Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Aardklop Nasionale Kunstefees 2007

Feesprogramvetseun

KLASSIFIKASIES
A (Almal), OB (Ouerbegeleiding), V (Volwassenes), T (Taal), G (Geweld), S (Seks), N (Naaktheid), D (Diviniteit), VO (Vooroordeel)
CLASSIFICATIONS
A (All), PG (Parental guidance), AO (Adults only), L (Language), V (Violence), S (Sex), N (Nudity), B (Blasphemy), P (Prejudice)

ANDER
Absa Proe die Beste Kos- en Wynkonsert
Na die sukses van dié "konsert" by die Absa KKNK kan die Aardkloppers nou ook inval. Die Kos- en Wynkonsert word aangebied deur Francois Ferreira, bekende sjef en gastronomiese ambassadeur met sy kontemporêre en eienaardige benadering tot ons land se ryk en diverse koskultuur. Francois het die kosprogram Pure Passion op televisie vetseunaangebied en is mede-aanbieder van die gewilde Huiskok/Glanskok-program op RSG met Errieda du Toit. Hy verskyn ook gereeld op kykNET se Roer! en het in 2006 sy sepie-debuut in Villa Rosa gemaak. Beyers Truter, wat wêreldwyd as die Pinotage-koning bekend staan, sal een van die mede-aanbieders wees. Beyers is mede-eienaar en meesterwynmaker van Beyerskloof. Hy het dwarsdeur sy loopbaan talle plaaslike en internasionale toekennings gewen en was ook die aanbieder van die televisieprogram Wine and Dine. Johan Badenhorst, bekende televisiepersoonlikheid, vervaardiger en aanbieder van kykNET se Voetspore, is die ander aanbieder en sal die gehoor meer vertel van sy nuwe Afrika-avonture. Die Kos- en Wynkonsert sal uit 'n vyfgang-kosdemonstrasie en wynproe bestaan wat Francois voor die gehoor sal voorberei, en waarvan almal kan proe. Beyers sal die gehoor bekend stel aan voortreflike wyne wat by die Absa-wyntent beskikbaar is. Kom geniet 'n onvergeetlike kos- en wynervaring.
Cachet-kleinteater - 90 min. - R60.
24 Sept. 13:00, 25 Sept. - 13:00, 26 Sept. - 13:00, 27 Sept. - 13:00,
28 Sept. - 13:00, 29 Sept. - 13:00

Absa-wyntent: Kom luister en proe die kultuur
Absa, in samewerking met Aardklop, gaan sorg dat die lugversorgde Absa-wyntent vanjaar die plek sal wees om te besoek. Van die land se bekendste kelders gaan in die wyntent hulle beste wyne te proe en te koop aanbied. In die tent kan besoekers wyn proe, deelneem aan daaglikse blinde wynproe- en kultivarwynproekompetisies en luister na praatjies en besprekings soos Kurkprop versus skroefprop, Wat is 'n Cape Blend? en Wyn en jou gesondheid wat deur van die land se beste wynmakers aangebied sal word. Verder kan die wyntentbesoekers ook luister na van die land se bekendste kunstenaars wat om die beurt die wyntentverhoog sal deel met die wynmakers. Etes kan gekoop word by die Hoërskool Ferdinand Postma se kostent, wat aan die wyntent verbind sal wees. Besoekers kan wyn per glas of per bottel by wynstalletjies koop. (Daar mag egter geen oop bottels en vol glase wyn uit die tent geneem word nie.) Daar sal 'n sentrale verkoopspunt wees vir die aankoop van kiste wyn. Net mense 18 jaar en ouer mag wyn proe.
Absa-wyntent (feesterrein) - R40 (slegs by die tent te koop), wat jou proeglas en vyf wynkoepons insluit. Kaartjies word beperk tot 500 per dag.
24 tot 29 September - 11:00 tot 20:30

Friends of the Malts (V: geen o/18)
Die geskiedenis van enkelmoutwhisky word deur 'n kenner op 'n informele wyse aangebied. Die proses van hoe enkelmoutwhisky gemaak word, word op 'n lewendige wyse met behulp van multimedia vertel. Die lekker deel van dié program is natuurlik die proeëry! Ses enkelmoutwhiskys word geproe - die jongste is vir tien jaar verouder en die oudste wat mense kan proe, is agttien. Die unieke karaktertrekke van elke whisky wat oor die tong gerol word, word bespreek.
Kunstegebou F2 - 90 min. - R50.
24 tot 29 September - 12:00 en 14:30

DANS, BEWEGING, FISIEKE TEATER EN VOLWASSE POPPESPEL

Beheer (A)
Die van Wyks is op pad Voortrekkermonument toe - om die son deur die gaatjie te sien skyn en die gelofte te herdenk. Maar die pad is glad nie so reguit nie en die tolgeld meer as wat hulle verwag het... Onder die bekwame regisseurshand van Toni Morkel en met 'n teks deur Wikus du Toit verbeeld Jaques van Jaarsveld dié inisiasietog. Première. Aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys.
Heimatsaal - 50 min. - R50. 25 Sept. - 17:00, 26 Sept. - 19:30,
27 Sept. - 12:00, 28 Sept. - 14:30, 29 Sept. - 17:00

Bloudruk van Suid-Afrikaanse dans (A)
Bloudruk is 'n projek van Kmad.com - dieselfde dansgeselskap wat landwyd bekend geraak het vir hulle Lyf-trilogie (Lyf en siel, Lyftaal en Lyf). In dié produksie word drie internasionaal bekende SA choreograwe se werke opgevoer: Christopher Kindo se Me and You, waarvoor hy 'n FNB Vita-prys gewen het; Boyzie Cekwana se Cast Fate to the Wind; en David Matamela van African Footprint-faam se Sculptured Bodies.
Central Primary School - 80 min. - R85.
25 Sept. - 19:30, 26 Sept. - 17:00, 27 Sept. - 19:30, 28 Sept. - 17:00, 29 Sept. - 14:30

Panta Rhei II (AO: no u/14)
Come and be entranced by 't Magisch Theatertje from the Netherlands' Panta Rhei II - a game of mystery with puppets and masks where the audience is carried away to a magical world of dreams. Charlotte Puyk-Joolen makes use of different movement techniques, sounds (no language) and contrasts in size to tell the story. The performance starts with a shimmering shadow play, full of undefined movements and the illusion of running water... a space loaded with energy and within, a little figure that becomes visible out of its own shadow... two little hand puppets playing with gravity... Directed and created by Charlotte Puyk-Joolen. Supported by the Royal Netherlands Embassy in Pretoria.
Huis Eikelaan - 60 min. - R60. 27 Sept. - 12:00, 28 Sept. - 12:00, 29 Sept. - 12:00

Tussen hier en daar (A)
See the electrifying Jozi Dance Company in another stylish and superbly presented programme of new works by choreographers such as the sublime Sifiso Kweyama, the quirky Gerard Bester and the searing emerging talent of Mari-Louise Basson. Enjoy the various "takes" on the well-known Rose Adage, the secrets we shelve and the pain we need to endure to become whole again. Another roller-coaster ride with Jozi Dance!
Central Primary School - 60 min. - R67.
25 Sept. - 14:30, 26 Sept. - 19:30, 27 Sept. - 17:00, 28 Sept. - 19:30, 29 Sept. - 17:00

SOL PLAATJE DISKOERSGESPREKKE
Moontlik gemaak deur die Nasionale Lotery

Diskoers 1: Afrikaans as straattaal of woordeboektaal
'n Gesprek om die skeppende spanning tussen oproepe vir en teen standaardisering te verken. Paneellede gesels oor verskillende dialekte en die onderliggende magspel tussen Afrikaanse gemeenskappe. Met prof. Ampie Coetzee, dr. Johann Rossouw, Anastasia de Vries en prof. Danny Titus (voorsitter).
Cachet-kleinteater - 90 min. - R32.
25 Sept. - 09:30

Diskoers 2: 'n Einde of 'n begin: Op weg na 'n nuwe president
Dit gons rondom tafels soos mense bespiegel oor 'n geskikte kandidaat om president Thabo Mbeki op te volg. Perspektiewe op presidensiële leierskap word aan die orde gestel en ondersoek. Deelnemers bespreek moontlike scenario's in die opvolgstryd en oorweeg verskillende kandidate. Met oud-president FW de Klerk, dr. Frederik van Zyl Slabbert, Henry Jeffreys, Judith February en Freek Robinson (voorsitter).
Cachet-kleinteater - 120 min. - R50. 26 Sept. - 09:30

Diskoers 3: Anglo-Boereoorlog: Ou koeie of nuwe kallers?
Daar is nuwe belangstelling in die Anglo-Boereoorlog met mense wat uit verskillende hoeke aanlê. Is daar aspekte van die oorlog waaroor daar herbesin moet word en is daar nuwe insigte wat vandag van belang is? Wat is die oorsprong van die hernieude belangstelling? Met dr. Pieter Duvenhage, prof. Albert Grundlingh, Jeanette Ferreira en Theo Venter (voorsitter).
Cachet-kleinteater - 90 min. - R32. 27 Sept. - 09:30


Diskoers 4: Die Afrikaanse Kerke: Steeds die ketters?
'n Gesprek om die hertoelating tot en die posisie van die Afrikaanse Gereformeerde Kerke in die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke onder die soeklig te plaas. Paneellede sal die proses en voorwaardes van hertoelating en die kerke se vordering daarmee bespreek. Met dr. Allan Boesak, prof. Piet Strauss, dr. Murray Hofmeyr en dr. Theuns Eloff (voorsitter).
Cachet-kleinteater - 90 min. - R32. 28 Sept. - 09:30

TONEEL

Absa-Aardklop-produksies

As bankiers glo ons by Absa in goeie beleggings met langtermynvoordele, ook wat die kunste betref. Die R1,4 miljoen vir vier opdragteaterstukke is ons geskenk aan Aardklop met hul 10de verjaarsdag, spesiaal bedoel om nuwe werke op die planke te kry wat ruimte skep vir kreatiwiteit. Ons het geluister na die behoeftes van ons teatermense en is trots dat ons kan meehelp dat die innoverende produksies wat die vier ikoniese dramaturge gaan lewer nie net 'n vars hupstoot vir Suid-Afrikaanse drama beteken nie, maar ook in die toekoms nog baie wyer as Aardklop ervaar en geniet gaan word. - Steve Booysen: Groep Uitvoerende Hoof, Absa

Die generaal (V (geen o/16: TGN)
'n Kragtige, eietydse drama uit die pen van Mike van Graan in dieselfde tradisie as sy grensverskuiwende en bekroonde Green Man Flashing. Jaco Bouwer, wenner van die Fleur du Cap-toneelprys vir beste regisseur vir Altyd Jonker, behartig die regie van Van Graan se eerste Afrikaanse drama. Die generaal ondersoek op 'n uitdagende en aangrypende manier verwikkelde morele en politieke kwessies soos misdaad, die Suid-Afrika van vandag en taal en die invloed wat dié kwessies op gewone mense het. Première. 'n Absa-Aardklop-produksie. Aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys.
Totiussaal - 85 min. - R72. 25 Sept. - 20:00, 26 Sept. - 09:00, 27 Sept. - 17:00, 28 Sept. - 12:00, 29 Sept. - 14:30

Karoo Moose (PG: L)
Our story begins with a strange wild animal running through the veld in the Eastern Cape. What is this beast? Where does it come from? Is it an omen? And will it bring death? The animal is in fact a moose, which was intended as a gift from the Swedish Ambassador to a game park in the Eastern Cape. There was an accident on the highway and the terrified animal has escaped. However, the villagers see it as a sign of bad luck, and are frightened by the creature. Karoo Moose is an essentially South African story with a uniquely universal content. It is a story of love and survival within a landscape of fear and torment. The style combines African story-telling and magical realism. Written and directed by Lara Foot Newton. Music by Bongile Mantsai, with Chuma Sepotela, Mfundo Tshazibane, Zoleka Helesi, Thami Mbongi and others. Première. An Absa-Aardklop production.
Laerskool M.L. Fick - 80 min. - R72. 26 Sept. - 14:30, 27 Sept. - 19:30,
28 Sept. - 09:30, 29 Sept. - 19:30

Saad (V: TG)
'n Boer sterf. 'n Familie laat hy agter, en skuld, en 'n koninkryk van 'n plaas waarop iemand sou kon heers, vroeër toe dit anders was. Toe boere nog geboer het. Toe geboortegrond saam met bloed en bene onder jou vel was. Toe saad (*) in vrugbare lande geval het. Die skeppers van die bekroonde Altyd Jonker (skrywer Saartjie Botha en regisseur Jaco Bouwer) se nuwe stuk oor identiteit en nalatenskap.
Met Marthinus Basson, Nicole Holm en Stian Bam.
*1 Voortbrengsel van 'n plant waaruit by ontkieming 'n soortgelyke plant ontwikkel:
2 (fig) Afstammeling(e), kind(ers), nakomelingskap: 3 Sperma, teelvog van die manlike geslag: 4 Kiem, begin, oorsaak, oorsprong.
Première. 'n Absa-Aardklop-produksie. Aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys.
Totiussaal - 100 min. - R72. 25 Sept. - 17:00, 26 Sept. - 12:00,
27 Sept. - 14:30, 28 Sept. - 15:00, 29 Sept. - 19:30

Sophia Mentz beredder haar boedel (OB:TD)
Die Mentze het 'n nuk om die lewe ná die dood met groot bygeloof en vrees te benader. Voorts is die Mentze veroordelend en inhalig - die een gun die ander niks en dis 'n voortdurende skynheiligheid, geskinder en geloer. Nie een van hulle het Sophia se drumpel juis deurgetrap tydens haar laaste aardse dae nie, want sy het immers haar fortuin gemaak uit 'n sosiaal minder aanvaarbare praktyk. Miskien daarom dat Sophia die hele spul bymekaar laat kom vir die lees van haar testament. Maar soos Sophia sê: "Ek is dood, nie mal nie," en gevolglik besluit sy om liewer self ook teenwoordig te wees by die lesery. So wag sy hulle dan in: in die ou plaasopstal se stowwerige voorhuis, waar hulle kan opklim teen die leer na die solder toe, boontoe, testament toe... hemel toe? 'n Heerlike nuwe lighartigheid uit die pen van P.G. du Plessis, vol knoeiery, draadwerk, ou vetes, wantroue en afguns. Met onder andere Annelise Weiland, Eric Nobbs, Henriëtta Gryffenberg, Pierre Breytenbach en Karen Wessels. Regie deur Sandra Prinsloo.
Première. 'n Absa-Aardklop-produksie. Aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys.
Totiussaal - 100 min. - R72. 25 Sept. - 09:30, 26 Sept. - 19:30,
27 Sept. - 09:30, 28 Sept. - 19:30, 29 Sept. - 09:30

Agter tralies (A)
Vier mense bevind hulle agter tralies vir verskillende redes. En die tronk is nou maar eenmaal 'n andersoortige leerskool. In só 'n geslote gemeenskap vind jy interessante dinge uit - of beleef dit aan jou eie bas - oor misdaad, korrupsie, die ekonomie, MIV/vigs, sport en die aard van gayhuwelike. In die tipiese styl van Calthem-produksies word musiek, komedie, mimiek en dans ingespan om die storie te vertel. Geskryf deur Themba Ndimande en geregisseer deur Calvin Ngcaku. Première. Aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys.
Heimatsaal - 60 min. - R45. 25 Sept. - 09:30, 26 Sept. - 14:30, 27 Sept. - 09:30, 28 Sept. - 09:30, 29 Sept. - 12:00

ATKV-tienertoneel: Finaal (A)
Kom kyk hoe jong talent ontpop! Agt skole uit tien nasionale streeksfeeste ding teen mekaar mee op die verhoog. Bekendes wat deur die loop van die jare 'n merk op die kompetisie gemaak het, is onder andere Jak de Priester, Pedro Kruger, Klopjag se John-Henry Opperman en 7de Laan- akteurs soos Theodore Jantjies en Chris Vorster. Boeties, sussies, oumas en oupas sal dit almal geniet en die ma's en pa's moet hulle asseblief saambring, want toneel in Afrikaans gaan kook by dié spoggeleentheid. Laerskool President Pretorius - R37 - 100 min. ATKV-tienertoneel: Finaal 1:
25 Sept. - 09:30 en 27 Sept. - 12:00; ATKV-tienertoneel: Finaal 2: 25 Sept. - 14:30 en 27 Sept. - 14:30; ATKV-tienertoneel: Finaal 3: 26 Sept. - 12:00 en 27 Sept. - 17:00; ATKV-tienertoneel: Finaal 4: 26 Sept. - 17:00 en 27 Sept. - 19:30; ATKV-tienertoneel: Finaal-wenner (45 min.) : 28 Sept. - 09:30 en 29 Sept. - 12:00

Bafana Republic (Comedy) (PG: LS)
"Subversive", "outrageous humour", "caustic satire" are some of Marianne Thamm's (Cape Times) descriptions of Bafana Republic by Mike van Graan (Die generaal, Green Man Flashing, Some Mothers' Sons). Inspired by the controversial 2010 FIFA World Cup, Bafana Republic features the impressively talented Lindiwe Matshikiza in a series of sketches satirising contemporary South Africa, directed by Lara Bye. Hear De la Rey like you've never heard it before... Co-sponsored by Die Burger Suidoosterfees, Spier and the Prince Claus Fund.
Heimat Hall - 70 min. - R55. 25 Sept. - 14:30, 26 Sept. - 17:00,
27 Sept. - 19:30, 28 Sept. - 12:00

Binnelanders buiteweste (Komedie) (OB)
Die gewilde M-NET-reeks Binnelanders bring 'n nuwe komiese verrassing Binnelanders - buiteweste na die verhoog. In dié kraakvars, slimsnaakse stuk word die geliefde kassiekarakters in 'n heel nuwe lig gesien. Die Binnelanders-span wen 'n wegbreeknaweek - met skreeusnaakse gevolge en onverwagse kinkels... Ook geskik vir gehore wat nie die reeks volg nie. Geskryf deur Lizz Meiring, met Paul du Toit (Malan), Nadia Valvekens (Pippa), Jurgen Hellberg (Kitte), Franci Swanepoel (Toeks), Fatima Abdool (Matrone) en Lindie Stander (Elise). Moontlik gemaak deur M-NET. Première. Aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys.
Madiba-banketsaal 2 - 70 min. - R85. 25 Sept. - 19:30, 26 Sept. - 19:30,
27 Sept. - 14:30, 28 Sept. - 17:00, 29 Sept. - 09:30 en 19:30


Boetman is bedônit (Komedie) (OB (geen o/12): T)
Boetman was eers die bliksem in, maar in 2007 is hy skoon bedônit! Die wit outjie van die plaas word 'n gangster op die Cape Flats, maar dis net die begin. Dié is 'n verhaal van wraak en weerwraak, van "drugs" en "guns", van Generation X en generation eks, in fact, 'n doodgewone Suid-Afrikaanse verhaal. Aangebied deur Stercus-produksies. Teks: Gideon van Eeden. Regie: Gaerin Hauptfleisch. Met Abduragman Adams, Jan-Hendrik Opperman en Riaan Visman. Ondersteun deur die Absa KKNK.
Stadsaal - 70 min. - R65. 25 Sept. - 19:30, 26 Sept. - 09:30,
27 Sept. - 19:30, 28 Sept. - 09:30, 29 Sept. - 16:00



Die Joseph en Mary affair (Komedie) (A)
Drie fabriekswerkers onder leiding van Speedy Cupido probeer om die Kersspel, oftewel nativity play op die planke te bring vir die fabriek se jaareindfunksie. Die feit dat hul geloofoortuigings erg verskil, maak net nou en dan saak, want daar is baie oplossings. As Munier volgens sy Moslem-geloof niks anders mag represent nie, kan hy die Betlehem-ster speel. Tussen die lag deur is daar 'n goeie skoot huil. Dis 'n blik op 'n samelewing wat midde-in swaarkry moedig en eg menslik bly. Skrywers Malan Steyn en Ilse Oppelt het in 2002 die AngloGold/Aardklop-Smeltkroesprys vir Die Joseph en Mary affair gekry. Met Charlton Lee George, Euodia Samson en Brendon Daniels. Regie: Marthinus Basson.
Laerskool M.L. Fick - 75 min. - R75. 25 Sept. - 14:30, 26 Sept. - 19:30, 27 Sept. - 09:30, 28 Sept. - 17:00, 29 Sept. - 17:00

Die storm (OB: TN)
Die Afrikaanse weergawe van Shakespeare se The Tempest kombineer komedie, romanse en tragedie, gehul in 'n magiese kwaliteit. Dit vertel die verhaal van Prospero, 'n wyse ou towenaar, sy pragtige dogter, 'n dapper prins en 'n geslepe broer - 'n sprokie waarin ou onregte reggestel word en die minnaars lank en gelukkig lewe. Wenner van die Kanna vir beste produksie (2007). Met Antoinette Kellermann en Jana Cilliers en regie deur Marthinus Basson. 'n Ko-produksie tussen die Absa KKNK, Vleis Rys & Aartappels en die dramadepartement van die US.
Sanlam-ouditorium - 100 min. - R90, R80 en R50 (spesiale afslag vir agterste rye). 25 Sept. - 09:00, 26 Sept. - 20:00, 27 Sept. - 09:00, 28 Sept. - 20:00, 29 Sept. - 09:00

Die vals snor (Komedie) (V: T)
'n Rampokker vertel hoe hy Kerkman geknak het. Kerkman vertel hoe hy sy vryheid herwin het al sit hy nou agter tralies. Mevrou Dominee verdwyn spoorloos met welsynsgeld ná die sopkombuis-fiasko. Die gemeente is briesend oor die kerkklok-fonds en vermorste gebede. 'n Ware verhaal ingekleur deur fiksie, fantasie, verbeelding, digterlike vryheid en flagrante leuens. Met Pierre van Pletzen, Chris Vorster en Diaan Lawrenson.
Laerskool President Pretorius - 75 min. - R85. 28 Sept. - 19:30. 29 Sept. - 09:30, 17:00 en 19:30

Die vrou wat haar man gekook het (Komedie) (OB: TS)
Kenny se menopouse skop in en hy gaan speel by die sexy jong Lara. Hilary, sy vrou, sit en ween oor 'n familiegrootte pak tjips. Kenny trek by Lara in en vind uit dat die gras aan die anderkant groener is, want die grashalmpies is groen geverfde spykers. Dan nooi Hilary vir Kenny en Lara vir ete. Die oond is voorverhit, die water kook, olie borrel en die messe is vlymskerp... Deur Debbie Isitt en vertaal deur Hennie van Greunen. Met Pedro Kruger, Marion Holm en Ané Mostert. Regie: Lara Bye.
kykNET Gimmies - 90 min. - R80. 25 Sept. - 19:30, 26 Sept. - 17:00, 27 Sept. - 09:30, 28 Sept. - 17:00, 29 Sept. - 19:30

Dosis waarheid (Komedie) (V: T)
Ná die omstrede Onbesny is Rian van Heerden (van Voorblad- en Loftus-faam) terug met 'n nuwe solovertoning. Soos gewoonlik praat hy onbeskaamd en ongesensor oor sake wat elkeen van ons na aan die hart lê. Alles van swak Afrikaanse vermaak tot misdaad, Thabo en kie, nuwe regses, gays, Simson, troues, kômmin mense, boereleiers, dronkenskap, Grieke en selfs die Vodacom-meerkat word ondersoek. Nie vir sensitiewe suurstofdiewe nie!
Heimatsaal - 60 min. - R75. 25 Sept. - 19:30, 26 Sept. - 12:00, 27 Sept. - 17:00, 28 Sept. - 17:00, 29 Sept. - 19:30


Dowwe Dolla: Die goeie fee(ks) (Komedie) (V - geen o/16)
Dowwe Dolla trek haar Goeie Fee(ks)-rokkie aan en vat ons op reis deur Almal se gunsteling-feeverhale. Sy pluk blomme, wolwe en meer as net 'n paar towerstaffies. In die Cape Flats pluk sy selfs 'n paar tower-Staggies. By die DBV 'n paar towerstaffies (honde wat NIE jou huis opvreet nie). Want ons woon mos in feetjieland, waar vreemde magte elke aspek van ons lewens beheer. Want wat sê mens nou van 'n land waar die petrol toweragtig verdwyn, die hele volk oorskakel na gas en die gas dan toweragtig verdwyn? En as die gas terugkom, is dit duurder as petrol. Waar die voorste rugbyspan in die wêreld binne 'n paar jaar sukkel in 'n wedstryd teen die gestremde skool se B-span?
kykNET Gimmies - 75 min. - R72. 25 Sept. - 09:30, 26 Sept. - 21:00, 27 Sept. - 12:00, 28 Sept. - 21:00, 29 Sept. - 09:30

Ella se perde (A)
'n Roerende nuwe stuk uit die pen van Charles J. Fourie, gegrond op die ware verhaal van die "Perdevrou van die Overberg". In die laaste jaar van haar lewe vra Ella 'n predikant om haar testament op te stel, maar konfronteer hom met 'n versoek aan God wat dié predikant se wêreld sal laat steier. "Fourie's got his fingers on the pulse of South Africa." - The Argus. Met Neels Coetzee en Mary Dreyer. Besoek gerus www.freewebs.com/ellahorse/.Première. Aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys.
Laerskool M.L. Fick - 80 min. - R65. 25 Sept. - 19:30, 26 Sept. - 17:00, 27 Sept. - 12:00, 28 Sept. - 12:00, 29 Sept. - 14:30

Festen (V: TGSV)
Dit is Helgard se sestigste verjaarsdag en die familie kom byeen in die Bosveld-herehuis - 'n wêreld van ou geld, ou rituele en ou geheime. Vasgevang in die familiewoning word die gaste geskok deur onthullings wat die façade van dié Afrikaanse middeklasgesin se moraliteit vir goed vernietig. Heinrich Reisenhofer het die Kanna vir beste regie (2007) vir Festen ontvang, terwyl Stian Bam aangewys is as beste akteur (toneel en woordkuns). Altesaam 14 van Suid-Afrika se beste akteurs word byeengebring vir dié internasionale treffer, gegrond op 'n Dogme-prent (in Engels bekend as The Celebration). Die Britse Sunday Times het die volgende te sê gehad: "Dit is 'n opwindende, moderne tragedie, wat op die klassieke donkerte speel sonder om die lig prys te gee."
kykNET Gimmies - 90 min. - R85. 25 Sept. - 14:30, 26 Sept. - 14:30, 27 Sept. - 19:30, 28 Sept. - 09:30, 29 Sept. - 12:00

Fiela se kind (A)
Die bruin vrou Fiela Komoetie het haar wit vondelingkind, Benjamin, met liefde en trots grootgemaak tot die dag dat die sensusmanne hom kom haal het. "Hulle het hom sommer net so kom vat... sommer net so," het Fiela later gesê. Jare later is dit Benjamin/Lukas wat worstel met die vraag: "Wie is ek?" Fiela se kind is die tweede aflewering in Dalene Matthee se bekroonde bostrilogie en is ná 22 jaar weer op die planke. Suzanne van Wijk het die verhoogverwerking gedoen en Sandra Prinsloo is die regisseur. Zenobia Kloppers speel Fiela en Stefan Vermaak is die jong Benjamin. Ook met onder andere Sedwyn Joel, Paul Lückhoff, Rika Sennett en Chris van Niekerk. Vervaardig deur Frans Swart.
Sanlam-ouditorium - 140 min. - R120, R100 en R80 (agterste rye). 25 Sept. - 20:00, 26 Sept. - 09:00, 27 Sept. - 15:00, 28 Sept. - 15:00, 29 Sept. - 13:00

Groet die Grotman (Komedie) (V (geen o/16): T)
Die Afrikaanse weergawe van Rob Becker se Defending the Caveman, Groet die Grotman, met Hannes Muller, is besig om alle Afrikaanse teaterrekords te oortref. Dit is 'n humoristiese blik op die verskille tussen mans en vrouens en die misverstande wat dit veroorsaak. Dié solovertoning word reeds vir die afgelope 15 jaar in uitverkoopte teaters dwarsoor die wêreld aangebied. Dit word tans in meer as 20 lande opgevoer in 15 verskillende tale. Moet dus nie die Afrikaanse weergawe, vertaal deur Koos Kombuis en onder regie van Sandra Prinsloo, misloop nie. Vervaardig deur Frans Swart. Besoek gerus die Grotman se eie webwerf by www.grotman.com.
Stadsaal - 140 min. - R120 en R100. 25 Sept. - 13:30, 26 Sept. - 19:30, 27 Sept. - 09:30, 28 Sept. - 12:00, 29 Sept. - 19:30

Joe Barber 4 (Comedy) (OB (geen o/13: T)
Cape Town's favourite award-winning comedy show returns with its newest offering. Once again it stars the formidable comic talents of Oscar Petersen and David Isaacs, guided by multi-award winning director Heinrich Reisenhofer. Joe Barber 4 is a laugh
a minute reminder of the growing pains we once experienced as Boeta Joe and Boeta Gamat, along with familiar characters Washiela and Outjie, present their newest tonic of laughter reminiscing through the early 80s.
Laerskool M.L. Fick - 80 min. - R75. 25 Sept. - 09:30, 26 Sept. - 09:30, 27 Sept. - 14:30, 28 Sept. - 19:30, 29 Sept. - 09:30

Kaburu (A)
Ná die Anglo-Boereoorlog het baie Boere om verskeie redes Suid-Afrika verlaat en noord getrek, tot so ver as Kenia. Teen 1911 het die Boere in Kenia omtrent 24% van die wit Suid-Afrikaanse bevolking in Kenia verteenwoordig. Die plaaslike bevolking het dié Afrikaners die naam "Kaburu" gegee. Gedurende die opstandings teen kolonialisme in die jare sestig is daar by die Organisasie vir Afrika-eenheid gesê: "We will chase all the white settlers into the sea, but we will leave one white tribe in the South - Kaburu - because if you chase him, he will chase you back." Kaburu is die nuutste drama uit die pen van verlede jaar se Hertzogpryswenner vir drama, Deon Opperman. Met onder andere Franz Marx, Sandra Prinsloo en Wilna Snyman. Première. Aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys.
Sanlam-ouditorium - 90 min. - R95, R85 en R60 (spesiale afslag vir agterste rye). 25 Sept. - 15:00, 26 Sept. - 15:00, 27 Sept. - 20:00, 28 Sept. - 09:00, 29 Sept. - 17:00

Lawwe geluide (A)
Ná vol sale op die West End en Broadway, en by verskeie kunstefeeste in Suid-Afrika, is sir Michael Frayn se skreeusnaakse klug Noises Off in Afrikaanse gewaad nou ook by Aardklop te sien. Vertaal deur Charles J. Fourie en met Tobie Cronjé en 'n uitgesoekte geselskap. Kom kyk wat gebeur as die akteurs hul woorde vergeet, liefdesdriehoeke op die lappe kom, rokke vlieg, broeke val, en die sardyne verdwyn! "Gehalte vermaak!" - Die Burger. "Best comedy of the century!" - Independent (Londen). Besoek gerus www.freewebs.com/lawwegeluide/
Madiba-banketsaal 1 - 150 min. - R85. 25 Sept. - 14:00, 26 Sept. - 14:30, 27 Sept. - 19:30, 28 Sept. - 09:30, 29 Sept. - 14:30

Lewensreg (Geen o/16)
Wie leef en wie is dood? Die vreemde gedrag van nog meer vreemde karakters herinner aan 'n dans van die dood met die verlede wat inspeel op mistieke figure. Lewensreg, deur Jan van Tonder, is vanjaar op die Absa KKNK aangewys as die wenner vir die Sanlam-prys vir Afrikaanse Teater. Onder regie van Nico Luwes beloof dié produksie van die Universiteit van die Vrystaat om 'n belewenis te wees vir mense sonder 'n bang haar op hul koppe.
Laerskool President Pretorius - 100 min. - R42. 25 Sept. - 19:30, 26 Sept. - 19:30, 27 Sept. - 09:30, 28 Sept. - 14:30. 29 Sept. - 14:30

Lied van die vallei (A)
Op 'n lappie geleende grond in die Karoo boer Abraam "Buks" Jonkers met liefde, deernis en sy geliefde "genuine Karoo pumpkin seeds". Maar wanneer die winde van verandering dreig, is reën nie al waarvoor oom Buks bid nie. Athol Fugard se Valley
Song vind nuwe kleur in hierdie eerlike vertaling deur Idil Sheard. Met Hennie Jacobs (Diederik in 7de Laan) en Marissa Vosloo. Première.
Heimatsaal - 70 min. - R70. 25 Sept. - 12:00, 26 Sept. - 09:30, 27 Sept. - 14:30, 29 Sept. - 09:30

Maaltyd vir een (A)
"Selfde prosedure as laasjaar, Miss Sophie?" "Dieselfde prosedure as laasjaar, James!" Dié beroemde komiese skets wat jaarliks op Oujaarsaand uitgesaai word, fokus op Miss Sophie se 90ste verjaarsdag. Miss Sophie het al haar gaste oorleef en haar huiskneg James moet inspring en al die rolle van haar gaste vertolk, asof hulle werklik teenwoordig is. Maak jou gereed om vir 18 minute lank te skater. Met Gerben Kamper.
Stadsaal - 20 min. - R65. 25 Sept. - 17:00, 26 Sept. - 14:30, 27 Sept. - 17:00, 28 Sept. - 16:00, 29 Sept. - 13:30

Suip! (Black comedy) (PG: LV)
A vibrant and outspoken production, acclaimed as one of the most powerful pieces of theatre to come out of Cape Town in the last ten years. It is a startling black comedy portraying the lives of a bergie "family" living on the streets of Cape Town who are being watched by a young, run-away teen. What begins as an entertaining "street theatre" endeavour to raise money for their next "dop" develops into a humorous but penetrating journey into the culture and history of alcohol use in the Cape. Five performers and one musician tell this powerful story using dialogue, physical theatre, dance and song. The live soundtrack is almost entirely with instruments found on the street. Visit www.djamaqua.com for more information.
Stadsaal - 105 min. - R72. 25 Sept. - 09:30, 26 Sept. - 12:00, 27 Sept. - 14:30, 28 Sept. - 19:30, 29 Sept. - 09:30

Sussie: Survivor (Kuilsrivier) (A)
Met deernis en 'n ongelooflike oog vir daardie unieke eienskappe wat 'n mens in 'n karakter verander, is Marion Holm terug met splinternuwe stories, 'n paar ou gunstelingkarakters en 'n skreeusnaakse terugreis na grootword in die 70's en 80's. Vergeet van Afrika of Panama. Maak jouself reg vir Sussie: Survivor (Kuilsrivier). Oorlams. Ooreis. Oorstuur. Regie: Hennie van Greunen. Teks: Marion Holm en Hennie van Greunen.
kykNET Gimmies - 70 min. - R75. 25 Sept. - 22:00, 26 Sept. - 09:30, 27 Sept. - 14:30, 28 Sept. - 12:00, 29 Sept. - 17:00

Wolke (Translated) (V: TSN)
Tobie Cronjé regisseer Marcel van Heerden en 'n splinternuwe, opwindende talent in Wolke (Translated) - deel twee van 'n verhaal wat in Harry Kalmer se bekroonde Briewe aan 'n rooi dak begin is. Dit is 'n pa-en-dogter-verhaal vol sex, drugs and rock & roll, wat die brose kind-ouer-verhoudingslagveld liries en sonder skroom belig. Soos Briewe het Wolke sy oorsprong in En die lekkerste deel van dood wees, Kalmer se roman wat onlangs aangewys is as die naaswenner in die Insig/Sanlam se Groot Romanwedstryd. Première. Aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys.
NG Kerk Noord-saal - 90 min. - R72. 25 Sept. - 19:30, 26 Sept. - 19:30, 27 Sept. - 17:00, 28 Sept. - 17:00, 29 Sept. - 17:00


WOORDKUNS EN POËSIE

Agterpaaie (A)
Stories is die kat-ogies van die langpad en die GPS vir die siel. Kom kuier saam met Dana Snyman, Bacchus Nel en Kabous Verwoerd en gaan op 'n reis deur die kulturele storielandskap van jou taal. Stories, gedigte en songs. Maak jou reg om te lag, te huil en om soms net effens verwonderd voor jou uit te staar.
Absa Mooirivier - 60 min. - R70. 25 Sept. - 12:00, 26 Sept. - 19:30, 27 Sept. - 19:30, 28 Sept. - 17:00, 29 Sept. - 14:30

'n Ander tongval (V: T)
Die Afrikaanse verhoogweergawe van Antjie Krog se bekroonde A Change of Tongue, is 'n aangrypende soeke na gemeenskaplike grond met land-, kultuur- en kontinentgenote. Dit word 'n grootmoedige erkenning van andersheid en vervreemding in Suid-Afrika en Afrika. Met hartverskeurende mooi poësie, vlymskerp sosiale kommentaar, mymerende filosofiese vrae en wonderlike stukke humor word die gemeenskap waarin ons leef geskets. Moenie hierdie klein juweel met Nina Swart as Krog en Antoinette Kellermann as Dot Serfontein misloop nie. Moontlik gemaak deur die Absa KKNK en Distell. Aangebied deur Vleis, Rys & Aartappels.
Absa Mooirivier - 80 min. - R80. 25 Sept. - 20:00, 26 Sept. - 09:30, 27 Sept. - 14:30, 28 Sept. - 14:30, 29 Sept. - 17:00

Die burg van hertog Bloubaard (A)
Chris van Niekerk (Binnelanders en 7de Laan) neem ons op 'n versreis saam met die bekroonde liedjieskrywer en musikant Riku Lätti (aan't sterre tel, Radio Lava en die Orion-klankbaan) deur die kamers, kop en hart van 'n Bloubaard-figuur wat, nieteenstaande verliese, steeds op liefde bly hoop. ('n Gehoortreffer by KKNK: "Hierdie voortreflike akteur se stem, aanvoeling en lyfspel het geruk. Hy is bygestaan, gekomplementeer en geïnspireer deur Riku Lätti se hipnotiese toonsettings en uitvoering van (Henning) Pieterse se donker woorde. Dit was 'n hoogtepunt; ek het ver gereis en diep beleef.")
NG Kerk Noord-saal - 60 min. - R70. 26 Sept. - 17:00, 27 Sept. - 19:30, 28 Sept. - 19:30, 29 Sept. - 19:30

Gedigte in gesprek (A)
Vyf Suid-Afrikaanse digters vanuit vyf taalagtergronde het van mekaar se gedigte vertaal: Ingrid de Kok (Engels), Henning Pieterse (Afrikaans), Jerry Mojalefa (Sepedi), Buti Skhosana (Ndebele) en A.M. Maphumulo (Zoeloe). Kom luister na die gedigte en 'n gesprek tussen die digters oor die vertaalproses en wat alles daaruit losgekom het en steeds loskom - van kultuurverskille en -ooreenkomste
tot 'n gedeelde passie vir die digkuns. Moontlik gemaak deur die Nasionale Lotery.
Heimatsaal - 80 min. - R60. 28 Sept. - 19:30, 29 Sept. - 14:30

BOEKE-OASE

Teatergesprek 1: Kaburu
'n Splinternuwe drama uit die pen van verlede jaar se Hertzogpryswenner vir drama, Deon Opperman, oor die wit boere wat getrek het en hulle verder noord in Afrika gaan vestig het, veral in Kenia, waar hulle die naam "Kaburu" gekry het. Dr. Johann Rossouw gesels met Opperman, Sandra Prinsloo en Franz Marx.
Boeke-oase - 60 min. - R30. 26 Sept. - 11:00

Teatergesprek 2: Die generaal
Mike van Graan (Green Man Flashing) se nuwe eietydse en eerste Afrikaanse drama het tipies weer sy vinger op die pols van Suid-Afrika. Paul Boekkooi gesels met Van Graan, regisseur Jaco Bouwer en van die spelers.
Boeke-oase - 60 min. - R30. 26 Sept. - 14:00

Teatergesprek 3: Festen
Die tonge het behoorlik geklap oor dié produksie by die Absa KKNK -
'n vertaling van 'n Dogme-prent (in Engels bekend as The Celebration).
Met Hennie van Greunen (vertaler en vervaardiger), regisseur Heinrich Reisenhofer, en spelers Neil Sandilands en Nina Swart.
Boeke-oase - 60 min. - R30. 27 Sept. - 12:00

Teatergesprek 4: Sophia Mentz beredder haar boedel
P.G. du Plessis is aan't skrywe dat dit klap en die volk is in vervoering. En hulle kan weer lag. Rian van Heerden gesels met P.G., regisseur Sandra Prinsloo en van die spelers in dié heerlike nuwe komedie.
Boeke-oase - 60 min. - R30. 27 Sept. - 14:00


KINDERTEATER

A Little Fairy Tale (A)
A play with marionettes, hand dolls, silhouette play and masks for everybody from the age of four. 't Magisch Theatertje from the Netherlands brings a visual performance that takes the spectator into the world of dreams and the unconscious. Sanne, a little girl, must look after her brother while her mum has to go to the market. For a moment she doesn't pay attention... her brother is abducted and scary things begin to happen in the forest. Join Sanne and a host of animals in her magical journey in search of her brother, Bas. A Little Fairy Tale has been performed at international festivals around the world and has won various prizes. Supported by the Royal Netherlands Embassy in Pretoria.
Huis Eikelaan - 60 min. - R37. 27 Sept. - 09:30, 28 Sept. - 09:30, 29 Sept. - 09:30

Babalela (A)
"Diep, diep in 'n donker bos, waar die son net soms deur die takke loer, waar die varings welig, diepgroen staan, in 'n hol boomstomp net onder 'n blaar, woon die Babalela..." Vir menige kind is dié woorde uit Martie Preller se boek besonder bekend, net soos die pers karaktertjie waaroor dit gaan. Kom kuier saam met Babalela, Wrrrumpie, Knortand, Potifant, Meermoskat en die Fripperwakkies. Moontlik gemaak deur Lapa Uitgewers.
NG Kerk Noord-saal - 70 min. - R37. 25 Sept. - 12:00, 26 Sept. - 09:30, 27 Sept. - 14:30, 28 Sept. - 12:00, 29 Sept. - 09:30

Gratis (A)
Fantasieteater waarin amper alles van papier gemaak is. Die storie word oorvertel deur ouma Gesine Holm - 'n op-en-wakker enetjie wat dol is daaroor om stories te vertel. En soos die storie vorm aanneem, verrys die papiertoneel. Gratis is 'n klein geskenk vol kinkels, virtuose musiek en bekoorlike poppespel. Met Wiebke Holm as manipuleerder.
NG Kerk Noord-saal - 40 min. - R37. 25 Sept. - 14:30, 26 Sept. - 12:00, 27 Sept. - 09:30, 28 Sept. - 14:30, 29 Sept. - 12:00

Pinocchio (A)
Pinocchio is die verhaal van die marionet wat lewendig word nadat Gepetto, die marionetmaker, die wens uitspreek dat hy so graag 'n seun van sy eie wil hê. Pinocchio deel verskillende avonture met die vreesagtige meneer Vuurvreter,
jakkals en kat, die sluwe koetsier, die kwaaie ringmeester en nog vele meer op sy weg om 'n volwaardige mensseun vir Gepetto te word. Aangebied as 'n pantomime onder spelleiding van Gerben Kamper.
Central Primary School - 90 min. - R37. 25 Sept. - 09:30, 26 Sept. - 09:30, 27 Sept. - 14:30, 28 Sept. - 09:30, 29 Sept. - 09:30

Taxi (A)
Omie trap die petrol! Van Durban tot De Aar, Kaapstad tot in die Karoo, vat 'n sho't left op die Aardklop-taxi waarin daar altyd plek is vir nog een. Kry koers na ons halte en hou jou vinger in die lug vir dié opwindende reis deur Suid-Afrika saam met die laerskoolleerders van verskillende skole van Potchefstroom. Moontlik gemaak deur die Nasionale Lotery.
NG Kerk Noord-saal - 60 min. - R37. 25 Sept. - 09:30, 26 Sept. - 14:30, 27 Sept. - 12:00, 28 Sept. - 09:30, 29 Sept. - 14:30

KABARET & MUSIEK

Aardpops - Sterrekombers (A)
Ná verlede jaar se sukses is die tweede Aardpops weer eens gepak met sterre.
Bring vir ouma, oupa, ma, pa, kinders, niggies en nefies en kom span uit onder die sterreruim vir 'n aand van musikale vuurwerke. Met Laurika Rauch, Theuns Jordaan, Jannie Moolman, Ollie Viljoen, Valiant Swart, Lize Beekman, Pieter Smith, die Bala Brothers, die UP-simfonieorkes en die Puk-koor. Moontlik gemaak deur Vodacom.
Fanie du Toit-sportterrein - 120 min. - R100. 28 Sept. - 20:00

Amanda Strydom - Meisie Sings the Blues (A)
Diva Strydom sing ou blues, rou blues, nuwe blues en grou blues. Simpel blues, Briel-blues en diep blues. Met Janine Neethling en Floors Oosthuizen se slim verwerkings kry bekende en onbekende liedjies 'n "blou" gevoel. "It's a great evening of moody blues, a magical, mood-driven show - she takes you walking along all the high and byroads." - Diane de Beer, Pretoria News. "Daar's niemand
wat die blues in Afrikaans kan sing soos Strydom nie." - Hannelie Booyens, Die Burger.
Elgro-saal - 70 min. - R120. 25 Sept. - 19:30, 26 Sept. - 14:30, 27 Sept. - 17:00, 28 Sept. - 09:30, 29 Sept. - 14:30

