Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Abraham H. de Vries (De Vries, Abraham H.)
vetseun
Die Afrikaanse Kortverhaalboek . 2012 HUMAN & ROUSSEAU
Saamgestel, Abraham H. de Vries
ISBN: 9780798156349

Die sewende hersiene uitgawe van hierdie standaardwerk en bekende bloemlesing wat al baie lank beskou word as die barometer van die kortverhaalgenre in Afrikaans. Die nuwe uitgawe sluit 133 verhale van 81 skrywers in. Die chronologiese volgorde, wat oor 'n tydperk van byna 120 jaar strek, gee'n goeie oorsig van die ontwikkeling van hierdie genre in Afrikaans. Dis die ideale geskenk vir iemand wat belangstel in die stand van die Afrikaanse literatuur of sommer net enigeen wat van boeiende verhale hou.

vetseun
Die Behoue Huis / (eBook) . 2011 HUMAN & ROUSSEAU/MEDIA24 BOOKS
- 'n Keur uit die kortverhale van Abraham H. de Vries
ISBN: 9780798152792
ISBN: 9780798155717

Die behoue huis verteenwoordig De Vries se "ernstige" verhale en die kern van sy werk. Hy het self die keuse van verhale uit sy werk gedoen, en Wium van Zyl het 'n kort inleiding daarvoor geskryf: "Geen kortverhaalskrywer in Afrikaans ewenaar De Vries se volgehoue uitdaging aan sy leser nie: die intens gekonsentreerde intriges, die kriptiese weergawe van hele lewensgeskiedenisse in volle verwikkeldheid en daaragter tergende oerbeelde uit die kollektiewe onbewuste (die towenaar, die idioot, die jokkie, die clown) met beheer oor dood en lewe, oor verval en opbou . . . De Vries bly 'n maatskaplik betrokke skrywer (. . .) 'n skrywer wat te midde van ons land se nimmereindigend kwellende geskiedenis in 'n deur kritici afgeskeepte genre sy skrywerskap aanhou verfyn het om 'n groot oeuvre tot stand te bring wat vreesloos wonder oor die raaisels van die menslike bestaan.

vetseun
Verbeel jou dis somer / (eBook) . 2009 HUMAN & ROUSSEAU/MEDIA24 BOOKS
ISBN: 9780798149211
ISBN: 9780798153737

Die verhale beeld die misterie en verstrengeldheid uit van ontheemding en tuiskoms, van drome en verval binne die ruwe werklikhede van ons Suid-Afrikaanse bestaan. Dis wat die leser bybly: stemme wat vertel van 'n onbegrypbare gebrek aan mededoe, van verlies en misbruik. Maar ook van liefde en verbeelding en skoonheid in 'n seisoen van twyfel.
De Vries se nuwe bundel sluit aan by sy ernstiger werk (bv Nag van die Clown, Tot verhaal kom). Hier is sy hooftemas weer die onbegrypbaarheid van dinge en die weemoed van menswees - en dis daardie gevoel van weemoed wat die leser bybly na die lees van hierdie verhale. Die verhale gaan oor gewone mense en is eg menslik, soos die sensitiewe beeld van die ou straatskoonmaker wat sy werk verloor in "Ode aan 'n ou man wie se strate oor hom treur". In 'n verhaal soos "Winternag"is dit die subtiele uitbeelding van emosionele geweld in 'n verhouding; in "Storm" gaan dit oor tot eksterne geweld. Geweld word in die bundel 'n metafoor vir morele verval, 'n spieëlbeeld van die aftakeling van die mens vanweë die geestelike aanslag in watter vorm ookal. Verhale wat onthutsend én liries is.

vetseun
Van heidebos en Skepper (Digbundel) . 2008
'n Keur uit die poësie van R.K. Belcher, saamgestel, voorwoord

Gedigte uit die volgende bundels is hierin vervat: Mens en Skepper, Ver land, So is die lewe vir een pond sewe, 'n Ding om te skil in die maand April, Ringe in 'n geelhoutboom, My hart sing sewe moppies en Van heidebos en klip.
My dank aan Louis Esterhuizen en aan Ella Belcher vir wie ek gevra het om my keuse te keur. Ronnie het tydens die Versindaba op Stellenbosch in 2005, waar hy die Akker-toekenning ontvang het vir sy uitsonderlike bydrae tot die ontwikkeling van poësie in die breë, aangekondig dat 'n keur uit sy gedigte "binnekort" sou verskyn; ek sou die samesteller wees. Ek wis daar totaal niks van nie. Maar ek sou dit sonder die aankondiging ook gedoen het omdat vele van sy heel mooiste gedigte tot nou toe onverkrygbaar was. Die opdrag van die bundel was sy versoek. Abraham H. de Vries (Voorwoord). - graffitibooks.co.za

vetseun vetseun
Alles Goed en Wel ........ 2007 LAPA UITGEWERS

"In Alles goed en wel - lagstories na willekeur, die nuutste kortverhaalbundel saamgestel deur Abraham de Vries, neem hy "'n fris klompie" van die verhale wat hom al lekker laat lag het, op.

De Vries skryf: "Ek het probeer om soveel soort lag kans te gee as wat moontlik was: humor, skater-, glim-, snork-, verleë, weg-, skamerig-, gillend, af-, vrolik, selfs uit-! En nog 'n paar. Want hoekom juis die mens met sy onsalige vermoë tot dodelike erns die enigste dier in die ganse skepping is wat ook met lag vertrou is, dis 'n totale misterie. Wat ek al opgemerk het, is dat lag by party mense spontaan kom, soos 'n nies of 'n snork. Dis veral vir diegene wat hierdie verhale bedoel is."

Koop dié boek. En lees self.

Erns en luim is die twee pole waartussen die kortverhale van Braam de Vries wissel. Sy 21 bundels tot op hede bestaan aan die een kant uit ernstiger bundels soos Nag van die Clown en Tot verhaal kom. Daarteenoor staan sy "plaaswinkelstories" soos Op die wye oop Karoo en 'n Plaaswinkel naby Oral. Dit is verhale uit die Klein Karoo, waar hy gebôre en getoë is. Van sy verhale is in sowel Nederland as in Suid-Afrika bekroon." - LAPA

vetseun
Onder Hoë Sterre ...... 2007 PROTEA BOEKHUIS
ISBN: 9781869191276

Stories bevat die enigste waarhede waarvan 'n mens seker kan wees, se die gevierde storieverteller Abraham H. de Vries. In hierdie bundel verhale vra hy telkens wat die waarheid van wonderbaarlike gebeure rondom Kersfees is: Wie het soveel deernis met die mens? Wie weet so goed van ons diepste nood? Waar pas ons in? Wie sorg so sorgvuldig vir alles? Wie is die groot regisseur, wie het die script van die lewensdrama van 'n clown en sy redder geskryf? Maar hierdie verhale wil ons eintlik weer van die misterie van Kersfees bewus maak, of dit nou Kersgebeure in die Klein Karoo of in die verre berge van Assisi is. Die verhale wil ook diegene gedenk wat "die ware gees van Kersfees, die vrede op aarde en die welbehae in die mens wakker hou". Onder hoe sterre is eg Suid-Afrikaanse verhale binne die groot Kerstradisie wat 'n plek op elke boekrak verdien.

vetseun
Rooikoos Willemse is soek . 2006 HUMAN & ROUSSEAU

vetseun
Verhale uit 'n koel voorhuis . 2005 PROTEA BOEKHUIS
- Die Klein Karoo eerstelinge
ISBN: 9781869198862
ISBN: 9781869191269

In Verhale uit 'n koel voorhuis bundel Abraham H. de Vries sy voorkeur-verhale uit die eerste Klein Karoo-bundels. Die resultaat is 'n bundel met die verskeidenheid van temas en afwisseling van vertelstyle waarvoor De Vries bekend is. Dit strek vanaf die vermaaklike vertellings oor Stanley En Die Koei wat so sleg gegly en so komieklik loop sit het (wat ook deur David Kramer getoonset is) tot die makabere fantasie in "Die gusooi" die mengsel van fantasie en geloof in "Skoenemaker, diepe water", "Die swart hond van Bruidegomsdraai" en die jeugherinnering van "In 'n koel voorhuis". - graffitibooks.co.za

vetseunvetseun
Die Afrikaanse Kortverhaalboek . 2004 HUMAN & ROUSSEAU
saamgestel

vetseun
Tot Verhaal Kom ......... 2003 HUMAN & ROUSSEAU

Die agtergrond van die meeste verhale is die eietydse Suid-Afrikaanse werklikheid, maar daar is ook die terugblik op dinge wat verbygegaan het, sodat die delikate melancholie van baie van die verhale 'n mens lank na die tyd bybly. - graffitibooks.co.za

Afwisselend onthutsend en liries, is hierdie "verslag van 'n ander reis as die een waarop ons vertrek het" 'n bevestiging van
De Vries se vakmanskap en sy indrukwekkende bydrae tot die Afrikaanse literatuur.

vetseun
Postmodernisme en prosa . 1997 HUMAN & ROUSSEAU
- Vertelstrategieë in vyf verhale van Abraham H. de Vries

1997 - Nuwe Stemme 1, saamgestel, Abraham H. de Vries, George Weideman (TAFELBERG)
1997 - Skaduwees tussen skaduwees (HUMAN & ROUSSEAU)

vetseun
Eeu: Honderd jaar van Afrikaanse kortverhale . 1996 HUMAN & ROUSSEAU
saamgestel

vetseun
Afrikaanse Kortverhaalboek . 1995 HUMAN & ROUSSEAU
- (1ST - 1978)
ISBN: 9780798125611

vetseun
Die Afrikaanse Kortverhaalboek . 1985 HUMAN & ROUSSEAU
saamgestel

vetseun
Kortom - 'n Gids by Die Afrikaanse Kortverhaalboek . 1983 ACADEMICA

vetseun
Die Uur van die Idiote . 1980 HUMAN & ROUSSEAU

"'Die uur van die idiote' is die tiende bundel van Abraham de Vries, een van die belangrikste beoefenaars van die kortkuns in Afrikaans.
Met hierdie bundel, sy eerste sedert 'Bliksoldate bloei nie' in 1975, bring De Vries interessante nuwe ontwikkelinge, maar sluit tog ook in belangrike opsigte aan by sy vorige werk.
Die verhale speel teen 'n wye agtergrond af: van die Klein Karoo na Natal, van 'n half vergete klein stranddorpie aan die Kaapse suidooskus na die grootstad of na Griekeland. En daar is 'n wye verskeidenheid mense hier te ontmoet: vermoëndes wat hulle aan die lewe onttrek maar tog voorttas na rigting en sin, Karel Afrikaner wat oor die verledesit en mymer op sy werf, toeriste wat in Griekeland rondreis maar eintlik in 'n veel wyer sin van die woord op reis is, 'n moeder en dogter vasgevang in 'n dorpse milieu waar almal van almal weet, werknemers en werkgewers gewikkel in 'n patroon van lojaliteit en verraad in 'n rustige boeregemeenskap, 'n afbeenman in 'n rystoel wat op die perron van 'n stasie sit en statistiek opstel oor hoeveel passasiers aan die verkeerde kant van die trein, aan die wit of die swart kant, afklim ...
Subtiel, byna tersluiks word temas soos rasseproblematiek en die godsdiens ingevoer en saamgebind tot 'n naatlose geheel. En ewe subtiel en oënskynlik inspanningsloos word daar beweeg van die realistiese na die surrealistiese, van die alledaagse na die absurde.
'Die uur van die idiote' verteenwoordig inderdaad 'n mylpaalin De Vries se werk."

vetseun
Kort Keur ....................... 1977 HUMAN & ROUSSEAU
- 'n Keuse uit die Afrikaanse kortkuns byeengebring deur Abraham H. de Vries

"Kort Keur, se die samesteller, Abraham H. de Vries, is bdoel 'vir alle leergierige storieliefhebbers'.
Dit is 'n bloemlesing uit die Afrikaanse kortkuns waarin daar waarskynlik, vir 'n bundel van hierdie omvang, meer aandag aan jonger tekste gewy word as in ander bestaande versamelings. Dit is egter 'n oorsigtelike bloemlesing met werk van ouer skrywers soos G.S. Preller, C.L. Leipoldt, Eugène N. Marais, M.E.R., en J. van Melle, maar met stewige bydraes deur Abraham H. de Vries self, Breyten Breytenbach, Hennie Aucamp, Chris Barnard en P.J. Haasbroek.

1975 - Bliksoldate bloei nie (Bundel)

vetseun
Briekwa .................... 1973 PERSKOR

'"Wat ken ons wat bont is? het ek vir hom (Morkel van Tonder) gevra. Vir 'n oomblik lank was hy weer dáár, toe antwoord hy: Briekwabokke en briekwawaatlemoene. So 'n antwoord kry jy van g'n mens wat die Klein Karoo nie ken nie. Probeer maar, vra vir énigiemand: wat ken ons wat bont is?"
En net so besonders as dié bundel se Klein Karoo-naam, so heel besonders is sy inhoud!
Vanuit Volmoed kla die skrywer dat hy niks het om te sê nie - maar dis pure oëverblindery. Inderdaad het hy iets om te sê en te openbaar: oor homself, oor Volmoed en sy streek, oor die lewe en skryfkuns, maar bowenal: die lewe!
En soos die skrywer vertel en oorvertel kry die "stories" groter draagwydte - word hulle inderwaarheid peilings na en openbarings van die mens en die bestaansgeheimenis.' stofomslag

vetseun
Volmoed Se Gasie . 1972/1976 HUMAN & ROUSSEAU

1969 - Twee Maal om die Son (TAFELBERG)
1967 - Abraham H. de Vries (al sy prosawerk) Eugène Maraisprys
1966 - Afspraak met Eergister (TAFELBERG)

vetseun
Vliegoog ........... 1965/1983 TAFELBERG
ISBN: 9780624019497

Een van die deurbraakbundels van die jare sestig, wat met die Eugène Marais-prys bekroon is. Dit bevat van die beste kortverhale in Afrikaans en kan vergelyk word met van die bestes ter wêreld.

1956 - Hoog teen die Heuningkrans


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )