Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Gebed & Inspirasie
vetseunvetseun
kompilasie ................. SELBCD400 2001 SELECT
1. Onse Vader
2. Dona Nobis Pacem
3. Gebed
4. I'll Walk With God
5. Theme From Time
6. Whispering Hope
7. Song Of The Seashell
8. Kom Na Die Waters
9. My God Loves Me
10. If
11. Bly By My Heer
12. My Kind
13. Morning Has Broken
14. La Petite Fille De La Mer
15. Gebed Vir 'n Tiener
16. I Will Glory In The Cross
17. Veilig By Jesus Keurspel: Kwel Jou Nie Meer;
..................................................... In Die Blomtuin;
..................................................... Hy Hou Sy Hand;
..................................................... Weet Jy Wat Dit Sal Kos?
18. Tema Van Tyd (BONUS)

In hierdie gejaagde lewe het elkeen van ons 'n behoefte aan stilte en vrede.
Hierdie unieke album is spesiaal so saamgestel om stiltetyd elke dag meer spesiaal te maak.
Van ons bekendste kunstenaars soos Janita Claassen, Manuel Escórcio, Francois en Elizabeth Fourie, nuweling Dawie Pheiffer sowel as Kurt Darren lewer 'n waardevolle bydrae op hierdie album. Instrumentale groepe soos Blue Sky en Syrinx sorg ook vir strelende en inspirerende musiek.
Janita sing byvoorbeeld Koos du Plessis se onvergeetlike "Gebed", Manuel inspireer met "Whispering Hope" en Kurt bring weer lof met die liedjie "I Will Glory In The Cross".
Blue Sky se instrumentale weergawe van "Dona Nobis Pacem" en Syrinx se instrumentele "Song Of The Seashell" is ook juweeltjies op die album. 'n Instrumentale weergawe van "Morning Has Broken" sorg ook vir 'n rustige atmosfeer.
Francois &.Elizabeth Fourie se gewilde nommer "Gebed Vir 'n Tiener" pryk ook op die album.
Voorlesings soos "Die Onse Vader" ,"Theme From Time" en "If" gee hierdie besonderse album nog meer trefkrag.
'n "Veilig By Jesus"-keurspel (gesing deur 'n paar van Select Musiek se kunstenaars) met liedjies soos "Kwel Jou Nie Meer", "In Die Blomtuin" en "Hy Hou Sy Hand" is ook ingesluit.
'n Bonussnit (die Afrikaanse weergawe van "Theme From Time" soos voorgelees deur Manuel Escórcio) rond die versameling inspirerende liedjies en voorlesings af. Verskeie byklanke is ook bygewerk om kontinuiteit aan die album te gee en 'n stemming van rustigheid en vrede te skep.


skakels :











bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)