Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Amelia Strydom (Strydom, Amelia)
vetseun
Bosveldliefde Vir Jemma (eBook) . NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624054627

Jemma het niks lus om haar vakansie op te offer om vroedvrou vir die sterre te speel nie en sy weier volstrek toe dokter Reuben Stiller haar nader om pop-ikoon Kaydee se eersteling op haar bosveldplaas te vang. Jemma is geen dokter se handlanger nie, dankie, daarvoor is sy gans te onafhanklik. Sy het egter nie rekening gehou met die mooie Reuben se oorredingsvermoë nie. Teen haar beterwete stem sy in om Kaydee se tuisbevalling te hanteer en om vir 'n maand lank nou saam met Reuben te werk en te leef. Dit word 'n maand vol verrassings, waarin Jemma haar innerlike staal sowel as gevoelens vir Reuben ontdek.Maar wat voel hy vir haar? Waarom is hul verhouding so 'n wipplank-affêre, een oomblik op en die volgende af? Behoort sy hart dalk nog aan sy oorlede vrou? Of steek hy ander, meer duistere, geheime weg?

vetseun
Bella Se Skaduwee / (eBook) . 2013 TAFELBERG/NASIONALE BOEKHANDEL
ISBN: 9780624057628
ISBN: 9780624057635

Vroedvrou Bella vertrou mooi mans net so ver as wat sy hulle kan gooi, en nou moet sy die mooie dokter Markus Cameron saamsleep na al haar geboortes. Omstandighede dwing haar om nóú saam met haar skaduwee te werk en sy begin dieper kyk as die modelmooi uiterlike wat haar so ontstem.
Toe Bella du Toit haar "skaduwee" sien, sak haar moed in haar tekkies. Sy het so gehoop dokter Markus Cameron van die Kaap is 'n gawe, vaal omie met 'n boepens en 'n bril. Dis erg genoeg dat sy hom vir die volgende maand moet saamsleep na al die geboortes wat sy hanteer en dat sy hom moet mentor in die kuns van natuurlike bevallings. Moes hy nou boonop so'n aantreklike blikskottel wees? Bella vertrou mooi mans net so ver as wat sy hulle kan gooi. Haar ma het met 'n mooi man getrou, en kyk net waar dít hulle gebring het. Renier, Bella se universiteitsliefde, was 'n beeld van 'n man, en sy sit nou nog met die letsels. Nee, van Markus wil Bella niks weet nie. Maar omstandighede dwing haar om nou saam met haar skaduwee te werk en sy begin dieper kyk as die modelmooi uiterlike wat haar so ontstem. Is dit waar dat mens nie 'n man op sy baadjie moet takseer nie? Of was haar eerste instink tog reg: Moet sy vlug van Markus en van die gevoelens wat hy in haar wakker maak? Bella moet die donker plekke van haar siel ondersoek om einde ten laaste lig van skaduwee te kan onderskei.

vetseun
Donker Sjokolade Vir Dokter Daniel . 2011 MALAN MEDIA
ISBN: 9780981407555

Mia Marais, 'n petite donderkop, ontmeot die dodelik aantreklike dokter Daniel van der Merwe in 'n banket-bakkery in Pretoria. Uit die staanspoor is daar 'n onmiskenbare magnetiese kragveld tussen die twee.
Mia se kniee smelt soos warm sjokolade toe hy sy donker onpeilbare op haar rig... Toe sy kort daarna as vroedvrou by die dokter se plattelandse praktyk op Soetdoring inval, ontluik 'n romanse van soete verleiding en vurige hartstog tussen Mia en Daniel. Maar elkeen het bagasie.. Sal hulle duister dinge uit hul verlede kan oorkom om mekaar eindelik te vind?

vetseun
Droomdokter (eBook) ........... MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780624058649

Haar Aktiewe Geboorte-eenheid is vroedvrou Mila Mouton se hele hart en siel. Sy's darem nog liewer vir haar kleintjie, Melissa, maar sy stort elke bietjie energie wat ma-wees vir haar oorlaat, in haar kraamkamer en haar dienste as bemagtigende vroedvrou. Vir mans het sy nie juis tyd nie na sy deur haar eks met 'n kleine babatjie gelos is, maar haar nuwe buurman, Derek . . . sjoe, hy's net onweerstaanbaar!
Haar Aktiewe Geboorte-eenheid is vroedvrou Mila Mouton se hele hart en siel. Sy's darem nog liewer vir haar kleintjie, Melissa, maar sy stort elke bietjie energie wat ma-wees vir haar oorlaat, in haar kraamkamer en haar dienste as bemagtigende vroedvrou. Vir mans het sy nie juis tyd nie ná sy deur haar eks met 'n kleine babatjie gelos is, maar haar nuwe buurman, Derek . . . sjoe, hy's net onweerstaanbaar! En hy hou van kinders . . .Wanneer die hospitaal waar sy haar geboorte-eenheid se perseel huur, besluit dat haar deure moet sluit ter wille van iets meer winsgewends, moet Mila egter agterkom dat haar buurman betrokke is by dié plan. Gaan haar geboorte-eenheid oorleef? En wat van haar verhouding met die aanloklike maar verraderlike buurman?


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)