. . . . . . . . __
André le Roux (Le Roux, André)
Kinders Wat Moor - Wie Se Skuld Is Dit? . 2020 TAFELBERG
ISBN: 0624089428
Andre le Roux kyk waarom kinders moord pleeg, en vra: Wie se skuld is dit? Hy beskou gevalle soos Don Steenkamp, Henri van Breda, Phoenix Racing Cloud Theron en Morne Harmse (met sy swaard), in die lig van die nuutse navorsing. Gevallestudies sluit ook Nicolette en Hardus Lotter, die Waterkloof-4 en die onlangse geval van die Krugersdorpmoorde in.
Narsiste, psigopate, stalkers en sadiste . 2017 TAFELBERG
Jy't vandag - niksvermoedend verby minstens een psigopaat geloop. Hy't moontlik saam met jou in die hysbak geklim. En vanaand wag daar dalk 'n narsis of 'n sadis op jou. By die huis. Wie is hierdie ongure, gevaarlike mense? Wat gaan in hul koppe aan? En waar ís hulle? Tussen ons ... Die skrywer André le Roux het uitgebreide navorsing oor dié wolwe in skaapsklere gedoen. Met die jongste inligting en talle gevallestudies - van Daisy de Melker tot Oscar Pistorius - maak hy hulle werklik en uitkenbaar. Sodat jy hulle kan verstaan, hanteer of vermy - en jouself beskerm.
Waarom Mans Altyd Reg is (en Ander Onnoselhede) . HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 0798176946
Waarom mans altyd reg is (en ander onnoselhede) bevat van die laaste (en skreeusnaaksste) rubrieke wat Andre le Roux vir Sarie geskryf het. Wat is dit met vrouens en alewig inkopies doen? En hoekom wil mans nooit dokter toe gaan nie? En vir wat moet 'n mansmens dan nou 'n huweliksherdenking onthou, of o wee, eintlik was dit haar verjaarsdag! Met die jongste bundel sketse van Andre le Roux kry 'n mens opnuut lag vir die hemelsbre verskille tussen mans en vroue. En waarom die liefde steeds blind is.
Kan ek maar aan jou selluliet vat? Hoe mans se koppe werk (indien wel) . 2010 TAFELBERG
Sarie: 40 Flitsverhale . 2009 HUMAN & ROUSSEAU
Oor die afgelope twee jaar het daar maandeliks 'n flitsverhaal verskyn in SARIE. Bekende skrywers is genader om 'n kontemporere goed-voel-verhaal vir die moderne vrou te skryf. Dit gee 'n blik op 'n Lewensoomblik, prettig of aangrypend, wat dikwels ons hele lewe beinvloed of verander. Dis 'n flitslig wat vir 'n oomblik aangeskakel word, byna dadelik weer af. In hierdie bundel is veertig van hierdie flitsverhale byeengebring vir SARIE se sestigste verjaarsdag in Junie 2009. Lees 'n paar van die stories deur bekende skrywers soos: Koos Kombuis, Amanda Strydom, Anna-Mart van der Merwe, en Neels van Jaarsveld.
Op Die Vrou Af 2 .... 2009/2011 HUMAN & ROUSSEAU
Hierdie is die derde bundel van die bekroonde en gewilde joernalis se SARIE-rubrieke. Ná 10 jaar, 9 joernalistieke pryse, 2 suksesvolle verhoogverwerkings, wat landwyd deur meer as 80 000 lesers gesien is, vra vroue (en mans) steeds na meer. Lesers se reaksie deur die jare: "Dis die beste medisyne vir stres" en "Met sy humor is hy die een wat in hierdie land van geweld en trane almal weer die son laat raak sien." Uit die baie briewe is dit duidelik hoeveel plesier lesers landwyd steeds aan sy rubriek het. Die stukke bied die leser heerlike, aweregse humor en satire.Die eerse versameling Op die vrou af (SARIE-rubrieke, 2004) is verwerk in musiekteater deur Hennie van Greunen, met Pedro Kruger en Sarah Theron, en is landwyd en by kunstefeeste opgevoer. Dit is vanjaar opgevolg deur die nuwe musiek-teaterstuk Op die vrou af 2, weereens deur Hennie van Greunen, met Pedro Kruger en Jolette Odendaal in die rolle.
2008 - Op die vrou af 2 opvoering met Pedro Kruger en Jolette Odendaal, regisseur, Hennie van Greunen
Kom ons sit sommer by die tafel . 2008 HUMAN & ROUSSEAU
Kortverhale.
2004 - Op die vrou af opvoering met Sarah Theron en Pedro Kruger, regisseur, Hennie van Greunen - Volksblad-kunstefees
Op die vrou af: Sarie 2001-2003 . 2003 HUMAN & ROUSSEAU
Nou ja toe 1999-2000: 'n keur uit sy Dinsdag-rubriek in Beeld . 2001 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 0798141565
Sarie: Op die man af . 2000 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 0798140291
1993 - Vierspel, draaiboek vir TV1 met Eleanor Baker, Zirk van den Berg en Melvin Whitebooi
Huisgenoot Doen-dit-self / You do it yourself . 1992 HUMAN & ROUSSEAU
Doen-dit-jouself-boek
1988 - Bybie (Eenvroutoneelstuk vir Shaleen Surtie-Richards toer Johannesburg, Windhoek, Port Elizabeth, Bloemfontein, Kimberley, Grahamstadse Kunstefees)
Sleep vir jou 'n stoel nader . 1987 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 0798120630
Kortverhale.
Te hel met Ouma!: 'n fotoverhaal . 1980 TAURUS
ISBN: 0620048298
VERBAN 1981 - Te Hel met Ouma - André le Roux
Struisbaai-blues: 'n testament 1973 - Desember 1975 (Digbundel) . 1977 VERBAN/1980 HUMAN & ROUSSEAU VERBAN
ISBN: 0798107413
VERBAN 1980 - Struisbaai-blues: 'n testament 1973-desember 1975 - André le Roux
skakels :