Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Persverklaring: 20200626 - Francois van Coke


vetseun

'n VCK Music vrystelling:

'n Afrikaanse Rock Collab -
FRANCOIS VAN COKE: DIE TOEKOMS FT. JAN BLOHM

vetseun
Stroom: DIE TOEKOMS feat. Jan Blohm

Die verlede

"Jan sê ons het ontmoet in Oppikoppi se boonste bar. Ek was dronk en het hom blykbaar ge-headbutt op sy rug. Gelukkig was hy bly om my te ontmoet en daar was geen vuisgeveg nie," vertel Francois.

Francois vertel verder. "My eerste memory van Jan was by die Geraas Toekennings 2005. Hy het 'n klomp awards gewen vir sy debut album. Fokofpolisiekar het beste rock album gewen en ons albei het perform op die awards show. Van daar af het ons mekaar oor die jare gegroet by shows, maar het nooit vriende geraak nie. Ek het Jan uit die bloute op 19 Februarie gekontak om te chat oor iets saam skryf en record. #dietoekoms is gebore. Ons is nou chommies."

Die toekoms

"Dit gaan oor hoe die wêreld lyk op die oomblik en oor hoe die wêreld kan lyk in die toekoms. En dat dit nie altyd belowend lyk nie, maar mens moet aanhou probeer om die beste mens te wees vir die mense rondom jou," vertel Francois oor sy nuutste enkelsnit.

Francois doen elke jaar 'n paar nuwe collabs vir Francois van Coke & Vriende. Die toekoms sal vir die eerste keer live gespeel word op die livestream show wat vir 18 September beplan word. (Hou Francois se socials dop vir meer aankondigings oor Francois van Coke & Vriende 2020.)

Kyk Die toekoms hier: Die toekoms
vetseun


Stroom: DIE TOEKOMS feat. Jan Blohm

vetseun
Jan Blohm en Francois van Coke by Van Coke Studios

Lirieke:

bring vir my oorlog
bring in die vloed
skree na die hemel
lê in jou bloed
dis wetenskapfiksie
dis Sondag
ohhh lala
almal gaan doodgaan

ek sal altyd probeer
die toekoms is hartseer
loop net deur die deur
altyd
nog meer
die toekoms is beseer
dis verby. dis gekanselleer

bring terug die somer
bring terug die lig
die Man in die hemel
die swart hond op my rug
bloedkontrole
outomate evolusie
ohhh lala
bel die polisie
ohhh lala
beheer die revolusie

ohhh lala
ons almal probeer saam
ons almal beweeg saam
almal gaan doodgaan
almal gaan doodgaan

Kyk uit vir:

⦁ Collabs saam met Matthew Mole en Van Pletzen;
⦁ 'n Livestream vertoning saam met Tasché op Nasionale Vrouedag, 9 Augustus. Hulle gaan van hul eie liedjies speel, 'n klompie samewerkings doen en dan ook 'n paar van hul gunsteling cover songs saam opvoer. Hou Francois en Tasché se socials dop vir aankondigings oor hierdie konsert.


SKAKELS - Francois van Coke:
Webwerf: francoisvancoke.co.za
Twitter: @FrancoisVanCoke
Facebook: francois.vancoke
Instagram: francoisvancoke


skakels : VCK Music












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )