Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Annelie Botes (Botes, Annelie)
vetseun
Swart Op Wit ................. 2013 NALEDI
ISBN: 9780992176464

Nadat'n mediastorm 'n aantal jaar gelede om Annelie Botes se kop losgebars het, het 'n donker tyd in haar lewe gevolg. Met Swart op wit is sy is terug op die enigste manier wat sy kén: Sy loop op haar spore van vyf-en-vyftig jaar en deel met die leser dinge wat sy nie verstaan nie, wat haar bang maak en wat haar bly maak. Sy doen dit vir haar kinders en hulle kinders se kinders. "Want niemand op aarde wil spoorloos die langleer klim nie," sê sy.
"My dinkgoed het deurmekaar geraak," sê Annelie Botes.
'n Aantal jaar gelede het 'n mediastorm om dié Kammanassiekind se kop losgebars. Dit was 'n donker tyd in haar lewe, maar sy is terug op die enigste manier wat sy kén: swart-op-wit loop sy haar spore van vyf-en-vyftig jaar na en deel met die leser dinge wat sy nie verstaan nie, wat haar bang maak en wat haar bly maak. Sy doen dit vir haar kinders en hulle kinders se kinders. "Want niemand op aarde wil spoorloos die langleer klim nie," sê sy.
Tussenin lees ons ook hoe die tóé al rebelse Annelie as tiener verlief raak op die man wat steeds die wyse, gryse engel Gabriël aan haar sy is. Oor al die berge en dale heen vlieg dié twee saam. Moeiteloos glip sy tussen kontrasterende stories: jongliefde, oumensliefde, tye toe die liefde ontbreek het. Soms lag sy uit haar agterkeel oor Basjan-kat wat sy gebied op haar skoot gemerk het, ander kere sak sy gebroke op haar knieë neer oor Jabu se rooi baadjie ...
"Ek sukkel met die lewe," sê sy, "niks kom ooit vir my maklik nie. Maar ek hou nooit op om te probeer nie. Die jimmele weet ..."

vetseun
Emma En Die Geheime Gang . 2012 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798156660

Wie of wat is dit wat in die nag in die koshuis se gange rondsluip? Toe Emma en Janine se kamermaats skielik siek word en in die siekeboeg opgeneem word, vermoed hulle dadelik onraad, veral toe hulle verbied word om hulle siek maats te besoek. Toe hulle besluit om ondersoek in te stel, verdiep die raaisel van die kinders se verdwynings. Wat maak die hoof van die koshuis in die middel van die nag in die laboratorium. En wie is die man met die vreemde reuk en snaakse voete? 'n Lekker grillerige speurstorie vir jong lesers.

vetseun
Tikkop .................................. 2011 PROTEA BOEKHUIS
Vertaling: Daniel Hugo
ISBN: 9781869194567

Tikkop is 'n roman oor verraad, maar ook oor vriendskap en die liefde vir 'n taal en 'n land. Die Nederlander, Mulder, en die Suid-Afrikaner, Donald, hernu hulle weer hul vriendskap en verken weer hulle gevoelens van weleer: daar is 'n gedeelde liefde, vriende wat verraai is en ideale wat verloen is. Mulder, wat in Parys woon, besluit om in die Kaap te kom bly, terwyl Donald sy stryd voortsit in 'n verstikkende klein vissersdorpie. Die plaaslike bevolking voel verraai: hulle visregte is opgeskort deur korrupte leiers, daar is geen werk nie en hul kinders ontvlug deur TIK te gebruik. Die twee manne ontferm hulle dan oor 'n talentvolle verslaafde seun aan wie hulle 'n nuwe toekoms wil bied - mits die knaap die TIK kan oorwin.

vetseun
Tabernakel .................. 2010 TAFELBERG
ISBN: 9780624049258

Annelie Botes se gehoor gaan nie teleurgesteld wees in Tabernakel nie, inteendeel: sy gaan beslis nog lesers wen. Wat aanvanklik as rubrieke vir die koerant aangepak is (lewendig, tersaaklik, openbarend, baie interessant en soms effe stout) word nou verweef in 'n outobiografiese vertelling wat volg op die gewilde Sabbatsreis. Dis 'n vlot relaas van die siels-wel en die siels-wee van 'n deurleefde middeljarige wat aanstap na haar diep-middeljare. Dis Botes-op-sy-beste in haar meenthuiskompleks in North Riding, Port Elizabeth. 'n Heerlike gesels-op-papier wat ou en nuwe lesers gaan oorrompel.

vetseun
Duiwelsbrood (eBook) ... LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799353709

Duiwelsbrood en ander kort en lang stories is ? heerlike dik omnibus van Annelie Botes-verhale vir haar aanhangers om aan te smul. Dit bevat 3 kort romans en 19 kortverhale.

vetseun
Emma en die geheime gang (eBook) . NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780798156677

Wie of wat is dit wat in die nag in die koshuis se gange rondsluip? Toe Emma en Janine se kamermaats skielik siek word en in die siekeboeg opgeneem word, vermoed hulle dadelik onraad, veral toe hulle verbied word om hulle siek maats te besoek. Toe hulle besluit om ondersoek in te stel, verdiep die raaisel van die kinders se verdwynings. Wat maak die hoof van die koshuis in die middel van die nag in die laboratorium. En wie is die man met die vreemde reuk en snaakse voete? 'n Lekker grillerige speurstorie vir jong lesers.

vetseun
Kalahari Toe ........................... KAGISO
ISBN: 9780798657020

Rimpelstories is 'n leesprogram vir die Grondslagfase (Afrikaans huistaal), wat uit 88 aantreklike geïllustreerde storie- en feiteboekies bestaan. Die reeks is uitkomsgebaseerd met 'n vaardigheidsbenadering as grondslag. Luister-, praat-, lees-, skryf-, taal-, leer- en denkvaardighede word op'n natuurlike wyse geïntegreer en ontwikkel progressief. Die leesboeke vir elke graad is in vier vlakke ingedeel, om voorsiening te maak vir lesers met verskillende vlakke van leesvaardigheid. Daar is ook 'n Onderwysersgids vir elke graad wat al die inligting bevat wat nodig is om die die program vir lees suksesvol te beplan en aan te bied. Die Onderwysersgidse bied ook voorbeelde van werksvelle en assesseringstabelle. Vir Graad 1 en 2 is daar ook 'n Handleiding vir liedjies en musiek en 'n Oudio kassetband met musiek en sang beskikbaar, wat albei dien as versterking van die woordeskat en taalstruktuur wat in die storieboeke bekendgestel word, terwyl musiekvaardighede terselfdertyd verwerf word.

vetseun
Towermengsel ....................... KAGISO
ISBN: 9780798657082

Rimpelstories is 'n leesprogram vir die Grondslagfase (Afrikaans huistaal), wat uit 88 aantreklike geïllustreerde storie- en feiteboekies bestaan. Die reeks is uitkomsgebaseerd met 'n vaardigheidsbenadering as grondslag. Luister-, praat-, lees-, skryf-, taal-, leer- en denkvaardighede word op'n natuurlike wyse geïntegreer en ontwikkel progressief. Die leesboeke vir elke graad is in vier vlakke ingedeel, om voorsiening te maak vir lesers met verskillende vlakke van leesvaardigheid. Daar is ook 'n Onderwysersgids vir elke graad wat al die inligting bevat wat nodig is om die die program vir lees suksesvol te beplan en aan te bied. Die Onderwysersgidse bied ook voorbeelde van werksvelle en assesseringstabelle. Vir Graad 1 en 2 is daar ook 'n Handleiding vir liedjies en musiek en 'n Oudio kassetband met musiek en sang beskikbaar, wat albei dien as versterking van die woordeskat en taalstruktuur wat in die storieboeke bekendgestel word, terwyl musiekvaardighede terselfdertyd verwerf word.
vetseun
Suidoosterfees: Boeke-ontbyt met Annelie Botes

Annelie Botes, die gewilde skrywer van onder andere Raaiselkind en Sabbatsreis, gesels met haar uitgewer, Rina Barnard, oor al die fabrieksgeheime van haar splinternuwe roman, Thula-thula, wat binnekort by Tafelberg verskyn.
In Thula-thula maak Botes die brieke los en gooi die kamerdeur na bloedskande oop. Hierdie ontbyt is nie vir bangbroeke nie.
Bespreek nou by Computicket, Dial-a-Seat 0214217695
120min, R80, Opera Bar, Chandelier Foyer, Saterdag 31 Jan. 09:00

vetseun
Thula-thula (Afrikaans) . 2009 TAFELBERG
ISBN: 9780624046851

On a winter's afternoon Gertruida returns to Kiepersolkloof after her mother and father's funeral in town. Her heart rejoices. They were not her mother and father. They were Abel and Susarah. People who walked with God. At the same time walking arm in arm with Satan. She was never their precious little crowned plover. When she still wished to run after dragonflies in her mummy's garden, Abel had brutally stolen her innocence and threatened her with the fork-tongued leguan that walked by night. Child-woman who danced naked in front of the window in the moonlight while Susarah slept behind drawn curtains. Or was she awake? She closes and locks the gate to the farm-yard. In years to come she will have to pilot her own life. But she only knows how to hate; love has no meaning to her. Her boundaries were destroyed. The only place of solace and dignity that ever belonged to her was the hidden stone house she had built in a secluded kloof. In the house on the ridge Mama Thandeka sits with a sorrowful heart. For fifty three years she had watched a black blanket slowly descending upon Kiepersolkloof. At night she is deeply troubled because there are many things that she regrets. Years ago she was little Abel's black mama, and when she should have spoken up, she thula-ed. Now the time for speaking up has gone by. All that remains is to call the spirits of the papas and mamas to come closer so that she can speak to them: Sit down, listen carefully. Then, with iNkosi as her witness, the truth will flow from her tongue. And on Monday she hopes to shuffle down to the farm-yard with her notsung kierie to cherish Gertruida against her soft mama-bosom for a while. Even though Gertruida does not want to be held by anyone.

vetseun
Thula-thula (English) (eBook) . MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624053736

Gertruidah Strydom has just lost both her parents in a freak motor-car accident. She returns home from the funeral. Alone. Yet why does she shed no tears? Why is there no grief, only utter relief? Suddenly, for the first time in her life, she is free. The family farm is hers. Only hers. Her father was a pillar of the community - hero of the Border war, successful farmer, church elder and family man. Her mother was the society darling, her tennis parties the toast of the town. Yet at night Gertruidah would lay awake, waiting for the creak of the floorboard, waiting for the doorknob to turn . . . Waiting for a bed-time story and a goodnight kiss for Daddy's little princess. What fairy tales did Gertruidah have to act out by the light of the moon? And what fatherly love was this? Why her fear of the slimy frog? Why her dread of the forked-tongue leguan? What perverted lusts lurked in the darkened Strydom house?

vetseunvetseun
Trousseaukis ............ 2008 TAFELBERG

"In elkeen van die dertien stories wys die verteller dat sy die menslike swakheid en goedheid ken, en dat sy weet hoe om met empatie te vertel." - loot.co.za

'n Vrou laai vir haar 'n kind en 'n hond langs die pad op, want sy wil nie meer alleen wees nie. 'n Ma besluit om te staak omdat haar man en kinders haar slegter as 'n paradysdonkie behandel.
'n Man begin orrelles neem in 'n desperate poging om God se medelye met hom te toets, maar ontdek dat dit sy eie medemenslikheid is wat beproef word.
'n Predikant verslaaf hom aan 'n rekenaarspeletjie en verloor sy houvas op alles behalwe die geel, rooi, groen en blou blokkies wat hy dag en nag met koorsagtige presisie inmekaar probeer pas. 'n Vrou wat nooit weer aan die huwelik en liefde herinner wil word nie, moet tydens haar skeisaak 'n trourok maak vir 'n aanstaande bruid wat by die dag duideliker oor die buik en bors uitsit.Dis oor boeiende mense soos dié dat Annelie Botes in Trousseaukis skryf - vroue en mans met wie jy jou kan én wil identifiseer. In elkeen van dié dertien stories wys die verteller dat sy die menslike swakheid én goedheid ken, en dat sy weet hoe om met empatie te vertel. - graffitibooks.co.za

vetseun
Trippel Sewe ........... 1995/2007 QUEILLERIE/TAFELBERG
ISBN: 9780624045076

"Die Here se hand is op haar. Hy gee haar tekens, oral - duiwe op die dak, telefoonnommers, verse uit die Skrif. Sy gebruik dit by die dobbeltafels en wen fabelagtige bedrae. Sy is 'n begenadigde. Maar is sy? Gou verander haar eerste opwinding in 'n obsessie. Haar hande wil dobbelstapels pak eerder as haar kinders versorg. Sy verkies die geselskap van haar dobbelmaats bo die van haar man, die tempel van Mammon bo die van God. En so beland Carla Marais in 'n maalkolk wat haar insluk en in 'n spiraal afvoer, wat haar net sal vrylaat nadat sy haarself en haar naastes verloen het. En nadat sy haar laaste menswaardigheid prysgegee het. Trippel sewe bevestig ou waardes en waarhede. Soos dat die liefde werklik alles glo, alles verdra, alles hoop." - loot.co.za

vetseun
Sabbatsreis ................ 2007 TAFELBERG
ISBN: 9780624045106

"Die vliegtuigwiele lig. Ek skeur los van Afrika. Uiteindelik begin my reis Engeland toe, om ponde te verdien. Niemand weet ek gaan by 'n brug in Londen afspring nie. Want ek is sat baklei teen 'n geldgemors wat ek eiehandig geskep het." - loot.co.za

Die vliegtuigwiele lig. Ek skeur los van Afrika. Uiteindelik begin my reis Engeland toe, om ponde te verdien. Niemand weet ek gaan by 'n brug in Londen afspring nie. Want ek is sat baklei teen 'n geldgemors wat ek eiehandig geskep het.
Dobbel en foreign exchange het my sewentig maal sewe keer hel toe en terug gestuur. My sabbatsreis was 'n helnag in die hemel. Om dit te verwoord, het my ontbloot. Maar my dwingende behoefte om in my eie spieël te kyk, was nog nooit groter nie.
Wat ek gesien het, het my laat terugdeins. En tog, gaandeweg, soos die mislaag op die spieël weggewasem het, het ek agter my in die spieël 'n skare gesigte gesien. Soekers, soos ek ... Verlorenes. Blindes en heldersiendes. Vervloektes en geseëndes.
Almal nes ek. Sodat ek nie anders kon nie, as om midde-in die spieëlskare in te stap. Want dalk lê die essensie van die lewe iewers in dié menigte. As ek nie daar gaan soek het nie, sou ek nooit weet nie.
Dit was 'n ongelykpad wat my meermale té diep in myself laat verdwaal het. Algaande het ek egter my doolhof beter begryp, die ontrouheid van my lewensmaat, die aborsie. Dat ek die pad geloop het, enduit, het my verander. - graffitibooks.co.za

vetseun
Broodsonde ............... 2006 TAFELBERG
ISBN: 9780624044420

"Baie lesers sit al lank en wag vir hierdie koerantstukke van Annelie Botes. Sy het 'n seldsame vermoë om vrouens en mans te betrek by 'n wêreld wat tog wel gesien word uit die standpunt van 'n vrou. Die (soms woeste) aantreklikheid van haar werk het daarmee te doen dat sy nooit ingeval het by die getraliede denke van die meeste Afrikaanse stedelike mense nie. Sy het, hoewel sy voorstedelik woon, die voorstedelikheid deurbreek. Sy - en ook haar skryfwerk - is intuitief en spontaan. Tog bly sy, opvlammend soos sy is, oer-Afrikaner. En dit is juis die deurbreek van primordiale dinge wat haar werk lekker maak. Nie sommer net fynlek-lekker nie - bekvol lekker. Maar wees gewaarsku - dis nie dikvreetgoed nie, dis proegoed. Alhoewel die rubrieke die effens opgejaagde hartslag van dagnuus bevat, is dit die storie van Annelie Botes se lewe wat hier verdig tot verhaal. Die skryfstervrou moet na 'n mislukte investeringskema - gaan oumens oppas in Rooinekland met 'n geldwolf op haar hakke. In hierdie titel is 'n besielde en nugter gees aan die woord, 'n kombinasie wat mens nie dikwels raakloop nie. Bowenal is dit onbevreesd. Annelie Botes skroom nie om te se wat skort met ons spul boertjies hier aan die suidpunt nie. En sy doen dit met fyn en dik hale van die kwas." - loot.co.za

vetseun
Mountain of lost dreams . 2005 PENGUIN

vetseun
Hoekom is die see swart? . 2004 KAGISO
ISBN: 9780798666329

Rimpelstories is 'n leesreeks vir die Hersiene Nasionale Kurrikulum in die Intermediêre Fase. Die reeks poog om jong lesers die genot van lees te laat ontdek en hul visuele geletterdheid te ontwikkel deur interessante, boeiende tekste wat ryklik geïllustreer is. Die tematiese inhoud sluit sensitiewe vraagstukke soos besoedeling, boelies en vigs in, maar dit sluit aan by die leefwêreld van die lesers met humor wat wyd gebruik word.

vetseun
Klawervier .............. 1997/2004 TAFELBERG

"Twee bome van waar hy in die vroegoggendkoelte van die wattelbos sit, gewaar hy uit die hoek van sy oog 'n ritseling in die takke. Moet 'n voel wees, dink hy, en draai sy kop." - loot.co.za

vetseun
Om Die Wêreld ................. 2004 KAGISO
ISBN: 9780798666343

Rimpelstories is 'n leesreeks vir die Hersiene Nasionale Kurrikulum in die Intermediêre Fase. Die reeks poog om jong lesers die genot van lees te laat ontdek en hul visuele geletterdheid te ontwikkel deur interessante, boeiende tekste wat ryklik geïllustreer is. Die tematiese inhoud sluit sensitiewe vraagstukke soos besoedeling, boelies en vigs in, maar dit sluit aan by die leefwêreld van die lesers met humor wat wyd gebruik word.

vetseun
Riddle Child ................. 2003 PENGUIN

"Alexander is an autistic child. His mother Ingrid is worn out from trying to care for and love a son who never once has acknowledged her existence except to bite and kick and scream in terror. Their housekeeper is the only one who manages somehow to soothe and pacify him, and whose steadfast loyalty becomes Ingrid's only source of comfort. But then everything changed. The child who is terrified of water, and in particular of taking a bath, is found floating face down in an overflowing tub early one morning, drowned, with bruises on his neck and the marks of abuse clearly visible on his frail body. Is it murder or accidental death? What will the autopsy reveal? Can the intricate workings of Alexander's locked up mind ever be uncovered or understood?" - loot.co.za

vetseun
Raaiselkind ................. 2001 TAFELBERG


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )