Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Eksklusief : Musiek vir die Fynproewer
vetseunvetseun
kompilasie ......................... SELBCD401 SELECT/RHYTHM RECORDS
1. Bitterbessie Dagbreek - Laurika Rauch
2. Lisa Se Klavier - Koos Kombuis
3. Persreën - Johannes Kerkorrel
4. Weeskind Van Die Weste - Valiant Swart
5. Saam - Nataniël
6. My Kamer - Amanda Strydom
7. Skielik Is Jy Vry - Mathys Roets
8. 'n Brief Van Julle Vakansie - Lieze Stassen
9. Die Liefde - Coenie de Villiers
10. Skipskop - Theuns Jordaan
11. Voortaan - Laurinda Hofmeyr
12. Mamma - Helena Hettema
13. As Jy My Kon Volg - Karla & Koos du Plessis
14. Soutmansland se Temalied - Lize Beekman
15. Vir Altyd - Mel Botes
16. Effen Iesie Liedjie - Jacques de Coning
17. Lied Van Die Boland - Petronel Baard
18. Thula - Eugenie Grobler

'n verbasende breë kompilasie. met liedjies van "voortrekkers" en "melkbaarde". 'n goeie deursnee van die nuwe verwikkelinge in afrikaans, en dan ook van waar dit ontwikkel is. So saam lyk dit asof daar nooit onderskeid getref is tussen bemarkbare en onbemarkbare musiek nie.
'n vol CD met menigde stemme wat tot in nederlands amuseer. om by die titel aan te sluit sal ek voorstel jy spoeg die eerste paar liedjies uit na proe, want anders gaan jy stuimel hier teen nommers 13, 17, 18.
baie ingesluitdes het ook solo albums uit, nuut of so-so nuut, besoek kalahari, oneworld, of select musiek daarvoor.

Afrikaanse musiek loop al 'n lang pad - kunstenaars kom en gaan en dit is belangrik dat hulle onthou word.
Daar benewens word gewilde Afrikaanse sangers (wat hard moes werk vir hul gewildheid en erkenning) se treffers dikwels gehoor, maar van hul ander goeie werke staan dikwels op die agtergrond. Dit is die mening van Mariana Malan, joernalis van Die Burger, wat hand bygesit het met die samestelling van hierdie "eksklusiewe" album.
Die room van ons Afrikaanse kunstenaars kan op die album gehoor word. Van bekende name soos Laurika Rauch, Johannes Kerkorrel, Koos Kombuis, Valiant Swart, Amanda Strydom, Nataniël, Mathys Roets, Lize Beekman, Theuns Jordaan, Lieze Stassen, Coenie de Villiers, Helena Hettema tot Koos du Plessis en sy dogter Karla lewer 'n kosbare bydrae op die album.
Daar pryk ook 'n hele paar "minder bekende" talentvolle Afrikaanse kunstenaars wat besig is om opgang te maak in die plaaslike musiekbedryf - Vuurdoopliedjiewenner Mel Botes, Jacques de Coning, ATKV Crescendo-wenner Petronel Baard en Eugenie Grobler druk ook elkeen hul unieke en onmiskenbare stempel op die album af.
Die musiek is deur en deur vir die fynproewer. Laurika sing byvoorbeeld die bekende toonsetting van Ingrid Jonker se gedig "Bitterbessie Dagbreek", Koos Kombuis sing sy immergroen "Lisa Se Klavier" en Johannes Kerkorrel imponeer met sy "Persreën". Valiant sing een van sy minder bekende nommers "Weeskind Van Die Weste" en Lieze Stassen sing ook 'n minder bekende nommer "'n Brief Van Julle Vakansie". Karla en Koos du Plessis se duet (wat met behulp van die moderne tegnologie opgeneem is) "As Jy My Kon Volg" is nog 'n spesiale nommer asook Mathys se sensitiewe weergawe van Koos du Plessis se "Skielik Is Jy Vry". Lize Beekman se atmosferiese temalied van die TV-Reeks "Soutmansland", Theuns se weergawe van David Kramer se onsterflike "Skipskop" Laurinda se "Voortaan" en Helena en die Magaliesburgse Kinderkoor se weergawe van Antjie Krog se "Mamma" maak die album nog meer besonders. En dan nog drie juwele - Coenie se treffende liefdeslied "Die Liefde", Nataniël se "Saam" en Amanda se "My Kamer".
Wat die nuwe talent betref maak liedjieskrywer Mel Botes sy buiging op die Afrikaanse toneel met "Vir Altyd", Jacques de Coning speel met woorde in sy "Effen Iesie Liedjie" en Petronel Baard imponeer met haar kragtige stem in "Lied Van Die Boland". Eugenie Grobler sluit die unieke versameling liedjies met haar onvergeetlike "Thula" af.
Hierdie is 'n kwaliteit-album en 'n groot bonus vir liefhebbers van gesofistikeerde Afrikaanse musiek .


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )