Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Annelise
vetseun
Weerloos ......................... 2008

Dakini, Priesteres van Inanna, Godin van Liefde en Seksualiteit, is dood. Of is sy? Wat beteken dood in elk geval? Dakini se sensuele reis deur die Vroeëtyd en daarna neem die leser op 'n erotiese, intellektuele, romantiese en geestelike ontdekkingstog deur tyd - wat óók nie noodwendig bestaan nie.
Annelise, skrywer van die kontroversiële roman, Maanvrug, speel in Weerloos met genres, mites en idees om 'n eiesoortige roman oor 'n nuwe wêreld en 'n verlore droom te skep.
Vanaf die toring van die Kongredaal strek Mefisto so ver as wat die oog kan sien. Die mane lyk of hulle vir 'n wyle op die horison luier, voor hulle hul reis deur die lugruim hervat. Die ryp geur van die welige pers Wisteria bedwelm my en in die verte skrik 'n korhaan wakker. Die lug is dik en stil en dragtig en vir 'n oomblik gee ek myself aan my sintuie oor. Dan fokus ek op die geluide. Die voël is nou stil, maar Mefisto is nie stil nie. Ver weg kan ek die oerpols van musiek bo die gerommel van die vulkaan hoor.Die inisiasie van 'n nuwe priesteres van Inanna is 'n grootse geleentheid in die tempel. Ek onthou hoe ek as diensmaagd die kruik gebring het en hoe ek ook in my groen rok deel van die prosessie was wat die nakende meisie na haar kamer geneem het.
Net soos nou het Lamia se fakkel 'n groenerige skynsel oor die dik klipmure van die gang gegooi. Net soos nou was die bestemming haar toekomstige kamer in die tempel, wat gebruik sou word om die Godin se geskenk aan mans te gee. Maar hierdie keer is ék die maagd wat vrou gaan word. - graffitibooks.co.za

vetseun
Maanvrug (Kortverhale) ... 2007

Selené se lewe word onherroeplik verander wanneer sy 'n ou silwer boek van 'n geheimsinnige vroutjie ontvang. Met die oopslaan van die boek begin sy 'n pad loop wat haar met nuwe oë na haar lewe, verhoudings en die wêreld om haar laat kyk.
Haar nuwe insigte vat haar en haar liggaam op 'n reis buite die sosiaal aanvaarde norme waaraan sy haar voorheen onderwerp het.
Maanvrug is 'n sensuele en soms liriese boek wat die deur oopmaak na die donker binnekamer van Selene se seksuele fantasieë en liggaamlike avonture. Is sy immoreel of net eerliker as die res? Droom sy alleen of lê almal van ons een of ander tyd en rondrol in die greep van begeertes wat ons nooit met iemand sal deel nie?Dié debuutroman speel af in die dun strokie speelveld wat as erotiek geklassifiseer word. In Afrikaans. Want dit is tyd. - graffitibooks.co.za


skakels : studmaster.com/goddess..












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )