Beryl word so te sê aan Xavier beloof en dit kan die skaal enige kant toe laat kantel.

vetseun
Omnibus 3 / (eBook) . 2012 TAFELBERG
ISBN: 9780624054856
ISBN: 9780624054863

In Masker van die verlede raak Angélique de Busset in die Kaap onder dwang verloof aan die markies van Touraine. Swaardgevegte, liefdesdriehoeke en vele intriges lê in haar toekoms, en eindelik sal Angélique moet besluit of sy gaan trou met die selfversekerde markies en of sy haar eie kop gaan volg.
In Kring van wraak spoel 'n bittere vyandskap tussen drie Franse gesinne oor na die Kaap van Goeie Hoop wanneer hulle daarheen verhuis. Die pragtige Constance Tourain wil hê dat haar ouers die strydbyl moet begrawe, veral wanneer sy liefde vind, maar ou vetes kom nie maklik tot rus nie.
En in Swerwers op die goudpad is Amy altyd aan die vlug, wég van die bedrogspul waardeur sy van haar erfplaas beroof is. Nou droom sy van Pelgrimsrus se spoelgoud . . . én van liefde.

vetseun
Omnibus 2 / (eBook) ........ 2011 TAFELBERG/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624052838
ISBN: 9780624053712

Pad na die skavot is 'n spanningsvolle Kaapse verhaal. Vir Celeste du Toit is Armand de Bordeaux meer as 'n werkgewer - hy is haar droomheld. Sy weet egter dat haar drome oor hom drome sal bly, want hy is 'n graaf, 'n skatryk edelman, en sy 'n gewone bediende. Maar dan bevind sy haar in 'n avontuur wat haar hele lewe omverwerp. In Erfenis van liefde is Camille Rambart 'n pragtige negentienjarige meisie wat in 'n krot grootword nadat goewerneur Willem Adriaan van der Stel haar pa sy inkomste uit ruilhandel ontneem het. Op 'n dag daag 'n aantreklike, ryk jong man op met 'n aanbod wat Camille voor 'n pynlike keuse stel: As sy dit aanvaar, is daar uitkoms vir haar familie, maar dit sal 'n opoffering verg wat haar lewe kan verwoes. Die vergete era van die gouddelwers - 'n goue era vol verdriet en ekstase - word in Goud in die skemer weer lewendig gemaak. Mitzi Brandt is 'n tenger meisie, maar taai- haar toekoms moet gebou word op 'n kis goud wat sy met haar eie hande help delf het. Die goud raak die spil waarom al haar geliefdes se lewens draai.

vetseun
Omnibus 1 (eBook) ........ MEDIA24 BOOKS/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624049555
ISBN: 9780624049470

In Bruid van die woestyn word Colette Bertrand se skip op pad na die Kaap de Goede Hoop deur seerowers oorval. Sy en vier vriendinne word as slavinne verkoop; 'n lewe van vernedering en wanhoop wag in die woestyn op haar. Daar is egter een van die mans wat op haar bie, die aantreklikste man wat sy nog gesien het, wat haar hoop gee. . .Woestynwind oor Jawarah: Ara die slavin was eens op 'n tyd Jaqueline Berrault. Op tienjarige ouderdom is sy ontvoer en as slavin verkoop. Nou moet sy, in 'n poging om haar vryheid te herwin, deur die gevreesde Rub'al Khali-woestyn reis.
Elke dag bring egter net meer verraad en groter gevaar, sodat sy later niks meer oor het nie buiten vae herinneringe aan die Kaap, haar geloof . . . en die gedoemde liefde van sjeik Omar bin Garraf.Hart van die Groot Woestyn: Vir die Rashad-stam van die Groot Woestyn is die Swaard van Abdurraghman die simbool van vrede. Maar die swaard is weg en die Rashad-broers roei mekaar uit. In Kaap de Goede Hoop kry Caroline Duncan die opdrag van haar ma: vind die swaard en verbreek die vloek.

vetseun
Melktert en kaviaar / (eBook) . 2009 NASIONALE BOEKHANDEL/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624048008
ISBN: 9780624050537

Liedjieskrywer Emma Steyn se grootste droom is om eendag haar eie liedjies te sing. Sy raak egter heeltemal té gespanne - so erg dat sy nie eers 'n piep kan uitkry nie. En haar vriend, die sanger Ingo, maak dit nie makliker nie. Wanneer Ingo vir Emma met 'n ander meisie verneuk en boonop een van haar liedjies steel, nooi vriende haar na Xander Vermeulen se wildsplaas om van Ingo te vergeet.Xander het self 'n platemaatskappy en besef gou hoe talentvol Emma is. Maar Xander is 'n moeilike man en het geen tyd vir Ingo nie. Net toe Emma dink haar loopbaan tel spoed op, beduiwel Ingo wéér die spul. Emma word in hegtenis geneem vir die besit van dwelms. En Xander se geduld is hierdie keer min. . .

1994 - Die Visioene van Johanna Brandt (LIBANON UITGEWERS) (VAANDEL UITGEWERS)
1988 - Liewe Kolos

vetseun
Die Ver Pad na Geluk ... 1979 PRESIDENT-UITGEWERS VAN SUID-AFRIKA

"Die Ver Pad Na Geluk voer die leser terug op die romantiese en veelbewoe pad van die ontdekking van goud, eers op Pelgrimsrus, toe Barberton en toe aan die Witwatersrand.
Op die delwerye van Pelgrimsrus het almal ontsag vir die lywige Mollie Jansen. Mollie kan 'n groot man met 'n reguit-linker grond toe stuur. Maar in Mollie se groot liggaam en ruwe uiterlike skuil daar net so 'n groot, simpatieke en gelowige hart.
Toe die goudkommissaris by geleentheid radeloos staan met 'n driejarige weeskindjie, besluit Mollie om die dogtertjie as haar eie aan te neem. Mollie versorg haar klein Rosa met al die opgekropte liefde in haar groot liggaam. Mettertyd het die kleine Rosa dan ook vergeet dat sy ooit 'n ander moeder geken het as die bejaarde, groot vrou."

Ag, Here, gee tog voorspoed! (VAANDEL UITGEWERS)
Lantern vir die pad (VAANDEL UITGEWERS)
My Ewige Erfenis (VAANDEL UITGEWERS)
'n Volk moet sterf (VAANDEL UITGEWERS)
Woestynwind oor Jawarah (VAANDEL UITGEWERS)


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )