Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Aniel Botha (Botha, Aniel)
vetseunvetseun
Pirouette / (eBook) .... 2012 QUEILLERIE/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780795800320
ISBN: 9780795800337

In die debuutdigbundel Pirouette word balletterminologie en die hospitaal-milieu van eetversteurings saamgebind in 'n helder besinning oor gebrokenheid, verwonding en psigiese kwelling. Dit is 'n bundel waarin ritme en metrum aansluit by die oorkoepelende dans-metaforiek om die lewe sterk beeldend vanuit 'n dansersperspektief - gestroop, met net die nodige lyne - weer te gee: tollend, wankelend, seevierend met 'n bevrydende sprong na heling.

vetseun
'n Dans met die dood (Outobiografie) / (eBook) . 2010 ZEBRA PRESS
- Joernaal van 'n anoreksielyer
ISBN: 9781770200364
ISBN: 9781770221888
ISBN: 9781770221871

Toe Aniel Botha sewentien jaar oud was, is haar jare lange, morbiede obsessie oor kos as anorexia nervosa gediagnoseer. Maar vir die sensitiewe en begaafde skolier met 'n passie vir ballet was die woord 'anorexia', wat 'aptytverlies' beteken, eintlik 'n wanbenaming, want sy was gedurig honger - vir kos, vir rus, vir liefde en aanvaarding, maar veral vir die dood. Niemand, nie eens sy self nie, kon die redes vir haar selfvernietigende gedrag peil nie. Sy is uiteindelik op drie-en-twintigjarige ouderdom op aanbeveling van 'n sielkundige in 'n psigiatriese hospitaal opgeneem. 'n Dans met die dood is Aniel se eie aangrypende beskrywing van die ses weke wat sy in die eetsteurnisafdeling van die hospitaal deurgebring het, en van die ander pasiente wat sy daar ontmoet het. Die leser vergesel haar op haar pynlike reis terug van die afgrond, en kry onderweg diep ontstellende insigte in die gemoed van 'n anoreksielyer. Niks word verswyg nie - die leuens, die selfhaat, die komplekse en onstuimige liefde-haat-verhouding met kos, en die wanhopige hunkering na bevryding - of die dood.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)