

















Abrham Nel (Nel, Abrham)

Heita Kiewietan .............. 2007 GENUGTIG UITGEWERS
Hierdie novelle volg die lewe van Kiewietan, 'n Tswana-Afrikaner. Van sy grootword jare tussen die witvrouens van die kerk tot waar hy later aangestel word as bestuurder van 'n taverna. Dieselfde taverna waar sy vrou vermoor is. Die verhaal word saamgevleg met 'n hofsaak. Kiewietan word aangekla op die moord van honderd-en-twee mense. Die verlies van sy vrou en sy waardigheid sien nooit die verlies van hoop nie. Hierdie is 'n Suid-Afrikaanse verhaal, maar veral, 'n Afrikaanse verhaal wat grense en kleure oorskry.

Willemien word groot . 2008 NEW VOICES PUBLISHING
Wat maak 'n vrou as haar weggooikind, wat in Nieu-Seeland woon, haar na twintig jaar soek? hoe hanteer sy haar borskankerdiagnose? Sal sy oorleef om haar kind te ontmoet?
Die dubbele trauma van kanker en haar kind wat haar soek neem Willemien terug na haar verlede. Sy herleef die invloedryke momente wat haar laat groei en ontwikkel het, veral dié rondom haar swangerskap. - graffitibooks.co.za
skakels :