André Schwartz - The Musicals et al (A)
The Musicals et al provides a glimpse of life as seen through the eyes of Naledi and Fleur du Cap award winner André Schwartz. Songs from the world's most beautiful and challenging musicals form the basis of the show: Anthem, Love Changes Everything, Circle Of Life, Phantom Duet, All I Ask Of You and of course Music Of The Night. The Musicals is also the title of his latest CD.
Huis Eikelaan - 60 min. - R80. 25 Sept. - 14:30, 26 Sept. - 19:30, 27 Sept. - 17:00, 28 Sept. - 19:30, 29 Sept. - 14:30

Anton Goosen - Getye van verandering (A)
Getye van verandering is 'n akoestiese musikale reis deur die songs van die Liedjieboer van 1976 (Jantjie) tot 2006 (Patat). Soos wat sy talle treffers oor die afgelope 30 jaar uitstaan, staan Anton se produksies ook uit omdat dit onopgesmuk en lewendig uitgevoer word. Anton word bygestaan deur die knap kitaarspeler Theo Janse van Rensburg en Kanna-wenner Schalk Joubert op baskitaar. Ondersteun deur die Robert van Zyl-familie.
Klipdrift-vertoonkas - R72 - 70 min. 27 Sept. - 14:30, 28 Sept. - 14:30, 29 Sept. - 17:00


Bala Brothers @ Aardklop (A)
The Bala Brothers, who won a Kanna for best performance at the Huisgenoot and Absa venues at Absa KKNK (2007), delight audiences with their performances in four different languages: Xhosa, English, Afrikaans and Italian. Apart from seamlessly moving between classical and contemporary music, festival-goers can also look forward to a few suprises - songs they've never heard before. Make a date with Zwai, Loyiso and Phelo Bala.
Klipdrift-vertoonkas - R72 - 60 min. 26 Sept. - 17:00, 27 Sept. - 12:00, 29 Sept. - 09:30

Bok van Blerk (A)
Verlede jaar by Aardklop het die mense nog net-net begin kennis neem van Bok van Blerk. Sy sale was nie naastenby vol nie en die uiters gewilde De la Rey was nog nie
op almal se lippe nie. En toe begin die woord versprei en soos hulle sê... die res is geskiedenis.
Klipdrift-vertoonkas - R80 - 70 min. 28 Sept. - 12:00 en 19:30, 29 Sept. - 19:30

Bra Elvis (A)
Op 16 Augustus 1977 het die koning gesterf. Lank leef die koning! Lank leef bra Elvis! Hy het op unieke manier die klanke van swart Amerikaanse gospel vermeng met die taal van die jeug van die vyftigs - Rock'n'Roll - en gesorg vir 'n musikale rewolusie wat musiek vir altyd verander het. Maar wat het in Suid-Afrika gebeur tydens die era van rock'n'roll? Wat was Elvis en Amerika se invloed op plaaslike musiek? En watter musiek het die townships aan die jive gehad? Bra Elvis bring op 'n unieke manier hulde aan die koning van rock'n'roll, maar bied ook insig in ons eie musiektoneel van die 50's, 60's en 70's. Vir die eerste keer is al hierdie invloede, klanke en genres saam op dieselfde verhoog te sien en te hoor - maak jou reg om te ruk en te rol, te bob en te boogy, te jive en te pantsula! Met Kurt Darren, Emo Adams, Jannie Moolman, Nokokhanya Dlamini en Shine 4. 'n Ko-produksie van Absa en die KKNK aangebied deur Gigs Galaxy. Ondersteun deur Absa. Verhoog geborg deur Vodacom.
Fanie du Toit-sportterrein - 90 min. - R100. 26 Sept. - 20:00

Broers/Jannie Moolman (A)
Klassieke en ligte kontemporêre musiek vul mekaar aan en word kunstig uitgevoer deur die bekende operasanger Jannie Moolman, die violis Anneke de Villiers en die bekende groep Broers - bestaande uit Christo Snyman, Cobus Snyman en Nic Stevens. Musiek van Jannie, Anneke en die Broers se CD kan gehoor word, sowel as 'n paar ou treffers. Daar is geen vervelige oomblik in dié aanbieding nie. Die afwisseling tussen verskillende genres en die lekker interaksie tussen die kunstenaars waarborg opwinding. Moontlik gemaak deur Swartland-wynlandgoed. En ingesluit by die prys is 'n gawe botteltjie wyn.
Absa-Mooirivier - 80 min. - R75. 25 Sept. - 09:30, 26 Sept. - 17:00, 27 Sept. - 09:30, 28 Sept. - 12:00

CH2 en die Soweto String Quartet
Die talentvolle en vindingryke klassieke kitaarduo CH2, Corneille Hutten-Burger en Christiaan Hattingh, span kragte saam met die manne wat die snare laat sing van die gewilde Soweto String Quartet, Sandile Khemetse (eerste viool), Tami Khemetse (tweede viool), Reuben Khemetse (tjello) en Makhosini Mnguni (altviool). Staan nader vir klassieke Westerse kitaarmusiek, passievolle Spaanse flamenco-klanke en die eiesoortige ritme van Afrika wat jou laat voel jy wil nêrens anders op aarde woon nie.
Absa-Mooirivier - 70 min. - R72. 25 Sept. - 17:00, 26 Sept. - 14:30, 27 Sept. - 12:00, 28 Sept. - 09:30, 29 Sept. - 12:00

Country-opskop (A)
Begin die fees met 'n lekker country-opskop. Al die groot geeste gaan daar wees:
Lance James, Bobby Angel, Barbara Ray, Clive Bruce, Billy Forrest, Jody Wayne,
Tommy Oliver en die Rodeo Girls-dansers. Ondersteun deur Vodacom.
Fanie du Toit-sportterrein - 120 min. - R45. 24 Sept. - 17:00

Cutt Glas en Friendzy (A)
Ná 18 jaar in die bedryf is daar nie 'n stad of dorp of fees waar Cutt Glas nog nie toegejuig is nie. In Cutt Glas and Friendzy bring dié A Capella-groep hulde aan almal
wat al die groep se pad gekruis het - van die bekendes, berugtes, bedruktes tot die obskures. En dan is daar natuurlik ook die staaltjies wat jy nog in geen skinderblad gelees het nie...
Elgro-saal - 60 min. - R85. 25 Sept. - 14:30, 26 Sept. - 17:00, 27 Sept. - 14:30, 28 Sept. - 14:30

De Priester en een Kerkorrel (A)
"Dié storie begin in 1989, standerd vyf - my laaste jaar in die Laerskool H.F. Verwoerd, Parys. Salig onbewus van die Afrikaanse musiekbeweging Voëlvry, van apartheid, van enigiets... 'n Doodgewone kind wat van sing gehou het. Toe een aand sien ek Johannes Kerkorrel op die televisie sing! Dit het my lewe verander. Afrikaans was skielik beeldskoon." Met dié produksie bring Jak de Priester twee wêrelde, twee era's, twee sangers bymekaar. Amanda Strydom se ervare hand het gehelp om die teks te slyp.
SABC2 Girls High - 90 min. - R80. 25 Sept. - 12:00, 26 Sept. - 14:30, 27 Sept. - 12:00, 28 Sept. - 19:30, 29 Sept. - 14:30

Die Grafsteensangers in kônsirt: Die weduwee se dilemma (A)
By die Grafsteensangers het elke silwer randjie 'n donker wolk. Die groep spartel en spook om Die Weduwee uit haar moeilikheid te help. Smartsange, weenwysies en treurmares van toeka se dae is weer te hoor in hul skreeusnaakse nuwe vertoning. Hul musiektalent is onlangs weer bevestig met 'n Sama-benoeming vir hul jongste CD, Tannie Met Die Rooi Rokkie. Vir die nuwe vertoning, Die weduwee se dilemma, het regisseur Carel Trichardt gehelp om die familie en aanhangsels se verhoogpret - en vlymskerp satire - af te rond. Kom lag 'n slag met musiekmanewales uit die hoogste rakke en laagste grafte.
Elgro-saal - 75 min. - R65. 25 Sept. - 12:00, 26 Sept. - 09:30, 27 Sept. - 09:30, 28 Sept. - 19:30, 29 Sept. - 17:00


Die nagloper (V)
Hy het skerp aangetrek en wild geleef. Mampoer gesuip en meisies verlei. Die establishment het gedink hy's platvloers; volgens dwepers was hy diabolies. Vir vyf asemrowende jare het hy die land aan die brand gespeel met rou, vurige en aardse boeremusiek. Hy was... Dawie de Lange, die nagloper. In die jare dertig het De Lange en sy makker George Abrahams, 'n bruin man wat homself as Jood voorgedoen het, bykans 'n miljoen Afrikaanse plate verkoop, maar vandag is hulle albei byna vergete. Hoekom? Rian Malan se donker komedie ondersoek hierdie vraag. Losweg gegrond op De Lange se geskiedenis en allerlei hoorsê van daardie tye, met 'n bietjie gekruide self-interpretasie en sommer 'n klomp lekker dansmusiek boonop. Met Ian Roberts, Nicola Hanekom, Brian Webber en Elton Landrew. Regie: André Scholtz. Vervaardiger: Terraplane Entertainment.
SABC2 Girls High - 75 min. - R90. 25 Sept. - 17:00, 26 Sept. - 19:30, 27 Sept. - 17:00, 28 Sept. - 14:30, 29 Sept. - 17:00

Eden (A)
Waar ons eie bekende popgroep gaan, daar kan jy maar weet word witwarm musiek gemaak vir 'n skare jillende fans. En Eden skop gat in Afrikaans met hul eie, oorspronklike liedjies. In dié vertoning sal hul ewe veel Engelse en Afrikaanse liedjies sing en vir 'n hele paar verrassings sorg! Hou jou lyf reg!
Absa-Mooirivier - 70 min. - R80. 25 Sept. - 14:30, 26 Sept. - 12:00, 27 Sept. - 17:00, 28 Sept. - 19:30

Groentrui - Jan Blohm (A)
Jan Blohm het met 'n reuseslag die musiekwêreld getref toe sy debuutalbum Melkstraat Confessions in 2004 uitgereik is. Dit het drie GMT-pryse en 'n Huisgenoot-Tempo-prys ingepalm. Groentrui is sy derde album en volgens baie mense sy beste en saam met die Jan Blohm-band bring hy dié liedjies na die fees toe. Die rou emosie van Blohm sal vir dae nadat jy die vertoning gesien het steeds by jou spook. Kom kry iets vir die siel.
SABC2 Girls High - 60 min. - R55. 26 Sept. - 17:00, 27 Sept. - 14:30, 28 Sept. - 12:00

Goudgroen (A)
Twee uitstaande stemme - een tenoor en een sopraan - en 'n mandjie propvol van die grootste en mooiste goudgroen treffers gesing deur groot geeste: Mario Lanza - Danny Boy en You'll Never Walk Alone; Leonore Veenemans - Liefste Madelein; Shirley Bassey - Never, Never, Never en What Now My Love?; Nelson Eddy en Jeanette MacDonald - Indian Love Song; Judy Garland - Somewhere Over the Rainbow; en F.A.K.-treffers soos Heimwee en O, Boereplaas. Met Michelle Botha en Cobus Venter en saamgestel en geregisseer deur verlede jaar se Hertzogpryswenner vir drama, Deon Opperman.
SABC2 Girls High - 70 min. - R72. 25 Sept. - 19:30, 26 Sept. - 22:00, 27 Sept. - 19:30, 28 Sept. - 22:00, 29 Sept. - 19:30

Hartsnare (A)
Die virtuose Oostenrykse kitaarspeler Julia Malischnig voer kitaarmusiek uit deur opwindende Argentynse komponiste soos Astor Piazzolla, Carlos Gardel en Jorge Morel, asook wêreldmusiek van Tommy Emmanuel, Ralph Towner, Stanley Myers en ander. Julia se kleurvolle klank en passievolle interpretasies sal jou hartsnare roer. Julia het met die heel eerste Aardklop haar stampvol gehore op hul voete gehad - vanjaar, 10 jaar later, gaan sy wéér so maak. Ondersteun deur die Oostenrykse Ambassade.
Konservatorium - 60 min. - R67. 27 Sept. - 17:00

JIP Rockspaaider (A)
JIP Rockspaaider is terug en dis harder en beter as ooit. Kom kyk hoe vier van die beste Afrikaanse rock-bands van skole in die Noorde dit uitsweet om met die JIP Rockspaaider-titel vir 2007 weg te stap. Kom verlustig jou in twee ure se splinternuwe Afrikaanse rock-luistergenot. Die wen-band kry 'n CD-opname met agt snitte, kontantpryse en 'n musiekvideo - moontlik gemaak deur The Machine Room. Die CD-opname sal gedoen word deur Studio of Note en die produksie sal deur Janus Musiek behartig word. Aangebied in samewerking met MK89, Look & Listen en Beeld.
Joolplaas - 120 min. - R43. 28 Sept. - 19:00

KAN! (A)
'n Paar kunstenaars het byeengekom en 'n CD opgeneem ten bate van kankerpasiënte. Nou vat hulle die pad en so in hul omswerwinge vertel hulle mense meer van die produk en wend hulle 'n dapper poging aan om 10 000 CD's te verkoop en op dié manier R1 miljoen aan die kankerorganisasie te oorhandig. Kunstenaars wat te sien gaan wees, is Abel Kraamsaal, Jak de Priester, Jan Blohm, Lize Beekman, Emile Minnie, Akkedis en Ryno Velvet in verskillende kombinasies, afhangende van beskikbaarheid.
Elgro-saal - 60 min. - R80. 25 Sept. - 09:30, 26 Sept. - 12:00, 27 Sept. - 19:30, 28 Sept. - 17:00, 29 Sept. - 12:00

Klassieke Chameleon (A)
Chris Chameleon betower nou reeds twee jaar die ganse Suid-Afrika met sy stemomvang van vier oktawe en klassieke kitaarspel. Sy byna bomenslike stemklanke en fyn humorsin laat gehore landwyd na hul asems snak, soms van die lag skater en soms 'n traan wegpink. Vanjaar voeg die veelsydige verkleurmannetjie 'n verdere dimensie tot sy unieke styl wanneer hy met 'n "klassieke musieklikheidjie", soos hy dit noem, 'n kraakvars produksie na Aardklop toe bring! Kom kyk hoe hy met fluit, viool, tjello, perkussie en kitaar jou op 'n klankreis deur sy verkleurmannetjie-verbeelding neem en ten slotte laat dink: "Ek is so trots dat hy een van ons is!"
Elgro-saal - 60 min. - R80. 25 Sept. - 17:00, 26 Sept. - 19:30, 27 Sept. - 12:00 en 22:00, 28 Sept. - 12:00, 29 Sept. - 09:30


Laurinda en Zanta Hofmeyr - Sameloop
'n Kanna-benoemde hoogtepunt by die Woordfees en die Absa KKNK. Die twee niggies ondersoek die onderstrome wat hulle deel in 'n produksie wat beskryf word as "delikaat, eenvoudig en aangrypend" - Die Burger. Laurinda se toonsettings en Zanta se vioolspel, gekombineer met baskitaar (Schalk Joubert), tromme
(David Klassen), word 'n meesleurende ervaring. "Die uiteenlopende musiekstrome vloei moeiteloos saam en die vertoning lei die gehoor inderdaad tot 'n nuwe bewuswording." - Krit.
Konservatorium - 75 min. - R70. 27 Sept. - 19:30, 28 Sept. - 09:30, 29 Sept. - 14:30

Lienka (A)
Lienka het reeds gewildheid verwerf as die goue stem in die suksesvolle groep Ddisselblom. Met dié vertoning kan gehore uitsien na 'n produksie van internasionale gehalte met musikante soos Juan Oosthuizen (kitare) en David Klassen (perkussie), Deveroux van der Hoven (klavier) en Jasper van Rensburg (baskitaar) wat sorg vir uitstekende musikale begeleiding. Lienka stel haar besondere sangtalent ten toon met 'n akoestiese weergawe van die liedjies op haar debuut-CD.
SABC2 Girls High - 60 min. - R70. 28 Sept. - 17:00, 29 Sept. - 12:00

Lize Beekman - 10 (A)
Lize Beekman is 'n gerespekteerde en geliefde sanger-liedjieskrywer wat haar gehore al 10 jaar lank met eenvoud en treffende lirieke boei. Almal wat al eenmaal na haar geluister het, kom altyd weer terug vir nog, want haar musiek is blywend, tydloos en eerlik. Sy deel die verhoog met meesterkitaarspeler Juan Oosthuizen. Skuif dus nader vir mooi, onopgesmukte en heerlike Afrikaanse musiek - jy sal nie spyt wees nie!
Huis Eikelaan - 70 min. - R67. 27 Sept. - 14:30, 28 Sept. - 14:30, 29 Sept. - 17:00

Medumo Jazz Fountain (A)
Building on the huge success of the past two years, Medumo Jazz Fountain lives up to its reputation with the inclusion of South Africa's A-class jazz outfits. Catch Sipho "Hotstix" Mabuse, Freshlyground, Selaelo Selota, Lira, HHP, Vivid Africa and many more. Come and charge your jazz batteries at what has become North West's premier festival. Bring your friends and family! Food and beverage will be on sale. Made possible by the National Lottery. Supported by Vodacom, Bona and Motsweding FM.
Fanie du Toit Sports Field - 480 min. - R85. 22 Sept. - 12:00 (gates open)

Navi Redd (A)
Die rebelle van A Capella is terug met 'n splinternuwe produksie! Geen "back-tracks", geen musiekinstrumente nie! 'n Mengsel van stem, klank, humor en energie wat jy nie mag misloop nie. Soos gesien op Noot vir Noot, Egoli, 7de Laan, Kwêla, Gons, DKNT en Dis Hoe Dit Is... met Steve... Hulle is die wenners van die AMTSA-prys vir 2006 vir beste groep/duo en het so pas teruggekeer van 'n toer in Amerika.
Klipdrift-vertoonkas - 75 min. - R65. 25 Sept - 12:00, 26 Sept - 14:30, 27 Sept - 19:30, 28 Sept - 09:30, 29 Sept - 12:00

Noot vir Noot - Die Roadshow (A)
Die Noot vir Noot Roadshow is die verhoogweergawe van dié suksesvolle TV-Reeks en
sit die beproefde wenresep voort. Soos op televisie sal Johan Stemmet, Die Musiekfabriek en 'n gaskunstenaar die gehoor vermaak. Die gehoor en deelnemers staan ook oudergewoonte kans om lekker kontantpryse met die komplimente van Absa te wen. Die enigste verskil is dat gehoorlede as deelnemers op die verhoog verskyn om gehoorbetrokkenheid soos min te verseker. Moontlik gemaak deur Absa.
Klipdrift-vertoonkas - 90 min. - R82. 25 Sept. - 19:30, 26 Sept. - 09:30

OppiAarde (A)
Oppikoppi en Aardklop span weer kragte saam om die beste SA rockgroepe na Potchefstroom te bring. Karen Zoid, Max Normal TV, Springbok Nude Girls, The Parlotones, Bed On Bricks, Love Jones en Fokofpolisiekar (in 'n seldsame gesamentlike optrede vanjaar) tel onder die rockers wat die aarde gaan laat dreun. Hou www.oppikoppi.co.za en www.aardklop.co.za dop om te sien wie nog by hulle gaan aansluit. Moontlik gemaak deur Vodacom. Ondersteun deur MK89 en 5FM.
Fanie du Toit-sportterrein - 600 min. - R90 by Computicket en R100 by die hek. 29 Sept. - 12:00 (hekke maak oop)

Pieter Smith LIVE (A)
As jy gedink het jy gaan met gevoude arms agteroor sit en 'n show bywoon, maak jy 'n groot fout. Wees oorgehaal om saam te sing en vermaak te word met dié energieke konsert vir jonk en oud. As liedjieskrywer en musikant deel Pieter graag sy eie nuwe skeppings asook ou gunstelinge met die gehoor. 'n Vertoning wat gestand doen aan die belofte van nostalgie, saamsing en lekkerkry.
Klipdrift-vertoonkas - 90 min. - R80. 26 Sept. - 19:30, 27 Sept. - 17:00, 28 Sept. - 17:00, 29 Sept. - 22:00

Soweto String Quartet speel Afrikaans (A)
Die Soweto String Quartet slaan 'n Afrikaanse snaar met hul heel eerste Afrikaanse album. Tydens dié ATKV-gemeenskapskonsert wys hulle hoe dit gedoen moet word. Dié topuitvoerproduk van Suid-Afrika verstom met hul unieke weergawes van treffers soos Pampoen, Al Lê Die Berge Nog So Blou en Miljoen. Asof die Soweto String Quartet op Afrikaans nie genoeg van 'n verrassing is nie, kom kyk net wat hul genooide gaskunstenaars regkry! Aangebied deur die ATKV.
Elgro-saal - 60 min. - R70. 29 Sept. - 19:30

Stef Bos (OB: T)
Stef Bos is weer terug in Suid-Afrika ná afloop van sy suksesvolle Storm-toer in Nederland en België. Vanjaar vier Stef die uitreiking van sy eerste DVD, rooi aarde swart bloed. Dié DVD van drie ure sal beskikbaar wees by die vertoning en word deur plaaslike resensente bestempel as een van die beste plaaslike DVD's nóg. Stef Bos is nie verniet die mees invloedryke sanger uit Nederland nie. Kom reis saam met Stef Bos as hy agter die klavier en kitaar inskuif en jou wegvoer na sy Niemandsland.
Sanlam-ouditorium - 70 min. - R90 en R75 (agterste sitplekke). 29 Sept. - 21:00

Theuns Jordaan en Anton L'Amour (A)
Die vertoning bestaan uit liedjies van al drie Theuns se albums. Van Vreemde Stad en Tjailatyd is meer as 175 000 eksemplare verkoop. Seisoen het dubbele platinumstatus bereik en is ook by die Huisgenoot-Tempo-pryse as beste kontemporêre album van 2006 aangewys. Theuns speel ook 'n paar van sy liedjies wat hom as pub-sanger bekend gemaak het.
Klipdrift-vertoonkas - 90 min. - R80. 28 Sept. - 22:00, 29 Sept. - 14:30

Water en klip (A)
Wat gebeur regtig as jy 'n klip in die water gooi? Richard van der Westhuizen en LieSl Marx het die antwoord aan die hand van hul oorspronklike kontemporêre musiekproduksie met liedjies van hul onderskeie albums Songs uit my binnesak en Water. Hulle besin oor die klippe wat op jou pad kom en die vloede wat 'n mens moet trotseer. En wonder oor die lewe en die liefde. Hulle word ondersteun deur Wouter van de Venter (kitaar), Matthys Maree (klawerbord) en Yvette Schoeman (klavier).
Huis Eikelaan - 65 min. - R80. 25 Sept. - 19:30, 26 Sept. - 17:00, 27 Sept. - 19:30, 28 Sept. - 17:00, 29 Sept. - 19:30

Huisgenoot Geraasplaas (A)
'n Verskeidenheid musikante sal daagliks in die Huisgenoot Geraasplaas te sien wees. Program sal later aangekondig word.
Huisgenoot Geraasplaas - R80. 24 Sept. - 09:30, 25 Sept. - 10:30, 26 Sept. - 10:30, 27 Sept. - 10:30. 28 Sept. - 10:30, 29 Sept. 10:30


RUIMTELIKE EN STRAATTEATER


Munch & Judy (A)
Hou jou oë oop, want 'n vreemde paartjie wandel in die strate en op die terrein rond. Judy is vreeslik vlytig. As sy nie tranetrekkers en gemoedopwekkers op haar trekklaviertjie speel nie, het sy 'n boeprak waarop allerlei draaiboeke verbyrol. Of sy verander in die opblaasbare vrou wat vir jou maagfluitmelodieë speel en vir jou 'n kaleidoskoop van die Groot Vyf wys. Munch, daarenteen, is 'n baie praktiese kêrel: kokmus op die kop, voorskoot om die boep en met sy fraai rooi wangetjies sal jy hom oral herken. En die ongelooflike dinge wat hy met sy parabool-sonstoof kan optower.
Jy sal dit moet sien om te glo!
Feesterrein en strate - Gratis. Hou Spat dop vir besonderhede oor vertonings.

Optelgoed is dansgoed (A)
Leon Ecroignard (Man, Stok) en mimiekkunstenaar John Jacobs span hul kragte saam vir 'n unieke straatteaterbelewenis. Optelgoed is speelgoed en dinge wat sommerso lukraak in die asblik gegooi word, word instrumente in die hande van die groep Waste Not Want Not - wat wys hoe jy met rommel kan tjommel en toor. 'n Kreatiewe, ritmiese ervaring wat vir voetvoos-feesgangers 'n lekker wip in die stap sal gee.
Feesterrein en strate - Gratis. Hou Spat dop vir besonderhede oor vertonings.


KLASSIEKE MUSIEK

1812 en militêre skouspel (A)
Koos Human het in Die A tot Z van klassieke musiek die volgende oor die 1812-ouverture te sê: "Die datum verwys na Rusland se oorwinning oor Napoleon en die werk is geskryf vir die wyding van die gedenkkerk in Moskou. Na 'n koraalagtige opening word 'n lewendige voorstelling van die slag van Borodino gegee, waarin sowel die Russiese as Franse volksliedere as temas gebruik word. Na 'n geweldige klimaks klink die Russiese volkslied triomfantelik op. Daar is 'n gebeier van klokke en by geskikte geleenthede word selfs 'n kanon gevuur." En wat is nou 'n meer geskikte geleentheid as die tiende verjaarsdag van Aardklop!? Die UP se simfonieorkes gaan bygestaan word deur die Transvaal Horse Artillery met G1-25-ponder-kannonne, terwyl een van die land se beste doedelsakorkeste, die SA Irish Regimental Association Pipes and Drums, en die SA Army Brass Band verdere luister aan die geleentheid gaan verleen. Moontlik gemaak deur die Rupert-musiekstigting. Ondersteun deur die SANDF. Verhoog geborg deur Vodacom.
Fanie du Toit-sportterrein - 80 min. - R90. 27 Sept. - 20:00

Blondes, Beethoven en Abba (A)
Ná verlede jaar se wegholsukses met Blondines, Bach en Beatles is Zorada Temmingh en Elna van der Merwe terug met Beethoven en Abba. En Beethoven kan rock op twee klaviere! Van sy bekendste melodieë word (heerlik tong-in-die-kies) inmekaar gevleg - sonates, simfonieë en concerto's op 'n romantiese, dramatiese en heroïese manier. En ter wille van die balans is daar dan 'n Abba-keurspel - liedjies soos Money, Money, Waterloo, Fernando, Voulez-Vous, Thank You for The Music, SOS en ander vrolike nommertjies. Die blondines word bygestaan deur Steve Coltrini op tromme.
Konservatorium - 60 min. - R67. 28 Sept. - 17:00, 29 Sept. - 09:30

Can'tatrice (A)
Wat het antieke professore, dooie komponiste, muisneste, soprane en ambisie met mekaar in gemeen? Klein talentvolle dogtertjies met ambisieuse mammas verander in cantatrices van formaat - hulle lewens gekenmerk deur meesterstukke, laat aande, geen sjokolade en baie harde werk! 'n Lekker-luister lig-klassieke program met 'n tong-in-die-kies-storielyn. Met Leana Lotter, Eline Troskie, Helena Coward en Lesley-Ann Mathews. Regie: Hanna van Niekerk. Teks: Albie van Schalkwyk.
Konservatorium - 60 min. - R55. 29 Sept. - 19:30

Cello-Piano Duo Recital Series
With Polina Burdukova (cello) and Kerryn Wisniewski (piano). "Musical artistry
of highest rank." - The Herald. "Complete understanding of style and admirable unanimity of thought." - The Citizen. In 1992 Polina and Kerryn shared the prize for Overall Winner at the Absa Youth Competition. Years later, after meeting up again, the Cello-Piano Duo was created. The two recitals represent both ends of the musical spectrum, ranging from romantic to modern. Earlier this year this production received a Kanna nomination at the Absa KKNK.
Cello-Piano Duo Recital Series:
The Russian Giants (A)
An introduction to the Russian music heritage that is rarely available for South African audience's listening pleasure. Sonatas by Schnittke, Shostakovich and Prokofiev. Made possible by the Rupert Music Foundation.
Conservatoire - 70 min. - R67. 27 Sept. - 12:00
Cello-Piano Duo Recital Series:
The Romantics (A)
The second recital compliments the more modern first part of the series by including works from the popular romantic cello/piano repertoire. Sonatas by Brahms, Grieg and Schumann. Made possible by the Rupert Music Foundation.
Conservatoire - 70 min. - R67. 28 Sept. - 14:30

Klassieke snare
Met verstommende virtuositeit, musikaal begeesterd en geïnspireerd, voer Julia Malischnig (Oostenryk) werke uit in die klassieke kitaartradisie - bekend en minder bekend, maar gevarieerd en uitnemend. Duitse dinamika met Sylvius Weiss en Johann Mertz, Spaanse opwinding met Isaac Albéniz en Federico Torroba, en die meesleurende Astor Piazzolla en Maximo Pujol. Julia Malischnig in haar element - 10 jaar ná haar Aardklop-debuut is sy wéér hier om gehore te betower! Ondersteun deur die Oostenrykse Ambassade.
Konservatorium - 60 min. - R67. 28 Sept. - 12:00

Schwanengesang (A)
André Serfontein se uitvoering van Schwanengesang, die laaste Lied-siklus van Franz Schubart, met saamgestelde tekste van drie digters, is by elke opvoering met 'n staande toejuiging deur Kaapse gehore begroet. Uitnodigings stroom steeds in en dié siklus word reeds vanjaar in Namibië, Portugal en Frankryk uitgevoer. By Aardklop word Serfontein bygestaan deur Bernarda Vorster (klavier). Van Schubert se pragtigste melodieë kom in dié siklus voor, soos die gewilde Ständchen en die dramatiese, aangrypende Der Doppelgänger.
Konservatorium - 55 min. - R75. 29 Sept. - 17:00

The Four Horsemen of the Apocalypse (OB: VO)
Zorada Temmingh skitter in kreatiwiteit met haar innoverende klankbaan vir
The Four Horsemen of the Apocalypse - 'n grootskaalse anti-oorlogprent, gegrond op die boek van die Spaanse skrywer Ibáñez. Die ryk storielyn, sensuele Spaanse musiek, die wellustige tango in die openingstoneel, oordrewe godsdienstigheid, hewige familie-knoeiery en ontstellende oorloggruwels maak dié prent 'n verstommende meesterstuk. Temmingh laat die orrel dié keer baie duidelik Spaans praat. Sy het die vermoë om elke klein visuele nuanse klankheldere betekenis te gee. Die orrelklankbaan word tegelyk 'n verteller en 'n karakter. Sy het vir haar aangrypende improvisasie op The Hunchback of Notre Dame in 2006 'n Kanna-prys gewen. Dié keer sal die sensuele Spaanse flair luisteraars vasgenael hou. Moontlik gemaak deur die Rupert-musiekstigting.
Geref. Kerk Noord - 80 min. - R67. 27 Sept. - 17:00

KOOR EN ENSEMBLE

Boulevard Harmoniste - A Capella (A)
Die Boulevard Harmoniste, 'n ou feesgunsteling, bied 'n nuwe program aan vir Aardklop se tiende verjaarsdag. Dié A Capella-groep, met ses gemengde stemme in digte harmonie, se program sal klassieke en populêre werke insluit. 'n Uur saam met die Boulevard Harmoniste is suiwer musikale luistergenot!
Konservatorium - 60 min. - R40. 25 Sept. - 19:30, 26 Sept. - 17:00, 27 Sept. - 14:30, 28 Sept. - 19:30

Deel ons lied (A)
Die Potchefstroomse Mannekoor nooi almal om te deel in hul vreugde,
hul lied, hul lof en dank. Dit is die onderskeie temas van hul vier CD's en verteenwoordig die wese van die koor. Hulle program sluit die allermooiste geestelike sowel as sekulêre liedere in.
Konservatorium - 80 min. - R55. 25 Sept. - 17:00, 26 Sept. - 19:30

Petite messe solennelle (A)
Gioacchino Rossini (1792-1868) se "klein plegtige mis" vir koor, soliste, traporrel en klavier word aangebied onder leiding van Awie van Wyk. Rossini, die Italiaanse meester van die melodie, opera buffa en bel canto, het na sy ongekende sukses as operakomponis, teruggekeer na sy eerste liefde - religieuse musiek. Een van sy laaste werke was Petite messe solennelle. Die "klein plegtige mis'' is 'n vreemde titel, want dié lieflike en genotvolle werk is nie klein of uitermate ernstig nie! Hoewel daar 'n weergawe met vol orkes is, bied Aardklop vanjaar die werk nader aan sy oorspronklike vorm aan: koor, soliste, traporrel en klavier - 'n pragtige afsluiting vir Aardklop se tiende verjaarsdag! Ook ingesluit by die program is 'n toonsetting van Totius se o Die pyn-gedagte. Moontlik gemaak deur die Rupert-musiekstigting.
NG Kerk Miederpark - 90 min. - R67. 30 Sept. - 13:30
GEMEENSKAPSTEATER

The annual festival in Ikageng has grown in leaps and bounds. Artists in Ikageng and surrounds will once again have the opportunity to perform in Ikageng and on the main festival arena. The quality has developed to such an extent that the standard of auditions improves every year. Keep your eyes open for the local talent, maybe we have a budding professional artist in our midst. The festival in Ikageng is almost a festival in its own right and represents the local community and the magic it has to offer. A wonderful addition this year is Sol Plaatje's translation of Comedy of Errors.

Diphosophoso (A)
Shakespeare's Comedy of Errors, translated into Setswana by Sol Plaatje. Directed by Josias Moleele. In search of his lost son, Ajione finds himself in Efeso - a country he's forbidden to set foot in due to the faction between his country, Sirakuse, and Efeso. He is faced with a death sentence or a penalty. Ajione is looking for someone to pay his ransom and unbeknown to him, his twin sons, their twin slaves and his wife are alive and well and in Efeso, but they too don't know of each other's existence. From here the play takes humorous twists and turns as the twins with similar names and features engage in a series of mistaken identities until they find each other and everyone lives happily ever after. A KIKA Creative Communications production. Made possible by the National Lottery. Supported by AngloGold Ashanti.
Tlokwe School Hall - 90 min. - R5 (at the door). 26 Sept. - 19:00, 27 Sept. - 19:00, 28 Sept. - 19:00, 29 Sept. - 19:00


VISUELE KUNSTE
Moontlik gemaak deur Sasol

Feeskunstenaar - Nicholas Hlobo
Nicholas Hlobo is in 1975 in Kaapstad gebôre. Hy maak van 'n verskeidenheid materiale gebruik om kwessies rondom geslag, seksualiteit en manlikheid
in sy werk toe te lig. Leer, rubber, hout, materiaal en gevonde voorwerpe word saam omskep in betowerende installasies en beeldhouwerke wat Xhosa-tradisies en
-houdings jeens manlike identiteit ondersoek en bevraagteken. Hlobo se werk is dikwels konfronterend en omstrede, maar terselfdertyd subtiel en intiem. Die afgelope paar jaar neem Hlobo gereeld aan internasionale groep- en solotentoonstellings in onder meer Australië, Amerika, Nederland, Italië en Switserland deel. In 2006 is Hlobo aangewys as die wenner van die Tollman-toekenning vir Visuele Kunste.
Die Galery, NWU-kampus. Gratis.

Young Curator - Maja Marx
The Young Curator portfolio is an Aardklop initiative that was created in 2005 in order to encourage young curatorial talent by providing a platform from which to express their unique vision. Maja Marx, currently the curator for the Gordon Schachat Collection, is an artist who specialises in the relationship between landscape and its inscription, and has also practiced in the fields of theatre design, animation and costume design. She is a fellow of the Ampersand Foundation. She is currently a lecturer at the University of the Witwatersrand, Johannesburg.
Snowflake. Free.

10 jaar - 10 Aardklop-feeskunstenaars
Aardklop vier vanjaar tien jaar van uitmuntendheid in die visuele kunste met 'n uitstalling verteenwoordigend van die afgelope dekade se feeskunstenaars. Die verskillende generasies van kunstenaars het almal reeds hul merk op die Suid-Afrikaanse kunsmilieu gemaak. Met Willem Boshoff, Louis van Vuuren, Judith Mason Attwood, Robert Hodgins, Deborah Bell, Berni Searle, Kevin Brand, Jan van der Merwe en Marco Cianfanelli.
Sanlam-ouditorium: Foyer, NWU-kampus. Gratis.

Sasol New Signatures
The philosophy behind the Sasol New Signatures competition is to discover and promote upcoming South African artistic talent. This exhibition showcases the winning and merit-award accolades of the 18th annual Sasol New Signatures competition. Works presented in this annual competition range from the experimental through to the conceptual and cutting-edge.
Alumni Hall, NWU Campus. Free.

Photographic works from Sasol Art Collection
In celebration of its support for the arts, this exhibition features a selection of artists whose photographic works are housed in the Sasol art collection. After years of identifying and bringing together important, diverse and original South African works of art, the exhibition expresses Sasol's uncompromising commitment to supporting and celebrating young and emerging artists.
Alumni Hall, NWU Campus. Free.

Market Photo Workshop
The Market Photo Workshop was set up by David Goldblatt in the cultural district of Newtown in Johannesburg. Since its inception the Market Photo Workshop has had a profound impact on the South African photography landscape - in particular community photography initiatives. For this exhibition tutors from the Market Photo Workshop facilitated local Potchefstroom photographers in capturing their everyday environment. Made possible by the National Lottery.
Alumni Hall, NWU Campus. Free.

Op die spoor van kreatiewe kreature
Dié veelsydige uitstalling vorm deel van 'n kreatiewe projek en interdissiplinêre ondersoek na die kreatiewe proses. Die projek behels dat 'n groot verskeidenheid kunstenaars, waaronder skrywers, beeldhouers, grafiese kunstenaars en komponiste, dieselfde visuele prikkel verwerk deur kreatief daarop te reageer. Dit staan onder kuratorskap van Ian Marley en Franci Greyling en sluit onder andere medewerkers soos Diane Victor, Gordon Froud, Khayalethu Mtshali, Harry Kalmer, Leon de Villiers, Piet Grobler en Thambeka van Wyk in.
Alumni, NWU-kampus. Gratis.

Absa L'Atelier
Die Absa L'Atelier is sedert 1986 een van die toonaangewendste nasionale kunskompetisies. Dit is die enigste kompetisie wat slegs jong mense tussen die ouderdom van 21 en 35 jaar akkommodeer. Menige vorige wenners staan vandag aan die voorpunt van die Suid-Afrikaanse kunswêreld. Die werke van die toptien-finaliste sal vanjaar weer te sien wees.
Alumni, NWU-kampus. Gratis.

Streek
Die doel van Streek is om die trotse tradisie van Potchefstroom as streekskunsmekka te bevorder. Menige van vandag se toonaangewende Suid-Afrikaanse kunstenaars het hul kunstenaarsloopbaan in Potchefstroom begin. Sedert die beeldende kunste-departement van die destydse Puk sy deure in 1994 gesluit het, het heelwat ander kunstenaars hulself in Potchefstroom en omgewing kom vestig en Potchefstroom se kunstradisie voortgesit. Dié uitstalling beoog om die diversiteit van oud- en huidige kunstenaars van die Potchefstroomomgewing ten toon te stel. Voorts sal een kunstenaar jaarliks uitgenooi word om as erekunstenaar deel te neem. Die eerste Streek-erekunstenaar is Titia Ballot.
Die Potchefstroomse Hoofmuseum. Gratis.

CQ-fest - Creative Intelligence Festival
This exciting new Aardklop initiative, which is hosted by the Creative Intelligence Lab of the School for Communication Studies of North-West University, brings together the best from the design, media, marketing and advertising worlds, which include exhibitions and show reels. South Africa's premier showcases, Pendorings and Loeries, are both represented. The Cannes International Advertising Festival Gold Lions adds an international flavour. Advertising and branding of this event will be facilitated by students of NWU as part of Aardklop's community skills integration initiative.
F2, NWU Campus. Free.

Anton Smit - Ark
Met dié projek kry die publiek die geleentheid om saam met die bekende beeldhouer Anton Smit 'n monumentale beeldhouwerk te skep. Deur die kollektiewe kreatiewe uitdrukking bou die gemeenskap saam aan 'n toekomstige monument.
Die monument sal tydens die fees uit klei gebou word, waarna dit na afloop van die fees gebak en permanent op die universiteitskampus geïnstalleer sal word. Moontlik gemaak deur die Nasionale Lotery.
NWU-kampus. Gratis.

Talita Swarts - Between Two Silences
Aardklop is committed to creating a podium for exciting young talent. Swarts, who originally hails from Ventersdorp, is a promising young artist who also had a work accepted for this year's Absa L'Atelier. Swarts' work engages with her rural background, dealing with issues regarding education outside metropolitan centres and community involvement.
Snowflake. Free.

Adèle Dawn Oldfield - Reflections
Reflections provides an interpretation of the female body as seen through the female gaze. The works encourage the viewer to reflect on the historical conditions that have fired the obsession around the female body in art.
Snowflake. Free.

Memory and Magic - Contemporary Art of the !Xun and Khwe
Memory and Magic is 'n retrospektief van die beste werke van 11 kunstenaars verbonde aan die !Xun and Khwe Cultural Project wat in 1994 geïnisieer is. Die werke maak deel uit van die Hella Rabbethge-Schiller-versameling en bestaan uit olieverfskilderye, drukke en werke op papier. Kunstenaars sluit in Julietta Calimbwe, Andry Kashivi, Stefaans Samcuia, Flai Shipipa en Ferciano Ndala.
Die Potchefstroomse Hoofmuseum. Gratis.

Tactility
Feniks, a Flemish service provider, assists since 1995 the Limpopo province to develop an integrated service and support system for people with a disability. The mission is to create equal opportunities and to empower people with a disability. They worked with a Flemish social artistic centre that creates the necessary conditions and a stimulating context so that expressional artists with an intellectual disability and regular artists can collaborate on different projects. For Aardklop
they created a new installation consisting of videos, pictures, paintings, lyrics and assemblies that are the results of different workshops that was held throughout the year, in Belgium as well as in South Africa. All these will be combined with newly developed creations throughout the festival.
Perskor Centre, NWU Campus. Free.

Kunssafari
Die kunsuitstallings word oudergewoonte Maandagaand geopen. Dit is 'n heerlike safari waarmee daar van die een lokaal na die ander geskuif word, al kuierend, waarderend en oorgehaal om 'n glasie te klink en iets te hap. En kuns te kyk...
Sanlam-ouditorium (beginpunt) - 240 min. - R40. 24 Sept. - 17:00

Kunstoere
Begeleide kunstoere word daagliks aangebied en mense kan om 09:30 by die Sanlam-ouditorium byeenkom.
Koste beloop R45 per toer.

Dankie aan ons borge

Hoofborge:
Media24, Absa, AngloGold Ashanti, Beeld, kykNET, Nationale Lotery, SABC2, Sasol, Vodacom, Honda, Ofm
Senior borge:
Klipdrift, SAB, M-NET

Gasheerborge:
Stadsraad van Potchefstroom, NW Universiteit
Junior borge:
Nasionale Kunsteraad, Swartland-wynlandgoed, AfriForum, Dagbreek Trust, Die Rupert-musiekstigting, Impala Platinum, L.W. Hiemstra Trust, North-West Craft Development Initiative, Senwes, Voortrekkers, Lapa Uitgewers, Die Robert van Zyl-familie
Mediavennote:
5FM, Beeld, Bona, Classic FM, De Kat, Huisgenoot, Klerksdorp Rekord, Leef, LitNet, M-NET, Mense, People, La't Wiel, Idees, Motsweding FM, OFM, Overvaal Stereo, Passi, Potchefstroom Herald, Radio Puk, Rapport, Rooi Rose, Sarie, Tuis, Vrouekeur, Weg/Go, Finweek, Kakkerlak, Wegbreek, SA Sports Illustrated
Sakevennoot:
Gerrit Coetzee Prokureurs
Gemeenskapsborg:
ATKV
Nisborge:
Greyhound, Toyota, Leopards Leap
Venue-borge:
Gimmies - kykNET,
Girls High - SABC2,
Mooirivier - Absa,
Stadion - Vodacom,
Banketsaal 2 - M-NET

ALGEMENE INLIGTING

Posbus 20313, Noordbrug, 2522
Tel : 018 294 7509, Faks : 018 294 7504
e-pos : admin@aardklop.co.za
www.aardklop.co.za

Verblyf : 018 294 7508 of
e-pos : verblyf@aardklop.co.za

Besprekings kan landswyd by Computicket-takke gemaak word, ook tydens die fees. Feesgangers kan gedurende die fees by die kaartjiekantoor bespreek: Hoffmanstraat, oorkant die sentrale feesterrein. Kaartjies wat per kredietkaart bespreek is, kan afgehaal word by die kaartjiekantoor.
Kaartjiebesprekings: Daagliks (Maandag tot Saterdag) tussen 08:00 en 20:00 en Sondag tussen 08:00 en 17:00 by 011 340 8000 of 083 915 8000 landswyd.

Produksies wat in aanmerking geneem word vir die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys vir die beste nuwe Afrikaanse verhoogteks (toneel en kabaret) wat by Aardklop debuteer, word by die onderskeie produksies as sodanig aangedui.


skakels :

















bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )