Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)YouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Met Liefde Aan Vader En Moeder
vetseunvetseunvetseun
kompilasie LP ........... FA 3/TRLA 8008 FAKKEL/TROUBADOUR
Deel 1
1. Orrelhulde Aan My Moeder - Jannie Raath speel orrel en klavier.
2. O Moeder, My Moeder! - Voordragkunstenaar Tommie Beckley met orrelstemmingsmusiek deur Jannie Raath.
3. Ewige Rots - Op orrel en klavier uitgevoer deur Jannie Raath
4. Die Liefde - 'n Onuitputlike Skatkis - Tommie Beckley en Jannie Raath
5. 'n Liefdesgebed - Tommie Beckley en Jannie Raath
Deel 2
1. Prys Die Heer (Psalm 146) - Op orrel en klavier uitgevoer deur Jannie Raath
2. 'n Kroon Van Sneeu - Tommie Beckley se hulde aan die Oues van Dae. Stemmingsmusiek deur Jannie Raath.
3. Psalm 91 - Tommie Beckley dra voor. Stemmingsmusiek: Jannie Raath.
4. O, Boereplaas - Op orrel en klavier uitgevoer deur Jannie Raath
5. Die Ou Voortrekker (A.G. Visser) - Tommie Beckley dra voor. Stemmingsmusiek: Jannie Raath.vetseun

Tommie Beckley en Jannie Raath bied aan:
Die Allermooiste Dinge
met liefde aan Vader en Moeder

Orrelmusiek - Treffende Gedagtes - Inspirasie - Troos - Stemmiingsoomblikke

Hierdie plaat is 'n ideale geskenk aan hulle en alle ander oues van dae.

WEES oplettend, en jy sal elke dag 'n duisend mooi dinge sien. Spits jou ore, en jy sal elke oomblik iets moois hoor.
Dit is die treffende les wat die lewe oom Tommie Beckley geleer het; En omdat hy hierdie creclo elke dag getrou toepas, het hy in die loop van die jare 'n onnoembare aantal van die lewe se allermoiste mooiste dinge in sy herinneringe vasgevang en sy eie gemaak.
Daarom dat hierdie veteraan-voordragkunstenaar wie se faam uit die twintigerjare strek, vandag so 'n aangename mens is om te ken. Hy inspireer jou, hy vervul jou met nuwe moed en hy blaas jou vol nuwe lewensblyheid, want sons lewe in 'n pragtige tuin...
Duisende Beckley bewonderaars onthou oom Tommie nog uit die dae toe by ons groot land met voordragreise deurkruis het. Hulle almal sal hom nou in die vorm van hierdie langspeelplaat met ope arms in hulle voorkamers terug verwelkom.
En die jonger geslag? Hulle wat nie die voorreg gehad het om te hoor hoedat Tommie Beckley een van die eerste Afrikaanse radiostemme was nie. Hulle wat nie die Eeufees met sy Ossewatrek kon deurleef nie. Hulle kan nou oom Tommie se innige menslikheid op hierdie plaat leer ken. En 'n mens sal verstaan as hulle in 'n oomblik van bepeinsing voor die radiogram vir hulle inbeeld dat dit in tweede vader is wat met hulle praat, hulle inspireer vir die vol lewe wat voorlê.
Maar stemmingsoomblikke soos die wat op hierdie plaat vasgelê is, word nie met die gesproke woord alleen verkry nie. Musiek moet dit afrond en 'n mens se hart daarvoor oopmaak.
Jannie Raath wat landswyd bekendheid verwerf het met sy besdodere metodes van musiekonderrig, maak op hierdie plaat sy buiging as 'Meester van Stemmingsmusiek.
Vir hierdie opnames bespeel hy die Gulbransen-transistor-orrel en 'n klavier gelyktydig en sy musiek vorm 'n merkwaardige eenheid met die voordragstem.
Hoe bereik hy hierdie merkwaardige effek? ,,Ek konsentreer baie diep op wat oom Tommie voordra,' verduidelik Raath, ,,en dan vloei daardie gedagtes deur my vingers in die vorm van musiek wat dieselfde sê as oom Tommie.'
Die Man wat met sy Vingers Dink : gebruik baie van die ou-ou tradisionele wysies waarop hy dan sommer so uit die vuis uit improviseer om presies die regte effek uit die orrel en klavier te haal.
Die vier suiwer musieksnitte op die plaat pas ook uitsteikend by die atmosfeer van die res aan, en Jannie Raath se duisende volgelinge oor die hele land sal nie die geleentheid laat glip om hierdie vertolkings van hom by hui versameling plate te voeg nie.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)