Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
S.A. Groet Die Musiekmakers
vetseunvetseunvetseun
kompilasie LP ............ SCXJ 11218 1971 COLUMBIA/MUSIC FOR PLEASURE
Kant Een:
1. Voom-Ba-Voom - Nico Carstens
2. Die Oukraalliedjie - Groep 2
3. Liefste Madelein - Hansie Roodt
4. Die Graaf Van Bloemfontein - Carike Keuzenkamp
5. Die Ou Kalahari - Jurie Ferreira
6. Klasie Se Kwela - Nic Potgieter
7. Baas Jack - Al Debbo
Kant Twee:
1. Arrivederci Hans - Carike Keuzenkamp
2. Sonbrilletjies - Al Debbo
3. Warm Patat - Nico Carstens
4. Oliekolonie - Groep 2
5. Bokveld - Nic Potgieter - MP3 >>>
6. Ruiter In Die Nag - Hansie Roodt
7. Erika - Jurie Ferreira

Elke geslag lewer sy kwota kunstenaars op, sy skrywers, digters, skilders en - sy musiekmakers! Dit wil egter voorkom asof sommige geslagte sommer 'n geil oes kry te oordeel aan die talent wat daar die afgelope paar dekades op die Suid-Afrikaanse musiektoneel te voorskyn getree het.
Met hierdie album, ,,Suid-Afrika Groet Die Musiekmakers", word daar hulde gebring aan kunstenaars van
die kaliber van Nico Carstens, Groep Twee, Carike Keuzenkamp, Hansie Roodt, Jurie Ferreira, Nic Potgieter en Al Debbo. Terselfdertyd is dit miskien nie onvanpas om ook in 'n ander rigting 'n paar ruikers uit te deel nie - aan platevervaardigers soos E.M.l. wat dit moontlik gemaak het dat hierdie kunstenaars se vernuf op plate vasgelê word en aan die publiek beskikbaar gestel word, en aan 'n organisasie soos die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie wat, met die gebruik van sodanige opnames, groter bekendstelling aan hierdie kunstenaars gegee het.
Ek wil voorspel dat hierdie keur uit die Suid-Afrikaanse ligte musiekskat in die toekoms 'n waardevolle item vir versamelaars gaan word. Dit gebeur nie dikwels dat so 'n groot verskeidenheid musiektalent op een enkele plaatopname ingesluit word nie. HEINE TOERIEN.

Each generation produces its quota of artists, authors, poets, painters and - its music makers! It does seem, however, that the harvest is considerably richer in the case of some generations judging by the talent which has appeared on the South African musical scene during the past two decades. With this album, "Suid-Afrika groet die Musiekmakers", tribute is paid to artists of the calibre of Nico Carstens, Groep Twee, Carike Keuzenkamp, Hansie Roodt, Jurie Ferreira, Nic Potgieter and Al Debbo. At the same time it is perhaps fitting that bouquets are also thrown in another direction - to the record manufacturers like E.M.I. who have made it possible that the skill of these artists be made available on disc to the public, and credit also to an organisation like the South African Broadcasting Corporation which, in "airing" such recordings, has made these artists wellknown to, and well-loved by listeners.
It is my sincere belief that this selection from the best of the South African Light Music scene has to offer, will, in future, become a valuable collector's item. It seldom happens that such a large variety of musical talent is included in one single recording! HEINE TOERIEN. - omslag


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)