Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Andries Enslin (Enslin, Andries)
vetseun
Die Voelgoedboekie ......... 2013 CARPE DIEM
Andries Enslin, Eugene Kemp, Liesel Krause-Wiid, Lorette Dey
- Net jy kan jy wees
ISBN: 9781432201937

Niks kan verder van die waarheid af wees dat lewe sommer net "gebeur" nie. Elke mens is geskep met 'n unieke doel - jy ook! Dit beteken jy het iets spesiaals wat net jy kan doen.

vetseun
Die Woord Elke Dag / (eBook) . 2013
- Gee Die Duiwel Minder Krag
ISBN: 9781432201999
ISBN: 9781432202019
ISBN: 9781432202002

Net soos wat jy Andries elke dag in jou sitkamer geniet,kan jy hom nou elke dag saam met jou dra in hierdie sakpas boekie. Die Woord elke dag is 'n boek saamgestel uit sy oordenkings. Dit sal jou elke dag nuwe krag gee en jou toerus om deur enige situasie
As jy voel jou dag is net te besig, hier is die goeie nuus: Die Woord elke dag, gee die duiwel minder krag is saamgestel uit Andries Enslin se oordenkings, Die Woord, wat elke oggend op kykNET uitgesaai word. Reguit, kort en kragtig, en op die man af praat Andries met ons elkeen oor die dinge van geloof of kerk waaroor ons soms wonder.
Die boek is saamgestel om die hele jaar te gebruik, met 'n tema oor geloofskwessies vir elkeen van die 52 weke. Die kort Skrifgedeeltes en praktiese dagstukke maak dit maklik om die Bybel te leer ken, dag vir dag.
Koop dit vir jouself, of vir 'n vriend of vriendin en gee die duiwel minder slaankrag, elke dag!

vetseun
Word Stil Voor God (eBoek) . CHRISTELIKE UITGEWERSMAATSKAPPY
ISBN: 9781431604111

In WORD STIL VOOR GOD stel Marius Nel en Andries Enslin jou bekend aan die gebedspraktyk wat deur die woestynvaders ontwikkel is, naamlik: lees in die teenwoordigheid van God die Skrifgedeelte, bepeins daaroor sodat jy kan sien wat God vir jou wil wys; reageer in gebed wanneer jy sy stem hoor; en rus in die Here totdat jy weet wat Hy van jou vra. Stap in WORD STIL VOOR GOD in 40 dae saam met die skrywers op hierdie pad van stil-word, en ervaar 'n dieper, meer vervullende gebedslewe.
Sukkel jy met jou gebedslewe? Voel jy soms dat "gebed nie werk nie"? Wat mense dikwels nie besef nie, is dat ons ons gebede wil laat fokus op ons eie wil, en nie op God se wil nie. Want anders as wat 'n mens so dikwels wil glo, is gebed nié om ons versoeke elke dag soos 'n kruidenierswarelysie vir God af te rammel nie. Gebed - ware gebed - is om te luister na God se stem. In WORD STIL VOOR GOD stel Marius Nel en Andries Enslin jou bekend aan die gebedspraktyk wat deur die woestynvaders ontwikkel is, naamlik: lees in die teenwoordigheid van God die Skrifgedeelte, bepeins daaroor sodat jy kan sien wat God vir jou wil wys; reageer in gebed wanneer jy sy stem hoor; en rus in die Here totdat jy weet wat Hy van jou vra. Stap in WORD STIL VOOR GOD in 40 dae saam met die skrywers op hierdie pad van stil-word, en ervaar 'n dieper, meer vervullende gebedslewe.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)