Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Sal Jy Dit Glo? - Liedjies (Kinnerpret Reeks)
vetseunvetseun
kompilasie ...................... CDTGE 95 2003 GALLO
1. Sal Jy Dit Glo?
2. Krokodil
3. Die Eende
4. Skoenmaker, Skoenmaker
5. Handjies Klap
6. Die Mier
7. Die Lappop Deel 1 & 2
8. Die Olifant
9. Opstaan
10. Almal Dra 'n Jas
11. Buite In Die Maanlig
12. Wiegelied

met Betty Misheiker; Doris Brasch; Dawie Couzyn; Dan Hill

Sal Jy Dit Glo? / Tingeling
vetseunvetseun
kompilasie ..................... CDGRC 3480 GALLO
1. Sal Jy Dit Glo?
2. Die Krokodil
3. Die Eende
4. Skoenmaker, Skoenmaker
5. Handjies Klap
6. Die Mier
7. Die Lappop
8. Die Olifant
9. Opstaan
10. Almal Dra 'n Jas
11. Buite In Die Maanlig
12. Wiegeliedjie
13. Twee Klein Voëltjies
14. Gert Kameelperd
15. Die Tortelduif
16. Die Dapper Muis
17. Goeie Môre
18. Die Vlakvark
19. Die Windpomp
20. Tingeling
21. Loekoe Die Leeutjie
22. Die Reën
23. Totsiens En Vaarwel

met Doris Brasch en Dawie Couzyn met Dan Hill en sy Orkes

Sal Jy Dit Glo?
vetseunvetseun
kompilasie LP ...................... GOG 3 1974 GOGGA
Kant Een:
1. Sal Jy Dit Glo? (Dawie Couzyn)
2. Krokodil (Dawie Couzyn en Doris Brasch)
3. Die Eende (Doris Brasch)
4. Skoenmaker, Skoenmaker (Dawie Couzyn en Doris Brasch)
5. Handjies Klap (Doris Brasch)
6. Die Mier (Dawie Couzyn)
Kant Twee:
1. Die Lappop (Doris Brasch)
2. Die Olifant (Dawie Couzyn)
3. Opstaan (Doris Brasch)
4. Almal Dra 'n Jas (Dawie Couzyn en Doris Brasch)
5. Buite In Die Maanlig (Dawie Couzyn)
6. Wiegelied (Doris Brasch)

met Betty Misheiker; Doris Brasch; Dawie Couzyn; Dan Hill

Sal Jy Dit Glo?
vetseunvetseun
kompilasie LP ...................... UNA 1501 UNIKA
Kant 1:
1. Sal Jy Dit Glo? - Dawie Couzyn
2. Krokodil - Dawie Couzyn & Doris Brasch - MP3 >>>
3. Die Eende - Doris Brasch
4. Skoenmaker, Skoenmaker - Dawie Couzyn & Doris Brasch
5. Handjies Klap - Doris Brasch
6. Die Mier - Dawie Couzyn
Kant 2:
1. Die Lappop Deel 1 & 2 - Doris Brasch
2. Die Olifant - Dawie Couzyn - MP3 >>>
3. Opstaan - Doris Brasch
4. Almal Dra 'n Jas - Dawie Couzyn & Doris Brasch
5. Buite In Die Maanlig - Dawie Couzyn
6. Wiegelied - Doris Brasch

Nuwe Afrikaanse Kinderliedjies
met woorde en musiek deur Betty Misheiker
Gesing deur Doris Brasch en Dawie Couzyn
met begeleiding deur Dan Hill en sy orkes
Onder regie van Betty Misheiker

HIER is 'n versameling kinderliedjies wat uitbundige in vreugde aan kleutertjies dwarsdeur die lengte en breedte van ons land gaan besorg. Die liedjies is sprankelend nuut, die verhaaltjies, wat hoofsaaklik op die kaskenades van ons interessante Suid-Afrikaanse diere gebaseer is, voer die kinderverbeelding mee, en die mooi eenvoudige en verstaanbare woorde verseker dat elke kinderhart spontaan daarvoor sal opgaan.
Die eerste kant is saamgestel uit drie diereliedjies en drie ander met gewone strekking. Dit word ingelui deur ,,Sal Jy Dit Glo?", 'n kensketsende liedjie wat aan die plaat sy naam besorg het en wat kindertjies wegvoer tot daar ver in die land van die ysbeer waar die eskimo in sy spierwit, ronde ,,kommetjie" woon.
Dan volg daar ,,Die Eensame Krokodil" - miskien'n ietwat grusame onderwerp - vir 'n kinderverhaaltjie, maar hierdie ou grensbalie is nogal minsaam in sy eensaamheid, met groot aptyt en al. ,,Die Eende" se ritmiese marsjeerstappie en luidrugtige geselsery, baljaardery en gevroetel in die spruit sal elke stadsburgertjie sy verbeelding 'n slaggie plaasjapie laat word.
Nog twee ritmiese liedjies, ,,Skoenmaker, Skoenmaker" en ,,Handjies Klap", volg hierop om die kleinin vrolike luim te bring, waarna hierdie plaatkant in vermaaklike trant met die bedrywighede van die haasstige, besige mier, in diens van sy vet koningin, afgesluit word.
Kant 2 bevat ook drie gewone liedjies en drie wat aan diere toegewy is. Die eeerste is 'n loflied aan die beste maatjie van almal, die geliefde ou lappop, wat hier met groot vreugde tot koningin van die ashoop verhef word. En dan roep die samesteller die swaaiende gestrompel van die olifant op manjifieke wyse voor die gees met woorde en musiek wat geen kind sal kan weerstaan nie. Hoe heerlik gaan hulle nie lag as Olifant en Muisie liefderik en grasieus oor die dansvloer wals nie!
Daar's 'n aansteeklike geesdrif in die môreliedjie ,,Opstaan", en die ritme en vrolike refrein van .,Almal Dra 'n Jas" is net so opwindend sons die vindingryke beskrywing van al die snaakse monderings van die bewoners van die veld.
Die laaste twee op hierdie kant sus die uitgebaljaarde kleinspan weg na droomland. Eers is daar die feetjies en kaboutertjies wat op die maat van muskiet-, toktokkie- en paddamusiek in die maanlig dans en dan die soetstrelende "Wiegeliedjie" wat die moeë ogies laat sluit terwy;l die sterretjies waghou. vetseun
Betty Misheiker het beslis met hierdie pragtige versameling natuurliedjies daarin geslaag om kinderharte te verower. En die wyse waarop sy dit doen is leersaam, opheffend en veredelend. Hierdie kinderliedjies en -verhaaltjies kan nie anders as om 'u mooi gesindheid by ons kinders teenoor die wondere van die natuur en die diererykdom van ons land te wek nie. ..Sal Jy Dit Glo?" gaan ongetwjfeld 'n gunsteling word in elke huis wat met kindertjies geseën is en ons glo nie dat een enkele kind (of grootmens) ooit moeg daarvoor sal word nie, al word dit ook hoe dikwels gespeel.

DAN HILL se orkes doen die begeleidings in ,,Sal Jy Dit Glo?" en Dan het ook self die musiek verwerk. Danse musiekloopbaan was een van fenomenale sukses en onder sy interessantste prestasies is die skepping van 'n aantal Suid-Afrikaanse trefferwysies soos Fanagalo, Hamba Khale en Thabazimbi. Sy onlangse lankspeelplaat in die C.B.S.-Danspartytjiereeks, ,,Happy Days Are Here Again" (ALD 6156), was 'n blitsverkoper van die oomblik af toe dit vrygestel is.

DORIS BRASCH is 'n jong sopraan wat met haar buitengewone veelsydigheid as sangkunstenares groot lof in Suid-Afrika ingeoes het. Sy het reeds verskeie lankspeelplate die lig laat sien, en deur haar groot liefde vir die Suid-Afrikaanse volkseie het sy 'n belangrike bydrae gelewer om 'n eervolle kulturele status aan ons tradisionele volksmusiek te verleen. Haar vermoë om direk tot die kinderhart deur te dring, het haar ook 'n besondere gewildheid in radioprogramme vir kinders laat verwerf. Een van die hoogtepunte in haar loopbaan was ongetwyfeld die manjifieke rol wat syas Papagena teenoor die uitmuntendeDawie Couzyn as Papageno tydens die Unifeesuitvoerings van Mozart se Towerlluit gespeel het. Dit was inderdaad die reusesukses van hulle gesamentlike optrede, wat soveel loutere genot aan groot en klein verskaf het, wat tot die skepping van hierdie nuwe meesleurende kinderplaat ,,Sal Jy Dit Glo?" aanleiding gegee het.

BETTY MISHEIKER. skryfster-komponiste en samesteller van die liedjies op hierdie plaat, is al jare liedereskryfsterBetty, wat reeds verskeie kortverhale en 'n roman geskryf het, het heel per toeval begin om kinderliedjies te skryf, wat uit die staanspoor uit groot gewildheid in die gereelde kinderprogramme oor die radio verwerf het. Die humor in haar kinderverhaaltjies en die opgewekte lewensvreug in haar musiek laat almal, jonk en oud, hulle intens in die towerwêreld van die kind inleef. - omslag

DAWIE COUZYN het in die Noord-Transvaalse bosveld, die tuiste van so baie van die diere wat in hierdie kinderliedjies 'n rol speel, grootgeword. G'n wonder dan ook dat die ryk en helder seunssopraanstem van sy prille jeug reeds louere vir hom ingeoes het waar hy met liedjies soos .,Die Diere op Ons Plaas" aan die jaarlikse kunswedstryde deelgeneem het nie. Maar dit was eers nadat sy stem in dié van 'n bas-bariton verander het dat dieDawie van vandag ontluik het. In 1957 het hy sy sangstudies met lof aan die Weense Staatsakademie voltooi. Sedertdien het hy herhaaldelik oor beroemde radionetwerke opgetree en talle hoofrolle in 'n groot aantal van die bekendste operahuise in Brittanje en Europa gesing. Tydens die Uniefees het Dawie die rol yan Papageno in Die Toweriluit van Mozart met reusagtige welslae hier in sy geboorteland vertolk. Daar kon nie 'n beter keuse gewees het vir die vertolking van hierdie eg Suid-Afrikaanse diere- en kinderliedjies as die helder, sonore stem van die boerseun Dawie Couzyn nie.

'n Gedeelte van die musiek op hierdie plaat is oorspronklik geskryf vir die S.A.U.K. se kinderprogram - ,,Nursery Time", onder leiding van mej. Kathleen Davydd.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)