Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
André P. Brink (1935-) (Brink, André P.)
vetseun
Mediterreense Herinneringe . 2013 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798157728

This collection is a companion volume to the author's previous collection about Paris, and is a selection of stories from the 60's about his travels through Italy, Spain and the south of France. Very readable stories filled with humour and sharp observations.

Baie leesbare verhale wat steeds iets weerspieel van daardie "eerste vroee opgetoendheid oor 'n wereld wat nog gele en wag het om in Afrikaans ontdek te word", soos Brink dit gestel het. Sy vertellinge wissel tussen humor en erns, is speels en ook indringend.

vetseun
Herinneringe Aan Parys . 2012 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798155786

Parys . . . die stad wat ek bo alle ander liefhet - het André Brink in sy outobiografie geskryf. Hierdie bundel bevat 'n keur uit sy destydse boeke oor Parys: Pot-Pourri (1962) en Parys-Parys: Retoer (1969). Nadat hy in die sestigerjare in Parys gewoon het, het sy sketse en verhale oor sy ervaringe van die lewe in die Franse hoofstad eers in koerante hier en daarna in boekvorm verskyn. Sy indrukke van verskillende aspekte van die lewe in Parys is met fyn waarnemingsin geskryf. Die toonaard wissel tussen humor en erns, tussen speels en indringend; daar is besinning en daar is satire, deernis en spot. Heerlike, leesbare stories oor hierdie gewilde wereldstad.

vetseunvetseun
Philida ....................... 2012 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798155212

'n Aangrypende, meesleurende en diep menslike roman deur een van Suid-Afrika se grootste skrywers: Philida is gebaseer op historiese werklikheid en sluit wat tema en tydperk betref aan by een van Brink se vroeër romans, Houd-den-bek.
Philida was 'n slavin wat tussen 1820 en 1835 op die plaas Zandvliet in die Drakenstein-distrik gewoon het. (Die plaas wat vandag bekend is as Solms Delta).
Sy het 'n paar kinders gehad by Frans, die seun van Cornelis Brink, die eienaar van die plaas.
Maar toe besluit Cornelis dat Frans met die dogter van 'n ryk Kaapse familie moet trou en dat dit beter is om Philida en haar kinders te verkoop.
Die roman begin waar Philida by die drostdy op Stellenbosch 'n klag teen haar baas gaan lê, ongehoorde optrede vir 'n slawevrou, optrede wat haar duur te staan kom:
Philida en haar kinders word in 1833 deur Brink op 'n slaweveiling op Worcester verkoop. Die Britse regering stel kort daarna die slawe vry, maar Philida is vir vier jaar by haar nuwe eienaar,Meester de la Bat, ingeboek.
Die swaarkry en vernedering van baie jare het Philida egter gebrei en op'n dag eien sy vir haarself vryheid toe.
Saam met die Moslem-slaaf, Labyn, trek sy deur die barre Karoo na die verre Gariep - "die grote Gariep: hy is die hele land en die hele wêreld...die rivier in onse binneste. My Gariep..." dink Philida. "Hier in sy nabyte is ons almal saam."

vetseun
Oom Kootjie Emmer / (eBook) . 2010 HUMAN & ROUSSEAU/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780798151450
ISBN: 9780798153744

Heruitgawe van 'n plesierige boekie wat die eerste keer in 1973 deur Buren gepubliseer is. Oom Kootjie Emmer is Lykbesorger en Nagwadrywer op Witgatworteldraai. Humoristiese anekdotes oor Oom Kootjie en sy dorp se mense: Dominee Dooieweerdt en Miss Libbie Plesie, oom Sagrys Noodskoot en oom Poepies Pontak, Koekie Rautenbach en Tolletjies Fourie, sersant Gryp-en-Ryp Koesee en die Weduwee Oop-en-toe, noem maar op. Maar dit bly in die eerste plek die verhaal van oom Kootjie self, van sy sloerstaking en sy geheime wapen, sy Uitwaartse Beweging en sy Volksfees. Hoe hy uiteindelik burgemeester word en vooruitgang bewerkstellig.

vetseun
Die Eerste Lewe Van Adamastor / (eBook) . 2009 TAFELBERG/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780798150682
ISBN: 9780798153560

'n Welkome heruitgawe van 'n roman wat in die tagtigerjare verskyn het en gebaseer is op die mite van die reus Adamastor, wie se liggaam glo die gebergtes van die Stormkaap gevorm het.

vetseun
Vurk in die pad .............. 2009

Hierdie memoir is, soos André Brink dit self stel, 'n reaksie op 'n behoefte ... om nader te kyk na party gebeurtenisse in my lewe wat ek nog nie genoegsaam ondersoek het nie; baie dinge wat ek nog nie verstaan nie; baie wat my seergemaak of verras of vreugde veroorsaak het... Die memoir gee die leser 'n blik op die ryk en vol lewe van een van die grootste skrywers in Afrikaans.

Brink se verstommende erudisie en belesenheid in verskeie tale, sy diepgaande gemeenskapsbetrokkenheid (wat dikwels gepaard gegaan het met persoonlike opofferings), sy sterk politieke oortuigings wat meermale tot aksie oorgegaan en tot teistering van owerheidsweë gelei het, is alles dinge wat die leser sal bybly, saam met komiese en deerniswekkende momente uit sy jeug en sy heel persoonlike lewe.


vetseun
Groot Verseboek (Digbundel) . 2008 TAFELBERG
ISBN: 9780624047155

'n Splinternuwe uitgawe in 3 volumes verpak in 'n geskenkblik.
André P. Brink, wat met D.J. Opperman meegewerk het aan die laaste uitgawe, het hom as samesteller daarop ingestel om die tradisie van fyn en onbevange lees voort te sit. Saam met die nadruk op gehalte was daar ook 'n besef van stemme wat deur die jare uit die kanon uitgesluit was. In dié hersiening word gepoog om reg te laat geskied aan die ongelooflike verskeidenheid in die Afrikaanse poësie.
Groot Verseboek is nou geplaas binne die konteks van 'n nuwe tyd en 'n nuwe eeu. Hierdie bloemlesing, die omvattendste wat nog ooit oor en uit die Afrikaanse poësie saamgestel is, gee 'n indruk van die omvang én verskeidenheid, die rykdom, die energie, die oorspronklikheid én tradisiebewustheid van die Afrikaanse digkuns.Self sê Brink: "Agter alle redes en interpretasies, motiverings en verklarings, is daar uiteindelik net één dryfkrag agter hierdie hele onderneming, en dit is dat die samestelling van hierdie bloemlesing vir my 'n liefdesverklaring aan die Afrikaanse poësie is. En soos enige mens of voorwerp van mens se liefde, is hierdie poësie veelduidig vol eindelose verskeidenheid: hetsy hartbeeshuis of woonstel, skakelhuis of herehuis, hierdie huis van ons poësie het vele wonings." - graffitibooks.co.zavetseun

Die eerste deel van die nuwe Groot Verseboek is getuie van 'n avontuur wat maar min in die letterkunde aangetref word: die groei van 'n digkuns, binne enkele dekades, vanuit 'n beskeie, naiewe, amper primitiewe begin tot 'n poësie wat hom nerens in die wêreld hoef te skaam nie. Die tweede deel van Groot Verseboek stel 'n slagorde van gedugte vrouefigure op: Ina Rousseau - Ingrid Jonker - Wilma Stockenstrom - Antjie Krog ... naas van die grootste manlike digters in Afrikaans: Adam Small - Peter Blum - Breyten Breytenbach ... In die derde deel van Groot Verseboek blom die nuutste Afrikaanse poësie in 'n verbysterende verskeidenheid vanaf T. T. Cloete tot die nuutste swart en bruin en wit stemme, in 'n hoogbloei van poësie oor alles van geweld tot deernis, liefde tot vrees, aarde en drome - deel van 'n wonder waarvan die einde nog lank nie in sig is nie.

vetseun
Groot Verseboek 2008: Band 1 (Digbundel) . 2009 TAFELBERG
ISBN: 9780624045892
Groot Verseboek 2008: Band 2 (Digbundel) . 2009 TAFELBERG
ISBN: 9780624045908
Groot Verseboek 2008: Band 3 (Digbundel) . 2009 TAFELBERG
ISBN: 9780624045915

Groot verseboek is nou nie net geplaas binne die konteks van 'n nuwe tyd en 'n nuwe eeu nie, maar ook verrassend nuut verpak. Hierdie bloemlesing in drie dele, die omvattendste wat nog ooit oor en uit die Afrikaanse poesie saamgestel is, gee 'n indruk van die omvang en verskeidenheid, die rykdom, die energie, die oorspronklikheid en tradisiebewustheid van die Afrikaanse digkuns. Self se Brink: "Agter alle redes en interpretasies, motiverings en verklarings, is daar uiteindelik net een dryfkrag agter hierdie hele onderneming, en dit is dat die samestelling van hierdie bloemlesing vir my 'n liefdesverklaring aan die Afrikaanse poesie is. En soos enige mens of voorwerp van mens se liefde, is hierdie poesie veelduidig vol eindelose verskeidenheid: hetsy hartbeeshuis of woonstel, skakelhuis of herehuis, hierdie huis van ons poesie het vele wonings." Die eerste deel van die nuwe Groot Verseboek is getuie van 'n avontuur wat maar min in die letterkunde aangetref word: die groei van 'n digkuns, binne enkele dekades, vanuit 'n beskeie, naiewe, amper primitiewe begin tot 'n poesie wat hom nerens in die wêreld hoef te skaam nie. Die tweede deel van Groot Verseboek stel 'n slagorde van gedugte vrouefigure op: Ina Rousseau - Ingrid Jonker - Wilma Stockenstrom - Antjie Krog ... naas van die grootste manlike digters in Afrikaans: Adam Small - Peter Blum - Breyten Breytenbach ... In die derde deel van Groot Verseboek blom die nuutste Afrikaanse poesie in 'n verbysterende verskeidenheid vanaf T. T. Cloete tot die nuutste swart en bruin en wit stemme, in 'n hoogbloei van poesie oor alles van geweld tot deernis, liefde tot vrees, aarde en drome - deel van 'n wonder waarvan die einde nog lank nie in sig is nie.

vetseun
Ander Lewens: 'n Roman in drie dele . 2008 HUMAN & ROUSSEAU

"Hierdie boeiende drie novelles word op intrigerende wyse aan mekaar verbind deur oorvleuelende karakters en plekke, asook tematiese ooreenkomste. Die drie vertellers is al drie kunstenaars - 'n skilder, 'n argitek, 'n pianis.

Die blou deur begin met 'n droom en 'n verwysing na Kafka se Metamorfose. In hierdie verhaal vervaag die grense tussen die droomwêreld en die realiteit ook soos by Kafka. Kunstenaar David het 'n kothuis wat hy as ateljee gebruik en waarheen hy gaan om te skilder. En op 'n dag wanneer hy daar aankom, bevind hy hom in 'n ander werklikheid: 'n donkerkop vrou en twee kinders heet hom welkom asof hy deel is van hulle gesin ...

In Spieël maak argitek Steve een oggend die ontdekking dat hy nou swart is. Daardie dag ervaar hy dinge en mense telkens op 'n heel ander wyse, en word hy gekonfronteer met die probleem van identiteit. Totdat alles tot 'n keerpunt kom die aand toe hy en sy vrou Carla saam met ander mense in 'n restaurant deur 'n groep gemaskerde mans oorval word.

In Appassionata raak pianis Derek Hugo betrokke in 'n verhouding met sangeres Nina Rousseau - 'n verhouding wat egter op haar aandrang platonies bly. Maar alles verander na 'n gewelddadige voorval in 'n restaurant, toe Nina daarop aandring dat hulle vir 'n paar dae na haar ou familieplaas toe gaan - 'n plek met 'n donker geskiedenis.

Soos sy lesers van André Brink kan verwag: hier is weer eens die meesterverteller aan die woord!"


Orgie voorskou vetseun

vetseun
We're Not All Like That (vertaal Jeanne Goosen) . 2007 KWELA

vetseun
A Chain of Voices ...... 2007 SOURCEBOOKS LANDMARK

vetseun
Cape Of Storms: The First Life of Adamastor . 2007 SOURCEBOOKS LANDMARK

vetseun
Die Ambassadeur ............ 2006 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798145725

Die Suid-Afrikaanse ambassadeur in Frankryk bevind hom in die apartheidsjare in 'n persoonlike krisis so fel soos die politieke krisis. 'n Verydelde derde sekretaris in die ambassade, en die onkonvensionele jong Nicolette wat een aand onverwags in die ambassade verskyn, speel 'n deurslaggewende rol daarin. Die roman speel hoofsaaklik af in Parys, die stad van romantiek - en tragiek.

vetseun
Met 'n glimlag ............. 2006 HUMAN & ROUSSEAU

vetseunvetseun
A Dry White Season ... 2006 HARPER PERENNIAL
sien film

vetseunvetseunvetseun
Die Blou Deur / The Blue Door . 2006 UMUZI

vetseun
'n Droë wit seisoen .... 2005 HUMAN & ROUSSEAU

vetseun
Bidsprinkaan .............. 2005 HUMAN & ROUSSEAU

vetseun
Before I Forget .. 2005/2006/2007 VINTAGE/SOURCEBOOKS

vetseunvetseun
An Act of Terror ............ 2005 VINTAGE

vetseun
Praying Mantis .............2005 SECKER & WARBURG

vetseun
Voor ek vergeet ............... 2004 BEST BOOKS/HUMAN & ROUSSEAU
Before I Forget ................ 2004 SECKER & WARBURG

vetseunvetseun
Kennis van die aand (Klassieke reeks) . 2004 HUMAN & ROUSSEAU

vetseun
Tydskrif 3 ....................... 2003 LAPA UITGEWERS
- 'n Herontmoeting van Afrikaanse kortverhale uit die veertiger- en vyftigerjare
André P. Brink; Jan Rabie

vetseun vetseunvetseun
The Other Side of Silence . 2003 VINTAGE

vetseunvetseun
Anderkant Die Stilte (Roman) . 2002 HUMAN & ROUSSEAU

"Hanna, wat reeds as kindjie in Bremen begin droom het oor wat anderkant die stilte lê, kry haar kans om te ontvlug wanneer meisies gewerf word om in Duits-Suidwes-Afrika die manlike koloniste se behoefte aan vroue te verlig. Toe sy dit waag om haar te verset teen die attensies van 'n Duitse offisier op die trein tussen Swakopmund en Windhoek, kom sy in opstand om die volle mag en geweld van die Duitse Ryk aan te pak. Die skrywer se twintigste roman in Afrikaans is 'n meesleurende, ongewone verhaal." - suid-afrika.de

vetseun
Die Verhale van Narnia #6: Die towenaar se neef (vertaal C.S. Lewis) . 2002/2007 HUMAN & ROUSSEAU
(Engels, Magician's Nephew), illustrasies, Pauline Baynes

2001 - André P. Brink (Donkermaan) Hertzogprys Prosa
2001 - Devil's Valley (HARVEST/HBJ BOOK)

vetseunvetseun
The Rights of Desire: (New Edition) . 2001 VINTAGE

vetseunvetseun
Groot Verseboek ........ 2000 TAFELBERG

"In die vyftigerjare, toe Groot Verseboek vir die eerste keer deur Tafelberg uitgegee is, en selfs nog in die vroeë tagtigerjare (toe die vorige uitgawe verskyn het), was die Afrikaanse digkuns veel kleiner as vandag."

2000 - (Die Jogger) Hertzogprys Drama

vetseun
Donkermaan ............ 2000/2003 HUMAN & ROUSSEAU

Teen die agtergrond van 'n nuwe Suid-Afrika wat nie heeltemallyk soos wat optimiste verwag het nie, is Ruben Olivier se lewe besig om uitmekaar te val. Sy vrou is dood. Die biblioteek wat die passie van sy lewe was, het hom 'n pakket aangebied om plek te maak vir 'n jong swart opvolger. Een van sy seuns het klaar die land verlaat en die tweede staan op vertrek. Sy beste vriend is sinneloos vermoor. Te midde van sy ontreddering moet Ruben sy wêreld opnuut definieer rondom die vroue wat in sy lewe 'n rol gespeel het: die vroegwyse klein Lenie in sy pa se skuur, die lewenslustige Riana wat haar ouers getrotseer het om met horn te trou en toe na 'n miskraam 'n skaduwee oor hul huwelik laat val het, die liriese Alison wat horn laat struikel het ... Maar bowenal word sy hede deur drie figure oorheers. Daar is sy huishoudster, die formidabele Magrieta, wat hom nie toelaat om te vergeet van die werklike wêreld rondom sy soliede ou huis in Nuweland nie. Daar is Antje van Bengale, 'n jong slawemeisie wat drie eeue gelede na 'n opsienbare verhouding haar baas tereggestel is en nou nog in die huis bly spook. En dan is daar Tessa, die ontsenuende vreemdeling wat een nag uit die reën opdaag op soek na blyplek en soos 'n donker maan die landskap van sy lewe belig met die teenstrydige onthullinge uit haar verlede en die uitdaging van haar troebel seksualiteit. Teen die agtergrond van die woelinge en onsekerhede van vandag se Suid-Afrika, wat miskien nie so anders lyk as dié van driehonderd jaar gelede nie, is Donkermaan waarskynlik die intiemste verhaal wat André P. Brink nog geskryf het. Met 'n aanslag wat wissel van die ligte en speelse tot die nostalgiese en ontstellende, word dit 'n besinning op liefhê en oud word, op skuld en onskuld, op verlies en wanhoop en hoop, op drome en werklikheid, op verantwoordelikheid teenoor hede, verlede en toekoms. - stofomslag

vetseun
The First Life of Adamastor . 2000 VINTAGE

vetseun
Devil's Valley: (New Edition) . 2000 VINTAGE

vetseun
The Wall of the Plague . 2000 VINTAGE

vetseun
Imaginings of Sand . 1999 HARVEST BOOKS

vetseun
The Novel ................... 1998 PALGRAVE MACMILLAN
- Language and Narrative from Cervantes to Calvino

vetseun
Duiwelskloof (Roman) . 1998/2005 HUMAN & ROUSSEAU

vetseun
Die Jogger (Digbundel) . 1997 HUMAN & ROUSSEAU
- 'n drama in twee bedrywe
ISBN: 9780798136938

Het die Afrikaner, soos die swart-renoster, 'n bedreigde spesie geword? Kilian, 'n gewese kolonel in die Veiligheidspolisie, sit in 'n inrigting geteister deur spoke uit sy verlede. Die stelsel waaruit hy gebore is, maak asof hy nooit bestaan het nie. Brink se verrassende nuwe toneelstuk belig donkertes in die menslike gees wat eers begin waar die Waarheidskommissie ophou.

1997 - Imaginings of Sand (VINTAGE)

vetseun
Sandkastele .................. 1995 HUMAN & ROUSSEAU

1995 - 27 April : one year later = een jaar later, saamgestel, André P. Brink (QUEILLERIE)
1995 - A Chain of Voices (VINTAGE)

vetseunvetseun
Rumours of Rain .. 1979/1994 STAR BOOK/VINTAGE

Winter in South Africa - oppresive drought, angry stirrings in Soweto and the shadow of the Angolan conflict cast across the scorched bush.
Martin Mynhardt, a wealthy Afrikaner, returns to his old family farm for the weekend. The visit coincides with the conviction of his best friend in a terrorist trial, his son's rebellion and the loss of his mistress. In a few days the security of a lifetime is destroyed and, with only the uncertain values of his past to guide him, Mynhardt is left to face the wreckage of his future.
André Brink's epic voyage into the psyche of modern South Africa Eclipses even his own previous work. Twice nominated for the Booker Prize, he is now recognised as one of Africa's leading writers of fiction and this first paperback publication of his finest novel underlines his international reputation. - omslag

1994 - On the Contrary: Being the Life of a Famous Rebel, Soldier, Traveller, Explorer, Reader, Builder, Scribe, Latinist, L (VINTAGE) 133247
1994 - G.S. Prellerprys vir literatuurwetenskap en letterkundige kritiek
1993 - Inteendeel (HUMAN & ROUSSEAU)

vetseun
Looking on Darkness . 1993 VINTAGE

vetseun
A Dry White Season . 1992 VINTAGE

vetseun
Latynse Reise ............. 1991

vetseunvetseun
An Instant in the Wind . 1991 VINTAGE

1991 - Die Kreef Raak Gewoond Daaraan (Roman) (HUMAN & ROUSSEAU)
1988 - Noodtoestand
1986/1995 - Mal en ander stories. 'n Omnibus van humor (KAGISO)
1985/1986 - The Ambassador (FABER) (SUMMIT)
1985 - Literatuur in die strydperk (HUMAN & ROUSSEAU)
1985 - Waarom literatuur? (HUMAN & ROUSSEAU)

vetseun
Die Muur van die Pes (Roman) . 1984 HUMAN & ROUSSEAU

1982 - Kennis van die aand (Roman) (HUMAN & ROUSSEAU)
1982 - A Chain of Voices (FABER)(MORROW)

vetseun
Houd-den-bek ............ 1982 HUMAN & ROUSSEAU

1979 - Toiings Op Die Langpad (VAN SCHAIK)
1979 - A Dry White Season (MORROW) (WH ALLEN)

vetseun
'n Droë Wit Seisoen ... 1979 TAURUS

vetseun
Die Tierbrigade (vertaal, Claude Desailly) . 1978 TAFELBERG

1978 - Rumours of Rain (MORROW) (WH ALLEN)
1977 - An Instant in the Wind (MORROW)

vetseunvetseunvetseun
Oom Kootjie Emmer. 1977/1981
sien Willem is Kootjie Emmer (1977)

1976 - Kinkels innie kabel: 'n verhoegstud in elf episodes (HUMAN & ROUSSEAU)
1976 - Voorlopige rapport: beskouings oor die Afrikaanse literatuur van Sewentig (HUMAN & ROUSSEAU)
1976 - An Instant in the Wind (WH ALLEN)
1975 - Looking on Darkness (MORROW)

vetseun
'n Oomblik in die wind (Roman) . 1976 TAURUS/1979/1988/2005 HUMAN & ROUSSEAU

vetseun
Dessertwyn in Suid-Afrika . 1974 BUREN

1974 - Pavane (HUMAN & ROUSSEAU)
1974 - Looking on Darkness (WH ALLEN)

vetseun
Die Wyn Van Bowe ..... 1974 BUREN

vetseun
Brandewyn in Suid-Afrika . 1973 BUREN

1973 - Kennis van die Aand (Roman) (BUREN) (verban, (0-18) (1973, 1982))
1971 - Die Poësie van Breyten Breytenbach (Blokboeke 15) (ACADEMICA)
1970 - Die rebelle: betoogstuk in nege episodes (HUMAN & ROUSSEAU)
1970 - Die Verhoor: verhoogstuk in drie bedrywe (HUMAN & ROUSSEAU)
1970 - André P. Brink (Alice deur die spieël - Lewis Carroll) Akademieprys vir Vertaalde Werk Prosa
1970 - Fado

vetseun
Aspekte Van Die Nuwe Prosa . 1969 ACADEMICA

1969 - Parys-Parys: Retoer
1967 - File on a Diplomat (Die Ambassadeur) (LONGMAN)
1967 - Miskien nooit: 'n somerspel (HUMAN & ROUSSEAU)
1966 - Don Quijote (HUMAN & ROUSSEAU)
1965 - Elders Mooi Weer en Warm
1965 - Bagasie: triptiek vir die toneel (TAFELBERG)
1965 - Olé

vetseun
Orgie (Orgy) ............... 1965 JOHN MALHERBE
(hierdie boek is vertikaal geset)

Op sigwaarde is Orgie die verhaal van 'n liefde wat tot krisis kom tydens 'n Kunsbal waar almal vermom is, bevry van hul alledaagse identiteit. Tussen die gemaskerdes beweeg 'n jong vrou op soek na haar eertydse minnaar wat na 'n lang afwesigheid teruggekeer het, en daardeur word haar geestelike en liggaamlike verhouding met haar huidige beminde tot 'n noodlottige keusemoment gedwing. So word dit in werklikheid 'n herhaling, in 'n moderne sleutel, van die ou mitiese orgie ter ere van die gestorwe gode wat in die lente herleef, en dit word in verband gebring met die groot verhaal van die Skepping.
Aan die hart van die werk lê die mens se oer-religieuse hunkering na Iets of Iemand tot wie hy sy inkantasies kan rig om verlos te word van vergeefsheid, steriliteit, noodlot en dood.
Dit neem die vorm aan van 'n 'beurtsang' tussen twee stemme - 'n elegiese komposisie waarin daar deur terugkerende frases en simbole net so sterk tot die leser se onderbewuste gespreek word as sy rede.
Die publikasie van Orgie kan 'n gebeurtenis word in die Afrikaanse letterkunde... Nie alleen is dit 'n geskrif sonder voorgaande in Afrikaans nie, maar ook in 'n absolute sin is die artistieke gehalte daarvan besonder hoog. - Prof. Rob Antonissen - stofomslag (Willem Jordaan)

1964 - The Ambassador (CNA)
1964 - Die Beskermengel - André P. Brink en ander (TAFELBERG)
1963/1966 - Die Verhaal van Julius Caesar (HUMAN & ROUSSEAU)

vetseunvetseun
Die Ambassadeur . 1963/2006 HUMAN & ROUSSEAU

1963 - (Caesar: 'n drama) Eugène Maraisprys
1963/1969 - Midi (HUMAN & ROUSSEAU)

vetseun
Bakkies en sy maats: Deel 2 - Platsak . 1962/1984 PERSKOR

vetseun
Lobola vir die Lewe (Dowry for Life) . 1962/1989 HUMAN & ROUSSEAU

Die verhaal van Lobola van die Lewe is uiters eenvoudig, en daar is maar drie persone. ... - omslag

'Lobola vir die lewe is die werk waarmee André P. Brink in 1962 sy eerste enorme bydrae gelewer het tot "die vernuwing van Sestig". Hier was meteens 'n Afrikaanse roman wat in vorm en inhoud iets nuuts gedurf het - 'n roman wat krities staan teenoor die eie en die verlede, eksistensiële temas ondersoek, op verskillende vlakke beweeg, méér van die leser verg.'

1962 - Die Beskermengel - Louw, Grutter, Brink (TAFELBERG)
1962 - Don Quijote (HUMAN & ROUSSEAU)
1961/1962 - Orde en Chaos (NASIONALE BOEKHANDEL)
1961/1963/1964/1969 - Caesar: 'n drama (NASIONALE BOEKHANDEL)
1960 - Die eindelose weë (TAFELBERG)
1959 - Die Gebondenes (AFRIKAANSE PERS)
1941 - Die Beskermengel, met ander (TAFELBERG)

'n Emmertjie Wyn. 'n Versameling dopstories


skakels :








2019 10 26 - Korreltjie Kantel Op Tournee In Belgie en Nederland: Zuid-Afrikaanse muziek- en toneelvoorstelling. Een ode aan Ingrid Jonker & André P. Brink. Korreltjie Kantel is een aangrijpend en intiem portret van verlangen, verboden liefde, verwoesting en onvoorwaardelijke overgave aan de hartstocht. Muzikanten: Luna Paige, Nick Turner, Jamie Jupiter, Acteurs: Christine Truter, Wessel Pretorius, De Nieuwe Liefde, Da Costakade 102, Amsterdam, 19:00, €15, €20
- Iluminar Productions - Clement Gold - Clement Gold Gin - lunapaige.com - www.iluminarproductions.co.za
vetseun


2016 04 08-10 - A.K.A Afrikaanse Kultuurfees Amsterdam: Films: Dis Ek, Anna, Sink, 'n Man Soos My Pa, Faan Se Trein, Ballade Vir 'n Enkeling, Abraham - ATKV - Fopspeen Filmverse, A.K.A Awards: Beste film - Sink, Beste dokumenter - Between The Devil And The Deep, TV-produksies: 'n Ander Wêreld met Coenie, Ruk En Riel, 'n Song Vir Emily, Afrikaaps, Literatuur: Antjie Krog, Ingrid Winterbach, Bettina Wyngaard, Ena Jansen, Emma Huismans, Marita van der Vyver, Fanie Olivier, Nicol Stassen, Joost Nijsen (Podium Uitgevers), Tom Lanoye, Christine Otten, Charles den Tex, Anneloes Timmerije, Poetry Circle Nowhere; vertalers, Robert Dorsman, Karina van Santen, Martine Vosmaer, Rob van der Veer, Titia Palthe, Ingrid Glorie, ook Michael le Cordeur, Tertius Kapp, Anne-Marie Beukes, Joris Cornelissen, Jaap Goedegebuure, Eep Francken, Harry Wels, Bart Bouwman, Bart Luirink, Pieter Muysken, André P. Brink-herdenking, Poetry Circle International, Compagnietheater, Amsterdam
vetseun



bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )