JACK PAROW Bied aan:

Die eerste musievideo van sy opkomende kortspeler - Kattenkwaad met De Kraaien

FROM PAROW WITH LOVE: (Jack Parow, Fotograaf: Allister Christie)

JACK PAROW het groot sukses ingehark in Nederland en België toe hy sy Nag van die Lang Pette daar losgelaat het in 2014. Ons eie Afrikaanse rapper het sy stempel in daardie gebied afgedruk deur aan die bekendste TV en radio programme daar deel te neem en op te voer. Hy het duisende nuwe aangangers gewerf met twee uitverkoopte klubtoere in 2014 en 'n super suksesvolle somer toer in 2015. Dit was tydens hierdie gereelde besoeke wat Jack Parow vriende gemaak het met eendersdenkende Hollandse kunstenaars en om saam musiek te begin maak was onvermydelik. Met sy Europese toer in 2015, het Parow met Nederlandse en Belgiese musikante gewerk om die From Parow with Love EP te maak. Hierdie kortspeler sal vanaf Vrydag, 29 Januarie 2016 beskikbaar wees. Die eerste aanbieding, Kattenkwaad met De Kraaien is nou uit as voorloper vir die EP se vrystelling.

Kyk De Kraaien en Jack Parow se Kattenkwaad musiekvideo hier:

http://bit.ly/1NoZWi7

Aanhangers kan NOU Kattenkwaad kry as hulle die EP voorafbestel op iTunes: http://apple.co/1ZFYWgL

From Parow with Love EP

From Parow with Love is 'n besonderse versameling van Jack Parow se samewerkings met verskeie Europese kunstenaars. Hulle is De Kraaien (NL), SKIP&DIE (NL), De Likt (NL), Ertebrekers (BE) en Suid-Afrikaanse supergroep, Freshlyground.

*Meer inligtigting sal volgende week bekend gemaak word.

From Parow With Love bekendstellingsvertonings:

Datum: 29 Januarie 2016
Plek: Raasblaar Pub & Grill
Adres: Hoek van Rex & Kromrivierstraat
Kontak: 076 566 4803 / 076 789 9852
Deure maak oop: 17h00
Optrede: 22:00
Kaartjies: R100 per persoon by die deur

Datum: 30 Januarie 2016
Plek: Aandklas Hatfield
Adres: 494 Hildastraat, Pretoria
Kontak: 012 362 3712
Optrede: 22:00
Kaartjies: R50 per persoon

Datum: 30 Januarie 2016
Plek: Ty's Nightclub
Adres: 2 Piazza, Loisstraat, Pretoria
Kontak: 082 601 6011
Optrede: 24h00

Datum: 31 Januarie 2016
Plek: The Good Luck Bar
Adres: 14 Alexanderstraat, Ferreirastown
Kontak: 084 683 4413
Optrede: 17h00
Kaartjies: R60 (voorverkope) & R80 by die deur

SKAKELS:
Webwerf: jackparow.co.za
Twitter: @JackParow
Facebook: facebook.com/jack.parow
Instagram: Instagram.com/jackparow
iTunes: Nag Van Die Lang Pette
Musiekvideos: youtube.com/JackParow