Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Dis Hoe Dit Is... met Steve
vetseun
2CD kompilasie ..... CDEMIMD 355 2009 EMI
Disk 1:
1. Steve Hofmeyr - Dis Hoe Dit Is
2. Gerhard Steyn - Baby Tjoklits
3. Juanita du Plessis - Mengelmoeskardoes
4. The Parlotones - Lisa Se Klavier
5. Arno Jordaan - Gee My
6. Eden - Aan Jou Vas
7. Chris Chameleon - Epiloog
8. Hugo - Deur Die Straights
9. Bok van Blerk - Boeregirl
10. Lianie May - Pretoria
11. David Fourie - Jy Sprei My Vlerke
12. Nicholis Louw - Elvis Medley
13. Jakkie Louw - Die Hoender Song
14. Sarah Theron - My Ouma Sera
15. Niemand - I'll Never Leave You
16. Gerrie Pretorius - Adio Amoré
17. André Schwartz - Jy's Altyd Daar
18. Johnny Clegg - Thamela, Die Son Drink Water
19. Anneli van Rooyen - Ek Lewe
20. Klipwerf Orkes - Sewe Jare
21. Steve Hofmeyr - Vibreer (BONUS)
Disk 2:
1. Steve Hofmeyr en Arno Jordaan - Sjoe
2. Theuns Jordaan - Por Ti Sere
3. Robbie Wessels - Halley Se Komeet
4. Kurt Darren - Voorwaarts Mars
5. Elizma Theron - Vertel My
6. Anton Goosen - 'n Brief Vir Simoné
7. Ray Dylan - Dis Verby
8. Prime Circle - Hello
9. Wynand Strydom - Bicycle Sonder 'n Slot
10. Nianell - Diep In Jou Hart
11. Dana Winner - Ek Hou Van Jou
12. Dozi - Grassade In Die Wind
13. Watershed - Close My Eyes
14. Danie Botha - Wenners
15. Chereé - 30 Dae In Die Somer
16. Rina Hugo - Jy's Vir My
17. PJ Powers - Bette Davis Eyes
18. Lesley Rae Dowling - The Spaniard
19. Steve Hofmeyr - Krismis Is Klaar (BONUS)

Ná verkope van oor die tweemiljoen albums bied die SA superster Steve Hofmeyr 'n toonvenster van Suid-Afrikaanse musiek, soos hy dit die afgelope tien jaar as aanbieder van oor die 160 episodes in kykNET se glansgeselsreeks Dis Hoe Dit Is... met Steve beleef het; ook uitgesaai van ánder kontinente en selfs op 'n skip. Dit bring nostalgie en nuutjies, 'n groot verskeidenheid in Afrikaans en Engels. Dis Hoe Dit Is... het nog nooit weggeskram om rock, pop, country en opera te meng nie!

Die gelyknamige dubbel-CD bevat oorwegend die werk van die afgelope twee seisoene. "As jou gunstelingkunstenaar nie hierop is nie, was hy moontlik nie onlangs 'n gas nie of sy platemaatskappy behou eksklusiwiteit op daardie treffer. Ons kon eintlik drie CD's saamstel," sê Steve. "Die liedjiekeuse vat die pols van die program saam: 'n verteenwoordiging van die Suid-Afrikaanse verskeidenheid, eerder as net die Afrikaanse verskeidenheid." Heelparty van die liedjies hierop het niemand destyds kon raai dit gaan reuse-treffers word nie: soos Theuns Jordaan se Soos Bloed, Gerhard Steyn se Baby Tjoklits en liedjies van Bok van Blerk en Lianie May. Selfs Steve het van sy liedjies eers op dié program uitprobeer... en tot multiplatinumstatus gewerk.

Steve sê hy waarborg dié samestelling bevat die lekkerste Afrikaanse treffers van die afgelope twee jaar. Daar is musiek van onder andere Juanita du Plessis, Dozi, Ray Dylan, Nicholis Louw, Rina Hugo, Robbie Wessels, Sarah Theron, Chris Chameleon en Dana Winner. Nostalgie is in Steve se bloed en daarom sluit hy ook tydlose gunstelinge van Anton Goosen, Anneli van Rooyen, Danie Botha en PJ "Thandeka" Powers hierby in. Musiekgrense word verbreed met die insluiting van Klipwerf Orkes, Lesley Rae Dowling, Johnny Clegg en The Parlotones. Dié CD-pakket bevat selfs twee splinternuwe bonusliedjies uit Steve se pen - Krismis is klaar en Vibreer: "My ode aan vetties soos ek," skerts Steve. Dit alles dien as 'n voorsmakie van Steve se 2010-projek, die album 1001, wat hy saam met groot seunskore opneem. Mauritz Lötz is aan die stuur van die produksie.

Nou eers kry ons dié treffersterbelaaide ánderse dubbelalbum. "Dit is uiteindelik die soort Afrikaanse Suid-Afrikaanse album wat ek eenvoudig moet besit. Dit vertel my die volle storie van my tyd hier aan die gatkant van Afrika," sê Steve. En dit is hoe dit is: dié versamelalbum van die jaar!


skakels :











bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)