Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Andri du Toit (Du Toit, Andri)
vetseun
Padlangs Na Londen (Reis) . NALEDI
- 'n Gewone Gesin Ry Vanaf Port Elizabeth Tot in Londen
Andri du Toit; Rian du Toit
ISBN: 9780620461740

Padlangs tot in Londen is 'n reisjoernaal wat deur Andri en Rian du Toit geboekstaaf is oor 'n reis met hulle Land Cruiser wat vanaf die mees suidelike punt in Afrika, Kaap Agulhas, tot die mees noordelike punt, Cap Blanc, gestrek het. Daarvandaan is hulle met 'n veerboot oor na Italië, toe deur Europa en met die Eurotonnel na Brittanje waar die reis afgesluit is.
Wat hierdie toer anders as gewone toere maak, is dat hulle dit op hulle eie aangepak het en hulle twee kinders onder tien jaar saamgeneem het. Ondanks vrees vir siektes soos malaria en bilharzia vir hulle twee jong kinders was daar deur die hele toer van 162 dae en 30 000 kilometer net twee pap bande gekry en geen siektes nie!
Padlangs tot in Londen is 'n handboek vir mense wat beplan om dieselfde toer te onderneem - dit is propvol inligting: verblyfplekke, roetes, slaggate (denkbeeldig en eg), wisselkoerse, hoe belangrik die Carnet de Passage is, wat om te doen om nie omkoopgeld te betaal nie en vele meer.
Dit is nie net 'n goedgedokumenteerde reisjoernaal hierdie nie, dit is onderhoudende leesstof, en as dit die leser nie inspireer om dieselfde roete aan te pak nie, dan is dit 'n lippe aflek-boek vir die stoelpatat wat in die gees saamtoer.
Rian du Toit het aan Paul Roos-gimnasium, Stellenbosch gematrikuleer. Daarna verwerf hy die grade BCom LLB aan die Universiteit van Stellenbosch. Tans praktiseer hy in sy eie firma as prokureur by Du Toit Strömbeck Inc. Ná hulle SA2UK-reis het hy DTS geopen. Andri du Toit het aan Welkom-gimnasium, Welkom gematrikuleer.
Daarna verwerf sy die BComm Bestuursrekeningkunde-graad aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy werk tans as praktykbestuurder by DTS en bestuur ook hulle eie eiendomsportefeulje. Hulle twee seuns wat saam gereis het, is Arno, graad 7, en Merwie, graad 4, wat albei leerders by die Grey Junior Skool is.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)