Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Adam Small (1936-) (Small, Adam)

vetseun

vetseun
Klawerjas .................... 2013 TAFELBERG
ISBN: 9780624065456

Small gee in die titelgedig van die bundel te kenne dat Klawerjas 'n uitvloeisel is van 'n bestaanswyse, 'n uiting gee aan die gewaarwording dat hy te midde van soveel armoede en verknegting een van diegene is wat darem nog woorde het "wat aftas teen die mure van ons donker kamers van bestaan, al soekend na die deure, openinge na die lig'.
Hy voeg sy stem by Van Wyk Louw en verklaar dat hy te midde van onreg nie juis anders kan nie as om te skryf, te praat en te probeer oorreed. Hy dig in die bundel: Daar's die van ons wie nie sonder / poesie kan leef nie. Niemand hoort sonder die ervaring van die ritmiese / golwing en osmose van die fyn-gekose / sin en woord. Maar wat hy vir homself toe-eien gun hy ook ander.
Sy poesie is dan juis ook gedigte vir ander, vir gewone mense. Hy skryf: Daarom is dit vir 'n digter nodig / om telkemale 'n vers publiek / die lig te laat sien, poesie toeganklik / te maak, en mense so te dien - soos / hierdie gedig-vol-dankbaarheid . . .
Hoewel hy in hierdie bundel in gesprek tree met mededigters, skrywers, filosowe en ander kunstenaars, skryf hy vanuit die oortuiging dat sy gedigte bestem is vir gewoon-intelligente mense en dat dit hoegenaamd nie 'n vertoon van geleerdheid en obskure hoogdrawendheid moet wees nie.
Dit is gedigte wat spreek van deurleefde ervaring, diepe oortuiging en 'n opregte meegevoel met die lot van die veronregtes. Dit is praatverse wat getuig van 'n fyn oor vir die musikaliteit van die alledaagse, die melodie wat spontaan en ongekunsteld opklink as jy die doodgewone in verwondering gade slaan.

vetseun
Ko Lat Ons Sing / (eBook) . 2011 KWELA/NASIONALE BOEKHANDEL
- 'n Keur uit die gedigte van Adam Small
Saamgestel, Steward van Wyk
ISBN: 9780795703812
ISBN: 9780795703829

Hierdie keur uit al vyf Afrikaanse digbundels van Adam Small gee 'n beeld van sy onmisbare plek in die verruiming van die Afrikaanse letterkunde. Die meerderheid van die gedigte kom uit Kitaar My Kruis en Se Sjibbolet. Die keur weerspieel deurgaans Small se meelewende kyk in die lotgevalle van die bruin Kaapse werkersklasmense. Dit wys ook sy knap beheersing van humor, ironie en satire om gesagsfigure te hekel, en bowenal sy kreatiewe ontginning van alledaagse spraakvorme, rympies, liedjies en veral sy aanwending van Kaaps waaroor hy in die naskrif by Kitaar gese het: "Kaaps is 'n taal ... 'n taal waarin mense hul eerste skreeu skreeu en hul doodsroggel roggel."

vetseun
Oos Wes, Tuis Bes .............. VCD 5215 TRIO RECORDS
"16 gedigte van ADAM SMALL met toonsettings deur RANDALL WICOMB"
1. Hoe Sal Dit Kom?
2. Hanoverstraat Se Bus
3. Die Here Het Gaskommel
4. Perepote Vannie Bulldozers
5. Dankgabet Vannie Skollie
6. Djou Voete & Goete
7. Toefie Se Kait
8. Oumatjie
9. Vismark Vannie Hanoverstraat
10. Life? Is 'n Sinkplaat
11. Elfde Plaag
12. Tik Tok
13. Sorrow Is For Tomorrow
14. Rejoice
15. There's Somethin'
16. Geraamtes In 'n Goue Graf

vetseun
Krismis van Map Jacobs (Skooluitgawe) . 1983/2008 TAFELBERG

Ná sewe jaar word 'n gevreesde bendeleier 'Map' Jacobs op parool vrygelaat en op almal se lippe ontstaan die vraag: het 'Map' verander, of is hy steeds die ou 'Map'? Die drama speel af ná die gedwonge verskuiwings vanuit die Kaap na die Vlaktes en belig ook die invloed wat sosiale en maatskaplike euwels op die gemeenskap het. Dit gee ons 'n blik op die leefwyse van die ontworteldes, hul lief en leed en sommige se desperate hunkering na 'n beter bestaan.

1979 - Die roman: Heidesee
1978 - Joanie Galant-Hulle
1973 - Oos Wes, Tuis Bes Distrik Ses

vetseun
Kanna Hy Kô Hystoe: 'n drama (Digbundel) . 1965/1999 TAFELBERG
ISBN: 9780624013594 (1999, TAFELBERG)

Die lewensverhaal van Kanna word vertel in terugblikke, deur die karakters wat deel daarvan was. Kanna het huis toe gekom vir die begrafnis van sy grootmaak-ma, Makiet.
nadat hy jare tevore ver weggevlug het van die ontstellende waarhede van sy samelewing en om 'n beter lewe te vind. Die meeste van die karakters in die toneeldrama is reeds dood, maar besoek Kanna langs die graf, terwyl hy sy lewe, en ook hulle s'n, saam met hulle in oënskou neem. 'n Hartroerende literêre werk! - graffitibooks.co.za

1963 - Sê Sjibbolet

vetseun
Kitaar My Kruis ............ 1961

1957 - Verse van Liefde


skakels :









2016 03 - Ons Komvandaan met Gaireyah Fredericks, Wayne Galant, Collinecea Hawker, Josua Meyer en Curtly Titus, Regie: Christine Truter
2016 03 29 - Ons Komvandaan, Scrosoppi Nasorgsentrum, 16:00, Gratis
2016 03 30 - Ons Komvandaan, ATKV-boekwinkel, 14:00, Gratis
Meesleurend, opruiend, oproerig, versoenend, onthutsend en omhelsend. Die Breytenbach Sentrum se drama-groep, Kaleidoskoop, bied 'n ondersoekende en ontroerende blik op die werk van bruin digters oor ses dekades heen - van P.J. Philander en Adam Small, tot Ronelda Kamfer, Nathan Trantraal en Jitsvinger
vetseun


bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)