


















A.H.M. Scholtz (Scholtz, A.H.M.)

Afdraai .......................... 1998 KWELA
1996 - E.W.S. Hammond (Doodsteek van 'n diabeet); A.H.M. Scholtz (Vatmaar) Eugène Maraisprys
1996 - Langsaan die vuur; vyf lewensverhale (KWELA)


Vatmaar (Biografie) / Skooluitgawe . 1995/2008 KWELA
- 'n Lewendagge verhaal van 'n tyd wat nie meer is nie
"Bekroon met die Eugène Marais-prys, M-NET-Boekprys, en CNA-prys
Vertaal in Duits, Nederlands en Engels."


"'n Storie van Suid-Afrika se bruinmense waarin hartseer en hartstog, leed en lag mekaar ongekunsteld en funksioneel afwissel. Een van die groot vondste van die onlangse Afrikaanse letterkunde." - suid-afrika.de
'n Buitengewone boek waaroor gewone lesers én akademici gaande is. A H M Scholtz was 72 toe hy hierdie topverkoper - sy eerste boek - geskryf het.
Vatmaar vertel die boeiende verhaal van 'n klein gemeenskappie buite Kimberley, van die draai van die eeu tot ongeveer 1930.
Dit is "'n storie van die bruinmense van Suid-Afrika", sê A H M Scholtz in sy "voorwoord". Die leser word bekend gestel aan'n magdom fassinerende karakters - Oom Chai, Ta Vuurmaak, Domanie Frans Kiewiet, Boitjie Afrika, oom Flip en sus Bet - sowel as aan nuwe perspektiewe op bekende historiese gebeure. Ta Vuurmaak, een van die oudste inwoners van die dorpie, vertel byvoorbeeld van sy wedervaringe as 'n "Cape boy" tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Oom Flip en sus Bet vertel weer hoe hulle uit die diens van wit diamantdelwers by Licthenburg moes ontsnap. - graffitibooks.co.za
skakels :