Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Die Eerste Avontuur
vetseunvetseun
kompilasie .......................... DPK003 2006 DE PLATE KOMPANJE/RHYTHM RECORDS
1. Reënboognasie - Die Helde
2. Huiwerig - Foto Na Dans
3. As Ek Kon (Blou Oog Skoffel) - Gerald Clark as "Die Treffer"
4. Alle Paaie Lei Na Rome - Slagyster
5. Daarna - Dikazzins
6. Sanik - Sondag Sensasie
7. Skemeraandverlange - Zinkplaat
8. Elektro - Foto Na Dans
9. Binne Konteks - Buitestander
10. Sandkasteel - Slagyster - MP3 by 24
11. 'n Leë Bottel Tas - Dikazzins
12. Donkiekar Windscreen - Zinkplaat
13. Kinderkas - The Orange Stiletto's
14. Gee My Terug - Gerald Clark as "Die Treffer"
15. Suikerwater - Sondag Sensasie
16. Jy Moet Luister - Die Helde
17. In Die Stilte - The Orange Stiletto's

'n Volwaardige blik na die situasie waarin ons musiek hom bevind. De Plate Kompanjie wys maklik hoe om pragtige musiek van 'n heel paar splinternuwe bands saam te sit om 'n tydlose kompilasie te vorm. 'n Baie goeie deursnee van die bands op die uitgewery, van rustige amper eksperimentele klanke van Orange Stilletto's, pragtige grapkas songs van Die Treffer, volkrock van Slagyster, Dikazzins, Buitestander, rock van Foto Na Dans, Zinkplaat. Nie dat enige iemand enige iets van die CD in 'n blik kan druk met 'n stootskraper nie, maar hey ..
Reënboognasie gaan 'n Voortrekkerliedjie word soos Rol-daai-wiele, indien ons iets te sê het. Naakte meegevoel met die aardykskundige ligging van ons "lig", ritmies opgehef tot volksliedstatus met 'n smile en kreetagtige kore vir die massas.
Foto Na Dans mag jou dalk net op jou dinges laat beland, want daar's nie eers tyd om hoendervleis te kry nie. Die komplekse klank afgeëts met spasireuse vokale maak vir supermusiek, "die beste van die jaar"-malchris, en hy weet goed.
Gerald Clark se woorde word met die kitaar tot hoogtes gedryf wat meeste nie sal laat afkyk nie, die Blou Oog Skoffel tref soos 'n veerpyltjie die bull's eye (toe oë), en miskien moet jy bly wees as jy dit nie lekker vang nie.
Herman van Slagyster aan die woord, met woordordes en verduidelik wat die altyd ver liefde en meer beskryf, oor kabbelende kitaar en in 'n amper fluisterende stem. Ek dink hy weet hy herinner ons aan wat ons weet, maar weer wil hoor.
Daarna is 'n song van intensies met 'n ander oom se dogter, en die stryd tussen die twee geslagte, vertellend aan die ewige hou van en uitneem van en sommer net van ...'n Reguiter een, met lag en lekkerkry.
Sondag Sensasie is twee ouens sonder skroom of terugstaan vir teksboek songkonstruksie, eensame kitaarsnare word sommer maklik verruil vir knersende melankolie en 'n ernstiger stemming, as daar ooit Hoop was, is dit dalk dit. Miskien een vir die muse, maar eers net vir ons almal.
Zinkplaat het geen bekendstelling nodig nie, en hulle dansrock is al landswyd gehoor, Skemeraandverlange is bietjie is rustiger en meer intiem, maar hul gees en aanbou skyn sommer lekker deur. Net vir ingeval julle gedink het julle weet, 'n liefdeslied vanuit die platteland.
Elektro, 'n blik na wat nog oppad is, 'n hoop opgestapelde elektriese draad klank, met daai repetisie wat klubdansvloere volhou. Onuithoudbare dromme en kitaar strobelights oorlopend met voetstamp en kopskud, plus Alex se minimalistiese keyboard note, hoed af!
Binne Konteks is ook aan die spieël geskryf, 'n binnekamer storie vanaf 'n verhoog gesing, met kerse en glasies rooiwyn vir gevoel, 'n sigaret vir selferkenning, en 'n paar leë strate vir verduidelikings ... mooi verby.
Sandkasteel se intense gebed is amper net te mooi/diep/pragtig (kies een). 'n Biegende liedjie oor die een wat ver is en 'n vraag of sy maar kan terugkom. Kry sommer nou die debut van hierdie klompie Stellenbosche ouens se band: Slagyster - Slagyster
Erkenning in Dikazzins se tweede bydra, hul CD is oppad, en saamsing is aan die orde van die dag, mens kan amper die Bolandsonnetjie op jou skouers voor een of ander stage voel. Vergesel met die botteltjie Tassies en jou arms om iemand se skouers. Ernstige glimlag song oor liefde.
Donkiekar Windscreen is in ons volksliedboksie, een wat almal moet ken, saamdans en 'n massakoor vir die herhaling van die samesang deel. Heuning kitaar en melodie wat net deur die visuele vertelling van Bertie verbeter word. 'n Hendendaagse lied oor hoe lekker gister kan wees.
Orange Stilletto's se Kinderkas kon so maklik op 'n X in Kinderland plaat gewees het as wat dit op 'n ekperimenteel abstrakte debut van 'n kaalkop kan pas. Die meisies se ligte aanslag met snyende lirieke en verreikende vokalisering is so stout as wat dit skoon is.
Die Treffer kom met heerlike bluesvibes tevore en vra skersend terug wat van hom geneem is. Dans dans dans, diep bas kitaarritmes en jazzerige afwerking perfek saam met Gerald se stem wat op en af oor die note skuif. XXX lekker is about die beste beskrywing, verslawend pas ook miskien.
Die Sondag Sensasie duo se Suikerwater strek ook die oorale grense indien daar nou nog oor is. 'n Grootsong met nog hoogtevrees note, 'n kenmerkende eienskap van die CD saam met die eerlike kitaar lekkerkry sonder stop. Gerdus-hulle mag miskien later met duos soos X, X of X vergelyk word, maar dis nie nodig nie, die gebalanseerde lansering van melodie sal altyd geniet word.
So skoppie voor die einde is Die Helde se aansteeklike nommer Jy moet luister, miskien 'n aanmaning vir daai skeefuitgedraaides, of 'n aanhaling van 'n onderwyser, maar defnitief weereens 'n teken van waarna ons oppad is. Drywende dromme en tokkelkitare maak dit saam met Donkiekar en Foto se songs een van die opstaan snitte. Kry Die Helde - 'n Eeue oue melodie nou.
In Die Stilte is aan die einde van die CD 'n ongelooflik mooi stem voor jy repeat druk, en saam met Die Helde sing. Emosionele woorde in warm versies/vrae met veraf klaviernote en meer. 'n Onkenbaar helder noot. Binnekort meer informasie oor dietwee Bolandmeisies se doeninge.
Meerkat?
Indien daar twyfel is, koop 'n CD en stuur vir ons jou review ... op!!


PRESS:
2006 09 01

Die Eerste Avontuur - De Plate Kompanjie
vetseun
Wat behels die meeste van Suid-Afrikaanse musiek deesdae? As dit nie 'n potbelly oom is met 'n kitaar en 'n backtrack op 'n verhoog by een of ander fees iewers op die platteland nie, is dit nóg 'n Afrikaanse "pop"-ster wat 'n Koos Kombuis- of Kurt Darren-liedjie cover met 'n oemf-oemf-deuntjie.
Die Eerste Avontuur sê eintlik alles, dis die eerste kompilasie van opkomende kunstenaars wat onlangs deur De Plate Kompanjie bymekaar geroep is uit die musiekryke wêreld van Stellenbosch. Dit is werklikwaar die eerste keer dat sulke onbekende groepe so 'n goeie aanbieding van musiek opdok.
Stellenbosch was sedert die Wingerdrock-albums van die 90's, nog altyd die bron van musiektalent in Suid-Afrika, en hiérdie versameling bewys dit opnuut.
Meer bekende groepe, Zinkplaat en Slagyster, jam saam met nuwe groepe uit dié musiek-mekka om 'n kraakvars en oorspronklike mengsel van energie en talent op 'n blikskinkbord aan te bied.
Tussen "Die Treffer" (Gerald Clarke van Delta Blue-faam) se Afrikaanse akoestiek-blues, twee van Zinkplaat se rustiger treffers en Slagyster se liefdesliedere tot Foto Na Dans se vars volwasse rock en Dikazzins se folk-rock is daar 'n groot verskeidenheid van talent wat glad nie sal teleurstel nie.
Die Helde (voormalig bekend as Merry Melodies), se bydrae is twee jolige, ligte funkrock-nommers wat jou hard sal aanmoedig om saam te sing en Sondag Sensasie en Buitestander sal jou laat terugsit en diep dink oor die meer ernstige kwessies in die lewe. "In Die Stilte" van Orange Stilletto's is 'n pragtig verwerkte klavier-en-sangnommer wat diep in jou kop inklim en die hare in jou nek laat rys.
Hiérdie album is 'n goeie mengsel van old-school rock, funk, akoestiese ballades en -rock en 'n titseltjie blues.
Doen jouself 'n guns en klim van die Suid-Afrikaanse musiekwa af, vergeet van Skud jou Boude en blonde bombshells met backtracks wat vashaak en ondervind die oorspronklikheid wat die nuwe beweging van Suid-Afrikaanse musiek kan bied. Hiérdie is nie 'n Idols-aanhanger-CD nie; hiérdie is pure musiektalent wat jou gaan laat hyg vir minder grimering en meer gees. In 'n tyd waar goeie musiek broodnodig is, is hierdie die groot afskop van 'n nuwe era vir Afrikaanse musiek.
Hierdie Lazerskyf word op Woensdag 6 September vrygestel by Klein Libertas Teater. Die show begin 18:00 op die Buitelug-stage en dit gaan aanhou tot 23:00. Dit kos 'n skamele R25 en al 9 bands op die CD gaan optree. Moet dit nie mis nie, en moenie die kans om deel van hierdie opwindende projek te wees deur jou vingers laat glip nie! - Andri Stander


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )